Gemaak na sy beeld – wat beteken dit?

“En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.” (Romeine 8:28-30).

 

(1) God is goed in voorsienigheid (vers 28)

(2) God is goed in verkiesing (vers 29)

(3) God is goed in verlossing (vers 30)

 

Sommige vals gelowe glo ons gaan gode word in die hemel.  Kinders en selfs sommige volwassenes glo ons word engele in die hemel.  Romeine 8:29 sê ons word soos Jesus wanneer ons verlos word.  Maar onthou dat ons soos Jesus word – ons word nie self gode nie.  Wat beteken dit om soos Jesus te word? 

 

Adam en Eva is na God se beeld gemaak (Genesis 1:27).  Om na God se beeld gemaak te wees beteken ons het gesag oor die skepping (Genesis 1:28).  Dit beteken ons het sekere vermoeëns om te kan skep en ontwerp (byvoorbeeld digkuns, skilderwerk, komposisie).  Die mens het (soos God) ‘n geestelike natuur.  Ons beskik oor komplekse emosie sodat ons tergelykertyd hartseer, woede, bekommernis, blydskap, en ander emosies kan ervaar.  Ons kan (anders as diere) rasioneel dink en logies redeneer.  Ons kan intieme interpersoonlike verhoudings bou.  Ons kan taal op ‘n vlak ken en gebruik wat diere nie kan nie.  Ons het ‘n God-gegewe kapasiteit vir heiligheid en geregtigheid (dit is as God ons sondige natuur deur sy Heilige Gees verander het). 

 

Sonde het die spieëlgladde oppervlak waarin God sy eie beeld sien vertroebel.  God se beeld in die mens is nie heeltemal geskaad nie.  Genesis en Jakobus wys dit.  “Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak.” (Genesis 9:6).  “Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.” (Jakobus 3:9).  Enigiemand wat sê dat ongelowiges nie na God se beeld gemaak is nie, moet ook sê dat ons ongelowiges kan slegsê en doodmaak.  Die Bybelskrywers se redenasie is juis dat ons niemand moet slegsê of doodmaak nie, OMDAT die mens na God se beeld gemaak is.  Dit sluit ongetwyfeld ongelowiges in.

 

Daar is egter baie elemente van God se beeld in ons wat as gevolg van die sonde versteur is.  Nóú is mense-verhoudings gebroke.  Die geestelike natuur word deur liberale teoloë, ateïste, en baie sielkundiges verag.  Die mens redeneer en dink onlogies wanneer dit by moraliteit kom.  Ons het kommunikasie probleme.  Ons is onheilig, het sondige emosies, en misbruik ons God-gegewe gesag oor die skepping.  Jesus alleen was sondeloos-volmaak.  Deur sy heilige lewe het Hy ‘n perfekte beeld getoon van hoe en wie God is.  Hy is die volmaakte weerspieëling van die beeld van God (sien Kolossense 1:15).  Deur die kruis herstel God ons na die beeld van sy Seun (v.29).  By die wederkoms sal ons finaal en volmaak wees soos Jesus:  “Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.” (1 Johannes 3:2).

 

Dieselfde Bybel wat sê God maak jou soos Jesus (v.29), sê ook dat soos Jesus moet wees (1 Johannes 2:6).  Hoe moet jy hierdie verantwoordelikheid nakom?  [i] ‘n Persoon wat van iets ‘n afgod maak word later soos daardie ding wat hy verafgod.  Die psalmskrywer sê:  “Die wat hulle maak, sal net soos hulle word – elkeen wat op hulle vertrou.” (Psalm 115:8).  In die konteks bedoel die psalmdigter dat mense wat afgode maak ook blind, doof, stom, en gevoelloos word (geestelik natuurlik).  Maar die prinsiep geld hier.  Iemand wat ‘n afgod maak van musiek en popsterre sal later soos hulle begin optree en aantrek.  Iemand wat ‘n afgod maak van film- en sportsterre sal soos hulle wil wees en aantrek.  In John Piper se befaamde woorde:  “Beholding is becoming.”  Met ander woorde:  “As jy die heletyd iets vooroë hou, sal jy self so word.”  Juis daarom is dit vir ‘n Christen belangrik om sy oë te rig op die dinge daarbo; om sy oog gevestig te hou op Jesus Christus.  Namate ons Jesus meer en meer aanskou in die Bybel, in Christosentriese prediking, en in goeie Christelike boeke, sal ons self soos Hy word.  Anders gestel:  “En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.” (2 Korintiërs 3:18).  Dit is deur ‘n toenemende kennis van Jesus dat ons meer en meer soos Hy word.  So leer Kolossense 3:10:  “en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper” (sien ook2 Petrus 3:18).

 

[ii] Trek die ou sondige natuur uit, en trek die nuwe mens aan.  Paulus skryf:  “dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.” (Efesiërs 4:22-24).  “Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper” (Kolossense 3:9-10).  Hou op steel, begin meedeel.  Hou op lieg, begin die waarheid praat.  Hou op bitter wees, begin vergewe.  Hou op skel en vloek, begin ander opbou met jou woorde.  Al hierdie dinge doen jy in geloof en vertrou op God wat sy Gees aan jou gegee het.  Soos wat jy gedurig die sondige natuur uittrek en die nuwe natuur aantrek, sal God jou na die beeld van sy Seun herstel.

 

Dank God dan selfs wanneer jy ly.  God sal dit vir jou voordeel uitwerk deur jou meer soos Jesus te maak (v.28-29).  Dit is reg dat ‘n Christen sal bid en begeer om meer soos Jesus te word.  Maar dit is nie nodig om te vrees dat dit nie sal gebeur nie.  God sal jou gebed beantwoord en jou begeerte vervul.  Hy het jou immers bestem om soos Jesus te word (v.29).  Bely daarom saam met die apostel Paulus:  God is goed in verkiesing.

Advertisements

Die moeilikste leerstelling in die Bybel

“En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.” (Romeine 8:28-30).

 

(1) God is goed in voorsienigheid (vers 28)

(2) God is goed in verkiesing (vers 29)

(3) God is goed in verlossing (vers 30)

 

‘n Vriend van my het in die verlede oor die verderfleer gesê:  “Ek haat dit meer as enige ander leerstelling in die Bybel.”  Hy het natuurlik intussen wyser geword.  Wat presies is die verderfleer?  Die verderfleer is ‘n leerstelling wat basies sê:  “As God mense vir die hemel uitgekies het, is dit logies dat Hy ander uitverkies het om hel toe te gaan.” 1 Tessalonisense 5:9sê:  “Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus”.  Nie almal is bestem tot die ewige lewe nie, en daarom kan ons veilig aflei dat sommige bestem is tot toorn.  Verskeie Bybelverse wys dit.

 

“En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het” (Romeine 9:22).

 

“Alles het die Here gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.” (Spreuke 16:4).

 

“Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar.  Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.” (Johannes 17:12).

 

“vir dié wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is, waarvoor hulle ook bestem is.” (1 Petrus 2:8).

 

“Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën.” (Judas 4).

 

Hoe moet ‘n gelowige op die uitverkiesingsleer en die verderfleer reageer?  Ons moet God prys vir die uitverkiesing.  Ons moet Hom dank vir sy liefde en genade; vir sy goedheid om ons uit te kies vir verlossing.  Let op hoe Jesus en Paulus presies dít doen:

 

“In dieselfde uur het Jesus Hom in die gees verheug en gesê:  Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het.  Ja, Vader, want so was dit u welbehae.  Alles is aan My oorgegee deur my Vader; en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader, en wie die Vader is nie, behalwe die Seun en hy aan wie die Seun dit wil openbaar.” (Lukas 10:21-22).

 

“Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.” (Efesiërs 1:3-6).

 

Oor die verderf van sondaars moet ons saam met die apostel Paulus treur.  Dit is nie iets waaroor ons bly is nie.  “Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees dat dit vir my ‘n groot droefheid is en ‘n onophoudelike smart vir my hart.  Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees, ‘n vervloeking te wees, wég van Christus af.” (Romeine 9:1-3).  God self het berou oor die verlorenheid van sondaars.  In Esegiël 18:32 sê die Here:  “Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here Here.  Bekeer julle dan en lewe.”  Jesus het getreur oor Jerusalem wat haar nie wou bekeer nie (sien Lukas 19:41).  Ons mag dalk wonder hoe God oor sondaars kan treur as Hý bestem het dat hulle verlore gaan?  John Piper probeer hierdie kwessie in sy boek The Pleasures of God aanspreek.  Piper skryf:

 

“A certain Major André had jeopardized the safety of the young nation through ‘rash and unfortunate’ treasonous acts.  Marshall says of the death warrant, signed by Washington, ‘Perhaps on no occasion of his life did the commander-in-chief obey with more reluctance the stern mandates of duty and of policy.’  Dabney observes that Washington’s compassion for André was ‘real and profound.’  He also had ‘plenary power to kill or to save alive.’  Why then did he sign the death warrant?  Dabney explains, ‘Washington’s volition to sign the death-warrant of André did not arise from the fact that his compassion was slight or feigned, but from the fact that it was rationally counterpoised by a complex of superior judgments…of wisdom, duty, patriotism, and moral indignation.’ 

 

Dabney imagines a defender of André, hearing Washington say, ‘I do this with the deepest reluctance and pity.’  Then the defender says, ‘Since you are supreme in this matter and have full bodily ability to throw down that pen, we shall know by your signing this warrant that your pity is hypocritical.’  Dabney responds to this by saying, ‘The petulance of this charge would have been equal to its folly.  The pity was real, but was restrained by superior elements of motive.  Washington had official and bodily power to discharge the criminal, but he had not the sanctions of his own wisdom and justice.’  The corresponding point in the case of divine election is that ‘the absence of a volition in God to save does not necessarily imply the absence of compassion.’  God has ‘a true compassion, which is yet restrained, in the case of the …non-elect, by consistent and holy reasons, from taking the form of a volition to regenerate.’  God’s infinite wisdom regulates his whole will and guides and harmonizes [not suppresses] all its active principles.’

 

In other words, God has a real and deep compassion for perishing sinners.  His expression of pity and his entreaties have heart in them.  There is a genuine inclination in God’s heart to spare those who have committed treason against his kingdom.  But his motivation is complex and not every true element in it rises to the level of effective choice.  In his great and mysterious heart there are kinds of longings and desires that are real – they tell us something true about his character.  Yet not all of these longings govern God’s actions.  He is governed by the depth of his wisdom through a plan that no ordinary human deliberation would ever conceive (Romans 11:33-36;1 Corinthians 2:9).  There are holy and just reasons for why the affections of God’s heart have the nature and intensity and proportion that they do.” (Mentor; ROSS-SHIRE; 2001; pp.147-148).

 

Alhoewel daar so iets soos die verderfleer bestaan, kies sondaars om Jesus te verwerp (sien deel 5 van Is God goed? om die spanning tussen hierdie twee waarhede op te los).  Juis daarom hou God hulle ook verantwoordelik vir hulle sondes.  Jesus self het gesê:  “En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie.” (Johannes 5:40).  Die dryfveer agter God se uitverkiesing is sy liefde en genade.  Die dryfveer agter sy keuse om sondaars te verdoem is sy reg en geregtigheid.  Hierdie kort preek beantwoord nie al die vrae wat ons het nie.  Baie vrae sal nie in hierdie leeftyd beantwoord word nie.  Al wat ons kan doen is om saam met Moses te sê:  “Die verborge dinge is vir die Here onse God; maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid, om te doen al die woorde van hierdie wet.” (Deuteronomium 29:29).  Ons taak is nie om aan ongelowiges die uitverkiesingsleer of die verderfleer te verkondig nie, maar Jesus Christus en Hom as gekruisigde.

 

Voor sy bekering het John Bunyan gestry met die vraag of hy uitverkies is of nie.  Ek het al self in my bediening gelowiges ontmoet wat twyfel oor hierdie kwessie:  “Wat as ek nie uitverkies is nie?”, wonder hulle.  Ek het al met ongelowiges te doen gehad wat sê:  “Dit help nie ek glo nie, want dalk is ek nie uitverkies nie.”  My reaksie is eenvoudig dít:  As jy in Jesus glo kan jy seker wees jy is uitverkies.  Handelinge 13:48 sê immers dat almal wat uitverkies is tot geloof sal kom.  Ek wil ook reageer deur vir ongelowiges te sê:  Jy weet nie of jy uitverkies is of nie.  God beveel jou eenvoudig om jou te bekeer en die evangelie te glo; nie om te probeer uitwerk wat in sy ewige gedagtes aangaan nie.  Net gelowiges kan waarlik weet of hulle uitverkies is.  Charles Spurgeon het dit vergelyk met ‘n deur.  Bo die kosyn staan daar:  Bekeer jou en glo in Jesus.  As jy deur die deur gestap het, kan jy omdraai en bokant die ander kosyn kyk.  Daar staan:  uitverkies en tot die ewige lewe bestem.  Slegs dié wat geglo het en hulle bekeer het kan weet dat hulle uitverkies is.  Volgens v.28-30 is roeping (wedergeboorte) en geloof (regverdigmaking) bewyse dat jy deur God verkies is.  2 Petrus 2:10(sien konteks) wys dat gehoorsaamheid die bewys is dat ‘n persoon uitverkies is.  Daarom kan Petrus sê dat ons seker moet maak dat ons uitverkies is.  Die vraag is dan nie of jy die sondaarsgebed gebid het nie, maar of jy nóú die voorgenoemde tekens in jou lewe sien.

 

Ek het een keer in bediening met ‘n vrou te doen gekry wat bekommerd was dat haar kinders dalk nie uitverkies is nie.  Volgens die Bybel gebeur dit dikwels dat kinders van gelowige ouers uitverkies is.  God het juis vir jóú daardie kinders gegee, sodat hulle gedurig die evangelie kan sien en hoor.  Hierdie verband word duidelik in die volgende verse:

 

“En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.  Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees.  En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe.” (Deuteronomium 6:6-9).

 

“Maar die goedertierenheid van die Here is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders” (Psalm 103:17).

 

“Wie in sy regskapenheid wandel as ’n regverdige – gelukkig is sy kinders ná hom.” (Spreuke 20:7).

 

“En julle vra:  Waarom?  Omdat die Here getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou metgesel is en die vrou van jou verbond.  Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het?  En waarom die een?  Hy het ‘n geslag van God gesoek.  Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie.” (Maleagi 2:14-15).

 

“Die vader merk toe dat dit daardie uur was waarop Jesus vir hom gesê het:  Jou seun lewe!  En hy het self geglo en sy hele huis.” (Johannes 4:53).

 

“Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.” (Handelinge 2:39).

 

“hy sal woorde tot jou spreek waardeur jy en jou hele huis gered sal word.” (Handelinge 11:14).

 

“En toe sy en haar huisgesin gedoop is, het sy by ons aangedring en gesê:  As u oordeel dat ek in die Here glo, kom dan in my huis en bly daar.  En sy het ons gedwing.” (Handelinge 16:15).

 

“En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was.  En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense.  Toe bring hy hulle in sy huis en sit hulle ‘n maaltyd voor; en hy het hom verheug met sy hele huisgesin dat hy tot geloof in God gekom het.” (Handelinge 16:32-34).

 

“En Crispus, die hoof van die sinagoge, het met sy hele huisgesin in die Here geglo; en ook baie van die Korinthiërs het, toe hulle hom hoor, gelowig geword en is gedoop.” (Handelinge 18:8).

 

“Ek het ook nog die huisgesin van Stéfanas gedoop.  Verder weet ek nie of ek iemand anders gedoop het nie.” (1 Korintiërs 1:16).

 

“Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig.” (1 Korintiërs 7:14).  Wanneer dié vers sê die kinders is heilig, beteken dit eenvoudig dat hulle deur God afgesonder is om in ‘n evangelie-konteks groot te word.  Ons kan nie hieruit sê dat hierdie kinders gedoop moet word nie, want anders moet ons die vers konsekwent toepas en sê dat die ongelowige vrou wat deur haar gelowige man ‘geheilig’ is, ook gedoop moet word.

 

Die bogenoemde tekste waarborg nie dat alle gelowige ouers se kinders gered sal word nie.  Daar is die gevalle van Esau, Absalom, en sommige konings van Israel wat ten spyte van hulle gelowige ouers nie gered is nie.  Die bogenoemde tekste regverdig ook nie die kinderdoop nie.  Wat die tekste wel doen is om vir ons te wys dat God dikwels ouers en hulle kinders tot redding bring.  Ouers moenie voortdurend bekommer of hulle kinders uitverkies is of nie.  Hulle taak is eerder om vir hulle kinders te bid en die evangelie met hulle te deel.  In beproewinge van enige soort kan hulle verseker weet dat God die seël van sy ewige liefde op hulle geplaas het (v.28-29, 37-39).  Hulle kan Hom waarlik dank vir sy goedheid in verkiesing.

Lesse uit die Pinksterfees

“Sewe weke moet jy tel; vandat die sekel die eerste keer in die ongesnyde graan geslaan word, moet jy sewe weke begin tel.  Dan moet jy die fees van die weke hou vir die Here jou God ooreenkomstig die vrywillige offer van jou hand wat jy sal gee, namate die Here jou God jou sal seën.  En jy moet vrolik wees voor die aangesig van die Here jou God, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is, en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat by jou is, op die plek wat die Here jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon.  En jy moet daaraan dink dat jy ‘n slaaf in Egipte was; en jy moet hierdie insettinge sorgvuldig hou.” (Deuteronomium 16:9-12).

 

(1) Wanneer is die fees gehou? (verse 9-11)

(2) Wat het by die fees gebeur? (verse 10-12)

 

Verbeel jou jy’s ‘n toeris by die Ou Testamentiese Fees van Weke (die Fees van die Oes óf Pinksterfees) in Jerusalem.  Daar is ‘n vrolike atmosfeer in die lug.  God het reën en ‘n groot oes gegee.  Wat sien jy by die fees?  Priesters in donkerblou klere wat die varsgesnyde eerstevrug van die koringoes in die lug waai (Numeri 28:26).  In die strate sien jy bokke, ramme, bulle, en lammers.  Party het ‘n lang been of ‘n kort stert, maar nie één is blind of gebreklik nie (Levitikus 22:21-23).  Jy sien mense wat vrywillige geskenke en offers bring volgens die voorspoed waarmee die Here hulle boerdery geseën het (v.10, 17).  Daar is seuns, dogters, slawe, uitlanders, Leviete, priesters, weduwees, en weeskinders wat eet, feesvier, en die Here prys (v.11).  Die kinders en slawe het gehelp met oes en deel nou in die vreugde.  Boere het nie hul landerye se hoeke geoes nie, maar dit gelos vir die armes, weduwees, weeskinders, en uitlanders.  Ook gerwe wat deur die werkers vergeet of laat val is, is gelos vir hierdie mense (Levitikus 19:9-10, 23:22, Rut 2).  Juis daarom is ook die arm mense in Israel bly oor die oes.  Die Leviete moes het ‘n tiende van die oes gekry en dus is húlle bly oor die oes (Deuteronomium 12:18-19, 14:27-29, 26:1-15).  Almal deel saam in die vreugde van God se sorg vir sy volk. 

 

Wat hoor jy by die fees?  Daar is vrolikheid en musiek.  Daar is Joodse mans wat sing en dans (v.11, 16).  Jy luister na die gesprekke van die mense wat op die muurtjie sit en gesels; mense wat in kringetjies staan; mense wat in die son sit en gesels.  Wat sê hulle?  Hulle praat oor die harde slawediens in Egipte; oor God se wonders deur die tien plae; oor sy mag by die Rooisee; oor sy kneg Moses; oor die Sinaï berg waar God vyftig dae ná die uittog uit Egipte die Tien Gebooie gegee het; oor gehoorsaamheid aan God se heilige wet (v.12).  ‘n Slaaf word nader getrek en kry ekstra stuk vleis.  “Óns was slawe in Egipte.  Hoe kan ek my slawe hardhandig hanteer”, sê ‘n ou man met ‘n lang grys baard.  Wat ruik jy?  Die aroma van gebraaide bees, bok, en skaapvleis.  Die geur van varsgebakte brood hang in Jerusalem se strate (Numeri 28:26-31).  Dít is wat by die fees gebeur het.

 

Watse lesse is daar vir ons om te leer uit Deuteronomium 16:9-12?  [i] God besluit hóé, wánneer, wáár Hy aanbid wil word.  In die geval van Israel het Hy gesê dat hulle dit presies vyftig dae ná die Fees van Ongesuurde Brode moes hou.  Hy wou hê dat dit in die plek moes wees wat Hý uitkies, naamlik Jerusalem.  Hy wou hê dat hulle sekere offers by hierdie fees moes bring, en dat hulle moes juig en jubel.  In die Nuwe Testament wil God hê dat ons Hom in Gees en waarheid moet aanbid (Johannes 4:24).  ‘In Gees’ beteken dat ons op enige plek die Here kan aanbid.  Dáár waar gelowiges vergader sal die Here met ons ontmoet.  Dit hoef nie soos in die Ou Testament op ‘n spesifieke plek te wees nie.  ‘In Gees’ beteken ook dat óns gees deur God se Gees gedryf moet word.  Ons moet met blydskap en oorgawe kom wanneer ons die Here aanbid.  Hy wil hê dat ons in Hom moet bly wees en dat ons met vreugde moet aanbid (v.11, Psalm 100:2, Filippense 4:4).  Ons moet gewillig en vrywillig die Here dien en aanbid (v.10,2 Korintiërs 9:7).  Jesus het met vrywilligheid sy lewe aan ons gegee (Johannes 10:18), en ons moet dieselfde doen in ons diens aan Hom.  Aanbidding ‘in waarheid’ beteken dat ons God aanbid volgens die waarheid van sy Woord.  As Hy sê dat ons sy Woord moet sing, kan ons nie self besluit dat ons ander liede wil sing nie.  As Hy sê dat ons die Woord moet lees en preek, kan ons nie morele sede-lesse gee en voorlees uit ander boeke van ons keuse nie.  God sê duidelik vir ons in sy Woord hoe Hy aanbid wil word.

 

[ii] Die Israeliete kon nie dat hulle groot oes ‘n verskoning word vir waarom hulle nie by die fees in Jerusalem kon wees nie.  Baie mense vandag laat God se geskenke hulle weghou van die Here, sy Woord, en sy kerk af.  Hulle bid vir kinders, en wanneer die Here vir hulle kinders gee, word dít die rede hoekom hulle uit die kerk uit wegbly.  Hulle bid vir voorspoed in hulle besigheid, en sodra die Here dit gee werk hulle van vroeg tot laat, sodat hulle nie meer tyd het vir stiltetyd of die samekomste van gelowiges nie.  Hulle bid vir gesondheid, en wanneer hulle dit ontvang gebruik hulle dit tot hulle eie voordeel en nie vir die Here se eer nie.  Hulle bid vir ‘n gelukkige gesin, en wanneer hulle wense bewaarheid word geniet hulle die kuier saam met familie of ‘n piekniek of hulle ry die kinders sport toe op Sondae – hulle het van die Here vergeet.  Moenie dat God se gawes jou wegtrek van die Gewer af nie.  Laat dit jou eerder ná Hom toe dryf, sodat jy Hom dank en loof vir sy goedheid en genade aan jou.

 

[iii] Die Israeliete moes onthou waaruit die Here hulle gered het (Egiptiese slawerny).  Jy moet ook onthou waaruit God jou gered het.  Laat die nagmaaltafel ‘n geleentheid wees waarby jy onthou hoe die Here jou uit verskriklike sonde gered het.  Dan sal jy Hom meer loof.  In die hemel sal jy vir ewig die merke in Jesus se hande en voete sien.  Jy sal vir ewig onthou waaruit die Here jou gered het.  Jy sal Hom vir ewig loof en dank vir jou verlossing en vir sy groot liefde.  [iv] In Handelinge 2 het Jesus die Gees uitgestort soos reën en ‘n groot oes van 3000 siele ingesamel.  Bid vir ‘n oes van bekerings.  En dank God dan vir daardie bekerings.  So sal ons deel in die blydskap oor die oes.

 

Hoekom gaan ons nie op Saterdae kerk toe nie?

“Sewe weke moet jy tel; vandat die sekel die eerste keer in die ongesnyde graan geslaan word, moet jy sewe weke begin tel.  Dan moet jy die fees van die weke hou vir die Here jou God ooreenkomstig die vrywillige offer van jou hand wat jy sal gee, namate die Here jou God jou sal seën.  En jy moet vrolik wees voor die aangesig van die Here jou God, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is, en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat by jou is, op die plek wat die Here jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon.  En jy moet daaraan dink dat jy ‘n slaaf in Egipte was; en jy moet hierdie insettinge sorgvuldig hou.” (Deuteronomium 16:9-12).

 

(1) Wanneer is die fees gehou? (verse 9-11)

(2) Wat het by die fees gebeur? (verse 10-12)

 

‘n Arm man buite ‘n kafee het vir my vriend gevra:  “Hoekom val paasnaweek elke jaar op ‘n ander naweek?”  My vriend het toe aan my die vraag kom stel. Ek het nie geweet nie.  Ek het ook gewonder:  “Ja, hoekom is paasnaweek nie elke jaar die eerste naweek in April of die laaste naweek in Mei nie.”  Hy het ‘n Google search gedoen en die antwoord gekry.  Ek het in daardie selfde week ‘n DVD gekyk en die antwoord gekry.  Die antwoord is eenvoudig.  As die aarde een keer rondom die son gewentel het sê ons dis ‘n jaar.  Maar die Joodse kalender werk nie volgens die son soos óns s’n nie.  Hulle kalender werk volgens die fases van die maan.  Ons jaar het dus 365 dae in en ‘n paar dae minder as dit skrikkeljaar is.  Die Joodse jaar het 353 tot 355 dae, en tussen 383 en 385 dae in ‘n skrikkeljaar (wat net elke sewende jaar is en nie elke vierde jaar soos óns kalender nie).  Vir ‘n Jood is 1 Januarie nie die begin van die nuwe jaar nie.  Vir hulle val nuwejaarsdag êrens in Maart of April.  Die rede?  Want God het gesê dat die maand waarin hulle uit Egipte bevry is die eerste maand van die jaar sal wees vir hulle (Eksodus 12:2).  Paasfees is dan op die 14de dag van hierdie maand (Nisan) gevier (Eksodus 12:6). 

 

Toe Jesus tydens die paasfees gekruisig is, het die fees (14 Nisan) geval op ‘n Vrydag (party glo Jesus is op ‘n Woensdag gekruisig, maar ons sal later sien dat dit níé so is nie).  Toe Jesus dus as ons Paaslam geslag is het Hy híérdie fees vervul (1 Korintiërs 5:7).  Die dag ná Paasfees het die Fees van Ongesuurde Brode begin (Levitikus 23:6).  Gewoonlik sou die vroue ‘n stukkie deeg afknyp en vir ‘n paar dae eenkant sit sodat dit kon ruis.  Daardie stukkie gegiste deeg sou in die groot bol deeg teruggeknie word, en so sou die hele deeg ruis.  Maar hierdie keer was daar nie tyd nie.  Die Israeliete moes haastig uit Egipte uitgaan.  Farao het hulle as’t ware uitgeskop.  Die brood sonder suurdeeg was plat en smaakloos.  Wanneer hulle jaarliks hierdie fees gevier het, sou hulle onthou dat hulle haastig uit Egipte uit is.  Hulle moes nooit verlang om na slawerny terug te keer nie.  God het hulle uitgered.  Daar was ook ‘n ander simboliek in die ongesuurde brood.  Net soos wat ‘n bietjie gis die hele deeg laat ruis, so sou ‘n bietjie sonde ‘n persoon se hele lewe en die lewe van ander benadeel en beïnvloed.  Jesus het dus deur sy kruisdood ons van slawerny aan sonde bevry, die suurdeeg van sonde verwyder, en só die fees vervul (1 Korintiërs 5:6-8). 

 

Nóg ‘n dag later is die eerste sekel van die seisoen in die garslande gesteek.  Die eerstevrug is vir die priester gebring en in die lug gewaai as ‘n beweegoffer (Levitikus 23:10-11).  Die eerstevrug aan die Here was ‘n waarborg dat daar ‘n verdere oes sou wees.  In die woorde van Salomo:  “Vereer die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste; dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.” (Spreuke 3:9-10).  Jesus vervul ook híérdie Fees van die Eerstevrug deurdat Hy die eerstevrug uit die dood is en so ook óns opstanding (geestelik én liggaamlik) waarborg (1 Korintiërs 15:20, 23).  Vyftig dae of sewe weke ná die Sabbat van Ongesuurde Brode was dit die Fees van  Weke (v.9, Levitikus 23:15-16).  ‘n Ander naam vir die Fees van Weke is die Fees van die Oes of Pinksterfees.  Die naam ‘Pinkster’ kom van die Nederlandse woord ‘Pinksteren’ van ‘Pentecost’ beteken.  Die Engelse naam ‘Pentecost’ kom van die Griekse woord Pentekoste wat ‘vyftigste’ beteken.  As ons sewe weke tel ná Jesus se opstanding op die Sondag, of vyftig dae ná die Saterdag wat Jesus in die graf was (die Fees van Ongesuurde Brode), dan val Pinkster in Handelinge 2 op ‘n Sondag.  Só word die Nuwe Testamentiese kerk dan op ‘n Sondag gebore.  Die Fees van Weke is vervul toe die Heilige Gees op Pinksterdag uitgestort is.

 

Moenie dat die Sewendedag Adventiste en ander jou flous deur te sê dat die Rooms-Katoliekekerk en Keiser Konstantyn die Sabbat van ‘n Saterdag na ‘n Sondag verander het nie.  Hulle sal sê dat die sewende rusdag ‘n skeppingsorde is, en dat niemand ‘n skeppingsorde kan verander nie.  Maar as gevolg van die mens se sonde het die skepping tot ‘n val gekom.  Deur Jesus se kruisdood oop die Vrydag en sy opstanding op die Sondag, het Gód ‘n nuwe skepping tot stand gebring:  “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.” (2 Korintiërs 5:17, beklemtoning my eie).  Die nuwe skepping is verseker en geseël deurdat Jesus op die eerste dag van die week opgestaan het uit die dood.  Soos reeds gesien vervul Jesus deur sy opstanding die Fees van die Eerstevrug en deur die uitstorting van die Heilige Gees vervul Hy die Fees van Weke.  Beide hierdie Feeste is op ‘n Sondag vervul, en juis daarom ontmoet gelowiges op ‘n Sondag.  Let maar op hoe die vroeë kerk op ‘n Sondag bymekaargekom het.

 

“Maar ná die dae van die ongesuurde brode het ons van Filíppi uitgeseil en binne vyf dae by hulle in Troas gekom waar ons sewe dae deurgebring het.  En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die volgende dag sou vertrek en hy het sy rede gerek tot middernag toe.” (Handelinge 20:6-7).  Hoekom sou Paulus ’n hele sewe dae langer in Troas bly as hy haastig oppad was Jerusalem toe (sien Handelinge 20:16)?  Hy het gewag vir die eerste dag van die week.  Hy het Maandag in Troas aangekom en gewag vir Sondag wanneer die gelowiges op die Here se Dag bymekaarkom.  Op daardie Sondag het die dissipels spesifiek vergader om die nagmaal te vier.  Hier het Paulus ook vir hulle gepreek.

 

“Wat die insameling vir die heiliges betref, moet julle ook so doen soos ek vir die gemeentes van Galásië gereël het.  Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie.” (1 Korintiërs 16:1-2).  Net soos al die gemeentes in die Galasië-provinsie het ook die Korintiërs op Sondae bymekaargekom.  Dit was ’n algemene patroon in die Nuwe Testamentiese kerk dat gelowiges op Sondae ontmoet het.

 

In die Ou Testament reeds is dit voorspel dat dit só sou wees.  In Psalm 118:24 lees ons:  “Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.”  Wat is hierdie dag wat deur die Here gemaak is waarin ons moet bly wees?  Die vorige verse sê vir ons:  “Die steen wat die bouers verwerp het, het ‘n hoeksteen geword.  Dit het van die Here gekom; dit is wonderbaar in ons oë.” (Psalm 118:22-23).  Die dag waarin die verwerpte steen die hoeksteen geword het – dít is die dag waarin ons moet bly wees.  Wanneer is die steen verwerp?  Toe Jesus gekruisig is.  En wanneer het Hy die hoeksteen geword?  Toe God Hom op die eerste dag van die week uit die dode opgewek het.  Petrus het dit só verstaan:  “laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.  Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat ‘n hoeksteen geword het.” (Handelinge 4:10-11).  Dan is die Sondag van Jesus se opstanding die dag waarin ons moet bly wees.  En hierdie Sondag vier ons elke week.

 

Baie van die Ou Testamentiese feeste is vervul.  Christene hoef dus nie ‘n kalender te volg om Jesus se geboorte, dood, hemelvaart, die uitstorting van die Heilige Gees, en ander Christelike dae te vier nie.  Ons hoef ook nie begerig te wees om enige Ou Testamentiese feeste in Jerusalem by te woon nie.  Volgens Kolossense 2:16-17 was hierdie feeste net ‘n skadu van die ewige fees van die hemel en verlossing wat ons in Christus vier:  “Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie, wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.”  Ons hoef nie eenmaal ‘n jaar aan Jesus se dood te dink op Goeie Vrydag nie, maar ons doen twee keer ‘n maand so by die nagmaaltafel.  Ons hoef nie eenkeer ‘n jaar sy opstanding te vier nie, maar loof Hom elke Sondag hiervoor en vir ons lewe in Hom.  Ons loof Hom nie net eenkeer ‘n jaar vir hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees nie.  Ons dank Hom elke keer hiervoor wanneer daar ‘n bekering is, wanneer ons ons eie redding onthou, en wanneer ons tot Hóm bid wat nou in die hemel is.  Uiteindelik sal die hemel self ‘n ewige fees wees (Openbaring 19:7-9).  Die groot vraag is:  Sal jy die fees bywoon?  Of sal jy ook sê dat jy ander dinge het om te doen en nie na die fees toe kan kom nie (Matteus 22:1-14)?

Mense se reaksie op die uitverkiesingsingsleer

“En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.” (Romeine 8:28-30).

 

(1) God is goed in voorsienigheid (vers 28)

(2) God is goed in verkiesing (vers 29)

(3) God is goed in verlossing (vers 30)

 

Ek het onlangs ‘n foto gesien van ‘n ketting met ‘n groot slot aan.  Een van die ketting se skakels het gebreek en is met ‘n ‘cable tie’ aan die ander skakel vasgemaak.  As ‘n skelm een skakel van ‘n ketting geknip het kan hy inbreek.  In v.29-30 is daar ‘n goue ketting:  “Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.”  Al die persone wat gekies en bestem is, word ook geroep, geregverdig, en verheerlik.  Anders gestel:  almal wat uitverkies en vooruit bestem is, word ook gered en gaan hemel toe.  Dit is dus nie waar dat almal uitverkies is nie.  Let op dat die goue ketting in die ewige verlede begin (vantevore geken en bestem) en in die ewige toekoms eindig (verheerlik).  As jy een skakel van die ketting knip, dan val alles plat.  Verskeie verse in die Bybel bevestig dat God dié wat Hy uitverkies het ook red en hemel toe neem. 

 

“En toe die heidene dit hoor, was hulle bly; en hulle het die woord van die Here geprys; en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe.” (Handelinge 13:48).  Let op dat hulle nie uitverkies is omdat hulle geglo het nie, maar dat hulle geglo het omdat hulle uitverkies is.

 

“soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil…in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.” (Efesiërs 1:4-5, 13-14).  Almal wat uitverkies is word as God se kinders aangeneem en gaan definitief hemel toe.

 

“Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus” (1 Tessalonisense 5:9).

 

“Maar ons moet God altyd oor julle dank, broeders wat deur die Here bemin word, dat God julle van die begin af verkies het tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid” (2 Thessalonians 2:13).

 

“En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie…Die dier wat jy gesien het, was en is nie, en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar; en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is…En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp…En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.” (Openbaring 13:8, 17:8, 20:15, 21:27).  Nog voordat die wêreld bestaan het, het God mense se name in die boek van die lewe geskryf.  Net dié wie se name in die boek van die lewe is, gaan hemel toe.

 

Wat presies is die uitverkiesingsleer?  Dit is ‘n Bybelse waarheid wat sê dat God sekere persone vir redding en die hemel uitverkies of selekteer [Grieks eklegomai].  Ons sal oor die volgende paar weke die onderwerp in diepte bestudeer, maar vir eers wil ek reageer op verskeie reaksies wat mense op hierdie stelling sou maak.

 

Reaksie 1:  “Ek glo nie daar bestaan iets soos die uitverkiesing nie.”  Antwoord 1:  Romeine 9 en baie ander verse in die Bybel sê daar bestaan so iets.  Onderwerp jou aan die Skrif en nie aan jou eie opinies nie.  Reaksie 2:  “Ek weet die Bybel praat oor die uitverkiesing, maar ek kan dit nie aanvaar nie.”  Antwoord 2:  Hou aan om te bid en die Skrif te bestudeer.  Lees ook die res van hierdie reeks preke.  Reaksie 3:  “Ek glo in die uitverkiesing, maar dit maak nie ‘n praktiese verskil in my lewe as Christen nie.”  Antwoord 3:  Oor weke wat kom sal ek vir jou wys hoe hierdie leerstelling prakties is vir aanbidding, heiligheid, nederigheid, versoeking, vrees, twyfel, swaarkry, sending, babas wat sterf, kinders se redding, ens. 

 

Reaksie 4:  “Ek is baie opgewonde oor hierdie leerstelling en wil graag ander hiervan oortuig.”  Antwoord 4:  Wees versigtig en werk geduldig en stadig.  Moenie met ander hieroor stry nie.  Moet ook nie met ongelowiges hieroor in ‘n debat betrokke raak nie.  Martyn Lloyd-Jones het gesê:  “Men are not saved by believing the doctrine of election or by believing in predestination.  The way of salvation is to believe on the Lord Jesus Christ.”  En Octavius Winslow:  “It is not essential to your salvation that you believe in election, but it is essential to your salvation that you believe on the Lord Jesus Christ.”  En weer:  “In your case as an individual debating the momentous question of how a sinner may be justified before God, your fist business is with Christ, and with Christ exlusively.  You are to feel that you are a lost sinner, not that you are an elect sinner.” (aanhalings uit D. Martyn Lloyd-Jones; The Final Perseverance of the Saints (Romans 8:17-39); The Banner of Truth Trust; EDINBURGH; 1975; p.200).

 

Reaksie 5:  “As die uitverkiesing waar is, dan het die mens nie ‘n vrye wil nie en kan God hom nie verantwoordelik hou nie.”  Antwoord 5:  Daar is twee wille in God:  ‘n soewereine wil en ‘n voorgeskrewe wil.  John Piper het ‘n hele bylaag hieroor geskryf in sy boek The Pleasures of God.  Let maar op twee tekste om hierdie punt te bewys.  Psalm 105:17 sê:  “[God] het ‘n man voor hulle uit gestuur:  Josef is as slaaf verkoop.”  Josef se broers het self hulle bose planne gemaak en besluit om vir Josef te verkoop as ‘n slaaf.  En tog was dit God wat in sy wyse raadsplan vir Josef vooruit gestuur het, sodat hy betyds in plek sou wees om baie mense te red van die hongersnood wat sou kom.  God se voorgeskrewe wil is dat niemand mense mag ‘steel’ om hulle as slawe te verkoop nie (sien Eksodus 21:16).  Sy soewereine wil was egter dat Josef in Egipte moes wees om mense van die hongersnood te red.  Nog ‘n teks wat die punt bewys is Handelinge 2:23.  Moord is teen God se voorgeskrewe wil (sien Eksodus 20:13).  Maar tog was dit in God se soewereine wil dat Jesus gekruisig moes word om ons te red van ons sondes.  Lukas skryf:  “Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring” (beklemtoning my eie).

 

Hoe werk die soewereine wil van God en sy voorgeskrewe wil saam?  Hoe versoen ons die twee.  Ek kan dit nie beter illustreer as wat Stuart Olyott dit gedoen het nie.  Olyott skryf:  “Imagine an ant running around on the page that you are reading.  It goes to the right, it goes to the left; it slows down, or speeds up, or stops – it does exactly what it pleases.  Now draw an imaginary line on the surface of the nearest piece of furniture.  If you wish, you can now make your ant follow that line exactly.  As it runs around on the page, all you have to do is to hold the book over the line and to manoeuvre it appropriately.  With a little bit of practice, you can make the ant go exactly where you want it to, although it is running around exactly where it wants to!  You are sovereign, but the ant is exercising real choice.  This is not very difficult, because there is only one ant on the paper and it is not interacting with any other ants.  It becomes more difficult when you try to manoeuvre two ants on two separate pieces of paper, or two ants on the same paper!  The glory of the universe is that not only ants, but all creatures everywhere, as well as all heavenly bodies and the smallest particles of every atom, are all being directed by the same Invisible Hand.  God exercises complete sovereignty even where his creatures are making real, unconstrained choices.  He does with his creatures what He likes.” (Stuart Olyott; Ministering Like the Master; The Banner of Truth Trust; EDINBURGH; 2003; pp.51-52).

 

Reaksie 6:  “Hierdie leerstelling is liefdeloos en dit maak God onregverdig.”  Antwoord 6:  Die Skrif antwoord:  “Wat sal ons dan sê?  Is daar miskien onreg by God?  Nee, stellig nie!…So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.  Jy sal dan vir my sê:  Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan?  Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord?  Die maaksel kan tog nie vir die maker sê:  Waarom het u my so gemaak nie?  Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?” (Romeine 9:14, 18-21).  Iemand het vir Charles Spurgeon gevra:  “Ek verstaan nie Romeine 9:13 nie – dat God vir Jakob liefgehad het, maar vir Esau gehaat het.”  Sy antwoord was:  “Ek verstaan ook nie, want hoe kon God vir Jakob liefhê?”  Dit sou regverdig wees as God, soos met gevalle engele, niemand gered het nie.  Uit liefde en genade red God miljoene uit die dood.  Hoekom kies God nie almal nie?  Hy doen dit om sy krag te toon soos Romeine 9:22-23 sê.  Hy doen dit ook sodat ons sy liefde duideliker kan raaksien teen die donker agtergrond van dit wat ons verdien, naamlik die hel.  Daarom sal ons Hom ook meer loof as wat ons dit sóú doen as daar nie ‘n hel was nie.  As Christen is dit vir nou genoeg om Matt.11:25-28 te glo (dat God uitkies en openlik uitnooi omdat Hy wys en goed is); om te glo God is goed in verkiesing.

Alles werk ten goede mee

“En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.” (Romeine 8:28-30).



(1) God is goed in voorsienigheid (vers 28)

(2) God is goed in verkiesing (vers 29)

(3) God is goed in verlossing (vers 30)

 

Toe ek in die laerskool was het ek by die dorp se jaarlikse skou, ewe skelm ‘n stinkbom in die aankondiger se kantoor gebreek.  Vriende het my gewaag om dit te doen.  Na ‘n paar minute het die aankondiger gesê dat die persoon wat die stinkbom gebreek het na die kantoor toe moes kom en ‘n R10 beloning sou kry.  ‘n Klomp kinders het in die kantoor vergader en gesê dat húlle die stinkbom gebreek het.  Maar ek kon bewys presies waar die stinkbom gebreek was en het die beloning gekry.  Jy sien, die beloning is nie gegee aan dié wat gesê het dit was hulle nie, maar aan die een wat dit gedoen het.

Die belofte in Romeine 8:28 is nie vir almal wat hulle is Christene nie, maar vir dié wat waarlik geroep (weergebore) is en God liefhet.  Liefde vir God is ‘n kenmerk van en toets toets vir ware roeping.  Die ware gelowige bly lief vir God selfs wanneer hy swaarkry verduur (v.18-27, 28).  Toe Job en Dawid swaargekry het, het hulle steeds vir God liefgehad en aan Hom bly vashou (Job 13:15, Psalm 18:1).  Sodra die vals gelowige swaarkry, dan val hy weg (Matteus 13:18-22).  Sy liefde is soos ‘n oggend miswolk wat indrukwekkend lyk, maar gou verdwyn wanneer die son opkom (Hosea 6:4).

Uit die bognoemde waarhede moet die nuwe bekeerling leer dat God dikwels sy geloof en liefde toets deur kort ná sy redding beproewing te stuur.  Sy aanhoudende liefde vir God wys dat sy redding eg is.  Die persoon wat God verloën in swaarkry moet besef dat sy sogenaamde bekering vals was.  Te veel mense kom ‘gou’ tot bekering deur sy hand op te steek, ‘n kaartjie in te vul, ‘n sondaarsgebed te bid, of tot voor te stap in ‘n kerk.  Later, wanneer die beproewing slaan, word dit duidelik dat hulle nooit waarlik gered en geroep was nie.

‘n Jong man in ons kerk is ‘n maand of wat gelede geopereer.  Toe hy ná die operasie uit die teater uitgestoot was het hy gesing:  “Nader my God by U, nog nader by…”  ‘n Paar uur later het ek hom in die intensiewe sorgeenheid besoek.  Sy woorde aan my was:  “Ivor, partykeer wonder ‘n mens of jy lief is vir die Here.  Nou weet ek ek is lief vir Hom.”  Daar is twee tipes mense in die wêreld:  dié wat God liefhet en dié wat Hom haat.  Daar is niks tussen-in nie.  Hoe weet jy aan watter kant jy staan?  Toets jou liefde vir God aan die hand van die volgende vrae.  Is dit vir jou ‘n plesier om God te gehoorsaam?  Geniet jy dit om jou naaste se belange bo jou eie te stel en om goed te doen aan hom?  Is jy versigtig om naasteliefde te bewys soos dit in die tien gebooie uitdrukking vind (sien Matteus 22:37-39, Johannes 14:15,1 Johannes 4:20in hierdie verband)?  Indien jy níé hierdie dinge doen nie, moet jy jou bekeer – jy het jou eerste liefde verlaat (Openbaring 2:4-5).

Wanneer iemand Japanees of Spaans praat kan jy hoor wat hulle sê – jy’s nie doof nie.  Maar omdat jy die taal nie verstaan nie kan ons sê:  Jy hoor hulle, maar hoor hulle ook nie.  So kan jy soos die Jode vir Jesus sien, maar jy verstaan nie wie Hy is nie.  Jy kan evangelie-roepstem deur die prediker hoor, maar jy hoor nie die innerlike roepstem van die Heilige Gees nie.  Johannes 5:39 sê:  Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.”  Paulus skryf aan die Korintiërs:  “Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word.  Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart” (2 Korintiërs 3:14-15).  Hoe dikwels het jy voor jou bekering die evangelie gehoor, maar nie verstaan nie?  Die Bybel verwys duidelik na twee verskillende tipes roeping.  Daar bestaan ‘n uiterlike roeping.  Dit verwys eenvoudig na die prediking van die evangelie.  Dan bestaan daar ‘n innerlike roeping.  Dít verwys na die Gees wat in ‘n dooie sondaar se hart roep:  ‘Lewe!’ en dan wedergeboorte skenk en bewerk.  Die innerlike roeping van wedergeboorte kan nooit plaasvind sonder die uiterlike roeping van evangelie-prediking nie.  Dit is wel moontlik dat die uiterlike roeping soms plaasvind sondat dat die persoon innerlik geroep word en wedergeboorte ervaar.  Let op hoe die onderstaande verse na innerlike en uiterlike roeping verwys.

“onder wie julle ook is, geroepenes van Jesus Christus aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is:  Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!” (Romeine 1:6-7).

“Want:  Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.  Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie?  En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie?  En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?  En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie?  Soos geskrywe is:  Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!  Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesê:  Here, wie het ons prediking geglo?  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.” (Romeine 10:13-17).  Sien hier dat innerlike roeping nie kan plaasvind sonder uiterlike roeping nie.

“Want baie is geroep, maar min uitverkies.” (Matteus 22:14).  Die konteks wys hoe baie mense wat die evangelie roepstem hoor, nie innerlik geroep en gered word nie.

“Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.” (Johannes 6:44).

“Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.” (Handelinge 2:39).  Die belofte van die Heilige Gees is nie vir almal wat die evangelie hoor nie, maar slegs vir dié wat innerlik geroep word.

“En ‘n vrou met die naam van Lídia, ‘n purperverkoopster van die stad Thiatíre, ‘n godsdienstige vrou, het geluister; die Here het haar hart geopen om ag te gee op wat deur Paulus gesê is.” (Handelinge 16:14).  Dié vers is ‘n duidelike voorbeeld van innerlike roeping.  Let ook op hoe innerlike roeping plaasvind in reaksie op uiterlike roeping.

“waartoe Hy julle geroep het deur ons evangelie om die heerlikheid van onse Here Jesus Christus te verkry.” (2 Tessalonisense 2:14).  Let weer op hoe innerlike roeping gebeur déúr uiterlike roeping.

“wat ons gered en geroep het met ‘n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is” (2 Timoteus 1:9).

“want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly…die woord van die Here bly tot in ewigheid.  En dit is die woord wat aan julle verkondig is.” (1 Petrus 1:23, 25).  Wedergeboorte (innerlike roeping) vind plaas deur die Woord wat verkondig word (uiterlike roeping).

Romeine 8:28 verwys na innerlike roeping en nie na uiterlike roeping nie.  Ons weet dit omdat almal wat geroep is, ook geregverdig en verheerlik word (v.30).  Dit is mos nie waar dat almal wat die evangelie hoor geregverdig en verheerlik word nie.  Daarom móét die roeping in v.28 na die innerlike roeping van wedergeboorte verwys.  Ons leer ook uit v.28 dat ons volgens GOD se voorneme en besluit geroep is.  Wedergeboorte vind dan nie plaas op grond van ‘n persoon se eie besluit nie.  Romeine 9:11 sê:  “Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep”. 1 Petrus 1:3 sê Gód het die wedergeboorte aan ons geskenk.  Jy is nie primêr wedergebore deur jóú keuse nie, maar deur Gód s’n.  Die verlore skaap soek nie die Herder nie, maar dit is die Herder wat die skaap soek.  Ook wanneer jy deur geloof en bekering tot die Here roep, is jou roepstem ‘n antwoord op syne.  Jy het lief omdat Hy jou eerste liefgehad het (1 Johannes 4:19).  Selfs jou geloof en bekering is ‘n geskenk van God af.  Só leer die onderstaande verse.

“Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie:  dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.” (Efesiërs 2:8-9).  Nie alleen is genade ‘n geskenk van God nie, maar ook geloof.  Dit word bewys deur die feit dat beide ‘geloof’ en ‘genade’ ‘n vroulike naamwoord is, maar dat die woord ‘geskenk’ in ‘n onsydige vorm staan.  Die geskenk van die voorgenoemde vers verwys dus na die hele verlossing en nie net na die genade nie.

“omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly” (Filippense 1:29).  Lyding, soos geloof, is aan jou geskenk.

“Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie” (2 Timoteus 2:25).

“Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk.” (Handelinge 5:31).

 

“En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê:  So het God dan ook aan die heidene die bekering tot die lewe geskenk.” (Handelinge 11:18).

Die groot vraag is dan nie of jy uiterlike geroep is nie, maar of jy innerlik geroep is deur die Heilige Gees?  Om innerlik geroep te wees móét die volgende dinge plaasvind.  [1] Jy moet die feite aangaande Jesus en sy Persoon hoor.  Jy moet weet dat jy ‘n sondaar is, dat jy nie deur jou werke gered kan word nie, dat verlossing ‘n gratis geskenk is, dat Jesus vir sondaars gesterf het, begrawe is, en dat Hy liggaamlik opgestaan het uit die dood op die derde dag (sien Romeine 3:23, 6:23,1 Korintiërs 15:3-4).  Verlossing is wel meer as die erkenning van hierdie historiese feite, maar dit is nie minder as dit nie.  [2] Jy moet geheel en al op Christus vertrou om jou te verlos van jou sondes, en jy moet jou van daardie sondes bekeer (Markus 1:15).  [3] Jy moet die belofte van God se vergifnis en die ewige lewe aanneem (Johannes 3:16).  Slegs wanneer jy dít gedoen het sal jy weet en verstaan dat God goed is.

Hoe antwoord jy die Jehova’s Getuies oor Johannes 1:1?

Johannes 1:1-3 in die Jehova’s Getuies se Nuwe Wêreld Vertaling lees:  “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was ‘n god.  Dié een was in die begin by God.  Alles het deur hom ontstaan en sonder hom het nie eers een ding onstaan nie.” (beklemtoning myne).  Ek hoop jy het gesien hoe húlle vertaling van óns s’n verskil.  Óns Bybel sê nie:  “…die Woord was ‘n god…” nie, maar “…die Woord was God…”  Dit is ‘n groot verskil, want ‘die Woord’ in Johannes 1:1 is Jesus (sien v.14).  Die Jehova’s sê dus dat Jesus nie gelyk is met die Vader nie en ons sê Hy is.  Volgens hulle het God vir Jesus geskep.  Hulle sê:  “Daar is geen bepaalde lidwoord in die Grieks nie, en dus is die Woord net ‘n god en nie God self nie.”  Hulle is reg – daar is nie ‘n bepaalde lidwoord in die Grieks nie.  Maar hulle is verkeerd om te sê die vers moet met ‘n god vertaal word.  Hoekom?  Vyf redes.

 

[1] Let op die raakpunte tussen Jesus in Johannes 1 en God inGenesis 1.  Daar is ten minste vier.

 

Jesus in Johannes 1                                      God in Genesis 1

                Hy was in die begin (v.1-2)                                           Hy was in die begin (v.1)

                Hy is die Woord (v.1-3)                                                   God het gesê (v.3)

                Hy skyn lig in duisternis (v.4-9)                                  Hy skyn lig in duisternis (v.2-5)

                Hy het alles gemaak (v.3, 10)                                      Hy het alles gemaak (v.31)

 

Duidelik is Jesus die Skepper-God van Genesis 1.  Alles is deur Hom geskep (v.3a).  Niks is sonder  Hom gemaak nie (v.3b).  In Griekse, Egiptiese, en Romeinse mitologie was daar ‘n god van die see, ‘n god van die son, ‘n god van die planete, ‘n god van die riviere, ‘n god van vrugbaarheid, ens.  Johannes wys dat één God alles gemaak het en dat Hý soewerein oor alles heers.  Jesus is daardie God – die Woord deur wie alles gemaak is: 

 

“Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie… die wêreld het deur Hom ontstaan…” (v.3, 10). 

 

“Deur die Woord van die Here is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.” (Psalm 33:6, beklemtoning myne). 

 

“want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte – alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.” (Kolossense 1:16).

 

“Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.” (Hebreërs 11:3, beklemtoning myne).

 

Hoe kan Jesus skep as Hy net ‘n god is?  Ek het ‘n Amerikaanse vriend.  Van sy gunsteling woorde in Afrikaans is:  “God het alles gemaak.  Die gode van die mense het niks gemaak nie.”  Hy is reg.  Die Psalmis sing:  “Want al die gode van die volke is afgode, maar die Here het die hemele gemaak.” (Psalm 96:5).  Jeremia eggo:  “so moet julle vir hulle sê:  Die gode wat die hemel en die aarde nie gemaak het nie, sal vergaan van die aarde af en onder hierdie hemel uit – Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, wat die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan het deur sy verstand.” (Jeremia 10:11-12).  Dan is Jesus nie bloot ‘n god nie, maar die God wat hemel en aarde gemaak het.  Johannes wil ook wys dat Jesus gekom het om die skepping te herstel; dat Hy gekom het om ‘n núwe skepping te maak (sien2 Korintiërs 4:4-6, 5:17).    

 

[2] Die woorde “In begin was” in v.1-2 staan in ‘n imperfektum indikatief aktief.  Wat op aarde beteken dít?  Dit beteken dat die Woord nie op ‘n spesifieke tydstip in die verlede daar was nie, maar dat Hy voortdurend en nog altyd by God was.  In gewone Afrikaans:  Jesus het nie ‘n begin gehad nie.  Ook het Hy voor die begin bestaan en is Hy ewig.  Uit die Skrif weet ons dat nét God ewig is (die engele self is eers ná ‘die begin’ gemaak – sien Eksodus 20:11, Kolossense 1:16-17).  Moses sê in Psalm 90:2:  “Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.”  Ons gevolgtrekking?  Jesus is die ewige God van die Ou- en Nuwe Testament.

 

[3] Johannes sê:  “…die Woord was by God, en die Woord was God.” (v.1).  In die Nuwe Testament verwys ‘God’ dikwels na ‘die Vader’ (sien v.18, 2 Kor.13:13).  Volgens Johannes is die Woord apart van die Vader.  Ons kan sê:  “God is lig”, maar ons kan nie sê:  “Lig is God” nie.  Net so kan ons sê:  “Die Woord was God”, maar ons kan nie sê:  “God was die Woord nie.”  Miskien moet ons dit duideliker stel.  Ons kan nie sê:  “Jesus is die Vader en die Vader is Jesus” nie.  Maar ons kan sê:  “Die Woord is God.  Jesus is God én die Vader is God.  Tog is daar nie twee gode nie, maar net een God.”  Die volgende verse wys dat die bogenoemde paragraaf waar is:

 

“En God het gesê:  Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.” (Genesis 1:26).  God verwys na Homself as ‘ons’.

 

“U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is ‘n regverdige septer.  U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid.  Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle.” (Psalm 45:7-8).  God praat met iemand anders en noem Hom ‘God’.

 

“…Die Here het tot my Here gespreek:  Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak ‘n voetbank vir u voete.” (Psalm 110:1).  Het God ‘n gesplete persoonlikheid dat Hy langs Homself kan sit, of is daar meer as een Persoon in die Godheid?  Ek sal gaan vir die tweede opsie!

 

“En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê:  Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.” (Matteus 3:17).  Die Vader en die Seun is twee aparte Persone.

 

“Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees…” (Matteus 28:19).  Drie Persone word in die vers genoem, maar daar is net een Naam.

 

[4] In Grieks is daar ‘n bepaalde lidwoord (die) voor ‘God’.  In die laaste deel van Johannes 1:1 is daar nie ‘n bepaalde lidwoord nie.  Die Jehova’s lei daaruit af dat Jesus ‘n god is en nie God self nie.  Maar in v.6, 12-13, en 18 is daar ook nie ‘n bepaalde lidwoord voor ‘God’ nie.  Beteken dit dat Johannes die Doper deur ‘n god gestuur is?  Of dat ons kinders van ‘n god is en dat ons uit ‘n god gebore is?  Het niemand nog ooit ‘n god gesien nie?  Die afwesigheid van die bepaalde lidwoord voor ‘God’ beteken eenvoudig dat die reëls van Griekse grammatika gevolg word.  Wayne Grudem verduidelik:

 

“The translation ‘the Word was God’ has been challenged by the Jehovah’s Witnesses, who translate it ‘the Word as a god,’ implying that the Word was simply a heavenly being but not fully divine.  They justify this translation by pointing to the fact that the definite article (Gk. ho, ‘the’) does not occur before the Greek word theos (‘God’).  They say therefore that theos should be translated ‘a god.’  However, their interpretation has been followed by no recognized Greek scholar anywhere, for it is commonly known that the sentence follows a regular rule of Greek grammar, and the absence of the definite article merely indicates that ‘God’ is the predicative rather than the subject of the sentence. (A recent publication by the Jehovah’s Witnesses now acknowledges the relevant grammatical rule but continues to affirm their position on John 1:1 nonetheless.)  The inconsistency of the Jehovah’s Witnesses’ position can further be seen in their translation of the rest of the chapter.  For various other grammatical reasons the word theos also lacks the definite article at other places in this chapter, such as verse 6 (‘There was a man sent from God’), verse 12 (‘power to become children of God’), verse 13 (‘but of God’), and verse 18 (‘No one has ever seen God’).  If the Jehovah’s Witnesses were consistent with their argument about the absence of the definite article, they would have to translate all of these with the phrase ‘a god’, but they translate ‘God’ in every case.” (Systematic Theology, pp.234-235).

 

“This rule (called ‘Colwell’s rule’) is covered as early as chapter 6 of a standard introductory Greek grammar…The rule is simply that in sentences with the linking verb ‘to be’ (such as Gk. eimi), a definite predicate noun will usually drop the definite article when it precedes the verb, but the subject of the sentence, if definite, will retain the article.  So if John had wanted to say, ‘The Word was God,’ John 1:1 is exactly the way he would have said it…Of course, if John had wanted to say, ‘The Word was a god’ (with an indefinite predicate, ‘a god’), it would also have been written this way, since there would have been no definite article to drop in the first place.  But if that were the case, there would have to be some clues in the context that John was using the word theos to speak of a heavenly being that was not fully divine.  So the question becomes, what kind of God (or ‘god’) is John talking about in this context?  Is he speaking of the one true God who created the heavens and the earth?  In that case, theos was definite and dropped the definite article to show that it was the predicate noun.  Or is he speaking about some other kind of heavenly being (‘a god’) who is not he one true God?  In that case, theos was indefinite and never had a definite article in the first place.  The context decides this question clearly.  From the other uses the word theos to mean ‘God’ in vv.1, 2, 6, 12, 13, et al., and from the opening words that recall Gen.1:1 (‘In the beginning’), it is clear that John is speaking of the one true God who created the heavens and the earth.  That means that theos in v.2 must be understood to refer to that same God as well.”  Joh.1:1 wys dan duidelik dat Jesus volkome God is.” (Ibid, n.12).

 

[5] In v.4-5 sê Johannes Jesus is die lig.  Ook in Johannes 8:12 praat Jesus van Homself as die lig.  In 1 Johannes 1:5sê Johannes:  “…God is lig…”  Daar is geen twyfel in my gemoed oor wie Jesus is nie.  Saam met Johannes bely ek:  “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was GOD.”