Wat sal gebeur as jy uitverkiesing verkeerd glo?

 

Wat is die praktiese effek as jy die uitverkiesing verkeerd glo?

1.  Indien jy glo dat God jou gekies het omdat Hy vooruit geweet het jy sou glo…

  • Jy sal maklik oor jou redding twyfel.  Sodra jou geloof wankel sal jy vrees dat jy jou redding gaan verloor.  In jou gedagte is geloof die basis vir God se uitverkiesing, en nou wankel daardie geloof.  As die eerste skakel in die goue ketting van Romeine 8:29-30 nie vas is nie, sal die res maklik breek.
  •  Jy sal versoek word om te dink jy is beter as ander wat nie glo nie.  Jy het immers jou potensiaal om te glo gebruik; hulle het nie of kon nie.
  • Jy sal God se eer steel.  95% van die eer sal jy vir Jesus gee en 5% vir jouself, omdat jy deur jou eie vermoeë geglo het.  Efesiërs 1:4-6 leer dat ‘n regte siening van die uitverkiesing nederigheid kweek.

2.  Indien jy glad nie in die uitverkiesing glo nie…

  • In Romeine 8:33 sê Paulus:  “Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God?  God is dit wat regverdig maak.”  Hierdie belofte is net vir die uitverkorenes.  Indien jy dan nie in uitverkiesing glo nie, sal jy ‘n oormatige vrees vir die duiwel (Satan beteken ‘aanklaer’) hê.  Jy sal bang wees dat versoeking jou finaal kan laat wegval.
  • Jy sal geen troos hê dat God jou in swaarkry sal of wil help nie. Dit is vir die uitverkorenes wat God alles ten goede laat meewerk (Romeine 8:29-30).  Hulle kan weet dat God die seël van sy ewige liefde op hulle geplaas het, en dat hierdie beproewing wat hulle nou moet deurmaak vir hulle voordeel sal uitwerk.  Die persoon wat nie in uitverkiesing glo nie sal nie enige sekerheid van God se ewige liefde vir hóm hê nie.

3.  Indien jy fatalisties is en glo en dink:  ‘Dit help nie dat ek enigiets probeer doen nie.  God het immers klaar besluit wie Hy gaan red en wat Hy gaan doen’…

  • Jy sal passief terugsit en presies dóén soos wat jy dink.
  • Jy sal onheilig wees omdat jy dink:  “Ek is uitverkies en kan nou sondig soos wat ek wil.”  Dit is eenvoudig onwaar.  Die Skrif leer dat God ons uitverkies het tot heiligheid:

“soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees” (Efesiërs 1:4).

 

“Maar ons moet God altyd oor julle dank, broeders wat deur die Here bemin word, dat God julle van die begin af verkies het tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid” (2 Tessalonisense 2:13).

 

uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus:  Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!” (1 Petrus 1:2).

  •  Jy sal nie sending en evangelisasie doen nie.  ‘n Hiper-Calvinistiese ou man het vir die pionier sendeling, William Carey, gesê:  “Sit jong man.  God sal die heidene red sonder my of jou help.”  Mense dink dikwels dat uitverkiesing sending en evangelisasie uitskakel.  Maar dit is ‘n verkeerde siening van die uitverkiesing wat dít doen.  Die waarheid is dat ‘n Bybelse siening van die uitverkiesing juis sending en evangelisasie dryf.  Die uitverkiesing verseker sukses:  God sal sy uitverkorenes red.  Paulus het nie die uitverkiesing en evangelisasie as teenstellend beskou nie, maar juis as komplementerend.

“En die Here het deur ‘n gesig in die nag aan Paulus gesê:  Wees nie bevrees nie, maar spreek en moenie swyg nie; want Ek is met jou, en niemand sal die hand aan jou slaan om jou kwaad aan te doen nie, want Ek het baie mense in hierdie stad.” (Handelinge 18:9-10).  Paulus was bang om aan te hou preek.  Die Here het hom verseker dat daar baie uitverkore mense in Korinte was.  Hulle moes nog gered word en daarom moes Paulus aanhou preek.

“Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid.” (2 Timoteus 2:10).  Hierdie vers wys duidelik hoe die uitverkiesing Paulus se evangelisasie gedryf het.

Hoekom doen ons dan evangelisasie as God net die uitverkorenes gaan red?  Die rede is drievoudig.  Eerstens het Jesus beveel dat ons die evangelie aan alle nasies moet verkondig (Matteus 28:19).  Tweedens sal die uitverkorenes nie gered word sonder die verkondiging van die evangelie nie (Romeine 10:13-17).  En derdens weet net God wie die uitverkorenes is.  Ons weet nie wie hulle is nie en daarom preek ons die evangelie aan alle mense.  Charles Spurgeon en George Whitefield se evangelisasie pogings onderstreep die feit dat die uitverkiesing en evangelisasie nie teenstrydig is met mekaar nie.  ‘n E-pos wat ek van my Amerikaanse sendeling-vriend, Seth Meyers, ontvang het bewys dieselfde.

“Perhaps it might encourage you to hear some recent answers to prayer.  In a previous email, I had asked everyone to pray for three young adults.  One of them (the girl) was converted on Sunday.  I met with the other two (boys) yesterday, and in their words, they are ‘at the door of salvation, about to enter’.  Sunday when she approached me, I asked the girl why she wanted to be saved – what made her interested in salvation?  She said studying Total Depravity from Jeremiah 17:9 and then the Golden Chain of Romans 8:29-30.  Those are two passages of Scripture and topics we deal with in our catechism at our Wednesday night Bible study, and guess what:  God’s sovereignty and her total spiritual inability attracted her to salvation.  She didn’t use the terms in this paragraph, but she did reference both of those verses, and she did quote Romans 8:29 that she has memorized.  Don’t tell me Calvinism discourages evangelism.” (beklemtoning my eie).

Advertisements

Uitverkiesing en voorkennis

 

Arminiane glo God sien vooruit wie sal glo en wie nie, en maak dít die basis van sy keuse van wie Hy gaan red.  Open Theists glo weer dat God glad nie vooruit weet wat mense sal besluit nie.  Hy raai maar net.  Dus bestaan daar nie regtig iets ‘n uitverkiesing soos wat dit in die Bybel staan nie.  Maar in Romeine 8:29 verwys Paulus na uitverkiesing as ‘vantevore geken’.  Die term beteken nie dat God vooruit geweet het wie sou glo en wie nie, maar eerder dat Hy vooruit bepaal het wie sou glo en wie nie.  Vyf argumente ondersteun hierdie punt.

[i] Die Nuwe Testament gebruik onder andere die term ‘vantevore geken’ [Grieks proginosko] van God wat sekere dinge vooraf bepaal.  Hier is twee   voorbeelde:

“Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis [Grieks prognosis] van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring” (Handelinge 2:23).  Let op hoe God se bepaalde raad en voorkennis aanmekaar gekoppel word.

“uitverkore volgens die voorkennis [Grieks prognosis] van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!…[Christus] wat wel vooruit geken [Gk. proginosko] is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil” (1 Petrus 1:2, 20).  God het nie net vooruit geweet Jesus sou vir ons sterf, maar het dit bepaal.  En net so het God nie net vooruit geweet wie sy glo nie, maar Hy het dit bepaal.

[ii] As ‘vantevore geken’ bloot beteken dat God vooruit geweet het wie sou glo en wie nie, dan moet Hy gelowiges en ongelowiges vantevore ken.  Tog het Hy net gelowiges vantevore geken (Romeine 8:29-30).  [iii] In Romeine 8:29 verwys ‘vantevore geken’ na ‘n intieme verhouding tussen God en sekere mense en nie net alwetendheid nie.  Let op hoe ‘ken’ in die volgende verse gebruik word.

“En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê:  Ek het ‘n man verkry met die hulp van die Here.” (Genesis 4:1).  Die ‘kennis’ in dié vers verwys duidelik na ‘n intieme verhouding.

“Tog was Ek, die Here, jou God van Egipteland af, en buiten My het jy geen God geken nie, ja, behalwe My is daar geen Heiland nie.  Ek het jou in die woestyn geken, in die land van droogtes.” (Hosea 13:4-5).

“Hoor hierdie woord wat die Here oor julle gespreek het, o kinders van Israel, oor die hele geslag wat Ek uit Egipteland laat optrek het, naamlik:  Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte van die aarde; dáárom sal Ek by julle besoeking doen oor al julle ongeregtighede.” (Amos 3:1-2).  Soos in die voorgenoemde vers verwys ‘geken’ hier na ‘n intieme verhouding en nie maar net na die feit dat God vooruit geweet het Israel sou sy volk wees nie.

“En dan sal Ek aan hulle sê:  Ek het julle nooit geken nie.  Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” (Matteus 7:23).  ‘Geken’ in hierdie vers het niks te doen met alwetendheid nie, maar eerder daarmee dat Jesus nie ‘n intieme verhouding met hierdie mense gehad het nie; dat Hy hulle nooit as sy eie kinders geken het nie.

[iv] Volgens Romeine 8:29-30 het God het nie net feite vooruit geken nie (wie sou glo en wie nie), maar persone.  Paulus sê nie:  “…wat Hy vooruit geken het…” nie, maar “…wie Hy vantevore geken het…”  [v] Niks in ons het God gedwing om ons te kies nie.  Dit was in sy eie goedheid, liefde, en genade wat God besluit het om ons te red.  Hier is ‘n paar tekste om die punt te bevestig.

“Want toe die kinders [Jakob en Esau] nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep…So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.” (Romeine 9:11, 16).

“God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie…Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd ‘n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade.  En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie.  En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie.” (Romeine 11:2, 5-6).

Die Here het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.  Maar omdat die Here julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die Here julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.” (Deuteronomium 7:7-8).  In ander woorde gesê:  “Ek het julle liefgehad omdat Ek julle liefgehad het.”

“maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak” (1 Korintiërs 1:27-28).  Weer sê ek:  daar is niks in ons wat God gedwing het om ons te kies nie.

Hoe gaan ons nuwe liggame lyk?

Hiper-preteriste is mense wat nie glo daar sal ‘n wederkoms wees nie.  Hulle glo dat al die tekste in die Bybel wat na die wederkoms verwys, eintlik na die verwoesting van Jerusalem in 70 n.C. verwys.  Hulle glo dat wanneer ‘n persoon doodgaan en hemel toe gaan, die einde vir hom gekom het.  Daar is geen finale einde nie.  Maar hulle is natuurlik verkeerd, want die Bybel praat van ‘n opstanding van die liggaam.  Wanneer Jesus terugkeer sal sy kinders saam met Hom kom.  Die gelowige se liggaam word dan opgewek, in ‘n flits met sy siel verenig, en verheerlik.  Enkele verse is genoeg om hierdie punt te bewys.  In Romeine 8:23 sê Paulus dat Christene wag op die verlossing van die liggaam.  Dit is niks anders as die opstanding van die liggaam nie.  In v.30 sê Paulus dat ons verheerlik sal word.  Nie alleen word ons siele verheerlik nie, maar ook ons liggame.  1 Korintiërs 15:52 sê”in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.”  Kolossense 3:4 sowel as 1 Tessalonisense 3:13, 4:14 sê afgestorwe gelowiges sal saam met Jesus kom by sy wederkoms:  “Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word… sodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al sy heiliges…Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.”

Volgens 1 Korintiërs 15 verskil ons nuwe liggame met die ou een soos wat ‘n saad met die plant wat daaruit opkom verskil (v.35-37, 42).  Elke persoon se opstandingsliggaam sal uniek wees – daar is nie twee liggame wat dieselfde sal lyk nie (v.38-42).  Ons opstandingsliggame sal onsterflik wees (v.42).  Dit sal ook koninklik helder/heerlik wees en skyn soos die son (v.43).  Die heerlikheid wat daaruit sal voortstraal sal Christus se heerlikheid wees wat in ons skyn (sien Daniël 12:2-3, Matteus 13:43, <st1:bcv_smarttag>2 Tessalonisense 1:10).  Ons nuwe liggame sal sterk, jonk, en gesond wees (v.43).  Ons sal nooit weer siek word, swak voel, emosioneel onstabiel wees, uitgeput wees, of sonde doen nie (Openbaring 21:4).  Soos C.S. Lewis in The Chronicles of Narnia – The Last Battle skryf sal selfs dié wat hardloop nie warm kry, moeg word, of uit asem raak nie (p.760).  Ons sal seker soos valke kan sien, soos vinnige diere kan hardloop, soos wolwe kan hoor, en sterk wees soos bere.  Jonathan Edwards skryf:

“In heaven it is the direct reverse of what is on earth, for there by length of time things become more and more youthful, that is, more vigorous, active, tender, and beautiful…The organs also will be immensely more exquisitely perceptive, so that perhaps a vibration a thousand times less than can now be perceived by the ear, may be distinctly and easily perceived by them; and yet the organs may be far more able to bear a very strong vibration than ours in this state; and through niceness of the organ they shall be able to distinguish in the greatest multitude of sounds according to their distance and direction, more exactly by the ear than we do visible objects by the eye; and we know not how far they may clearly hear one another’s discourses.  So the eye may be so much more sensible, and the medium of vision (the rays) so much more exquisite, that for aught we know they may distinctly see the beauty of one another’s countenances and smiles, and hold a delightful and most intimate conversation at a thousand miles distance.” (Works Volume 2, The Banner of Truth Trust, EDINBURGH, 1976, p.619).

Sal ons ouderdom in ons nuwe liggame hê?  Hoe oud sal ons lyk?  Ons weet nie.  Ons weet net dat ons nie oud of swak sal voel nie.  Miskien het Adam en Eva omtrent 30 jaar oud gelyk en miskien sal ons in die hemel dieselfde lyk.  Dalk sal daar selfs kinders wees soos wat Jesaja 11 en 65 impliseer.  Maar moontlik verwys hierdie tekste eerder na ‘n aardse millenium.  Ongeag van hoe oud ‘n persoon sal lyk:  ons kan ten minste sê dat dit jóú liggaam sal wees.  Ja, dieselfde liggaam wat begrawe of verbrand is sal opgewek word.  Ons weet dit uit die volgende tekste.

“Maar ek, ek weet:  My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.  En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou; Hom wat ék sal aanskou my ten goede, en my oë – en geen vreemde nie – sal sien, My niere versmag van verlange in my binneste.” (Job 19:25-27).

“Moenie julle hieroor verwonder nie.  Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.” (Johannes 5:28-29).  Dieselfde liggaam wat in die graf is sal opgewek word.

“En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.” (Romeine 8:11).  Toe Jesus dood is, is dieselfde liggaam wat begrawe is ook opgewek.  Ook ons sterflike liggame sal weer lewend gemaak word deur die Heilige Gees.

“wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.” (Filippense 3:21).  Hierdie selfde vernederde liggaam sal verander en vernuwe word.

Maar wat as ons liggame heeltemal vernietig is en die stofpartikels deur die wind versprei is en weer in ander organismes opgeneem is?  Soos God vir Adam uit stof geskep het, kan hy elke partikel van jou verganklike liggaam weer vergader en opwek.  Is enigiets vir God onmoontlik?  Soos Hy elke been by sy maat gebring het in Esegiël 37, kan hy met al die partikels van jóú liggaam doen.  Thomas Watson sê tereg:  “God can more easily raise the body out of the grave, than we can wake a man out of sleep.” (A Body of Divinity, The Banner of Truth Trust, EDINBURGH, 1974, p.307).

Maar praat <st1:bcv_smarttag>1 Korintiërs 15:44 nie van ‘n geestelike liggaam nie?  Ja, maar die geestelike hier word nie gekontrasteer met ‘n egte liggaam nie.  In die Nuwe Testament verwys ‘geestelike’ na dit wat deur die Heilige Gees bewoon en beheer word (sien byvoorbeeld Galasiërs 6:1).  En wanneer Paulus in <st1:bcv_smarttag>1 Korintiërs 15:50 sê dat vlees en bloed nie die hemel kan ingaan nie, bedoel hy dat ons huidige liggame nie die koninkryk kan beërwe nie.  Jesus self het tog duidelik gesê dat sy opstandingsliggaam vlees en bloed was, en dit was in hierdie liggaam wat Hy voor sy dissipels se oë opgevaar het hemel toe (Lukas 24:37-43, 51).

Party mag wonder:  Wat maak dit saak of ons liggame uit die dood opstaan en of dit dieselfde liggaam is wat begrawe is of nie?  Dit maak saak, want hierdeur word ons verlossing voltooi (Romeine 8:23).  Jesus het immers nie net ons siele verlos nie, maar ook ons liggame (Romeine 12:1).  Dit maak ook saak, want indien ons liggaam sterf maar nie weer opstaan nie, dan kan ons nie sê dat ons uiteindelik saam met Christus die dood oorwin het nie.  En 1 Korintiërs 15:54-57 sê dat gelowiges in en deur Christus die dood sal oorwin.  As een liggaam begrawe word maar ‘n hele nuwe een wat geen verband het met die oue nie geskep word by die wederkoms, dan het gelowiges hulle stryd met die dood verloor.  Om te weet ons liggame sal uit die dood opstaan help ons ook in ons stryd met sonde.  Onthou dat Jesus ons liggame met sy bloed gekoop het, en dat ons Hom daarom in ons liggame moet verheerlik (1 Korintiërs 6:19-20).  As ons Hom deur ons liggame verheerlik sal Hy uiteindelik ons liggame opwek en verheerlik.  Die opstanding van die liggaam help ons ook wanneer ons ly.  Die dag kom wanneer ons nie meer in die liggaam sal ly nie.  Ons sal lewe vir altyd!  En dit is híérdie leerstelling wat vir ons hoop gee (Romeine 8:18-25).  Hierdie leerstelling help ook gelowiges wat bedroef is oor hul broers en susters wat oorlede is.  Onthou dat jou mede-gelowiges opgewek sal word uit die graf.  Jy sal hulle weer sien.  Laat dít vir jou ‘n troos wees (1 Tessalonisense 4:13-18).

Vir die ongelowige is daar skrikwekkende nuus.  Hy gaan óók ‘n nuwe liggaam ontvang by die wederkoms.  Sy liggaam wat begrawe of verbrand is sal vervloek word.  Dit sal afskuwelik en afgryslik wees.  Jesaja 66:24 beskryf dit so:  “En hulle sal uitgaan en die lyke sien van die mense wat teen My opgestaan het; want hulle wurm sal nie sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle sal afgryslik wees vir alle vlees.”  En Daniël:  “En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.” (Daniël 12:2).  Sonde en al sy gevolge sal in hierdie liggaam gesien en ervaar word.  Mense in die hel sal lelik en misvormd wees.  Hulle sal die pyne van kanker en gout en nierstene en ander siektes voel.  Daar sal geen verligting wees nie.  Hulle sal eensaam en depressief en angstig en bang wees.  Hulle sal haat en bitter wees en naar voel.  Blindheid en doofheid en lamheid en ingewande wat brand soos vuur.  Hartaanvalle en beroertes.  Al hierdie dinge sonder dat jy ooit kan sterf.  Begeertes wat nie vervul word nie.  Verlange na dinge wat jy nie kan kry nie.  Aanhoudende sonde en skuldgevoelens.  Wat ‘n verskriklike plek.  Jy hoef nie daarheen te gaan nie.  Bekeer jou vandag en glo die evangelie van Christus.  Vertrou op Jesus wat volkome God en en volkome mens is.  Jesus wat volmaak sy Vader se wil gedoen het namens dié wat op Hom vertrou.  Jesus wat die sondes en die straf daarvan geneem het aan die kruis vir elkeen wat na Hom toe kom in die geloof.  Jesus wat gesterf het, begrawe is, en opgestaan het op die derde dag.  Jesus wat vir ewig lewe en die ewige lewe gee aan almal wat vra.  Jesus wat intree vir alle ware gelowiges.  Jesus wat weer sal kom in die vlees om te oordeel:  om vir altyd by sy kinders te wees en die goddelose te stuur na die ewige verderf in die vlamme van die hel.  Vertrou op Jesus.  Glo in Hom.  Bekeer jou en lewe.  Dan sal jy sonder twyfel weet:  God is verseker goed in verlossing.

Iemand wat ek ken het die volgende op haar Facebook muur geplaas:  “Stupid cancer…some of want a new house…A new car…A new mobile phone…To lose weight…But someone battling cancer wants just one thing, to win the battle…Please re-post this in honour of someone who lost their battle or for someone fighting it now.”  My reaksie op hierdie paragraaf is:  Christene verloor nooit die stryd teen kanker, enige ander siekte, of teen die dood nie.  Elke gelowige sal opgewek word en ‘n nuwe kanker-vrye, siekte-vrye, sonde-vrye, en dood-vrye liggaam ontvang.  Kanker verloor altyd die stryd teen God se kinders.

 

Ons weet al teen dié tyd dat almal wat gekies en gered is, verheerlikte liggame sal ontvang (Romeine 8:23, 29-30).  In die vorige preek het ek ‘n basiese verduideliking van die verheerlikte liggaam gegee.  Vandag sal ek vleis aan die geraamte sit.  Hoe presies sal ons nuwe liggame lyk?  Filippense 3:21 gee vir ons ‘n leidraad:  “[Die Here Jesus Christus] wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.”  Ná sy opstanding het Jesus steeds hande en voete gehad (Lukas 24:39-40, Johannes 20:20, 27).  Ons opstandingsliggame sal liggame wees en derhalwe ook hande en voete hê.  Ons lees wel dat Jesus na sy opstanding by tye nie herken was nie, maar dan lees ons ook dat Hy byvoorbeeld die Emmaus-gangers se oë gesluit het sodat hulle Hom nie kón herken nie.  By baie ander geleenthede ná sy opstanding is Hy as Jésus, en nie as iemand anders nie, herken.  Wanneer jy jou nuwe liggaam ontvang sal jy herkenbaar wees as .  Dit impliseer natuurlik dat jy gelowiges wat jy op aarde geken het in die hemel sal herken.  Reeds in die teenwoordige hemel was Abraham en Lasarus vir die ryk man wat in die hel was, herkenbaar (Lukas 16:23-24).  En toe Moses en Elia aan Jesus verskyn op die berg van verheerliking het Petrus geweet dis hulle (Matteus 17:3-4, hou tog in gedagte dat Petrus hulle nooit vantevore gesien het of op aarde geken het nie).  In 2 Korintiërs 1:14 sê Paulus:  “soos julle ook gedeeltelik van ons verstaan het dat ons julle roem is, net soos julle ook ons roem is in die dag van die Here Jesus.”  Hoe kan Paulus by die wederkoms in die Korintiërs roem as hy hulle nie gaan herken nie?  “Want wie anders as julle is ons hoop of blydskap of kroon van roem in die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christus by sy wederkoms?  Want julle is ons eer en blydskap.” (2 Tessalonisense 2:19-20).  Dit wat vir die Korintiërs geld, geld ook vir die Tessalonisense – Paulus gaan hulle herken.  Ook in 1 Tessalonisense 4:13-18 troos Paulus die gelowiges wat geliefdes aan die dood afgestaan het.  Sy lering impliseer dat hierdie gelowiges weer hulle geliefdes sal sien en herken by die wederkoms.

Jesus het opgevaar in sy liggaam en ons sal dieselfde doen (Handelinge 1:9, 1 Tessalonisense 4:17).  Filippus het reeds in sy sterflike liggaam so ‘n tipe ondervinding gehad.  Lukas skryf:  “En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis.” (Handelinge 8:39).  Dit blyk tog dat die moontlikheid bestaan dat ons in ons verheerlikte liggame soos Peter Pan sal kan ‘sweef’.  Maar dalk gebeur dit net by die wederkoms dat ons die Here in die lug sal ontmoet, en dat ons nie daarna sal kan ‘sweef’ nie.

Sal ons dalk kan verskyn en verdwyn?  Dit lyk uit Lukas 24:31, 36 en Johannes 20:19, 26 of Jesus verskyn en weer verdwyn het.  Maar dit mag dalk wees dat Jesus daarheen geloop het en dat die dissipels se oë daarvan weerhou is om Hom te sien terwyl Hy eintlik tussen hulle was.  In Handelinge 5:19, 12:7-10 gebeur dit dat die apostels uit die tronk ontsnap en dat die soldate niks sien of hoor nie.  Ons hoef nie hieruit af te lei dat die apostels onsigbaar geword het nie.  Dit sou meer akkuraat wees om te sê dat die soldate se oë vir daardie oomblik gesluit was, sodat hulle nie die apostels kon sien nie (soos in 2 Konings 6:17 waar Elisa se dienskneg nie die perde en strydwaens van vuur sien nie).  Dieselfde toepassing kan gemaak word met betrekking tot Jesus wat ‘sigbaar en onsigbaar’ was.  Hy het nie skielik van ‘n liggaam in ‘n gees verander nie.  Wayne Grudem gee ‘n uitgebreide verduideliking hiervan in sy Systematic Theology (Inter-Varsity Press; NOTTINGHAM; 1994, 2000; pp.610-613).

Jesus het in sy opstandingsliggaam geëet en gedrink.  Die onderstaande verse wys dit.

“En toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle:  Het julle hier iets om te eet?  Daarop gee hulle Hom ‘n stuk gebraaide vis en ‘n stuk heuningkoek.  En Hy het dit geneem en voor hulle oë geëet.” (Lukas 24:41-43).

“Hom het God op die derde dag opgewek en beskik dat Hy sou verskyn nie aan die hele volk nie, maar aan getuies wat deur God vantevore verkies was, aan ons wat met Hom saam geëet en gedrink het nadat Hy uit die dode opgestaan het.” (Handelinge 10:40-41).

Net so sal ons ook in ons opstandingsliggame kan eet.

En die Here van die leërskare sal op hierdie berg vir al die volke berei ‘n maaltyd van vetspyse, ‘n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn.” (Jesaja 25:6).  Vers 8 van hierdie selfde hoofstuk impliseer dat Jesaja na die nuwe aarde verwys, want dáár sê hy:  “Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here Here sal die trane van alle aangesigte afvee; en Hy sal die smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem; want die Here het dit gespreek.”

“Maar Ek sê vir julle dat baie sal kom van ooste en weste en saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die koninkryk van die hemele.” (Matteus 8:11).  As ons saam met die vaders sal aansit, is dit vanselfsprekend dat ons ook sal eet.

“Maar Ek sê vir julle:  Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader.” (Matteus 26:29).  Jesus self sê dat ons saam met Hom druiwesap en wyn in die hemel sal drink.

“En toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom:  Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God.” (Lukas 14:15).  In vers 14 verwys Jesus na die beloning van gelowiges by die opstanding van die regverdiges.  Die etery in vers 15 vind dan plaas op die nuwe aarde.  Die verse wat volg praat ook van ’n ete op die nuwe aarde.

“Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is…En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam.  In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies…Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.” (Openbaring 2:7, 22:1-2, 14).  Party dink dat die boom van die lewe net simbolies is.  Maar in Genesis 2-3 was die boom van die lewe nie simbolies nie.  Waarom sou dit híér simbolies wees?

“Toe sê hy vir my:  Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam.  En hy sê vir my:  Dit is die waaragtige woorde van God.” (Openbaring 19:9).  Net die woord ‘maaltyd’ sê vir ons dat ons definitief in die hemel sal eet.  C.S. Lewis verbeel dat die hemel se vrugte so iets sal proe:  “What was the fruit like?  Unfortunately no one can describe a taste.  All I can say is that, compared with those fruits, the freshest grapefruit you’ve ever eaten was dull, and the juiciest orange was dry, and the most melting pear was hard and woody, and the sweetest wild strawberry was sour.  And there were no seeds or stones, and no wasps.  If you had once eaten that fruit, all the nicest things in this world would taste like medicines after it.  But I can’t describe it.  You can’t find out what it is like unless you can get to that country and taste it for yourself.” (The Chronicles of Narnia:  The Last Battle; Harper-Collins Publishers; NEW YORK; 1956; pp.742-743).

Maar sê Romeine 14:17 nie vir ons dat die koninkryk van God nie ‘n saak van eet of drink is nie, maar van geregtigheid, vrede en blydskap in die Heilige Gees?  Ja, maar die konteks dui daarop dat Paulus eenvoudig bedoel:  moenie deur wat jy eet ‘n ander gelowige laat struikel nie.  Jou broers en susters in die Here is baie belangriker as jou gunsteling kos.  Los eerder die kos as wat jy ‘n ander Christen laat struikel.  “Maar sê die Bybel nie ook in Openbaring 7:16 dat ons nooit weer sal honger kry of dors word nie?”, vra iemand.  Ja, dit is so.  Maar dit beteken nie dat ons nie sal eet of drink nie, maar eerder dat daar oorvloed sal wees sodat ons nooit weer sal honger kry of dors word nie.  Party wonder dalk hoekom dit nodig sou wees om te eet en te drink in ‘n perfekte wêreld.  Wel, Adam en Eva het in ‘n perfekte wêreld geleef, en tog het hulle geëet en gedrink.  Kos en drank is nie sondig of ongeestelik nie.  Ons kan mos eet en drink en alles doen tot verheerliking van God (1 Korintiërs 10:31).

In ons nuwe liggame sal ons steeds ons geslag en nasionale entiteit behou.  Nadat Jesus uit die dood uit opgestaan het was Hy ‘n man.  Niemand het Hom vir ‘n vrou misken nie.  En wanneer Jesus weer kom sal Hy steeds ‘n man wees So sê Handelinge 17:31 asook die verse wat na Jesus verwys as die Seun (nie die dogter nie) van die mens en die Seun van God.  Die Skrif sê die Seun van die mens is nou in die hemel aan sy Vader se regterhand en sal weer op die wolke verskyn.  Om ‘n man of ‘n vrou te wees is deel van wie ons is; deel van wie God ons gemaak het.  Ons sal sekerlik na die opstanding steeds mans en vroue wees.  Alhoewel ons steeds manlik of vroulik sal wees, weet ons uit Jesus se woorde in Matteus 22:30 dat ons nie sal trou in die hemel nie.  Daar sal egter ‘n huwelik wees in die hemel, naamlik die huwelik tussen Jesus en sy kerk (sien Efesiërs 5:22-33, Openbaring 19:7-9).

Ook ons nasionale entiteit sal behoue bly.  Afrikaners sal Afrikaners wees, Chinese sal Chinese wees, Shangaans sal Shangaans wees, Arabiere sal Arabiere wees, Jode sal Jode wees, ensovoorts.  Johannes skryf immers hiervan:  “Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê:  U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie” (Openbaring 5:9).  En weer:  “Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande” (Openbaring 7:9).  Weer:  “En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin.” (Openbaring 21:24).  Die Ou Testament het dikwels voorspel dat Jesus oor al die nasies sou heers en dat nasies aan Jesus gegee sal word as sy erfdeel (byvoorbeeld Psalm 2:8).  Op die nuwe aarde word daardie belofte en profesie finaal vervul.

Wat gebeur wanneer jy doodgaan?

 

Daar is baie verskillende sieninge oor wat met ‘n persoon gebeur wanneer hy doodgaan.  In ‘n DVD wat ek onlangs gekyk het, het die prediker gesê dat jou siel saam met jou liggaam in die graf slaap totdat Jesus kom.  Die Westminster Kategisme vir kinders vra:  Wat gebeur wanneer ‘n persoon doodgaan?  Die antwoord kom:  Sy liggaam verrot, maar sy siel lewe vir altyd en gaan hemel toe of hel toe.  Kom ons bewys hierdie laasgenoemde stelling uit die Skrif.  Maar voor ons dit doen moet ons die onderwerp van die dood aan ons teks koppel.  Romeine 8:30 sê dat gelowiges verheerlik sal word.  Nog voordat ons liggame verheerlik word, word ons siele verheerlik by die dood.  Hebreërs 12:22-23 praat só van die hemel:  “Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele, by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges” (beklemtoning my eie).  Dié teks bewys dat gelowiges dadelik hemel toe gaan as hulle sterf en dat ons siele verheerlik sal word (ek onderskei nie tussen siel en gees nie, maar dit is ‘n onderwerp vir ‘n ander dag).  As dit so is, dan gaan gelowiges nie na die vagevuur soos die Katolieke sê nie.  Ons siele slaap nie saam met ons liggame in die graf nie.  Ons gaan nie eers na sheool of na die paradys toe nie.  Ons is nie in limbo nie.  Ons geeste bly nie as spoke agter om vervreemde familielede te pla of te terg nie (wanneer sulke dinge soos goëlery plaasvind is dit demone wat dit doen en nie die siele van afgestorwe mense nie.  Demone het mos gesien wat hierdie mense gedoen het en kan in fyn detail hierdie mense ‘namaak’ en dinge sê wat dit laat lyk en klink of hierdie werklik die siel van die dooie is).  Die kategisme is gebou op die Skrif.  Die Skrif wys duidelik dat mense reguit hemel toe of hel toe gaan as hulle sterf.  Kom ons kyk na ‘n paar verse wat dit wys.

Prediker 12:7 sê dat “…die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en [dat] die gees na God terugkeer wat dit gegee het.”  Party mense sê dat die gees hier bloot na die lewe verwys en nie na die geestelike sy van die mens nie.  Ander wil selfs ’n onderskeid maak tussen siel en gees en sê dat net één van hierdie twee komponente hemel toe gaan wanneer ’n gelowige sterf.  Dis onwaar.  Die inhoud van hierdie vers wys duidelik op die twee dele van die mens:  liggaam en gees.  Die een deel word stof en die ander sterf nie maar lewe voort by die Here.

“En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham.  En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe.  En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.  En hy roep en sê:  Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam.  Maar Abraham antwoord:  Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte.  En nou word hy getroos, maar jy ly smarte.  En by dit alles is daar tussen ons en julle ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie.”  (Lukas 16:22-26).  Party mense verwerp enige lering oor die hiernamaals uit hierdie teks, omdat dit volgens hulle net ’n gelykenis is.  Lukas sê nie vir ons dit is ’n gelykenis nie.  Jesus het nie so gesê nie.  En verder het Jesus nooit eiename in enige ander gelykenis gebruik nie.  Hierdie is nie ’n gelykenis nie, maar geskiedenis.  In hierdie vers sien ons dat die ryk se liggaam begrawe is, maar dat sy siel in die hel was.  Die arm man was dadelik hemel toe geneem toe sy liggaam sterf.  Maar hoe kon die ryk man ’n tong, Lasarus ’n vinger, en Abraham ’n bors gehad het as hulle liggame in die graf was?  <st1:bcv_smarttag>2 Korintiërs 5:1-4 antwoord hierdie vraagstuk.  Paulus sê hier dat gelowiges een of ander tipe bedekking en tentwoning kry vir die siel wanneer hulle liggame in die graf is.  Ons kry een of ander tipe ‘liggaam’ as ek die woord mag gebruik.

 

“En Jesus antwoord hom:  Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.” (Lukas 23:43).  Hierdie teks is tog duidelik:  ’n Christen gaan dadelik hemel toe wanneer hy doodgaan.  Sommige maak ’n onderskeid tussen paradys en hemel, maar in Paulus en Johannes se gedagtes is die hemel en die paradys een en dieselfde plek (sien <st1:bcv_smarttag>2 Korintiërs 12:2-3, Openbaring 2:7, 22:2).  Ander sê weer dat ons die klem van Jesus se woorde moet verskuif.  Jesus het nie gesê:  “Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees” nie.  Eerder:  “Voorwaar Ek sê vir jou vandag:  Jy sal saam met My in die Paradys wees.”  Hulle interpretasie is om verskeie redes verkeerd.  [1] Nêrens het Jesus op enige ander plek gesê:  “Voorwaar, ek sê vir jou vandag” nie.  Hy het altyd gesê:  “Voorwaar ek sê vir jou”, en daarna volg dit wat Hy gesê het.  [2] Dit sou geen troos vir die rower bied om te weet dat hy eendag ver in die toekoms saam met Jesus sal wees nadat hy vir duisende jare in die graf geslaap het nie.  Die troos is juis daarin dat hy nog daardie selfde dag in die hemel sou wees saam met Christus.  [3] Drie verse verder lees ons:  “En Jesus het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê:  Vader, in u hande gee Ek my gees oor!  En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.” (Lukas 23:46).  Jesus is daardie selfde dag hemel toe en dáárom kon Hy vir die rower sê:  “Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”

 

“Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon.” (2 Korintiërs 5:8).  Die oomblik wat jy uit jou liggaam uitgaan, gaan jy hemel toe.  Daar is geen “tussen-in” nie.

“Want ek word van weerskante gedring:  ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste” (Filippense 1:23).  Paulus het geweet dat hy by Christus sou wees wanneer hy doodgaan.  Hoe sou die dood ’n wins wees indien hy vir duisende jare in die graf sou slaap (Filippense 1:21)?

“En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel” (Hebreërs 9:27).  Daar is nie ’n sieleslaap voordat jy geoordeel word nie.  Jy sterf, gaan hemel toe of hel toe, en uiteindelik ontvang jy jou nuwe liggaam en word jy geoordeel.

“Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word; en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het; en deur die stede van Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as ‘n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees; en die regverdige Lot gered het, wat hom baie gekwel het oor die losbandige lewe van die sedelose mense; want deur wat hy gesien en gehoor het, het dié regverdige man, wat onder hulle gewoon het, dag vir dag sy regverdige siel gepynig oor hulle wettelose werke – die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word” (2 Petrus 2:4-9).  Soos die gevalle engele in die hel in bewaring gehou word, so word die onregverdiges in de hel in bewaring gehou.

“En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar; soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as ‘n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan.” (Judas 6-7).  Die mense van Sodom en Gomorra (net soos die gevalle engele) ondergaan reeds die straf van die ewige vuur in die hel.

En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.  En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê:  Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?  En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.” (Openbaring 6:9-11).  In sy visioen van die hemel sien Johannes die siele van gelowiges wie se liggame onthoof is.  Duidelik slaap hierdie mense se siele nie saam met hulle liggame op een of ander plek op aarde nie.

“En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.” (Openbaring 20:4).  Hierdie mense se liggame is onthoof en net hulle siele is in die hemel.

Volgens <st1:bcv_smarttag>2 Konings 2 is Elia dadelik hemel toe.  Net soos Elia het Henog ook nie gesterf nie en is hy hemel toe (sueb <st1:bcv_smarttag>Genesis 5 en Hebreërs 11).  Moses en Elia het aan Jesus verskyn op die berg van verheerliking.  Waarvandaan het hulle gekom?  Sekerlik het hulle siele nie vir ‘n oomblik uit die graf of die vagevuur uitgekom en daarna weer teruggekeer nie?  Al hierdie tekste bewys duidelik dat mense se siele by die dood dadelik hemel toe of hel toe gaan soos die kategisme sê.

Ook die dood is dan ‘n deel van die goue ketting in Romeine 8:29-30 wat vir gelowiges se voordeel werk (v.28).  Die dood is deel van ons heiligmaking wat ons eenheid met Christus voltooi.  Wanneer gelowiges doodgaan verkry hulle Christus as wins (Filippense 1:21-23).  Hulle het verlang om by Hom te wees en verkry dan ook hulle begeerte.  Vir gelowiges is die dood net soos om aan die slaap te raak (Handelinge 7:60).  Wanneer jy jou oë hier toemaak, maak jy dit dadelik weer oop by Jesus.  Juis om hierdie redes hoef geen gelowige bang te wees vir die dood nie.  Wanneer ons sterf gaan Jesus saam met ons deur die vallei van doodskaduwee (Psalm 23:4).  Die dood is reeds deur Christus oorwin en het geen angel meer om ons te steek nie.  Dit is soos ‘n by wat net eenkeer steek en dan sterf.  Die dood se angel sit in Christus en daarom kan dit ons nie óók steek en seermaak nie (1 Korintiërs 15:55).  Hebreërs 2:14-15 sê:  “Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het – dit is die duiwel – en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.”  Die sleutels van die dood en die doderyk is in Jesus se hande en nie in die duiwel s’n nie (Openbaring 1:18).  Juis daarom hoef gelowiges nie te vrees vir die dood nie.  Is jy gereed om te sterf as Jesus jou vanaand, môre, of hierdie jaar nog kom haal?

Wie is die Heilige Gees?

“…die Heilige Gees wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser” (Titus 3:5-6).

 

In die middeleeue het daar ‘n skeuring in die kerk gekom as gevolg van ‘n enkele byvoeging by ‘n belangrike belydenisskrif.  ‘n Belydenisskrif uit die vierde eeu het gesê dat die Heilige Gees uit die Vader voortgaan.  In die sesde eeu het die kerk in die weste die Latynse woord filioque bygevoeg.  Dié Latynse woord beteken ‘en die Seun’.  Met ander woorde, hulle het gesê dat die Heilige Gees nie net uit die Vader voortgaan nie, maar ook uit die Seun.  Die woorde wat bygevoeg is, is heeltemal Bybels.  Die Vader stort die Gees uit deur Christus (v.6).  En Christus stort die Gees uit wat Hy van die Vader ontvang.  Let op na die beskrywing van die Vader en die Seun wat die Gees gee in die volgende Skrifgedeeltes.

Die Seun:  “En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê:  Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.” (Johannes 1:33).

Die Vader en die Seun:  “En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid” (Johannes 14:16).

Die Vader en die Seun:  “maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” (Johannes 14:26).  Die Vader gee die Gees in Jesus se Naam.

Die Vader en die Seun:  “Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.” (Johannes 15:26).

Die Seun:  “Maar Ek sê julle die waarheid:  Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur” (Johannes 16:7).

Die Vader en die Seun:  “Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor.” (Handelinge 2:33).

Daar is dan ook baie verse wat na die Heilige Gees verwys as die Gees van God, en ander verse wat praat van die Heilige Gees as die Gees van Jesus (sien Handelinge 16:6-7, Romeine 8:9, Filippense 1:19, <st1:bcv_smarttag>1 Petrus 1:11 vir laasgenoemde).  As die Gees dan die Gees van God en die Gees van Jesus is, was die kerkvaders reg om te sê dat die Gees uit die Vader en die Seun voortgaan.  Die implikasie hier is nie dat die Gees net ’n krag van God is nie.  Die implikasie is glad nie dat die Heilige Gees minder God is as die Vader en die Seun nie.  Die Heilige Gees is in alle opsigte gelyk met die Vader en die Seun.  Hy is volkome God.  En Hy is ’n Persoon in sy eie identiteit.  Die feit dat ’n mens teen die Heilige Gees kan sondig wys dat Hy ’n Persoon is (Markus 3:29).  Die Heilige Gees het intellek en kan ons leer (Johannes 14:26).  ’n Krag kan nie iemand leer nie, en weereens bewys dit vir ons dat die Gees ’n Persoon is.  Die Heilige Gees oortuig mense van sonde, geregtigheid, en oordeel (Johannes 16:8).  Iets wat bloot ‘n krag is kan nie dit doen nie.  ‘n Mens kan vir die Heilige Gees lieg (Handelinge 5:3-4).  Nóg ‘n bewys dat Hy ‘n Persoon is.  Die feit dat die Gees weerstaan kan word wys Hy’s ‘n Persoon (Handelinge 7:51).  Hy kan vir ons intree by die Vader omdat Hy ‘n Persoon is (Romeine 8:26-27).  Hy het ‘n wil, kan hartseer word, en kan afgesit word (1 Korintiërs 12:11, Efesiërs 4:30, <st1:bcv_smarttag>1 Tessalonisense 5:19).  Al hierdie dinge wys mos dat Hy ‘n Persoon is.

Dat die Heilige Gees God is word baie duidelik selfs met ‘n oorsigtelike lees van die Bybel.  Die feit dat Hy vir mense nuwe lewe kan gee (v.5) wys dit.  Hy deel dieselfde Naam met die Vader en die Seun (Matteus.28:19).  Saam met die Vader en die Seun gee Hy gawes aan die kerk (1 Korintiërs 12:4-6).  Paulus plaas die Heilige Gees gelyk met die Vader en die Seun in sy bekende seëngroet in <st1:bcv_smarttag>2 Korintiërs 13:13.  In Efesiërs 1:3-14 is die Heilige Gees saam met die Vader en die Seun betrokke in ons verlossing.  In 4:4-6 van dieselfde brief lees ons van die Vader, die Seun, en die Heilige Gees wat een is.  Soos Paulus maak Petrus melding van die Heilige Gees wat saam met die Vader en die Seun betrokke is in ons verlossing (1 Petrus 1:2).  Judas praat ook van die Heilige Gees op gelyke vlak met die Vader en die Seun (Judas 20-21).  As jy vir die Heilige Gees lieg dan lieg jy vir God (Handelinge 5:3-4).  Die Skrif sê ons is ‘n tempel van God en ‘n tempel van die Heilige Gees (1 Korintiërs 3:16-17, 6:19-20).  Die gevolgtrekking is nie moeilik om te maak nie:  om ‘n tempel van God te wees IS om ‘n tempel van die Heilige Gees te wees.  Die Heilige Gees is God.

Die Heilige Gees is alomteenwoordig, alwetend, soewerein, en ewig (Psalm 139:7-8, <st1:bcv_smarttag>1 Korintiërs 2:10-11, Johannes 3:8, Hebreërs 9:14).  Al hierdie dinge is attribute van God.  Net God kan skep.  En tog leer die Skrif vir ons dat die Heilige Gees betrokke was in die skepping en self ook skep (Genesis 1:2, <st1:bcv_smarttag>Job 33:4, Psalm 104:30).  Die Heilige Gees het vir Jesus uit die dood opgewek en wys so sy Goddelike krag (Romeine 8:11).  Om uit die Gees gebore te wees en uit God gebore te wees is dieselfde ding (vergelyk Johannes 3:5-8 en <st1:bcv_smarttag>1 Johannes 3:9).  Die vorige stelling maak weereens duidelik dat die Heilige Gees God is.  <st1:bcv_smarttag>2 Timoteus 3:16 sê God het die Skrifte geïnspireer.  <st1:bcv_smarttag>2 Petrus 1:19-21 sê dat die Heilige Gees die Skrif geïnspireer het.  Ons logiese en veilige afleiding is dus dat die Heilige Gees God is.

Omdat die Heilige Gees God is kan ons tot Hom bid.  Die normale patroon in die Bybel is dat ons tot die Vader bid, deur die Seun, in die Heilige Gees (sien Efesiërs 2:18).  Maar tog sou dit nie verkeerd wees om ons gebede te rig tot die Seun of die Heilige Gees nie (sien hoe Stefanus sy gebede tot Jesus rig in Handelinge 7:59).  Verder impliseer die feit dat die Heilige Gees ‘n Persoon is dat ons Hom kan liefhê en ‘n persoonlike verhouding met Hom kan hê.  Hy is God en daarom moet ons Hom aanbid en eer.  Nog ‘n praktiese implikasie van hierdie waarheid oor die Heilige Gees is dat ons nooit hoef te voel dat God ver van ons af is nie.  Ons hoef nooit in versoeking te dink God is nie met ons nie.  Ons hoef in beproewing te wonder:  “Waar is die Here?” nie.  Ons hoef nie in gebed te voel asof God nie met ons is of dat Hy nie ons gebede hoor nie.  Ons hoef nie te dink dat intimiteit met God net vir super-heilige mense soos Moses is nie.  Buitendien moet ons nie wag vir ‘n gevoel om aan te dui of God naby is nie.  Ons moet lewe volgens die waarheid van wat Hy in sy Woord gesê het.  In Martin Luther se woorde:  “The Holy Spirit is a Person to be loved – not a buzz to be felt.”  Deur die Heilige Gees is God nader aan ons as wat Hy was in sy vleeswording.  Tydens sy vleeswording was Jesus Immanuel, God met ons.  Maar nou het die Gees gekom en is God in ons (sien Johannes 14:16, Efesiërs 3:14-19).  En dis eers wanneer ons weergebore is en die Gees in ons woon, wat ons kan begin praat van goeie werke in verlossing.

Weg met prediking?

“Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie?  En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie?  En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?…Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesê:  Here, wie het ons prediking geglo?  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.” (Romeine 10:14, 16-17).

 

Ek het in 1992 tot bekering deur ‘n preek van Johann Odendaal by ‘n aanddiens in Louis Trichardt Baptistekerk.  Ek dank die Here dat daar iemand was wat die evangelie vir my gepreek het.  Mense kom tot bekering deur prediking.  Dit kan wees deur een persoon wat die evangelie vir ‘n ander preek of deur ‘n man wat vir tienduisend mense preek.  Dit kan wees deur ‘n traktaatjie wat gelees word of deur ‘n preek wat in ‘n kerk gelewer word.  Maar daar kan geen redding van sondaars wees sonder evangelie-prediking nie (v.14, 17).  Mense wat nie die evangelie gehoor het nie kan nie tot bekering kom deur ‘n woordlose drama oor die kruis, deur ‘n prentjie van Jesus, deur sagte musiek wat in die agtergrond speel, deur die helder gesig van Jesus in ‘n droom, of deur ‘n engel wat in jou kamer verskyn nie.  God gebruik nie engele of enige so iets nie.  Hy gebruik mense – predikers.  God se predikers is nie debatvoerders wat geïnoreer kan word nie.  Hulle is ambassadeurs wat die Koning se boodskap wat uitroep, verkondig, en aankondig [Grieks kerusso].  Hulle móét gehoor word.

Wat is die boodskap wat hulle verkondig?  Dit is die Woord van Christus (v.17, Griekse teks).  As dít die boodskap is waardeur mense gered word was C.S. Lewis en Billy Graham verkeerd om te sê dat iemand gered kan word deur ‘n opregte Moslem of Buddhis te wees.  Jy kan nie gered word deur jou eie weergawe van die Woord van God of deur ‘n ander godsdienstige boodskap nie.  Jy moet gered word deur die lewende en kragtige Woord van Christus (v.17).  Die Woord van Christus is die Woord aangaande Christus.  Die Woord wat vir ons leer dat Jesus volkome God en mens is; die Woord dat Hy volmaak gehoorsaam was aan die wil van sy Vader; die Woord dat Hy die straf gedra het vir sondaars aan die kruis; die Woord dat Hy begrawe is en liggaamlik opgestaan het uit die dood op die derde dag.  Die Woord van Christus is die lewende boodska wat uit Jesus se mond kom.  Die Woord van Christus verwys ook na sy opdrag [Grieks rhema] aan die dissipels om die evangelie aan alle nasies te verkondig.  Daar kan geen bekerings of groei in die kerk wees sonder dat hierdie boodskap gepreek word nie.  Daarom kan ons nie prediking as oud-modies beskou, dit op die kantlyn skuif, en daarmee wil wegdoen nie.  Jesus self het aarde toe gekom om te preek (sien Markus 1:38), en daarom sal ook ons sorg dat ons Christus en Hom as die gekruisigde verkondig (1 Korintiërs 1:23).

CharlesSpurgeon het eenkeer in ‘n leë gebou die akoestiek gaan toets voordat hy daar sou preek.  Hy het Johannes 1:29 aangehaal waar Johannes sê:  “…Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!”  ‘n man wat in die gebou gewerk het, het dit gehoor en tot bekering gekom.  Niemand word net een oggend ‘n Christen wakker, omdat hy die vorige dag na mooi sonsondergang gekyk het, omdat hy aangename droom gehad het, of omdat hy ‘n Jesus-loves-you plakker op ‘n kar gesien het nie.  Jy moet eers evangelie die feite van die evangelie hoor of lees.  En dan moet jy die betekenis daarvan verstaan.  Jy moet verstaan wat dit beteken dat Jesus God en mens is, dat Hy volmaak gehoorsaam was, dat Hy gekruisig is, dat Hy begrawe is, en dat Hy liggaamlik uit die dood uit opgestaan het.  As jy dit nie só hoor en verstaan ie, sal jy nooit kan glo nie (v.14, 17).  Sorg dan dat jy die feite van die evangelie reg hoor.  Jy kan nie die vals evangelie liberalisme hoor waarin Jesus nie God en mens is nie, waarin Hy nie volmaak gehoorsaam was nie, waarin Hy nie begrawe is nie, en waarin Hy nie liggaamlik opgestaan het uit die dood nie.  Jy moet ook die evangelie reg verstaan, en daarom kan jy nie ‘n vals prosperity evangelie glo waarin Jesus gesterf het sodat jy voorspoedig, ryk, en gesond kan wees nie.  Hoor dus die regte evangelie en die ware betekenis daarvan.

In deel 1 van hierdie reeks het ek verwys na Spurgeon wat in party kerke gehoor het dat hy in Jesus moet glo om gered te word, maar steeds nie geweet het hóé om te glo nie.  Om te glo is om die feite van die evangelie aan te neem, maar dit is meer as dit want die duiwels glo ook die feite maar is nie gered nie (Jakobus 2:19).  Jy moet glo dat Jesus jou kán en wíl red.  Jy moet glo dat Hy instaat en gewillig is om jou te red.  Jy moet volkome op Hom vertrou.  Jy moet jouself aan Hom toewy.  Jy moet na Hom toe kom vir redding (sien Johannes 6:35).  Dit is logies dat jy eers in Hom moet glo voordat jy Hom sal aanroep.  Jy roep mos nie om hulp tot iemand in wie jy nie glo nie.  Die orde is dus soos ons reeds gesien het:  Iemand preek die evangleie ” die sondaar hoor die evangelie ” die sondaar glo die evangelie (v.14, 17).  Maar dit beteken nie outomaties dat almal wat die evangelie hoor geloof sal hê nie.  Nie almal is gehoorsaam aan die opdrag wat kom:  “Bekeer jou en glo die evangelie!” nie (v.16, Jesaja 53:1).  Mense soek ‘n Jesus wat wen.  Vir ‘n ongeredde sondaar klink ‘n gekruisigde Jesus swak en dwaas.  ‘n Jesus wat arm, onaantreklik, en nederig is klink nie soos ‘n Jesus wat redding van ons vyande bring nie (Jesaja 53:2-3, 1 Kor.1:18-25).  Die Heilige Gees moet mense se oë oopmaak en hulle red.  Om net die evangelie te hoor bring nie outomaties geloof nie.  Dus moet ons bid dat die prediking effektief sal wees.  En sodat ons nie teleurgesteld sal wees nie moet ons verwag dat sommige mense ons boodskap sal verwerp.

Iemand wat besig is om te verdrink en die lewensredder vertrou, sal in sy nood uitroep om gered te word.  Volgens Romeine 10:13 roep dié wat in Jesus glo om gered te word.  Die implikasie van die woord ‘roep’ is dat die sondaar sy verlorenheid en nood besef.  Ons leer ook hieruit dat ‘n persoon eers moet verstaan wie Jesus is voordat hy sal besef dat hy verlore is.  Ons taak is dan om seker te maak dat mense met die Persoon van Jesus Christus gekonfronteer word.  Iemand mag wonder:  “Maar hoe roep ek tot die Here?”  Jy doen dit deur intens en opreg te bid dat die Here jou sal red.  En as jy dit doen belowe Jesus dat Hy jou sal red.  Die Skrif belowe:  “Want:  Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.” (Romeine 10:13).  Jesus se belofte was:  “Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie…En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.” (Johannes 6:37, 40).  Dít antwoord dan ons vraag:  “Hoe kan sondaars gered word?”

Wie is geroep?

“En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie?  Soos geskrywe is:  Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!” (Romeine 10:15).

 

Charles Spurgeon skryf oor sy eie frustrasie voor sy bekering.  Hy het nie geweet hoe sy sondes vergewe kon word nie.  Hier is sy eie woorde in groot detail (uit sy autobiografie op die Puritan Hard Drive):

“While under concern of soul, I resolved that I would attend all the places of worship in the town where I lived, in order that I might find out the way of salvation.  I was willing to do anything, and be anything, if God would only forgive my sin.  I set off, determined to go round to all the chapels, and I did go to every place of worship ; but for a long time I went in vain.  I do not, however, blame the ministers.  One man preached Divine Sovereignty; I could hear him with pleasure, but what was that sublime truth to a poor sinner who wished to know what he must do to be saved?  There was another admirable man who always preached about the law; but what was the use of ploughing up ground that needed to be sown?  Another was a practical preacher.  I heard him, but it was very much like a commanding officer teaching the manoeuvres of war to a set of men without feet.  What could I do?  All his exhortations were lost on me.  I knew it was said, ‘Believe on the Lord Jesus Christ, and thou shalt be saved;’ but I did not know what it was to believe on Christ.  These good men all preached truths suited to many in their congregations who were spiritually-minded people; but what I wanted to know was,—‘How can I get my sins forgiven?’—and they never told me that.  I desired to hear how a poor sinner, under a sense of sin, might find peace with God; and when I went, I heard a sermon on, ‘Be not deceived, God is not mocked,’ which cut me up still worse; but did not bring me into rest.  I went again, another day, and the text was something about the glories of the righteous; nothing for poor me! I was like a dog under the table, not allowed to eat of the children’s food.

I went time after time, and I can honestly say that I do not know that I ever went without prayer to God, and I am sure there was not a more attentive hearer than myself in all the place, for I panted and longed to understand how I might be saved.  I sometimes think I might have been in darkness and despair until now had it not been for the goodness of God in sending a snowstorm, one Sunday morning, while I was going to a certain place of worship.  When I could go no further, I turned down a side street, and came to a little Primitive Methodist Chapel.  In that chapel there may have been a dozen or fifteen people.  I had heard of the Primitive Methodists, how they sang so loudly that they made people’s heads ache; but that did not matter to me.  I wanted to know how I might be saved, and if they could tell me that, I did not care how much they made my head ache.  The minister did not come that morning; he was snowed up, I suppose.  At last, a very thin-looking man,[i] a shoemaker, or tailor, or something of that sort, went up into the pulpit to preach.  Now, it is well that preachers should be instructed ; but this man was really stupid.  He was obliged to stick to his text, for the simple reason that he had little else to say.  The text was, ‘LOOK UNTO ME, AND BE YE SAVED, ALL THE ENDS OF THE EARTH.’  He did not even pronounce the words rightly, but that did not matter.  There was, I thought, a glimpse of hope for me in that text.  The preacher began thus:

‘My dear friends, this is a very simple text indeed. It says, ‘ Look.’  Now lookin’ don’t take a deal of pains.  It ain’t liftin’ your foot or your finger; it is just, ‘ Look.’  Well, a man needn’t go to College to learn to look.  You may be the biggest fool, and yet you can look.  A man needn’t be worth a thousand a year to be able to look.  Anyone can look; even a child can look. But then the text says, ‘ Look unto Me.Ay!” said he, in broad Essex, ‘many on ye are lookin’ to yourselves, but it’s no use lookin’ there.  You’ll never find any comfort in yourselves.  Some look to God the Father.  No, look to Him by-and-by. Jesus Christ says, ‘Look unto Me.‘  Some on ye say, ‘We must wait for the Spirit’s workin’.’  You have no business with that just now. Look to Christ.  The text says, ‘Look unto Me.‘  Then the good man followed up his text in this way :—‘Look unto Me; I am sweatin’ great drops of blood.  Look unto Me; I am hangin’ on the cross.  Look unto Me ; I am dead and buried.  Look unto Me; I rise again.  Look unto Me; I ascend to Heaven.  Look unto Me; I am sittin’ at the Father’s right hand.  O poor sinner, look unto Me !  look unto Me !’

When he had gone to about that length, and managed to spin out ten minutes or so, he was at the end of his tether.  Then he looked at me under the gallery, and I daresay, with so few present, he knew me to be a stranger.  Just fixing his eyes on me, as if he knew all my heart, he said, ‘Young man, you look very miserable.’  Well, I did; but I had not been accustomed to have remarks made from the pulpit on my personal appearance before.  However, it was a good blow, struck right home.  He continued,’ and you always will be miserable—miserable in life, and miserable in death,—if you don’t obey my text; but if you obey now, this moment, you will be saved.’  Then, lifting up his hands, he shouted, as only a Primitive Methodist could do, ‘Young man, look to Jesus Christ.  Look!  Look!  Look!  You have nothin’ to do but to look and live.’  I saw at once the way of salvation.  I know not what else he said,—I did not take much notice of it,—I was so possessed with that one thought.  Like as when the brazen serpent was lifted up, the people only looked and were healed, so it was with me. I had been waiting to do fifty things, but when I heard that word, ‘Look!’ what a charming word it seemed to me!  Oh!  I looked until I could almost have looked my eyes away.  There and then the cloud was gone, the darkness had rolled away, and that moment I saw the sun; and I could have risen that instant, and sung with the most enthusiastic of them, of the precious blood of Christ, and the simple faith which looks alone to Him.  Oh, that somebody had told me this before, ‘Trust Christ, and you shall be saved.’  Yet it was, no doubt, all wisely ordered, and now I can say,

E’er since by faith I saw the stream

Thy flowing wounds supply,

Redeeming love has been my theme,

And shall be till I die

Daar is baie mense in die wêreld soos Spurgeon; mense wat wonder:  “Hoe kan sondaars gered word?”  Paulus antwoord daardie vraag in redelike detail in Romeine 10:14-17.  Die begin van die proses van hoe God sondaars na Homself toe bring, is deur predikers te roep en uit te stuur.  Paulus gebruik die Jesaja 52:7 om die begin van hierdie proses vir ons in te kleur.  In Jesaja 52 lees ons van Jerusalem wat gedurige deur haar vyande verdruk is.  In hierdie konteks voorspel Jesaja spesifiek hoe God se volk onder die Assiriese en Babiloniese juk gaan kom.  Hy beskryf ook hoe hulle daarvan sou vrykom.  God sal sy boodskapper stuur om sy oorwinning oor die vyand aan te kkondig.  Die boodskapper sal op die berge rondom Jerusalem aankom om hierdie goeie nuus te bring.  As gevolg van sy goeie nuus gee niemand om vir sy vuil stowwerige voete nie.  Sy voete is eintlik lieflik, want al wat saakmaak is die goeie nuus wat hy saam met hom bring:  die Assiriërs is oorwin (Jesaja 52:7, <st1:bcv_smarttag>Nahum 1:15)!  Daar is nie meer vyandskap tussen God en volk as gevolg van hulle sondes nie.  God se straf is gelig.  Die oordeel is verby.  Vrede en blydskap word aangekondig in Jerusalem en ook vir al God se kinders in die toekoms (Jesaja 52:7).  Israel is nie meer slawe in Babilon of Assirië nie.  En ons is nie meer slawe van ons sonde nie.  Jahwe is die Koning wat oor ons en oor die nasies regeer (Jesaja 52:7).  Die wagte op Jerusalem se mure sien haar Koning wat in triomf aankom op die horison.  “Hy het die oorwinning behaal!”, roep hulle uit (Jesaja 52:8).  Daar word lofliedere gesing omdat God ons sondes vergewe het en omdat Hy die vyand oorwin het.  Met hierdie woorde troos God sy volk.  Die ruïnes van Jerusalem en die tempel sal herbou word (Jesaja 52:9).  Ja, God se volk sal uit ballingskap uitgered word (Jesaja 52:10-12), maar die oorwinning en verlossing waarvan Jesaja praat is veel groter as dit.  Dit is ‘n oorwinning oor God se vyande; ‘n oorwinning oor sonde, dood, en hel.  Dit is ‘n verlossing van sonde (Jesaja 53).  En dit is híérdie boodskap wat aangekondig word.  Maar wie is die predikers van hierdie goeie nuus?  En hoe stuur God sy evangelie predikers om vrede aan te kondig?

Charles Spurgeon vertel van ‘n man wat gesê het hy is geroep om te preek, omdat hy die letters G.P.C. in die wolke bo sy koringlande gesien het.  “Waarvoor staan dit?” het Spurgeon gevra.  Die man het geantwoord:  “Go Preach Christ.”  Toe Spurgeon gehoor het hoe die man preek het hy vir hom gesê:  “Ek dink jy het verkeerd gehoor.  G.P.C. staan nie vir Go Preach Christ nie, maar vir Go Plant Corn.”  Hoe weet ‘n persoon dan of hy geroep en deur God gestuur is of nie?  Ek het gedink dat ek tot die bediening geroep is omdat ek verse soos Jesaja 6:8 oor en oor op verskillende geleenthede gehoor en gelees het.  “Dit kan tog nie toevallig wees nie?”, het ek gedink.  Vir die eerste nege jaar van my bediening het ek nie met sekerheid geweet dat ek geroep is nie.  “Hoe kan ek weet?”, het ek gewonder.  “Ek het tog nie ‘n stem uit die hemel gehoor nie?”  In Januarie 2010 was ek by ‘n konferensie.  Daar is die vraag oor roeping aan een van die sprekers gevra.  Dáár het ek my antwoord gekry en geweet dat ek tot die bediening geroep is.  Kom ons kyk na wat die Bybel sê oor hoe God mense roep en stuur om sy boodskap te preek.

Nêrens in die Bybel leer ons dat iemand geroep moet voel tot die bediening nie.  Dit gaan eintlik glad nie oor gevoel nie.  God het deur ‘n direkte openbaring met die apostels en profete gepraat.  Só is hulle geroep.  God het uit die brandende bos met Moses gepraat.  Jesaja het ‘n visioen van Christus op sy troon gesien.  God het direk met Jeremia gepraat.  Samuel het drie keer God se stem gehoor toe hy in die aand in sy bed lê.  Jesus het in menslike vorm sy twaalf dissipels geroep.  Jesus het op die Damaskuspad aan Paulus verskyn en hom geroep.  Maar nou is die Bybel voltooi.  God gee nie meer direkte openbaring aan ons nie.  Hy praat nie meer in ‘n hoorbare stem met mense nie.  Hy hét so gepraat in die verlede, maar doen nie meer so nie (sien Hebreërs 1:1).  Hoe roep God dan vandag predikers?  Hy doen dit deur in die Bybel met ons te praat.  As enigiemand homself aan die volgende Bybelse vereistes meet en kwalifiseer, dan kan hy weet dat God met hom gepraat het en dat hy deur God self geroep is.  [i] Jy moet die begeerte hê om ‘n leraar van die Skrif te wees (1 Timoteus 3:1).  [ii] Jy moet bekwaam wees om die Skrif vir ander te kan leer en moet die gawe van lering hê (1 Timoteus 3:2, 4:14).  [iii] Jy moet moreel kwalifiseer, sodat jou lewe kan pas by die boodskap wat jy verkondig (1 Timoteus 3:2-7).  [iv] Die kerk en sy leiers moet hierdie gawe en kwaliteite in jou raaksien en dit bevestig (1 Timoteus 4:14).  God se roeping aan predikers van sy Woord kom dus nie meer direk van God af soos met die apostels en profete nie.  Dit kom deur mense.  Dit kom deur die kerk.  Selfs in Handelinge 13:1-3 sien ons hoe die Heilige Gees deur sy kerk sendelinge roep en uitstuur.  In <st1:bcv_smarttag>2 Timoteus 2:2 sê Paulus vir Timoteus:  “en wat jy van my gehoor het onder baie getuies, vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer.”  Duidelik het die roeping aan Timoteus deur Paulus en die ander ouderlinge gekom.  So moet Timoteus ook mense identifiseer en leer om die evangelie te verkondig.  Tony Payne en Colin Marshall skryf:

“Search as we may, we don’t find in the Bible any example or concept of an inner call to the ministry.  There are some who are called directly and dramatically by God (like Moses and Isaiah), but it is not a matter of discerning an inner feeling.  Almost universally in the New Testament, the recognizing or ‘setting apart’ of gospel workers is done by other elders, leaders and pastors.  Just as Timothy was commissioned in some way by the elders (1 Tim.4:14), so he was to entrust the gospel to other faithful leaders who could continue the work (2 Tim.2:2).  Likewise Titus was given responsibility by Paul for the ministry in Crete, and he in turn was to appoint elders/overseers in every town.  Perhaps it is right in this sense to speak of people being ‘called’ by God to particular ministries or responsibilities – so long as we recognize that this ‘call’ is mediated through the human agency of existing recognized ministers.  Luther puts in like this:  ‘God calls in two ways, either by means or without means.  Today he calls all into the ministry of the Word by a mediated call, that is, one that comes through means, namely through man.  But the apostles were called immediately by Christ himself, as the prophets in the Old Testament had been called by God himself.  Afterwards, the apostles called their disciples, as Paul called Timothy, Titus, etc.  These men called bishops as in <st1:bcv_smarttag>Titus 1:5ff; and the bishops called their successors down to our time, and so on to the end of the world.  This is the mediated call since it is done by man.’  We shouldn’t sit back and wait for people to ‘feel called’ to gospel work, any more than we should sit back and wait for people to become disciples of Christ in the first place.  We should be proactive in seeking, challenging and testing suitable people to be set apart for gospel work.” (The Trellis and the Vine; Matthias Media; KINGSFORD; 2009; pp.133-134).

Wat is dan die kerk se taak in hierdie saak?  Ons moet almal die evangelie aan verlore sondaars preek, maar ons spesifiek bid dat God geroepe mense sal uitstuur om ‘voltyds’ die evangelie te verkondig (sien Matteus 9:37-38).  Ons moet uitkyk vir mense wat volgens die Bybel kwalifiseer vir hierdie taak.  Ons moet hierdie mense uitstuur en hulle in hul werk bystaan en ondersteun.  Ons moenie gretig wees om mense wat hierdie toets druip, uit te stuur net omdat hulle geroep voel en glo dat die Here vir hulle gesê het om te gaan preek nie.  Stuart Olyott sê tereg:  “Freelance preachers, commissioned by nobody, and answerable to nobody, are a prostitution of the New Testament’s understanding of the work of gospel preaching.” (The Gospel as it really is; Evangelical Press; DARLINGTON; 1979; p.94).  Ons moenie ons tyd, energie, en geld mors om súlke mense te ondersteun nie.  Hulle sal niemand baat nie.  Jeremia sê:  “…Ek [het] hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee nie, en hulle [sal] vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie, spreek die Here.” (Jeremia 23:32).

Is jy geroep?  Moenie wag tot jy geroep voel nie, maar toets jouself aan die vereistes wat die Bybel stel.  As jy geroep is móét jy gaan, want sonder predikers wat gestuur word kan daar geen redding vir sondaars wees nie (v.14-15).  Jou koms sal vir verlore sondaars wees soos koue water in die woestyn (v.15, Jesaja 52:7).  Jou koms en prediking sal ‘n antwoord bied aan sondaars wat hopeloos, soekend en gefrustreerd vra:  “Hoe kan sondaars gered word?”


[i] It is remarkable that no less than three persons claimed to have been the preacher on this occasion, but Mr. Spurgeon did not recognize any one of them as the man to whom he then listened.