Lidmate se voorbereiding vir Sondag se preek

[Toe] het die hele volk soos een man op die plein voor die Waterpoort bymekaargekom en aan Esra, die skrifgeleerde, gesê om die boek van die wet van Moses, wat die Here Israel beveel het, te bring.  En Esra, die priester, het die wet voor die vergadering gebring, manne sowel as vroue en almal wat met verstand kon luister, op die eerste dag van die sewende maand.  En hy het daaruit voorgelees voor die plein wat voor die Waterpoort was, vandat dit lig geword het tot die middag, in teenwoordigheid van die manne en die vroue en die wat kon verstaan; en die ore van die hele volk was op die wetboek gerig.” (Nehemia 8:2-4).

Ons almal onthou seker die geskiedenis van Israel in die tyd van Jeremia.  Jare voor Jeremia op die toneel verskyn het, het die God sy volk gewaarsku deur die profete.  Maar hulle het aangehou met hulle afgodery en wou hulle nie bekeer nie.  Uiteindelik het dinge tot ‘n punt gekom en het God die Babiloniese weermag gestuur om Jerusalem te verwoes.  Duisende Israeliete is as slawe geneem na Babilon toe.  Nou, ‘n paar dekades later, het die Jode teruggekeer Jerusalem toe.  Onder die leiding van Nehemia is die mure van Jerusalem herbou.  Die volk het vir te lank die Skrif versaak, en nou was daar ook ‘n geestelike reformasie nodig.  Om bloot die stad te herbou was nie nie genoeg nie.  Die volk self moes herstel word en dit kon alleen gebeur deur die Woord.

 

Jonathan Edwards skryf die volgende ware storie van ‘n vierjarige dogterjie (Phebe Bartlet) tydens die New England herlewing in 18de eeu Amerika:  “She has been very strict upon the Sabbath; and seems to long for the Sabbath-day before it comes, and will often in the week time be inquiring how long it is to the Sabbath-day, and must have the days between particularly counted over, before she will be contented.  She seems to love God’s house, and is very eager to go tither.  Her mother once asked her, why she had such a mind to go? whether it was not to see fine folks. She said, No, it was to hear Mr. Edwards preach.  When she is in the place of worship, she is very far from spending her time there as children at her age usually do, but appears with an attention that is very extraordinary for such a child.” (The Works of Jonathan Edwards – Volume 1; The Banner of Truth Trust; EDINBURGH; 1974; p.362).

Soos Phebe Barlet ‘n begeerte vir die Skrif gehad het, so het die volk Israel dit gehad in die tyd van Nehemia.  Die volk het vir die Fees van Trompette bymekaargekom.  Die eerste dag van Israel se siviele nuwe jaar (die sewende maand) was hiervoor afgesonder (v.3, Levitikus 23:23-25, Numeri 29:1-6).  Die Israeliete se groot vreugde was nie in die kos wat by hierdie fees geëet sou word nie (v.10-13), maar in die Woord.  Hoe presies het hierdie Ou Testamentiese gelowiges die Woord begeer?  Waarin word dit gesien?  En hoe kan ons hulle voorbeeld volg?

[a] Heel eerste het hulle vergader met die doel om die Woord te kom hoor (v.1-2a).  Volgens v.2 was die hele volk daar – 42 duisend plus (7:66).  Daar was altyd miljoene mense in Israel, maar ná die verskriklike ballingskap was daar skaars 50 duisend oor.  Die plein voor die Waterpoort, aan die oostekant van Jerusalem, was ruim genoeg vir almal om dáár te vergader (v.2).  Mense het in hulle families opgetrek Jerusalem toe:  mans, vroue, en kinders was teenwoordig (v.2-4).  Die mans het natuurlik die leiding geneem om hulle gesinne hierheen te bring.  Die vroue het ook ‘n verantwoordeliheid gehad om na die Woord te kom luister (nie soos in latere Judaïsme toe Rabbi’s gesê het dis beter om die Wet te verbrand as om dit vir ‘n vrou te leer nie).  Die ouers was verantwoordelik om vir hulle kinders die Wet te leer (Deuteronomium 6:4-9), en een manier waarop hulle hierdie verantwoordelikheid moes nakom was om toe te sien dat hulle kinders by gesamentlike byeenkomste teenwoordig was (tragies dat baie ouers in ons dag hierdie aspek van hulle plig versuim).

Die volk Israel is vir ons ‘n voorbeeld.  Is ons almal getrou om in ons volle getal byeen te kom vir gesamentlike aanbidding?  Of is ons soos baie nominale kerke wat skaars 30% van die lidmate by ‘n aanddiens sien, en minder as 15% by ‘n biduur?  Nog ‘n toepassing wat uit die Jode se voorbeeld spruit is dat die Skrif duidelik genoeg is vir jongmense om te volg en te verstaan (sien <st1:bcv_smarttag>2 Timoteus 3:14-15).  Dit is nie nodig vir ‘n aparte jeugdiens of kinderkerk nie.  Hier is die jongmense teenwoordig.  En in die Nuwe Testament was die jongmense en kinders dáár toe briewe soos Efesiërs en Kolossense voorgelees is (sien Efesiërs 6:1-3, Kolossense 3:20).

Let op hoe die volk soos een man vergader het om die Woord te hoor (v.2).  Die Engelse gesegde wat sê ‘doctrine divides’ is dus nie waar nie.  Die teenkant is waar:  ‘doctrine unites’ (soos wat ons hier sien).  Ons kan dus net een wees met ander gelowiges in die Woord.  Buite die Woord bestaan daar nie ware eenheid nie.  Net soos wat die volk vergader het rondom die Woord, moet gelowiges in die Nuwe Testament doen (sien Handelinge 2:42).  Ons moenie net vir Jesus soek omdat Hy dinge vir ons kan gee nie (cf. Johannes 6:26-27).  Die fokus van ons byeenkomste moenie wees om lekker te ‘praise & worship’, om ander jongmense te sien, of om by ons vriende te wees nie.  Dit moet wees om die Woord van die Here te hoor.

Wyle dr. Martin Holdt het in Zambië gepreek.  Toe hy ná 45 minute by die kansel afstap het die mense hom teruggestuur met dié woorde:  “Ons het nie so ver gestap om net vir 45 minute na jou te luister nie.  Preek asseblief nog vir ons.”  Dieselfde tipe ding het met ‘n vriend van my gebeur.  Toe hy klaar gepreek het by ‘n aanddiens het hulle gevra dat hy nóg moes preek.  En dít is ‘n tweede manier waarop die volk die Woord begeer het:  [b] Hulle het gevra om dit te hoor (v.2b).  Hulle wou hê Esra moes dit vir hulle lees en preek.  Esra was ‘n Skrifgeleerde.  Hy was nie ‘n Skrifgeleerde wat onbekend was met die inhoud van die Skrif nie.  Só het dit later geword in die Nuwe Testament, sodat Jesus dikwels vir hulle moes sê:  “Hulle het nog nie gelees nie…?” (sien ook voorbeelde soos Matteus 22:29, Lukas 10:26, Johannes 3:10).  Esra was ‘n Skrifgeleerde wat regtig bekwaam was in die Wet – ‘n man wat die Wet goed geken en verstaan het (volgens Esra 7:6, 10).  Esra was ook ‘n priester (Esra 7:1-5).  Dit was die priester se taak om die Wet vir die volk te leer.  Esra was nie ontrou soos die priesters in Maleagi 2:7 nie, maar het sy opdrag getrou uitgevoer.

Vers 2 sê dat die Wet deur die Here gegee was aan die volk.  Dit was bevel.  Esra moes die Wetboek lees en preek om te sê wat God sê.  En net so geld dieselfde vir predikers vandag.  Om te sê wat die Heilige Gees sê, moet ons die Bybelse teks akkuraat preek.  Ons moenie lui wees om voor te berei en verwag dat die Heilige Gees ‘n uur voor die erediens woorde in ons mond gaan sit nie.  Ons moet hierdie Boek ken.  En juis om hierdie rede is ‘n baie groot deel van elke prediker se werk Boekwerk – om die teks van die Bybel te verstaan.  Elke gemeente moet soos die volk Israel wees en vra om die Woord te hoor.  Indien hulle leraar nie vir hulle die Bybel wil gee nie, moet hulle van hom ontslae raak.  Dit was toe die volk die Woord gesoek het, dat daar herlewing en reformasie gekom het.  So was dit in die dae van koning Josia:  toe die Skrif tot sy geregtige plek herstel is, het daar herlewing gekom (2 Kronieke 34).  In Luther en Tyndale se dae het dieselfde gebeur toe die Skrif in die gewone man se taal vertaal is.  Deur John MacArthur se bediening het daar ‘n groot reformasie in baie dele van die wêreld gekom.  Die rede?  Die Skrif het weer sy sentrale plek ingeneem.  So was dit nog in elke herlewing.  En so is dit ook in lande waar die kerk vervolg word.  Hoekom anders groei die vervolgde kerk so drasties?  Is dit nie omdat hulle die Woord begeer nie?  Toe Jesus sy Gees uitgestort het op Pinksterdag, was die prediking van die Woord sentraal.

Ek het tien jaar gelede vir die eerste keer na D.A. Carson geluister.  Ek was verbaas dat hy sommer twee of drie hoofstukke sou lees voordat hy gepreek het.  Toe ek vir ‘n ouer predikant hiervan vertel was hy nie verbaas nie.  “Miskien moet ons almal meer aandag gee aan die voorlesing van God se Woord”, het hy gesê.  Die volk het dit híér gedoen.  Hulle het die Woord begeer deur [c] daaruit te lees (v.3-4a).  Die Hebreeuse woord [qârâ’] vir ‘lees’ beteken letterlik uitroep.  Onthou dat hulle nie mikrofone gehad het in Esra se tyd nie.  Daar was 42 duisend mense en Esra moes duidelik gehoor word.  Hy het vir omtrent 6 ure gelees en die Woord tussen-deur verklaar (v.4, 9).  Ons moet versigtig wees om nie hieruit af te lei dat elke prediker vir 6 ure moet preek en lees nie.  Herlewing is nie die norm nie.  In sulke tye kan mense maklik vir 3 of meer ure na die Woord luister (so was dit byvoorbeeld in die 18de eeu herlewings onder John Wesley, George Whitefield, en Jonathan Edwards).  Maar tog moet ons aan die ander kant sê dat die prediker genoeg tyd moet hê om vir ons die Woord te lees en daaruit te preek.  Moenie kla as die diens oor die normale uur gaan nie.  Ons is deur televisie en vermaak bederf.  Ons konsentrasie vermoeë is deur hierdie dinge vermink.  Oefen jouself om te kan konsentreer:  lees goeie geestelike boeke, kry ‘n aptyt vir die Bybel, groei in jou liefde vir Christus, bestudeer die Skrif intens, en luister baie na goeie preke in die week (op die internet, in die kar, op jou i-pod, ens.)

‘n Man wat tot bekering gekom het, het met groot aandag geluister toe ek die Skrif met hom deel.  Só was die Israeliete in Nehemia 8.  Hulle het die Woord begeer, sodat hulle aandagtig na die Woord [d] geluister het (v.4b).  Hulle aandag was op die Woord self en nie op Esra nie (v.4b).  Hulle het onder andere aandagtig geluister, omdat hulle nie hulle eie kopie van die Bybel gehad het nie.  Om die Woord te leer, moes hulle dit híér kom hoor en memoriseer om huis toe te neem en vir hulle gesinne te leer (so is dit in die vervolgde kerk tot vandag toe).  En so moet dit wees onder ons.  Ons moet met aandag na die Woord luister.  Ons aandag moet op die Woord wees en nie op die prediker nie.  Dit sal beteken dat ons altyd by die kerk is om die Woord te hoor – nie net as ons gunsteling dominee preek nie.  Ons is mos nie daar vir die man nie, maar vir die Woord.

Luister aandagtig na die voorlesing en die preek (v.4b).  Moenie dagdroom, rondkyk, of ander mense pla omdat jou selfoon lui, jou kinders stout is, jy ongepas geklee is, of omdat jy gedurig opstaan nie.  Luister aandagtig.  En luister omdat jy Jesus wil ken.  Luister omdat jy wil kyk of dit wat gesê word die waarheid is (Handelinge 17:11).  Om beter te luister kan jy jouself voorberei deur goed uit te rus op ‘n Saterdag, deur nie te ooreet voor die diens nie, deur ‘n paar oefeninge te doen voordat jy kerk toe kom, deur jou hart voor te berei met die Woord en gebed, en deur met afwagting te kom.  En vir elke prediker wil ek dít sê:  sorg dat nie die oorsaak is dat mense dagdroom of slaap nie!  Moenie vervelig wees nie, maar lees en preek die Woord soos wat God dit bedoel het.  Dan sal mense wakker wees.  Laat elke hoorder die Woord en die verkondig daarvan begeer, sodat Hy ‘n ontmoeting met die vleesgeworde Woord (Jesus) kan hê.  Om op hierdie manier die Woord te begeer is ‘n eerste stap in ‘n regte benadering tot die Bybel op Sondae.

Advertisements

Sendelinge – die weeskinders van die kerk

“Wanneer ek Artemas of Tíchikus na jou stuur, doen dan jou bes om na my te kom in Nikópolis, want ek het besluit om daar te oorwinter.  Jy moet Senas, die wetgeleerde, en Apollos ywerig voorthelp, sodat dit hulle aan niks ontbreek nie.  Ons mense moet ook leer om vir die noodsaaklike behoeftes goeie werke voor te staan, sodat hulle nie onvrugbaar mag wees nie.  Almal wat saam met my is, groet jou.  Groet die wat vir ons liefhet in die geloof.  Die genade sy met julle almal!  Amen.” (Titus 3:12-15).

 

‘n Amerikaanse sendeling vriend werk in die noorde van ons land onder die Tsongas.  Oor die jare het ek al kosbare lesse by hom geleer.  Een so ‘n les was toe ek ‘n persoon wat afgedwaal het moes help om terug te keer na die regte pad.  Die persoon wou my nie sien nie en ek het gewonder of ek vir hom ‘n boodskap moes stuur.  My vriend se woorde aan my was die volgende:  “Dit is altyd beter om iemand van aangesig tot aangesig te sien.  Dit was Paulus en Johannes se metode.”  Inderdaad so.  In <st1:bcv_smarttag>3 Johannes 13-14 skryf die apostel:  “Ek het baie dinge gehad om te skrywe, maar ek wil nie met ink en pen aan jou skryf nie.  Maar ek hoop om jou gou te sien, en ons sal van mond tot mond spreek.”  Ek het onlangs gedink oor hierdie vriend van my se situasie en bediening.  Hoe moeilik moet dit nie wees om vir jare weg te wees van jou land en in die village te bly waar niemand van jou land of kultuur is nie; ‘n village waar jy meesal Shangaan praat en waar jy weg is van jou familie en vriende?  Hierdie vriende het die gerieflike lewe van Amerikaanse luuksheid opgegee om in ‘n klein huis te bly en ‘n ou bakkie te ry.  By tye word dit vir hulle baie eensaam.  Verjaarsdae en kersfees word alleen deurgebring.  Ek het gister vir hom ‘n brief van bemoediging en troos gestuur en hier is wat hy teruggeskryf het:  “How could you have known that this last weekend we’ve had some discouraging weights laid on us?  Thank you for the cool water on a dry, scorching day.  It is wonderful to be in a family with such a Father and such brothers and sisters.  I’m going to save this e-mail to be read again as needed.”  Ek het weer oor die saak gedink en gewonder of ek binnekort daar moet gaan kuier.  Briewe doen goed.  Maar daar is tye wat briewe nie genoeg is nie – die teenwoordigheid van vriende is nodig.

Titus kan op Paulus se brief reageer, maar dit blyk dat die Apostel op hierdie stadium meer as net dít nodig het.  Hy soek geselskap en daarom vra hy in v.12 dat Titus na hom toe moet kom.  Hoekom kan ons nie dieselfde vir ons sendelinge doen nie?  Is dit nie nodig dat hulle besoek en ondersteun moet word nie?  Hulle moet bemoedig word.  Ons kan gerus geld spandeer om hulle te gaan sien.  Eensaamheid is ‘n werklikheid op die sendingveld, en die voorbeeld van die apostel Paulus beklemtoon dit.  Paulus sal vir Artemis of Tigikus stuur om by Titus oor te neem.  Van Artemis weet ons niks meer as net dat hy moontlik by Titus sou oorneem nie.  Tigikus egter is meer bekend.  Hy was van klein-Asië, beter bekend in die moderne taal as Turkye.  Hy het vir ‘n tyd lank saam met Paulus gereis (Handelinge 20:4-5).  Hy was goed bekend met Paulus se doen en late en het nuus namens die apostel na die gemeentes van Efese en Kolosse geneem (Efesiërs 6:21-22, Kolossense 4:7-9).  Dáár noem Paulus hom ‘n geliefde broer, getroue bedienaar, en mede-dienskneg in die Here.

Waarheen is dit wat Titus moet gaan?  Die stad se naam is Nikopolis en beteken “stad van oorwinning”.  Dit is in Suid-Griekeland aan die weskus.  Hoekom sou Paulus die winter dáár wil deurbring (v.12)?  Onthou dat die hele Meditereense streek winterreëns kry.  Niemand wil in wind en weer op die see wees as hy dit kan help nie.  Buitendien sou verskeie van die see lanings gesluit wees vir skepe in hierdie reënseisoen.  Voordat Titus vertrek is daar iets wat hy moet afhandel.  Dit het te doen met Senas en Apollos.  Senas word hier beskryf as ‘n wetgeleerde (v.13).  Hy het sekerlik gespesialiseer in die Romeinse wette en was waarskynlik ‘n prokureur (duidelik kan prokureurs ook Christene wees!).  Die Apollos van wie ons in v.13 lees was ‘n Jood wat in Egipte gebore is (Handelinge 18:24).  HY het die Skrif baie goed geken, was ‘n uitstekende spreker, en was vurig van Gees (Handelinge 18:24-25).  Hy moes reggehelp word deur Priscilla en Akwila, maar was ywerig om te leer (Handelinge 18:24-28).  Paulus skryf ook van Apollos in 1 Korintiërs.  Mense het groot agting vir hom gehad, maar soos Paulus was hy maar net ‘n dienskneg en slaaf van Jesus.  Titus se verantwoordelikheid teenoor hierdie twee predikers was om hulle op hulle reis voor te help.  Die Griekse woord vir ‘stuur’ (prompempo) beteken letterlik dat Titus hulle moes toerus met alles wat nodig was vir hulle reis:  padkos en geld.  Hierdie befondsing sou natuurlik vanuit die gemeentes op die eiland Kreta gekom het.  In 2012 verwag God nie minder van sy gemeentes nie.  Ons moet goed doen aan sendelinge.  Bemoedig sendelinge wat moeg en uitgeput is.  Besoek hulle en ondersteun hulle soos wat Titus vir Paulus sou doen (v.12).  Voorsien ook vir sendelinge wat op reis is.  Die vroeë kerk stel vir ons ‘n voorbeeld hierin.  Soos die Christene in Kreta, het gelowiges in ander stede gedoen.  Luister na die volgende voorbeelde:

“ek [sal] na julle kom wanneer ek na Spanje reis; want ek hoop om julle op my deurreis te sien en deur julle daarheen voortgehelp te word, as ek eers ‘n tyd lank van julle geniet het.” (Romeine 15:24).

“En moontlik sal ek by julle vertoef of ook oorwinter, sodat julle my kan voorthelp waarheen ek ook al mag reis…Laat niemand hom [Timoteus] dan minag nie, maar help hom verder in vrede, dat hy na my toe kan kom; want ek wag vir hom saam met die broeders.” (1 Korintiërs 16:6, 11).

“en by julle langs deurgaan na Macedónië, om weer van Macedónië af by julle te kom en deur julle voortgehelp te word na Judéa.” (2 Korintiërs 1:16).

“…Jy sal goed doen as jy hulle voorthelp op ‘n voor God waardige wyse.” (3 Johannes 6).

Jesus het omgesien na mense in hulle eensaamheid.  Toe sy ma alleen sou wees het Hy in sy sterwensoomblikke vir Johannes gevra om na haar om te sien (Johannes 19:26-27).  As ons soos Jesus gaan wees, moet ons dieselfde doen – ook vir sendelinge wat aanstap in jare en eensaam is.

 

Êrens het iemand die volgende stelling gemaak:  “Methodists are Baptists that can read.”  Ek het dit vir een Metodiste predikant in Witrivier gesê.  Toe ek later ‘n Duitse Metodis ontmoet en vir hom dieselfde stelling herhaal, het hy vir my vertel waar die gesegde vandaan kom.  In die 1700’s het John Wesley en George Whitefield klein groepies bymekaar laat kom en aan hulle ‘n sekere metode geleer van hoe om ‘n heilige lewe te lei (vandaar die naam ‘Metode-iste’).  Wesley het nie net vir die mense geleer om geestelik te wees nie, maar wou ook prakties wees.  Baie van sy hoorders was ongeletterd.  Hy het besluit om hulle te skool.  Hy het hulle geleer om te lees, sodat hulle die Bybel vir hulleself kon bestudeer.  En dit was om hierdie rede dat die bogenoemde gesegde later sy ontstaan gehad:  “Methodists are Baptists that can read.”  Of die storie waar is weet ek nie, maar dit help om my punt huis toe te dryf:  ons moet onsself toewy aan goeie werke (v.14).  En om iemand te leer lees is ‘n goeie werk.  En in die konteks van v.12-13 is die ondersteuning en bemoediging van sendelinge ‘n goeie werk!  Paulus dring daarop aan dat ‘ons’ mense goeie werke moet voorstaan.  Deur die goeie werke van hierdie eiland-mense, sou dit duidelik word of hulle regtig van Paulus en Titus se groep is (ons mense:  ware gelowiges), en of hulle volgelinge van die vals leraars en rusie-makers is.

Interresant dat Paulus sê gelowiges moet goeie werke leer (v.14).  Goeie werke kom nie dadelik by nuwe gelowiges nie, en dit kom nie maklik in almal se geval nie.  Dit moet geleer word.  Dit moet ingeoefen word.  Daarom sê Paulus dat die gelowiges hulleself hieraan moet toewy, en dat hulle dit moet voorstaan (v.14).  Hulle moet hulle hele self hiervoor gee en nie meer lui wees soos wat hulle voorheen was nie (1:12).  Om jouself aan prediking en musiek en studies en programme te gee is goed.  Maar dit is nie wat Paulus hier beveel nie.  “Gee jouself aan goeie werke!” is die apostel se opdrag.  Maar hoe sal jy weet waar om te begin?  Wat is noodsaaklik?  Wat is ‘n behoefte?  Doen dit eerste is wat v.14 sê.  Kyk uit vir die behoeftes in ons gemeente (of die gemeente waaraan jy behoort as jy hierdie preek lees en nie van ons gemeente is nie).  Wat is noodsaaklik?  Moet iemand opgelaai word vir kerk?  Moet iemand besoek word?  Kan jy medisyne oplaai by die apteek vir iemand?  Moet ‘n gloeilamp omgeruil word of ‘n weduwee se gras gesny word?  Doen dit eerste (v.14).  So bewys jy dat jy regtig ‘n Christen is, want dít is wat met goeie vrugte bedoel word.  As jy dít doen sal jy nooit onvrugbaar wees nie (v.14).  Maar as jy nie hart en siel oorgegee is aan goeie werke nie, sal jy onvrugbaar wees en bly – al doen jy ook ‘n honderd ander dinge.  Laat ek jou net op ‘n geheimpie inlaat:  mense in ons land sal nooit moreel word deur opvoeding en instruksie nie.  Tensy hulle harte nie deur die evangelie verander word nie, kan daar nie effektiewe goeie werke wees nie.  Daarom lê die primêre verantwoordelikheid vir goeie werke nie by ‘n sosiale komittee van die regering nie.  Dit opdrag is aan die kerk gegee.  Daarom:  “Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.” (Matteus 5:16).

 

‘n Afrikaanse en seker wêreldwye tradisie is om vir mekaar te sê:  “Sê groete vir jou gesin”, maar meer as dikwels dra ons nooit die groete oor nie.  Dit was nie so in die eerste kerke nie.  Hulle het onthou om die groete oor te dra.  In hierdie laaste vers van Titus sien ons duidelike Christen liefde.  Paulus hoef nie eers die persone wat groete stuur se name te noem nie, want hy weet dat Titus hulle almal persoonlik ken.  Daarom sê hy net:  “Almal wat saam met my is, groet jou…” (v.15a).  Paulus vra dat Titus sy groete moet oordra aan almal wat hulle liefhet in die geloof – met ander woorde aan al die ware gelowiges in die gemeentes op Kreta (v.15b).  Laat ons mekaar so groet as gelowiges en ons groete oordra aan gelowiges en kerke op ander plekke.  En laat ons veral nie vergeet om vergete sendelinge in die veld te groet nie!  Wat van ‘n reaksie op hulle nuusbriewe?  Wat van ‘n brief wat jy uit eie inisiatief aan hulle stuur?  Of geskenkpakkie waarmee jy jou liefde en groete aan hulle oordra?

Laastens sluit Paulus af met sy eie groet van genade aan almal (v.15c).  Hierdie genade groet is meer as net ‘n “mag dit goed gaan” of “tot wedersiens”.  Die brief aan Titus is God se Woord wat deur die Heilige Gees geïnspireer is.  Wanneer Paulus met hierdie genadegroet afsluit beteken dit dat God waarlik genade en seën gee aan almal wat hierdie brief lees en uitvoer.  God sal aan die gelowiges die genade gee wat nodig is om gehoorsaam te wees aan dit wat hulle gelees het.  God beveel dat ons ander respekteer, goed sal doen aan almal, twis en twisgierige mense sal vermy, sendelinge sal ondersteun en bemoedig, goeie werke sal leer, en ander sal onthou.  En wanneer ons hierdie opdragte uitvoer ondersteun God ons met die volgende seëngroet:  “…Die genade sy met julle almal!  Amen.” (Titus 3:15).

Christene: goeie mense of rusiemakers?

“Dit is ‘n betroubare woord, en ek wil hê dat jy hierdie dinge beslis bevestig, sodat die wat in God glo, sorg kan dra om goeie werke voor te staan; dít is wat goed en nuttig is vir die mense.  Maar vermy dwase strydvrae en geslagsregisters en twis en stryery oor die wet, want dit is nutteloos en doelloos.  Aan ‘n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning, wetende dat so iemand op ‘n verkeerde pad is en sonde doen en selfveroordeeld staan.” (Titus 3:8-11).

 

By ‘n konferensie het ‘n Zambiese prediker die volgende gesê:  “Ek wens ek het die voete van Jehova’s Getuie gehad, die hande van ‘n Rooms-Katoliek, die hart van ‘n charismaat, die maag van ‘n Moslem, en die kop van ‘n Gereformeerde Baptis.  My punt is eenvoudig dit:  ‘n ware gelowige moet homself hart en siel toewy aan goeie werke (v.8).  In v.8 sê Paulus dat almal wat glo goeie werke moet voorstaan.  Hy sê presies wat Jakobus in sý brief skryf:  ware geloof loop uit in goeie werke (Jakobus 2:14-26).  Wat is hierdie goeie werke waaraan gelowiges hulle moet toewy?  Hoe bepaal ons wat goeie werke is en wat nie goeie werke is nie?  Die goeie werke in Titus 3 is werke wat gebasseer is op verlossing; werke wat gebou is op leerstelling (sien v.4-8).  Volgens 2 Timoteus 3:16-17 is die Skrif genoegsaam om ons toe te rus vir elke goeie werk.  Die ‘hierdie’ dinge wat Titus moet bevestig en waarop hy moet aandring (v.8) is goeie werke (v.8, dít).  En dit is híérdie goeie werke waaraan mense hulle moet toewy (v.8).  Hoekom moet gelowiges hulleself aan goeie werke toewy?  Hulle moet dit doen omdat goeie werke goed en nuttig is vir mense (v.8).  Om dus goeie werke te doen is nooit ‘n mors van tyd of energie nie.  En omdat Paulus sê dat dit vir mense voordelig is, moet ons nie dink dat God ooit deur ons werke bevoordeel word nie.  God het nie ons goeie werke nodig nie (Handelinge 17:25).  Mense het (v.8).  Watse goeie werke kan ons doen?  Daar is miljoene voorbeelde.  Laat my toe om tien te gee.

  • Besoek siekes
  • Versorg armes
  • Doen iets vir die kinderhuis
  • Ondersteun behoeftige mense finansieel
  • Skryf vir ons sendelinge in Peru
  • Laai mense wat nie vervoer het nie op vir kerk
  • Kuier by mense wat eensaam is
  • Probeer om hande te vat met Step Wise Youth Ministries en raak betrokke in skole
  • Help uit met hospitaalbesoeke deur Healthcare Christian Fellowship
  • Gee ‘n Bybel vir iemand wat nie een het nie

Jesus is die grootste voorbeeld van goeie werke.  Hy het oral rondgegaan en goed gedoen (Handelinge 10:38).  Christene moet sy voorbeeld volg en kan ook so doen, omdat Hy ons juis gered het sodat ons goeie werke kan doen (2:14, Efesiërs 2:8-10).

 

Party mense beweer dat daar in die vroeë kerk ‘n debat was oor hoeveel engele op die kop van ‘n speld kan dans.  Maar daar is geen akkurate rekord van so ‘n debat nie.  Wat wel akkuraat is, is dat mense vandag stry oor die werklikheid van so ‘n debat.  Hulle stry oor of die vroeë kerk gestry het!  Mense kan oor onbenullighede debatteer.  Ek het al mense teëgekom wat wil stry oor Jesus se Naam.  Hulle sê dat ‘Jesus’ nie die regte naam is nie, en dat ons Hom Yeshua moet noem.  Dit is maklik om in hierdie strik te trap.  Dit is maklik om betrokke te raak in hierdie teenoorgestelde kant van goeie werke (v.9, maar).  En om so te redekabel oor onbelangrike dinge baat niemand nie, is doelloos, en is ‘n mors van kosbare tyd en energie.  So pasop (v.9). John MacArthur is reg:  “Proclaiming the truth, not arguing error, is the biblical way to evangelize.”  Loop draaie om [Grieks periistemi] mense wat alewig wil twis en stry.  Maar watse twis is dit presies wat jy moet vermy?  Paulus bied vier antwoorde.  [a] Vermy dwase strydvrae (v.9).  Paulus sê nie dat ons nooit moet debatteer nie, maar eerder dat ons dwase strydvrae moet vermy.  Moenie net stry omdat stry stry is nie.  Johannes se dissipels en ‘n Jood het gestry oor reinigingsrites (Johannes 3:25).  Baptiste gelowiges in Wallis het gestry oor onderdompeling:  Moet ‘n persoon vorentoe onderdompel word of agtertoe?  Fundamentaliste in Amerika stry oor mikrofone:  Moet die mikrofoon in ‘n staander wees of kan dit vasgehou word?  “Moenie so wees nie”, sê Paulus deur Titus.  [b] Vermy nuttelose stryery oor geslagsregisters (v.9).  In ‘n Jood se gedagtes was geslagsregisters baie belangrik.  Dit het vir hulle gesê wie is wie.  Maar ons moenie hieroor stry nie waarsku die apostel.  [c] Vermy twis (v.9).  Hierdie is dieselfde woord wat in <st1:bcv_smarttag>1 Korintiërs 1:11, 3:3 gebruik word van onenigheid in daardie gemeente.  Ons moenie onenig wees en van mekaar skei en afstig vir elke rede nie.  Daar is baie denominasies en groepe wat van ander afgestig en weggebreek het oor kleinighede.  Dit hoor nie by Christene nie.  [d] Vermy stryery en oorlog [Grieks mache] oor die fyn punte van die wet (v.9).  Ons sien byvoorbeeld hoe die Fariseërs en Sadduseërs gedurig aanmekaar was oor klein verskille in die wet.  Ware gelowiges moenie soos hulle wees nie.  Ons moet eerder doen wat Jesus ons geleer het deur ons self te verloën (Lukas 9:23) en nie altyd reg te wil wees nie.  Vermy twis, want dit is nutteloos en baat niemand nie (v.9).  Doen goed want dit is nuttig en baat baie mense (v.8).

Stuart Olyott het vertel van ‘n man soos in v.10-11.  Dié man het iets teen hom gehad.  Hy sou agter hom aanry in die dorp in die hoop dat Olyott iets verkeerd moes doen.  Hy sou hom volg na konferensies toe en die sessies onderbreek.  Hy het alles gedoen om Olyott te probeer ontstel.  Dit het aangehou vir sewe jaar.  Totdat die diakens eendag nie vir dié man die nagmaal wou bedien nie.  Hy het hulle te lyf gegaan in die erediens.  Uiteindelik is die man en sy vrou uit die kerk uit.  Die Here se werk kon aangaan.  Volgens v.10 geld hierdie reëls vir enige persoon wat partyskap verwek.  Ons moenie enigiemand voortrek of partydig teenoor iemand wees omdat hy ons vriend is nie.  Hierdie persoon is nie gehoorsaam aan die opdrag in v.9 nie.  Hy bring skeuring en verdeeldheid in die kerk deur sy stryery.  Hy is soos ‘n jongman wat ek geken het.  Hy wou alewig stry oor die dag van Jesus se kruisiging.  Hy het geglo dat Jesus op ‘n Woensdag gekruisig is, en hou wou hê almal moes met hom saamstem.  Ons moenie so wees nie.  As iemand aanhou om so te wees moet ons nie met hom probeer stry nie.  Ons moet hom twee keer waarsku (v.10).  Die feit dat ons hom twee keer waarsku wys dat ons geduldig is, maar dit wys ook dat ons ernstig is en wil hê dat hy moet verander.  Die tweevoudige waarskuwing word ook deur Jesus geleer in Matteus 18:15-17.  Die persoon mag dalk tot sy sinne kom as hy hierdie twee stappe van die tugproses deurgemaak het.  Maar indien hy hom nie bekeer na hierdie waarskuwings nie, moet ons hom vermy (v.10).  Ons moenie toelaat dat hy nagmaal gebruik nie, en ons moenie op ‘n sosiale basis saam met hom eet nie (sien <st1:bcv_smarttag>1 Korintiërs 5:9-11).  Ons moet hom vermy sodat hy kan skaam word (2 Tessalonisense 3:6, 14-15).  Die feit dat hy sleg gereageer het op die waarskuwing wys dat hy sondig is en op ‘n verkeerde pad is (v.11).  Hy verdoem homself deur sy optrede (v.11).  Ons sê so maklik wanneer dit by kerktug kom:  “Ons mag nie mense veroordeel nie.”  Maar die feit van die saak is dat die persoon homself veroordeel (v.11).  Ons bevestig net die feit dat hy homself veroordeel het en sê:  “Ja, dit is so.”  Sulke optrede mag miskien hard klink, maar v.10-11 is wat God sê, en daarom moet ons dit gehoorsaam.  Ons moenie ‘gawer’ probeer wees as God nie.  Ons moet eenvoudig die opdrag om te vermy uitvoer.

Disrespek vir gesag – hoe kan dit verander word?

“Herinner hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk; om niemand te belaster nie, nie strydlustig te wees nie, vriendelik te wees en aan alle mense alle sagmoedigheid te bewys. Want ons was ook vroeër onverstandig, ongehoorsaam, op ‘n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat. Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het – nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser; sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.” (Titus 3:1-7).

 

Ons het reeds v.1-6 in diepte beskou.  In hierdie preek wil ek tog graag ‘n oorsig van dié verse gee en ‘n ander perspektief daarop bring.  In die eerste twee verse gee Paulus sewe toepassings van hoe ‘n Christen respek moet betoon aan ander mense.  Ons moet onderdanig en gehoorsaam wees aan die owerhede wat oor ons aangestel is.  Paulus verwys spesifiek na siviele owerhede, maar jou baas by die werk en ‘n kind se ouers by die huis word nie uitgesluit nie.  Ons moet ook gereed wees vir elke goeie werk.  Ons moet uitkyk vir geleenthede om goed te doen.  Sodoende respekteer ons ander mense.  Ons moenie op enige wyse kwaad praat van ander nie.  Nie deur geskel, leuens, geskinder, gevloek, of enige so iets nie.  Ons moet draaie om mense loop wat wil stry en rusie maak.  Wees uiterlik vriendelik en innerlik sagmoedig.  Wees goedgemanierd teenoor almal.

In v.3 leer Paulus vir ons waarom ons respek aan ander moet bewys:  Want jy was ook op ‘n tyd verlore in jou sonde, en ten spyte daarvan was God geduldig met jóú.  Jy was moreel verstandloos.  Jy was ongehoorsaam aan die gesagsfigure in jou lewe (sien v.1).  Jy was op ‘n dwaalweg – jy het letterlik soos ‘n zombie agter die wêreld en die duiwel aangeloop (sien Efesiërs 2:2).  Jy het gedink jy kon doen wat jý wil, maar eintlik was jy glad nie in beheer nie – jy was ‘n slaaf van sonde.  Jy het net gelewe vir jouself.  Jy het gedoen wat jy wou doen en gekyk na wat jy wou.  Jy het slegte dinge begeer.  Jy het verbode vrugte gesoek.  Jy het slegte planne gemaak, en daar is dinge wat jy in jou verlede gedoen het wat so boos is, dat jy dit met niemand kan deel nie.  As ander mense iets gehad het wat jy wou hê, het jy hulle beny.  Jý wou dit gehad het, en jy sou selfs dinge doen sodat hulle dit óók nie kon hê nie.  Jy was so ‘n lelike mens dat ander jou gehaat het.  En jy het hulle terug gehaat deur stilstuipe, bitterheid, vegtery, lelike woorde, vermyding, en selfs moord.

En toe kom red God jou (v.4).  Rakende hierdie redding verduidelik Paulus hoekom ons redding nodig gehad het (v.3), wanneer God se reddinsplan voltrek is (v.4), wat die basis vir ons redding is (v.5a-b), wat die metode is waardeur ons gered is (v.5c-6), wie dit is wat ons gered het (v.6), en wat die doel met ons redding si (v.7).  Ons het reeds in vorige preke vier of vyf van hierdie punte aangeraak.  Kom ons hanteer vandag die res.

Ek is lief vir tuinmaak.  Ek het so ‘n jaar gelede ‘n liefde hiervoor begin ontwikkel.  Ek leer maar soos wat ek gaan.  Iemand het eenkeer vir my gesê dat die plante baie beter groei met reënwater as met gewone kraanwater.  En noudat dit so lekker gereën het in die afgelope weke kan ek dit sien.  Dit werk ook so met geestelike reën.  Dit was omdat die Heilige Gees soos die lentereëns uitgestort is dat ons nuwe lewe in ons harte ontvang het (v.5-6).  Ek het reeds in ‘n vorige preek verduidelik wat Paulus bedoel wanneer hy sê dat die Gees ryklik uitgestort is.  Ek het ook verduidelik hoe die Heilige Gees volkome God is; hoe Hy uit die Vader en die Seun voortgestuur is (sien v.6).  Dit is Sý nuutmaking wat ons instaat stel om geduldig te wees met ander en om hulle te respekteer.

In John Bunyan se Pilgrim’s Progress ontvang Christen ‘n boekrol by die kruis.  Sonder hierdie boekrol (sertifikaat) kon hy nie by die hemelse stad inkom nie.  Dit was as’t ware sy paspoort tot die hemel.  Die Heilige Gees is die Een wat nuwe lewe in ons skep en aan ons geloof gee.  Die gevolg hiervan is dat ons regverdig verklaar word deur die Vader (v.7).  Die Heilige Gees waarborg dat ons die erfdeel van die ewige lewe sal ontvang (v.5-7).  Op ‘n ander plek skryf Paulus:  “in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.” (Efesiërs 1:13-14).  Dit blyk dat Paulus dieselfde gedagte in <st1:bcv_smarttag>Titus 3:5-7 probeer oordra.  Niemand kan ‘n erfdeel kan verdien nie.  En net so ontvang ons die ewige erfenis van die hemel deur genade – dit is onverdiend (v.7).  Deur regverdigmaking word alles wat Jesus s’n is, ons s’n.  En juis daarom kan ons die ewige lewe as erfenis ontvang deur die hemelse Erfgenaam (sien Romeine 8:17).

Ons het reeds gesê wat hierdie erfdeel is.  Ons teks sê dit is die ewige lewe (v.7).  Ons het reeds hierdie erfenis ontvang, en tog lê die finale vervulling daarvan nog in die toekoms.  Die ewige lewe is ‘n kwaliteit sowel as ‘n kwantiteit lewe.  Dit beskryf vir hoe lank ons gaan lewe (vir altyd en altyd), maar ook hoe ryk en vol hierdie lewe saam met Jesus sal wees (sien Johannes 17:3).  Hoe kan ons verseker weet dat ons hierdie erfenis sal ontvang?  Paulus sê dat ons op die erfenis van die ewige lewe hoop (v.7).  In die Bybel is hoop nie ‘n onsekerheid soos:  “Ek hoop die son skyn Saterdag.”  Wanneer ons só na hoop verwys beteken dit dat die son dalk mag skyn en dalk nie.  In die Bybel is hoop seker.  Hier is die voorbeeld wat Paulus in gedagte het.  God het belowe dat almal wat gered is, hemel toe gaan.  Ons het ‘n onbeweeglike hoop dat God sy belofte kan en sal vervul.  Dít is wat die Bybel met hoop bedoel.  God het ons redding begin (v.3-6) en Hy sal dit vervul tot die einde toe (v.7).  Wat God gesê het oor verlossing in v.4-7 is betroubaar.  En dit is van híérdie verlossing wat Paulus in v.8 sê:  “Dit is ‘n betroubare woord…”  Dit is betroubaar juis omdat God altyd die waarheid praat en nie kan lieg nie (1:2).

Respekteer jy ander soos wat hierdie verse jou beveel?  Is jy disrespekvol teenoor jou ouers, onderwysers, jou baas, jou ouderlinge en ander kerkleiers, die owerhede van ons land, die polisie en verkeerspolisie, en ander gesagsfigure in jou lewe?  Betoon jy disrespek aan jou vrou, jou man, jou kinders, ou mense, of mense van ‘n ander velkleur?  Indien jou antwoord op hierdie vrae ‘nee’ is, is omdat jy nie die Here en sy Woord respekteer nie.  As jy jou eie sonde en God se genade sien (v.3-7) sal jy geduldig wees met ander mense.  ‘n Disrespekvolle persoon is waarskynlik ‘n ongeredde persoon.  Maar God kan vir jou ‘n nuwe hart gee.  Hy het sy Seun gestuur om aan die kruis te sterf vir sondaars; om die straf vir hulle sonde op Homself te neem.  Niemand kan dus deur sy eie werke gered word nie.  Ons word gered deur God se vrye genade alleen.  Om die voordele van Jesus se kruisdood en opstanding te ontvang moet jy weergebore word.  Dit kan alleen gebeur deur ‘n soewereine werk van die Heilige Gees – deur wedergeboorte.  En wanneer dít gebeur het en jy geestelik ontwaak het, dan moet jy jou bekeer en in Jesus glo.  God sal jou onskuldig en regverdig verklaar deur die meriete van Jesus se volmaakte lewe en kruisdood.  En eers dán sal jy dit regkry om ander te respekteer.

Is daar verskillende skeppingsverhale in Genesis 1 en 2?

Dit is gewoonlik mense wat die Bybel wil diskrediteer wat sê dat daar verskillende skeppingsverhale in Genesis 1 en 2 is.  Christene wat evolusie en die Bybel probeer versoen doen dit graag.  Hulle sal dinge sê soos:  “In Genesis 1 lees ons hoe voëls en diere vóór die mens gemaak is, maar in Genesis 2 word hulle ná Adam geskep.  In Genesis 1 word die bome op dag drie en die mens op dag ses gemaak, maar volgens Genesis 2 word die bome en die mens omtrent gelyk geskep.  Verder gebruik Genesis 1 die Hebreeuse woord Elohim om van God te praat, terwyl Genesis 2 die naam Jahwe byvoeg.  Duidelik is dit in verskillende eras deur verskillende outeurs geskryf.”

Hierdie beskuldiging is sonder ‘n fondasie.  In Genesis 1 fokus Moses (die skrywer) op die skepping van die hele wêreld.  In Genesis 2 fokus hy op een klein deeltjie van hierdie nuwe wêreld, naamlik die tuin van Eden.  In Genesis 1 wys Moses wat God op al die skeppingsdae gedoen het, terwyl hoofstuk 2 net op die sesde dag en die skepping van die mens infokus.  Genesis 2:4 praat van die geskiedenis van die hemel en die aarde.  Hierdie selfde Hebreeuse term (tôledâh) word in 5:1, 6:9, 10:1, 11:10, 27, 25:12, 19, 36:1, 9, 37:2 van die verskillende geslagsregisters gebruik.  Dáár is die skrywer se intensie duidelik dat ons hierdie name as geskiedkundig moet beskou.  En omdat Moses nou dieselfde woord in Genesis 2:4 gebruik si sy doel duidelik dat ons Genesis 2 as geskiedenis moet aanvaar.

Kritici hamer op Genesis 2:19 wat sê:  “En die Here God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem.  En net soos die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle naam wees.”  God het reeds in 2:7 die mens gemaak.  Uit 2:19 blyk dit dat die Here die voëls en diere ná die mens gemaak het, maar volgens Genesis 1 is beide voëls en diere vóór die mens geskep.  Hoe nou?  In Afrikaans gebruik ons die verledetyd, maar ons het ongelukkig nie ‘n perfektum nie.  Tale soos Engels en Hebreeus het dit.  Die Hebreeus sê letterlik dat God die voëls en diere reeds geskep het toe Hy hulle na die mens die bring.  Die implikasie is dus duidelik dat God hulle reeds gemaak het, die mens geskep het, en toe die diere na Adam toe gebring het.  ‘n Hebreeuse kenner sal met my stry en sê dat Genesis 2:7 en 2:19 presies dieselfde tydsvorm gebruik.  Hoe kan ek dan sê dat 2:19 ‘n perfektum moet wees, terwyl 2:7 ‘n verledetyd is?  In 2:7 lees ons dat God die mens geskep het.  Hoekom wil ek nou die reëls buig en in 2:19 sê dat God reeds die voëls en diere geskep het.  Dis ‘n goeie vraag.  Ek sal laat Joseph Pipa antwoord (vir dié wat tevrede is dat 2:19 ‘n perfektum is kan jy maar hierdie tegniese deel oorslaan):

“…wayyîtser, in the midst of a chain of sequential waw consecutives, may be translated as a past perfect, ‘had formed’, reflecting a temporal activity that preceded the mainline sequence in 2:4-25.” (aangehaal in Coming to Grips with Genesis:  Biblical Authority and the Age of the Earth; Mortenson and Ury, editors; Master Books; GREEN FOREST; 2008; p.238).

Mortenson en Ury skryf:  “Various criteria are used to indicate that a waw consecutive is used as a pluperfect, such as a sequential verb starting a new pericope or paragraph.  The context of Genesis 1-2 reflects another criterion for determining if a verb is used as a past perfect.  This technique is what Collins calls ‘the logic of the referent.’  With this technique the literary context establishes that the event represented by a waw consecutive verb occurred before the situation represented by a prior verb.  From the perspective of some framework supporters, the waw consecutive as a pluperfect is not a clear syntactic option in Genesis 2:19.  However, what is overlooked by this reasoning is that pluperfect may be used within a sequence of waw consecutive verbs to denote an action prior to an immediate narrative sequence.  A good example is found in Genesis 12:1.  According to the sequential verbs in 11:31, Abram had left Ur of the Chaldeans with his father, Terah, set out for Canaan, and had settled in Haran.  However, the waw consecutive that initiates 12:1 does not incrementally advance the time-line, but provides a flashback when the Lord had spoke to Abram about initially leaving his father’s country in Mesopotamia before moving to Haran (cf., Gen.15:7 and Acts 7:2).  The mainline sequence is further interrupted by a series of clauses, verses 1b-3, that contain God’s promises to Abram with the narrative sequence being resumed in verse 4.  In keeping with this pluperfect use, the NIV translates verse 1a:  ‘The Lord had said to Abram…’ (emphasis added).  Although Moses had other syntactic options to convey a pluperfect, his syntactic preference, with this example, was to use a waw consecutive for his anterior action.” (Ibid; pp.238-239).

“Maar wat van die plante en bome wat in 2:5 en 2:9 geskep word?  Ek dog hulle Genesis 1 leer dat hulle reeds op dag drie geskep is?”  Jy is reg.  Maar let op die woorde in die vers.  Die hele paragraaf in 2:5-9 wys dat Moses nie hier na plante in die algemeen verwys nie, maar net na die plante in en om die tuin van Eden.  Die plante in hierdie betrokke verse praat nie van die plante oor die hele aarde nie, maar na die plante wat deur die mens bemes en bewerk sou moes word.

“Wat van die verskil tussen die Hebreeuse name Elohim (God) en Jahwe (Here)?”  Wat daarvan?  Hoekom is dit ‘n probleem?  In Genesis 1 gebruik Moses Elohim om te wys dat hierdie die almagtige Skepper van alle dinge is.  In Genesis 2 maak God ‘n verbond met die mens:  hy kan in vrede lewe as hy God gehoorsaam, maar as hy ongehoorsaam is en van die verbode vrugte eet sal hy sterf (2:15-17).  Enige Jood weet dat Jahwe die verbondsnaam van God is.  Omdat Genesis 2 spesifiek op die mens fokus, gebruik Moses die naam Jahwe om te wys dat hierdie Skepper-God in ‘n intieme verhouding tot die mens staan.

Jesus sê in Matteus 19:4-5:  “…Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie, en gesê het:  Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees”.  In Matteus 19:4 verwys Jesus na Genesis 1:27 waar God die man en die vrou maak na sy beeld.  Matteus 19:5 is ‘n aanhaling uit Genesis 2:24.  Dit interessant dat Jesus in een sin aanhaal uit Genesis 1 en 2 asof dit één skeppingsverhaal is.  Jesus het geen onderskeid getref nie en ons hoef ook nie.  Genesis 1 en 2 is nie twee skeppingsverhale nie.  As jy die openingshoofstukke van die Bybel begin betwyfel gaan jy probleme hê met die res.  Glo die Bybel en alles wat daarin geskryf staan – ook Genesis 1 en 2.

Preek jou dominee nog die Bybel?

“Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk:  verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.  Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening.” (2 Timoteus 4:1-5).

 

Om God se Woord te preek is ‘n groot verantwoordelikheid.  Martin Luther het gesê dat hy nie die duiwel vrees nie, maar dat hy sidder elke keer as hy die Woord van God moet preek.  John Knox het gesê dat hy geen vrees het vir Mary Tudor (Bloody Mary) nie, maar dat hy vrees wanneer hy in die kansel ingaan om God se Woord te preek.  Geen wonder dat Paulus ‘n ernstige woord soos besweer gebruik wanneer hy vir Timoteus instruksie gaan gee oor prediking nie (v.1).  Paulus is baie ernstig oor hierdie groot taak van prediking en hy wil hê dat die reuse verantwoordelikheid by Timoteus se verstand moet insink.  Paulus roep God as getuie en sê dat hy hierdie opdrag in die teenwoordigheid van God en Christus self aan Timoteus gee (v.1).  Die feit dat Paulus vir Timoteus in die teenwoordigheid van God en Christus besweer herinner ons ook aan die feit dat Timoteus moet preek asof hy in dit in die teenwoordigheid van God self doen, want inderwaarheid is dit presies wat gebeur.  En as dit so is moet Timoteus nie preek om mense se guns te wen of enigiemand te beïndruk nie.  Hy moet eenvoudig in die teenwoordigheid van sy God preek en die boodskap op só ‘n manier aflewer dat Hý tevrede sal wees.  Soos Paulus reeds aan die Tessalonisense geskryf het, so moes Timoteus ook doen:  ‘’…so spreek ons, nie om mense te behaag nie, maar God wat ons harte beproef.” (1 Tessalonisense 2:4).

In vers 1 sê Paulus dat Jesus almal sal oordeel.  Die Vader het Hom aangestel om dit te doen (Johannes 5:22, Handelinge 17:31).  Timoteus kan verseker weet dat Christus ook hulle wat sy waarheid verdraai sal oordeel.  Is dit ‘n wonder dat die Skrif elders sê leraars sal strenger geoordeel word (sien Jakobus 3:1)?  Timoteus moes seker maak dat hy die Woord reg verkondig en nie sy eie interpretasie daarop plaas nie.  Vroeër in hierdie brief het Paulus vir hom gesê:  “Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.”  Gedagtes aan Jesus se oordeel moet Timoteus dryf om nie af te wyk soos die vals leraars nie (v.1).  Maar hy hoef nie negatief te dink nie.  Hy kan ook dink aan die wederkoms en die ewige Koninkryk waar Jesus sy getroue knegte sal beloon (v.1).  As Timoteus aanhou om die Bybel te preek sal Jesus hom ook beloon.  Hy moet dus nie die onmiddellike beloning van menselike applous soek nie (sien v.3-4, Matteus 6:2, 5), maar hy moet die Woord preek.  Paulus se gebruik van die woord ‘preek’ in die oorspronklike teks praat van ‘n persoon wat die Koning se boodskap uitbassuin en aankondig (kerusso).  En dit is presies wat Timoteus doen:  hy preek vir die Koning (let op die woord koninkryk in v.1).  En wanneer ons sê dat Timoteus die Woord moet preek (v.2) verwys dit natuurlik na die hele Skrif waarvan ons in 3:16 gelees het.  Timoteus moet die Woord preek en nie sy eie slim idees met mense deel nie.

Dit is verstommend en wonderlik dat ons God se Woord kan hoor en verkondig.  Baie mense dink nie daaraan dat God nie maar net ou waarhede met ons deel wanneer sy predikers die Woord akkuraat verkondig nie.  Wat eintlik gebeur is dat God daar en dan weer aan die Woord kom.  Een professor het vir ons gesê:  “Ons moet die So-spreek-die-Here kanselkleed van ons  kansels verwyder, want dit is nie God wat praat wanneer ons preek nie, maar die prediker.”  Indien ‘n prediker onakkuraat preek, is dit inderdaad hy self wat aan die Woord is.  Maar waar die Skrif akkuraat uitgelê word is God aan die Woord.  Dink maar daaraan dat ons soms vir Paulus sal aanhaal en sê:  “Paulus sê…”  Ons sê nie:  “Paulus het gesê nie…”  Ons erken dus dat God weer aan die Woord kom in 2012 wanneer ons Paulus of ander Bybelskrywers aanhaal.  Die apostels self het dikwels so gedoen wanneer hulle die Ou Testament aanhaal.  In Handelinge 2:17 haal Petrus vir Joël aan met dié woorde:  “En in die laaste dae, spreek God…”  Volgens hierdie vers was God op daardie oomblik weer aan die Woord.  Petrus haal nie maar net ou woorde aan wat lank terug aan God se volk gesê is nie.  So is God ook weer aan die woord wanneer ons die Skrif reg verkondig.  As ons nie akkuraat preek nie is God se stem stil.  Laat ons dan met erns preek en ook met erns luister wanneer God aan die woord kom.

Wanneer moet Timoteus hierdie Woord preek?  Volgens vers 2 met hy dit tydig en ontydig doen.  Hy moet die Skrif so goed ken dat hy altyd gereed is om dit selfs op kort kennisgewing te kan preek.  Dit blyk dat tydig impliseer dat daar tye is waarin mense gretig is om die Woord te hoor.  Hulle is honger vir die Woord.  Ons sien in Nehemia 8:2 hoe die volk vir Esra gevra het om die Woord vir hulle te lees.  In tye van herlewing en selfs vervolging het mense so ‘n honger vir die Woord.  Wanneer die geleentheid ‘tydig’ is moet Timoteus die dag aangryp en die Woord preek.  Ontydig dra die betekenis dat daar tye is wanneer mense nie belangstel om die Woord te hoor nie.  In verse 3-4 word so ‘n tyd beskryf wanneer mense nie Bybelse prediking soek nie.  In die bediening van Thomas Charles was dit vir ‘n paar maande so.  In een dorp in die noorde van Wallis het sy bediening vir ‘n skamele twee Sondae gehou.  Charles beskryf sy ondervinding in hierdie tyd as volg:  “Last Sunday, the whole parish, with two or three of the principal inhabitants at their head, came and accosted me in a rougher strain than I have ever been used to before.  They insisted on my preaching no more in their church; for they added, ‘You have cursed us enough already.’  I took care that nothing but the plain simple truth should give offence.’” (Murray, Iain H.; Heroes; The Banner of Truth  Trust; EDINBURGH; 2009; p.124).  So moes Timoteus ‘ontydig’ aangehou het om die waarheid te verkondig en nie bevrees geraak het vir die fronse van ongelukkige hoorders nie (v.2).

Hoe moes Timoteus die Woord preek?  Paulus beskryf vyf aspekte van sy prediking.  [a] Hy moes weerlê (v.2).  Die Skrif was genoegsaam hiervoor (3:16).  Hy moes nie bang wees om die verkeerde uit te wys nie.  [b] Hy moes bestraf (v.2).  Nie alleen moes hy vals lering en sonde aanvat nie, maar hy moes ook die vals leraars aanspreek uit die Skrif.  Hy moes dit in die openbaar as ook van aangesig tot aangesig doen.  Hy was ook verantwoordelik voor dei Here om de persoon wat in sonde volhard aan te spreek.  Hy moes nie die sondaar van kansel af aanspreek nie, maar sou dit natuurlik privaat gedoen het (Matteus 18:15-17).  Maar indien die hele gemeente in sonde volhard het moes hy nie bang wees om daarteen te preek nie.  Hy moes net seker maak dat hy God se toorn gepreek het en nie sy eie nie.  Die opdrag is immers duidelik dat hy die Woord moet preek.  Hy moet ook seker maak dat hy die hele vers 2 gehoorsaam en nie by elke geleentheid net bestraf in sy prediking nie.  [c] Timoteus moet vermaan (v.2).  Die woord vermaan word baie keer verkeerd gebruik in ons moderne spreektaal.  Baie mense dink dit beteken om iemand aan te spreek oor sy sonde.  Maar dit is eintlik glad nie wat die woord beteken nie.  Die Griekse woord parakaleo beteken om iemand na jou sy te roep, om uit te nooi, om te vertroos, om instruksie te gee, en om te bemoedig.  Dít is wat Timoteus in sy prediking moet doen.

[d] Timoteus moet met geduld preek (v.2).  Hy moet aanhou om valsheid uit te wys en te bestraf, om mense te vertroos en te bemoedig.  Uit my eie ondervinding kan ek sê dat ‘n mens geduld nodig het wanneer jy mense leer.  Mense aanvaar nie altyd dadelik wanneer jy hulle aanspreek oor hulle sond enie.  En hulle aanvaar nie onmiddellik jou vertroosting en bemoediging nie.  Dikwels bly hulle nog vir ‘n tyd daarna in die gat van depressie.  Daarom moet Timoteus volhard in sy prediking.  Hy moet geduldig wees met dié wat stadig groei.  John Newton het gesê:  “A Christian is not of hasty growth, like a mushroom, but rather like the oak, the progress of which is hardly perceptible, but in time becomes a great deep-rooted tree.” (Ibid, p.99).  En weer:  “God is often not so quick with his works as men would have him to be.  I once heard of a gardener who boasted that he could sow salad when the meat was put to the fire, and have it ready for eating before the meat was roasted.  This is seldom God’s way.” (Ibid; p.106).  William Ames het op ‘n keer gesê:  “We discern the growth of grace as the growth of plants, which we perceive rather to have grown than to grow.” (aangehaal in Flavel, J.; Keeping the heart; Soli Deo Gloria Publications; ORLANDO; 1998; p.97).

[e] Hy moes lering gee in sy preke (v.2).  Ek hoor redelik gereeld dat mense (ook in Baptistekerke) nie lerende prediking soek nie.  Dít is waar van die mense in verse 3-4.  Hulle soek predikers wat hulle ore streel.  Maar Timoteus moet vir die skape gee wat hulle nodig het en nie wat hulle soek nie.

Hoekom moet Timoteus die Woord preek?  Hy moet dit doen omdat daar swaar tye kom waarin nie almal die Woord sal aanvaar nie (v.3, 3:1-9).  Hy moet dus nou al die fondasie lê, sodat die skape kan vasstaan wanneer valsheid en vervolging aanklop (v.2-3).  Baie mense wil nie die waarheid hoor nie.  Hulle soek sagte woorde wat hulle ore sal streel; wat krap waar dit juk.  Hulle wil predikers hê wat vir hulle sal sê dat hulle sonde aanvaarbaar is vir God.  Hulle wil hoor dat die prediker sê:  “Die Bybel sê homoseksualiteit is ‘n alternatiewe leefstyl en is ‘n gawe van God…Die Bybel sê nêrens dat mense moet trou nie – saambly is nie sonde nie…Daar is nie regtig ‘n plek soos diehel nie…God is ‘n God van liefde en sal niemand hel toe stuur nie…Kerktug is hard en ongenaakbaar; ons moenie mense wil oordeel nie maar moet hulle net liefhê…Jou kind is nie stout nie maar het ADHD.”  Mense wil goed voel en soek predikers wat hulle hierin sal help.  Hulle hou nie daarvan dat hulle gewete aangespreek word nie.  Hulle wil ‘n kerke en predikers hê wat soeker-sensitief is.  Hulle hou van preke wat op hulle fokus, en daarom hou hulle van mens-gesentreerde prediking (v.3).  En uiteindelik draai hulle heeltemal van die waarheid af weg (v.4).  Die stappe van hoe ‘n persoon van die waarheid af wegdraai word in v.3-4 uiteengesit:

  • Die persoon soek nie meer die waarheid nie (v.3)
  • Wat hy nóú soek is preke wat hom laat goed voel en sê dat sy sonde aanvaarbaar is (v.3)
  • Later wil hy niks meer van die Bybel hoor nie – hy soek stories en motiverende praatjies (v.4)
  • Op die einde luister hy na fabels soos evolusie en liberalisme (v.4).

‘n Belangrike les om uit v.3-4 te leer is dat skuldgevoelens nie ‘n slegte ding is soos wat sielkunde wil voorgee nie.  Indien die alarm in ons huis afgaan om te waarsku dat iemand in die erf is, moet ons nie ‘n hamer vat en die alarm stukkend slaan nie.  Ons moenie sê:  “Die alarm is ‘n slegte ding omdat dit in my ore raas” nie.  Nee.  Dis ‘n goeie ding wat vir ons waarsku dat daar ‘n skelm buite is.  Net so is dit goed as ons skuldig voel.  Ons gewetens sê vir ons dat daar iets in die hart is wat uitgesorteer moet word.  Ons kan God dank vir iets soos ‘n skuldige gewete, omdat dit vir wys dat daar ‘n sonde-probleem is wat reggestel moet word.

In v.5 gee Paulus ‘n opsomming van alles wat hy vir sy jong vriend gesê het.  Die kontrasterende ‘maar’ in vers 5 sê weereens dat Timoteus anders moet wees en preek as die vals leraars wat hulle hoorders se gehoor wil streel.  Timoteus moet vier dinge doen om sy voete vas te sement.  Hy moet reguit en nugter dink wanneer vervolging en valsheid opdaag (v.5).  Hy moenie die waarheid verlaat en skielik mens-gesentreerd preek omdat die kerk leegloop nie.  Hy moenie nuwe tegnieke probeer volg of sy boodskap aanpas om die kerk weer vol te kry nie.  Hy moet net aanhou om die Woord te preek.  En as hy gekritiseer of vervolg word, moet hy lyding verduur (v.5).  Hy moet bereid wees om swaar te kry vir die evangelie (1:9, 3:12).  Hy moenie omgegooi word deur die mense wat hom vervolg en kritiseer nie.  En hy moenie homself bejammer nie.  Hy moet net aanhou om die evangelie te preek waarvoor hy vervolg word.  Hy moet die evangelie deel met sondaars en nie moed opgee nie (v.5).  As hy hierdie dinge doen sal hy soos Paulus kan volhard tot die einde toe en só sy bediening vervul (v.5, 17 dieselfde Griekse woord plerophoreo word in beide verse gebruik).  As Timoteus tot die einde toe volhard sal hy die beloning ontvang.  Paulus sou dit binnekort kry.  In v.6-8 sê hy:  “Want ek word alreeds as ‘n drankoffer uitgegiet, en die tyd van my heengaan is naby.  Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.  Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.”  Timoteus moet in die Woord volhard, sodat hy ook eendag voor die Regter kan staan (v.1) en dié woorde hoor:  “…Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel.  Gaan in in die vreugde van jou heer.” (Matteus 25:23).

Is die Bybel genoeg?

“Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” (2 Timoteus 3:14-17).

Ek het reeds in vorige preke die konteks van die boek gegee.  Die konteks help ons om te verstaan hoekom Paulus hierdie spesifieke verse aan Timoteus skryf.  Ek het tot nou toe nie die teks eksposerend hanteer nie, maar meer op ‘n teologiese basis met die teks gewerk.  ‘n Preekkursus waarop ek die afgelope week was het my prediking op sy kop gekeer.  Ek wil dit graag die vorige preke regstel in die twee boodskappe wat volg.  In hierdie verse gee Paulus vir Timoteus twee opdragte om hom te help om te volhard in bediening.

 

Clark Pinnock is ‘n ingeligte teoloog in die V.S.A.  In die laat 1970’s en in die 1980’s was hy bekend as ‘n konserwatiewe en evangeliese teoloog.  Maar in onlangse jare het hy snert begin verkondig.  Hy leer selfs dat God nie alwetend is nie (Openess of God teologie).  In vers 14 maak Paulus ‘n onderskeid tussen Timoteus en die vals leraars.  Hy moenie soos hulle van die waarheid afdwaal nie, en daarom sê Paulus:  “Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is…”  Dít waarin Timoteus moet volhard is niks anders as die Skrif nie.  In <st2:bcv_smarttag>1 Timoteus 4:16 het Paulus dieselfde noot gesing toe hy vir sy jong vriend gesê het:  “Let op jouself en op die leer; volhard daarin…”  Timoteus moet onthou watse rol die Skrif in sy opvoeding en bekering gespeel het.  Dit sal hom help om vas te byt en nie die pad byster te raak soos die vals leraars nie.  Vers 14 sê duidelik hy moet onthou van wie hy die Skrif geleer het.  Dit was deur Paulus se evangelie-verkondiging dat Timoteus tot bekering gekom het.  Daarom kan Paulus in 1:2 van Timoteus praat as “my geliefde kind”.  Volgens vers 15 moet Paulus onthou hoe hy van kleins af die Joodse geskrifte geleer het.  Die Griekse woord brephos wys dat Timoteus ten minste ‘n baie klein kind was toe hy die Skrif geleer het, en selfs ook ‘n baba kon wees toe hy vir die eerste keer die geskiedenis van die Ou Testament gehoor het.  Timoteus het ‘n ongelowige Griekse pa gehad (sien Handelinge 16:1).  Dus het sy Joodse ouma en ma het vir hom die Skrif geleer (volgens v.15 en 1:5).  Ons sien dus hoe die Skrif fundamenteel was in Timoteus se redding.  Daarom dat Paulus van die Skrif sê dat dit ware wysheid kan gee wat sal lei tot verlossing deur geloof in Jesus Christus (v.15).  Die ongelowige is moreel dwaas en geestelik in die donker (Romeine 1:22, Efesiërs 4:17-18).  Die Skrif gee ware wysheid wat lei tot redding.  Dit openbaar die Persoon en werk van Jesus aan die sondaar (v.15).  En dit leer ook vir hom hoe om gered te word deur geloof alleen (v.15).  Die feit dat hierdie dinge so is behoort elke ouer aan te spoor om vir sy kinders die Bybel te leer.  Enige kind wat onthou hoe God hom deur die Skrif tot bekering gebring het sal kan vasstaan wanneer vals lering soos ‘n miswolk toesak en wanneer vervolging sy donker masker afhaal.

Wat is die wese en natuur van hierdie Skrif waarin Timoteus moet volhard.  Die Skrif en alles daarin is geïnspireer en foutloos.  Ons teks sê:  “Die hele Skrif is deur God ingegee…” (v.16).  Ek het in vorige preke verduidelik wat presies inspirasie en foutloosheid is en behels.  Die Skrif is ook nuttig en genoegsaam (v.16).  Natuurlik is die Bybel nie genoegsaam vir iemand om Spaans te leer of biologie te verstaan nie, maar dit is genoegsaam om alles te verstaan van hoe God wil hê ons moet lewe in sy heelal.  En Petrus sê:  “Immers, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug” (2 Petrus 1:3).  Volgens Petrus kom dit wat ons nodig het vir lewe en heiligheid (godsvrug) deur die kennis van God, en daardie kennis verkry ons deur die Bybel.  Vers 16 sê spesifiek dat die Skrif genoegsaam is vir lering, weerlegging, teregwysing, en onderwysing in die geregtigheid.

Kom ons bestudeer hierdie kategorieë van genoegsaamheid een vir een.  [a] Lering (v.16).  Die vals leraars wyk van die Skrif af en soek meer as net die Bybel.  Timoteus moenie soos hulle wees nie.  Die Skrif is genoegsaam.  En vir ons in die 21ste eeu is dit genoegsaam.  Ons het nie ander godsdienstige boeke, sekulêre seminare soos Love Life, of menslike teorieë nodig nie.  [b] Weerlegging (v.16).  Die Skrif is genoeg om vir Timoteus dit wat verkeerd is uit te wys.  En dieselfde geld vir ons.  Ons moenie so maklik die knie buig voor sielkundes se diagnose van ons probleme nie.  Hulle sê dat ‘n ooraktiewe en woelige kind ADHD het.  Volgens hulle is iemand wat obsessief steel ‘n kleptomaan wat eintlik ‘n rare siekte het.  En iemand wat baie vreemd optree noem hulle ‘n skisofreen.  Maar volgens die Bybel is die woelige kind ‘n rebelse sondaar wat nie aan gesag wil onderwerp nie.  Die persoon wat steel is ‘n dief.  En die persoon wat baie vreemd optree is heel dikwels iemand wat nie sy verantwoordelikheid wil opneem nie.  Die Bybelse diagnose is akkuraat.  Sielkunde is verkeerd.  Die Skrif is genoegsaam om vir ons te sê wat verkeerd is met die mens.

[c] Teregwysing (v.16).  Nie alleen wys die Bybel vir ons wat verkeerd is nie.  Dit leer ook vir ons wat reg is.  Die Bybel slaan ons teen die grond wanneer dit vir ons wys waar ons verkeerd gaan.  Maar dit help ons ook weer regop.  Dit is letterlik wat die Griekse woord vir teregwysing (epanorthosis) beteken.  Ter toepassing kan ons sê dat die Bybel genoegsaam is om mense wat afgedwaal het weer reg te help.  Dit is genoeg om die gedissiplineerde lidmaat weer te herstel.  As ons die Bybel glo en reg toepas is dit nie nodig dat enige Christen psigoterapie hoef te ondergaan nie.  Daar is sekerlik noodsaaklike fisiese aspekte van rehabilitasie wat nodig is vir drank en dwelmverslaafdes.  Maar wat die geestelike sy betref is die Bybel genoeg en het ons nie hierdie sentrums nodig nie.  Dieselfde kan gesê word van psigiatriese hospitale en inrigtings:  die Bybel is meer as genoeg om hierdie mense te help.  Ek sal dankbaar wees as die kerk meer op die Skrif steun en ‘n hand uitreik na hierdie mense toe.  Wat Paulus betref sal dit goed wees as sielkunde en psigiatrie eens en vir altyd begrawe word.  Die Bybel is genoegsaam.

[d] Onderwysing in geregtigheid (v.16).  Die Skrif slaan ons plat en help ons weer regop.  Daarna leer dit ons om op die regte weg te bly.  Die Griekse woord vir onderwysing verwys letterlik na die tug en opvoeding van kinders (paideia, Paulus gebruik dieselfde woord in Efesiërs 6:4).  Ons moet onthou dat dit baie jare neem om kinders reg op te voed.  En hoekom sal dit nou verskillend wees met geestelike kinders.  Net soos Timoteus moet ons dit in gedagte hou wanneer ons met gelowiges werk.

Tydens my jare op Seminarium het ek vir vier semesters pastorale sielkunde studeer.  Dit was ‘n mors van tyd.  Geen predikant het so ‘n vak nodig in sy voorbereiding vir die bediening nie.  Al wat dit hom leer is wat om nie te glo en te doen nie.  In vers 17 sê Paulus dat die Skrif geïnspireer en nuttig is, “sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”  Die man wat aan God behoort (man van God) en deur Hom geroep is het nie die humanistiese teorieë van wêreldse sielkunde nodig nie.  Ons het ook nie nodig om liberale bron-teorieë te leer nie (soos wat ons op Seminarium moes doen nie).  Die Skrif alleen is genoeg sodat ons mense kan help en toegerus kan wees vir elke goeie werk (v.17).  Omdat dít so is, moet die prediker sy hele lewe daaraan wy om die Skrif te ken.  Hy moet elke nodige middel gebruik om die Skrif soos die palm van sy hand te ken.  In John Piper se woorde:  “Master the Bible and be mastered by it.”  John MacArthur het hierdie treffende stuk van ‘n anonieme prediker in sy boek Preaching – How to Preach Biblically aangehaal:

“Fling [the preacher] into his office.  Tear the ‘Office’ sign from the door and nail on the sign, ‘Study’.  Take him off the mailing list.  Lock him up with his books and his typewriter and his Bible.  Slam him down on his knees before texts and broken hearts and the flock of lives of a superficial flock and a holy God.  Force him to be the one man in our surfeited communities who knows about God.  Throw him into the ring to box with God until he learns how short his arms are.  Engage him to wrestle with God all the night through.  And let him come out only when he’s bruised and beaten into being a blessing.  Shut his mouth forever spouting remarks, and stop his tongue forever tripping lightly over every nonessential.  Require him to have something to say before he dares break the silence.  Bend his knees in the lonesome valley.  Burn his eyes with weary study.  Wreck his emotional poise with worry for God.  And make him exchange his pious stance for a humble walk with God and man.  Make him spend and be spent for the glory of God.  Rip out his telephone.  Burn up his ecclesiastical success sheets.  Put water his gas tank.  Give him a Bible and tie him to the pulpit.  And make him preach the Word of the living God!

Test him.  Quiz him.  Examine him.  Humiliate him for his ignorance of things divine.  Shame him for his good comprehension of finances, batting averages, and political infighting.  Laugh at his frustrated effort to play psychiatrist.  Form a choir and raise a chant and haunt him with it night and day – ‘Sir, we would see Jesus.’  When at long last he dares assay the pulpit, ask him if he has a word from God.  If he does not, then dismiss him.  Tell him you can read the morning paper and digest the television commentaries, and think through the days superficial problems, and manage the community’s weary drives, and bless the sordid baked potatoes and green beans, ad infinitum, better than he can.  Command him not to come back until he’s read and reread, written and rewritten, until he can stand up, worn and forlorn, and say, ‘Thus saith the Lord.’

Break him across the board of his ill-gotten popularity.  Smack him hard with his own prestige.  Corner him with questions about God.  Cover him with demands for celestial wisdom.  And give him no escape until his back’s against the wall of the Word.  And sit down before him and listen to the only word he has left – God’s Word.  Let him be totally ignorant of the down-street gossip, but give him a chapter and order him to walk around it, camp on it, sup with it, and come at last to speak it backward and forward, until all he says about it rings with the truth of eternity.  And when he’s burned out by the flaming Word, when he’s consumed at last by the fiery grace blazing through him, and when he’s privileged to translate the truth of God to man, finally transferred from earth to heaven, then bear him away gently and blow a muted trumpet and lay him down softly.  Place a two-edged sword in his coffin, and raise the tomb triumphant.  For he was a brave soldier of the Word.  And ere he died, he had become a man of God.” (Nelson Reference & Electronic; NASHVILLE; 2005; pp.285-286).

Wat Paulus vir Timoteus gesê het geld vandag nog vir ons:  Ken die Bybel en hou aan om dit te glo.  Slegs só kan Timoteus en Christene vandag volhard wanneer valsheid en vervolging by jou gemeente kom inloer.