Interessanthede oor die wyse manne, die ster, en die presiese dag van Jesus se geboorte

Star of Bethlehem“En toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys.” (Matteus 2:1-2).

In C.S. Lewis se Chronicles of Narnia (The Lion, the Witch, and the Wardrobe) is daar ‘n heks wat sorg dat dit altyd winter is, maar nooit kersfees nie. In Charles Dickens se Christmas Carol is dit Scrooge wat nie van kersfees hou nie. Ook in dr. Suess se boek is daar ‘n karakter wat kersfees haat; the Grinch. In 2012 nog haat die duiwel en die wêreld die ware betekenis van kersfees. In party lande word mense verbied om merry Christmas te sê. Dié gesegde word vervang met “happy holidays” en “compliments of the season”. Kerstyd gaan meer oor familie, geld, kersvader, kersbome, kersliggies, kos, en geskenke as oor Jesus. Christene in party groepe val kersdag aan, omdat hulle glo 25 Desember het ‘n heidense afkoms (ek sal later wys dat dit nie ‘n absolute feit is nie). Matteus noem vyf plekke en beskryf wat daar gebeur het om te wys hoe God sy Seun teen Satan en Herodes se haat beskerm het. Hulle wie glo in Jesus en die waarheid van Matteus 2 sal geseënde kersfees hê. God sal hulle beskerm teen die haat van Satan en die wêreld. In die woorde van die engelkoor: “Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!” (Lukas 2:14).

 

 

Daar is baie populêre maar verkeerde idees oor die wyse manne in Matteus 2. Op kerskaartjies sien ons die helder Betlehemster bo die stal waar Jesus gebore is. In Sondagskool kerstonele kniel die wyse manne saam met die herders by die krip waar Jesus lê. ‘n Bekende lied oor die wyse manne sê: “We three kings of orient are…” Sonder enige bewyse sê baie Christene: “Ons weet Jesus is nie op 25 Desember gebore nie, want die skape en herders sou nie op ‘n koue wintersnag in die veld gewees het nie.”

Is daar feite vir al hierdie dinge wat mense sê en glo. Nee daar is nie. Volgens Matteus was die ster nie bo die stal op die nag wat Jesus gebore is nie, maar bo ‘n huis in Betlehem ‘n paar weke of maande ná sy geboorte. “En nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek. En kyk, die ster wat hulle in die Ooste gesien het, gaan voor hulle uit totdat hy kom en bly staan bo-oor die plek waar die Kindjie was. En toe hulle die ster sien, het hulle hul met baie groot blydskap verheug. En hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, sy moeder, gevind en neergeval en Hom hulde bewys. Daarop maak hulle hul skatte oop en bring vir Hom geskenke: goud en wierook en mirre.” (v.9-11). Die voorgenoemde verse wys ook dat die herders en wyse manne nie saam voor die krip gekniel het nie. Die herders was die nag van Jesus se geboorte in die stal (Lukas 2:7, 16); die wyse manne was nie. Ons sien in v.11 dat die wyse manne goud, wierook, en mirre as geskenke gebring het, maar dit beteken nie daar was net drie wyse manne nie. Miskien was daar twee of vyf of agt wat hierdie drie soorte geskenke gebring het. Was hulle konings? Die Bybel sê nie vir ons nie (ek sal in ‘n volgende preek verse soos Psalm 72:10-11, 15 bespreek).

Wat van kersdag op 25 Desember? Dis nie waar dat die skape en herders nie in die winterkoue in die veld sou deurbring nie. Harry Mulder skryf: “During the brief Christmas vacation my wife and I traveled from Beirut…to Jerusalem. In this connection I can also answer your question regarding the presence of sheep around Bethlehem in the month of Desember…Right near us a few flocks of sheep were nestled. Even the lambs were not lacking…It is therefore definitely not impossible that the Lord Jesus was born in December.” (aangehaal in Hendriksen, W.; Matthew: New Testament Commentary; The Banner of Truth Trust; EDINBURGH; 1971; p.182).

Alfred Edersheim skryf:

“At the outset it must be admitted, that absolute certainty is impossible as to the exact date of Christ’s Nativity – the precise year even, and still more the month and the day. But in regard to the year, we possess such data as to invest it with such probability, as almost to amount to certainty. The first and most certain date is that of the death of Herod the Great. Our Lord was born before the death of Herod, and, as we judge from the Gospel-history, very shortly before that event. Now the year of Herod’s death has been ascertained with, we may say, absolute certainty, as shortly before the Passover of the year 750 A.U.C., which corresponds to about the 12th of April…More particularly, shortly before the death of Herod there was a lunar eclipse (Jos. Ant. xvii. 6. 4), which, it is astronomically ascertained, occurred on the night from the 12th to the 13th of March…Thus the death of Herod must have taken place between the 12th of March and the 12th of April – or, say, about the end of March (comp. Ant. xvii. 8. 1). Again, the Gospel-history necessitates an interval of, at the least, seven or eight weeks before that date for the birth of Christ (we have to insert the purification of the Virgin [Leviticus 12:1-8, Luke 2:22-24] – at the earliest, six weeks after the Birth – the Visit of the Magi, and the murder of the children at Bethlehem, and, at any rate, some days more before the death of Herod). Thus the Birth of Christ could not have possibly occurred after the beginning of February…and most likely several weeks earlier. This brings us close to the ecclesiastical date, the 25th of December…At any rate, the often repeated, but very superficial objection, as to the impossibility of shepherds tending flocks in the open at that season, must now be dismissed as utterly untenable…if the question is to be decided on the ground of rain-fall, the probabilities are in favour of December as compared with February – later than which it is impossible to place the birth of Christ…

… we reach the same goal if we follow the historically somewhat uncertain guidance of the date of the Birth of [John] the Baptist, as furnished in this notice (St. Luke i. 5) of his annunciation to his father, that Zacharias officiated in the Temple as on of ‘the course of Abia’…In Taan. 29 a we have the notice, with which that of Josephus agrees (War vi. 4. 1. 5), that at the time of the destruction of the Temple ‘the course of Jehoiarib,’ which was the first of the priestly courses, was on duty. That was on the 9-10 Ab of the year 823 A.U.C., or the 5th August of the year 70 of our era. If this calculation be correct (of which, however, we cannot feel quite sure), then counting ‘the courses’ of priests backwards, the course of Abia would, in the year 748 A.U.C. (the year before the birth of Christ) have been on duty from the 2nd to the 9th of October. This also would place the birth of Christ in the end of December of the following year (749), taking the expression ‘sixth month’ in St. Luke i. 26, 36, in the sense of the running month (from the 5th to the 6th month, comp. St. Luke i. 24). But we repeat that absolute reliance cannot be placed on such calculations, at least so far as regards month and day…” (The Life and Times of Jesus the Messiah; Grand Rapids; MICHIGAN; 1953; p.1527-1529).

Edersheim gee ook verdere bewyse wat ek nie hier aanhaal nie. Hy gebruik onder andere tekste soos Lukas 2:2, 3:1-2, en Johannes 2:20 om sy berekeninge te maak en daardeur te bewys dat Jesus op of naby 25 Desember gebore is. Nou ja, dis seker maar net vir interessantheid. Dis onnodig om oor sulke datums te stry of om te sê dat mense wat kersfees vier ’n heidense feesdag gedenk.

Jesus is gebore in Betlehem van Judea (v.1). Matteus noem dit spesifiek so omdat daar ook ‘n Betlehem in die Galilea streek was (sien Josua 19:15-16). Verder noem hy spesifiek dat hierdie Betlehem in Judea was, omdat dit in hierdie Betlehem waar koning Dawid gebly het (1 Samuel 16:4). Matteus wil vir ons beklemtoon dat Jesus die seun van Dawid en dus die geregtige koning is. Die Jode het verwag dat die Messias in Betlehem gebore sou wees (v.5-6, Johannes 7:42). En Jesus is (Lukas 2:4-7).

Volgens ons teks is Jesus gebore in die tyd van koning Herodes. Daar was baie meer as een Herodes in die Bybel. Archeláüs in v.22 was ook bekend as Herodes Archelaüs. Daar is ‘n Herodes Antipas, Herodes Filippus I, en Herodes Filippus II van wie ons in die Bybel lees (Lukas 3:1, 19, 13:31). In Handelinge lees ons van Herodes Agrippa I en Herodes Agrippa II (Handelinge 12:1, 23, 25:13). Die Bybel gee soms net die eerste naam (Herodes) en op ander tye net die laaste naam (bv. Agrippa of Filippus). ‘n Goeie studie-Bybel of kommentaar kan hierdie dinge vir jou wys. Die Herodes in Matteus 2:1 is Herodes die Grote. In die volgende preek sal ek ‘n bietjie agtergrond en geskiedenis van hierdie bose man gee.

Wie en wat was die wyse manne van wie ons in v.1 lees? Hulle was sterrekundiges. Wetenskaplikes. Astroloë. Hulle was nie okkultiese towenaars soos Elimas in Handelinge 13:6, 8 nie. Hulle was waarskynlik meer soos Daniël in Daniël 5:11 – die hoof van die astroloë en wyse manne. Hieride wyse manne het omtrent twee jaar vroeër die Messias se ster in die ooste gesien (v.2, 7, 16). Die ster in Matteus 2 was ‘n teken van die Messias self wat die ster van Jakob en blink môrester genoem word (Numeri 24:17, Openbaring 22:16). Wetenskaplikes soos Johannes Kepler het gesê dat die Betlehemster eintlik ‘n oorvleueling van Jupiter en Saturnus was (en ‘n tydjie later Mars ook). Hierdie oorvleueling gebeur net elke 800 jaar. Twee jaar voor Jesus se geboorte kon dit drie keer gesien word: in Mei, Oktober, en Desember (sien v.7, 16 vir ‘twee jaar voor Jesus se geboorte’). Edersheim verwys na geskiedkundiges en sterrekundiges wat praat van ‘n vreemde gekleurde ster wat vir ‘n kort oomblik tussen die planete gesien kon word. Ook in die Chinese geskiedenis lees ons van ‘n ster wat in die tyd van Jesus se geboorte in die noordelike hemel gesien kon word (Edersheim, p.631-632).

Ander kommentators soos MacArthur reken dat dit nie ‘n oorvleueling van plante kon gewees het nie, omdat v.9 praat van die ster wat stilgestaan het nadat dit beweeg het. Volgens hom was hierdie ‘n eenmalige bonatuurlike gebeurtenis soos die wolkkolom en vuurkolom wat voor die Israeliete uitgegaan het in die woestyn (sien Eksodus 13:21). Wat dit ookal was maak nie regtig saak nie. Wat ons tog moet onthou is dat hierdie verse ons geen verskoning of reg gee om ons sterretekens te probeer navolg nie.

Ek het ‘n vriend wat elke Sondag meer as 80 kilometer reis kerk toe en terug. In Rusland en Zambië loop party gelowiges tot drie ure kerk toe. Die wyse manne het van ‘n ver land in die ooste (moontlik Babilonië of Persië) gekom om die Messias te aanbid (v.1-2). Waar het hulle gehoor van die Joodse Messias? Onthou dat die Jode op ‘n tyd na die ooste toe geneem is as slawe (boeke soos Daniël en Ester beskryf hierdie tyd). Deur die invloed van die Jode en hulle wet sou hierdie voorspellings eeue later hulle ore bereik. Nog belangriker is dat hierdie heidene die Messias kom aanbid. So het die Skrif oor die Messias voorspel: “…Ek het U gemaak tot ‘n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde.” (Jesaja 49:6). Simeon praat van Hom as “…‘n lig tot verligting van die nasies…” (Lukas 2:32). In Jerusalem gekom het die wyse manne aanhoudend (die werkwoord is ‘n partisipium) rondgevra oor die Messias (v.1-2). Hulle het geweet dat hulle in Jerusalem, die godsdienstige hoofstad, antwoorde sou vind. Is daar konkrete voorbeelde in jou lewe om te bewys dat jy soos die wyse manne opoffer en ywerig om Jesus te aanbid? Mag die hoop van ‘n geseënde kersfees jou aanspoor om Jesus te aanbid hierdie kerstyd.