Hoe kan jy reg wees met God?

Law and grace

“Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.” (Romeine 1:17).

 

‘n Paar weke gelede het ek die evangelie met ‘n vrou gaan deel.  ‘n Paar keer tydens die gesprek het sy vir my gesê:  “Ek wil net weet hoe ek aanneemlik kan wees vir God.”  En dis presies hierdie vraag wat Paulus in Romeine 1:17 beantwoord.

 

Die bron van geregtigheid

Martin Luther het geweet hy moet God liefhê, maar toe hy dié vers lees, het hy Hom gehaat.  Hy’t gedink God se geregtigheid in dié vers beteken dat God ons met ‘n regverdige oordeel in die hel gaan straf (Hy’t gedink die vers praat van God se ‘justice’).  Dit het hom baie bang gemaak.  Toe gaan die lig eendag vir hom op.  Skielik het hy verstaan wat die geregtigheid van God in hierdie vers beteken:  God gee sy eie volmaakte geregtigheid gratis aan almal wat in Hom glo en op Hom vertrou.  Paulus se begeerte was om “in [Christus] gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof” (Filippense).  Toe Luther dít verstaan, het hy gejuig en God liefgehad.

 

God vereis dat jy volmaak regverdig moet wees (Matteus 5:20, 48).  Maar niemand van ons kry dit reg nie (3:23, 7:7-8, Galasiërs 3:10, Filippense 3:4-6).  Uit liefde vir sondaars word God ‘n mens, en voorsien Hy self die geregtigheid wat Hy vereis (v.17, Jesaja 59:16, 2 Korintiërs 5:21).  Jy kan nie God se vereistes vervul, sy vurige toorn bedaar, of sy guns verdien deur goeie werke of godsdiens nie.  Christus alleen kon dit deur sy volmaakte Persoon en kruisdood regkry (3:25).  “Alle godsdienste sê:  Die probleem is buite ons en die oplossing binne ons.  Christenskap alleen sê:  Die probleem is binne ons en die oplossing buite ons.” (R. Albert Mohler).

 

Die openbaring van geregtigheid

As jy na sommige stories kyk, wonder jy waar die film-makers hulle verbeelding kry.  Mense kan baie slim dinge uitdink.  Maar geen mens kon ooit die evangelie uitgedink het nie.  Niemand sou so ‘n ‘swak’ plan beraam het nie; ‘n plan waardeur God ons van die dood red deur die dood (1 Korintiërs 1:18-31).  As God nie die evangelie in die Skrif geopenbaar het nie, sou ons dit nooit geken het nie (v.17).  Maar selfs dit is nie genoeg nie.  God moet die blinde sondaar se oë verlig en die evangelie in sy hart openbaar:

 

“Maar hulle sinne is verhard.  Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word.  Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart; maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem.  Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.  En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is… naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.  Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus wil.  Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.” (2 Korintiërs 3:14-18, 4:4-6). 

 

Geen mens kan deur sy eie wysheid of logiese redenasies die evangelie uitwerk nie.  Dis onmoontlik.  God moet dit openbaar – beide in die Skrif en in ons harte.  Omdat dit so is moet jy nie op jou oorredingsvermoeë vertrou wanneer jy die evangelie deel nie – vertrou op God.  Dis om hiérdie rede wat gebed vir die prediking van God se Woord so belangrik is.  Thomas Chalmers het gesê:

 

“There is a dark and settled depravity in the human character, which maintains its gloomy and obstinate resistance to all our warnings, and all our arguments.  There is a spirit working in the children of disobedience, which no power of human eloquence can lay.  There is a covering of thick darkness upon the face of all people, a mighty influence abroad upon the world, with which the Prince of the power of the air keeps his thousands and his tens of thousands under him.  The minister who enters into this field of conflict, may have zeal, and talents, and eloquence.  His heart may be smitten with love of the truth, and his mind fully fraught with its arguments.  Thus armed, he may come forth among his people, flushed with the mighty enterprise of turning souls from the dominion of Satan unto God.  In all the hopes of victory, he may discharge the weapons of his warfare among them.  Week after week, he may reason with them out of the Scriptures.  Sabbath after Sabbath he may declaim, he may demonstrate, he may put forth every expedient; he may, at one time, set in array before them the terrors of the law, at another, he may try to win them by the free offer of the gospel; and, in the proud confidence of success, he may think that nothing can withstand him, and that the heart of every hearer must give way before the ardour of his zeal, and the power of his invincible arguments.  Yes; they may admire him, and they may follow him, but the question we have to ask is, Will they be converted by him?  They may even go so far as to allow that all that he says is very true.  He may be their favourite preacher; and when he opens his exhortations upon them, there may be a deep and a solemn attention in every countenance.  But how is the heart coming on all the while?  How do these people live; and what evidence are they giving of being born again under the power of his ministry?  It is not enough to be told of those momentary convictions which flash from the pulpit, and carry a thrilling influence along with them through the hearts of listening admirers.  Have these hearers of the Word become doers of the Word?  Have they sunk down into the character of humble, and sanctified, and penitent, and painstaking Christians?  Where, where is the fruit?  And while the preaching of Christ is all their joy, has the will of Christ become all their direction?  Alas! he may look around him, and, at the end of the year, after all the tumults of a sounding popularity, he may find the great bulk of them just where they were – as listless and unconcerned about the things of eternity – as obstinately alienated from God – as firmly devoted to selfish and transitory interests – as exclusively set upon the farm, and the money, and the merchandise – and, with the covering of many external decencies to make them as fair and plausible as their neighbours around them, proving, by a heart given, with the whole tide of its affections, to the vanities of the world, that they have their full share of the wickedness which abounds in it.  After all his sermons, and all his loud and passionate addresses, he finds that the power of darkness still keeps its ground among them.  He is grieved to learn that all he has said has had no more effect than the foolish lispings of infancy.  He is overwhelmed by a sense of his own helplessness, and the lesson is a wholesome one.  It makes him feel that the sufficiency is not in him, but in God; it makes him understand that another power must be brought to bear upon the mass of resistance which is before him.” (Quoted in Iain Murray, A Scottish Christian Heritage, pp.102-103).

 

Alhoewel prediking oneffektief is sonder die Gees, werk die Heilige Gees tog deur die Woord.  Moet dus nie baie bid, maar jou eie weergawe van die evangelie preek nie.  Preek God s’n.

 

Die kanaal van geregtigheid

‘Hoe kan jy reg wees met God?’  Moenie vir die Galasiërs vra nie.  Húlle sal vir jou sê:  ‘Glo in Jesus, word besny, en vermy sekere kossoorte.’  En vandag is daar mense wat antwoord:  ‘Glo in Jesus, gaan op Saterdae kerk toe, en volg ‘n vegetariese dieët.’  Dis die verkeerde raad.  Die Bybel sê:  “Is julle so onverstandig?  Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees?” (Galasiërs 3:3).  Volgens v.17 gee God sy geregtigheid aan ons deur geloof – van begin tot einde (‘uit geloof tot geloof’).  Moenie met Jesus wil begin, maar in jou eie krag, pogings of wetsonderhouding wil eindig nie.  Maak staat op Jesus, sy kruisdood en sy opstanding.  Moenie staatmaak op die feit dat jy lank gelede op ‘n uitnodiging (‘altar call’) gereageer het, of omdat jy ‘n getuienis van redding het nie.  Die vraag is:  Glo jy noú in Jesus; vertrou jy vandag met jou hele hart op Hom om hemel toe te gaan?  Tot die einde van jou dae moet jy op Christus vertrou en jou van jou sonde bekeer.  Let op die voortdurende tydsvorm in die volgende verse (in Afrikaans sukkel ons om dit te vertaal):

 

“For the word of the cross is folly to those who are perishing, but to us who are being saved it is the power of God.” (1 Korintiërs 1:18, ESV).

 

“Now I would remind you, brothers, of the gospel I preached to you, which you received, in which you stand, and by which you are being saved, if you hold fast to the word I preached to you – unless you believed in vain.” (1 Korintiërs 15:1-2, ESV).

 

Jesus sê:  “wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.” (Matteus 10:22).  Die implikasie is voor die hand liggend:  indien jy nie tot die einde toe volhard nie, gaan jy hel toe – al het jy ‘n getuienis van redding.  Lukas 13:24-28 sê so:  “Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.  Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê:  Here, Here, maak vir ons oop—sal Hy antwoord en vir julle sê:  Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie.  Dan sal julle begin sê:  Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer.  En Hy sal sê:  Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid!  Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe.”  Ek glo dat alle ware Christene tot die einde toe sal volhard.  Maar moenie op jou ‘eens-gered-altyd-gered’ teologie staatmaak, en dink jy kan lewe soos jy wil nie.  Volhard.  Die ware gelowige hoef nie te vrees nie, maar kan weet dat God hom/haar deur die geloof sal behou:  “…uit geloof tot geloof…” (v.17).  Petrus sê dat ware Christene “in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid” (1 Petrus 1:5).

 

Die bewys van geregtigheid

Evolusioniste se teorie is al dikwels ontbloot.  Die ontdekking van die sogenaamde Piltdown man, Haeckel se embrio-sketse, en Lucy:  the missing link, was alles leuens wat aan die publiek vertel is.  Sal die evangelie ooit op hierdie manier vou, sodat ons wat dit geglo en verkondig het op die einde beskaamd sal staan?  Nooit, want dit is nie (soos die evolusie-teorie) deur mense uitgedink nie.  Dit is Gód se Woord:  “…soos geskrywe is:  Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.” (v.17).  Paulus haal aan uit Habakkuk 2:4.  Die profeet het gekla oor Israel se sonde.  God het belowe dat Hy die volk deur die Babiloniërs sou straf.  Toe Habakkuk dít hoor het hy erger gekla:  ‘Hoe kan God boosheid met boosheid beveg; die Babiloniërs is dan erger as die Israeliete?’  Maar God sou sorg dat die profesie vervul word – al het sommige gedink dit sou nie (2:3).  Dié wat gedink het God grap, sou hulle nie bekeer nie en sterf.  Dié wat profesie geglo het, sou hulle bekeer en na God geluister het.  In God se getrouheid sou Hy hulle laat lewe.  Dit is in Paulus se gedagte wanneer hy v.17 skryf.

 

God se profesieë, beloftes, en waarskuwings in die Bybel stel nooit teleur nie.  Wat Josua 21:45 sê is nogsteeds waar van die Bybel:  “Geen woord van al die goeie woorde wat die HERE met die huis van Israel gespreek het, het onvervuld gebly nie; alles het uitgekom.”  Die beloftes van verlossing en oordeel in die evangelie sal ook nie teleurstel nie.  God kan nie lieg nie (3:4) en Hý sê:  “elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie… Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (9:33, Johannes 3:16).  Hoe kan jy reg wees met God?  Die hervormers het dit so opgesom:  ‘Ons word gered uit genade alleen, deur geloof alleen, in Christus alleen.’

Advertisements

Hoe om te gee vir God se werk

Poor widow

1 En ons maak julle bekend, broeders, die genade van God wat aan die gemeentes van Macedónië geskenk is, 2 dat onder baie beproewing deur verdrukking hulle oorvloedige blydskap by hulle diepe armoede oorvloedig was in hulle ryke milddadigheid. 3 Want hulle was na vermoë—ek betuig dit—ja, bo vermoë gewillig, 4 en het ons met groot aandrang gesmeek dat ons hulle gawe en hulle deel in die diensbetoning aan die heiliges moet ontvang; 5 en het nie alleen gedoen soos ons verwag het nie, maar het hulself eers aan die Here gegee, en toe aan ons deur die wil van God” (2 Korintiërs 8).

 

Die Bron (v.1)

In sy eerste gemeente het Martyn Lloyd-Jones en die sekretaris, E.T. Rees, gehoor dat een van die nuwe bekeerlinge (J.J.) brandarm is.  Voor sy bekering was J.J. ‘n dronkaard.  Hy het sy huis verniel – so erg dat ‘n mens nie meer daarin kon bly nie.  Die sekretaris wou vir J.J. help om ‘n nuwe huis te kry.  Maar J.J. kon nooit die deposito of die maandelikse paaiement van ‘n nuwe huis bekostig nie.  Lloyd-Jones en Rees het oor die saak gesels en besluit om die huis vir J.J. te koop.  Hulle het die deposito en maandelikse paaiemente aan die bank gedek, totdat die huis afbetaal was (Iain H. Murray, D. Martyn Lloyd-Jones:  The First Forty Years, volume 1, pp.237-238). 

 

Lloyd-Jones en Rees se voorbeeld is waardig om nagevolg te word.  Net so gebruik Paulus die voorbeeld van die Christene in noord-Griekeland (Berea, Filippi en Tessalonika in die Macedonië-streek) om die Korintiërs in die suide (Agaje) aan te spoor (v.1).  Dit is nie dat die Macedoniërs beter was as ander Christene nie.  Die feit dat hulle so mildelik bygedra het was God se genade wat in hulle gewerk het (v.1).  Deur sy lewe en kruisdood het Jesus hulle gered en die rykdom van die ewige lewe aan hulle gegee (8:9).  Hulle oorvloedige offergawe was ‘n uitdrukking van die oorvloedige lewe in hulle.  In 9:13 praat Paulus van hulle “belydenis aan die evangelie van Christus en oor die milddadigheid van die bydrae”.  God se genadige werk in die mens se hart maak dat hy graag in die Here se Koninkryk betrokke wil wees (ook met sy geld):

 

“Ook was die hand van God in Juda, sodat Hy hulle ‘n eensgesinde hart gegee het om die gebod van die koning en van die owerstes volgens die woord van die HERE uit te voer.” (2 Kronieke 30:12).

 

“U volk sal baie gewillig wees op die dag van u krygsmag” (Psalm 110:3).

 

“dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.” (Filippense 2:13).

 

Ons gee omdat God eerste gegee het (Johannes 3:16); omdat Hy ons gewillig máák om te gee.

 

Leer uit die voorbeeld van Christene in die Ou Testament, die vroeë kerk, die kerkgeskiedenis, en baie wat vandag nog lewe, om by te dra vir die Here se werk.  Dit sal jou aanspoor.  Paulus sê:  “Want ek ken julle bereidwilligheid waarop ek oor julle by die Macedóniërs roem, dat Acháje ‘n jaar gelede gereed was, en dat die ywer wat van julle uitgegaan het, baie ander aangespoor het.” (9:2).  “Wees my navolgers, soos ek dit ook van Christus is.” (1 Korintiërs 11:1).

 

Een rede hoekom party Christene nie gee nie, is omdat hulle nog nie God se genade in hulle harte ontvang het nie.  Iemand wat nie God se vrygewigheid verstaan nie, kan nie daarop reageer nie.  Daar is enkele mense wat nie gee nie, omdat hulle verkeerde lering ontvang het.  En dan is daar die invloed van materialisme.  Ons word deur die wêreld beïnvloed om meer en meer te wil hê, en nie om te gee nie (Romeine 12:2).  Moenie ingesuig word deur die maalkolk van materialisme nie.

 

Die gesindheid (v.2a)

John Piper skryf oor ‘n Christen-man in Haïti:

 

“The church was having a Thanksgiving festival, and each Christian was invited to bring a love offering.  One envelope from a Haitan man named Edmund held $13.  That amount was three months’ income for a working man there. Kelly was as surprised as those counting a Sunday offering in the United States might be to get a $6000 cash gift.  He looked around for Edmund but could not see him.  Later Kelly met him in the village and questioned him.  He pressed him for an explanation and found that Edmund had sold his horse in order to give the $13 gift to God.  But why hadn’t he come to the festival?  He hesitated and didn’t want to answer.  Finally, Edmund said, ‘I had no shirt to wear.’” (Let the Nations Be Glad, p.103).

 

Die Romeinse Ryk het inwoners van die Macedonië-streek swaar belas.  Daarby is Christene nog vervolg ook (1 Tessalonisense 2:14, 3:3-4).  Soos jy kan aflei was hierdie gelowiges diep in die put van armoede (v.2a).  En tog het hulle met oorvloed en blydskap bygedra vir die Here se werk.  Hulle was soos die weduwee in Lukas 21:1-4:  “En toe [Jesus] opkyk, sien Hy die rykes wat hulle gawes in die skatkis gooi.  En Hy het ook ‘n arm weduwee daar twee geldstukkies sien ingooi.  En Hy sê:  Waarlik, Ek sê vir julle dat hierdie arm weduwee meer as almal ingegooi het.  Want hulle almal het uit hul oorvloed by die gawes van God ingegooi, maar sy het uit haar gebrek ingegooi alles wat sy gehad het om van te lewe.”  Die Macedoniërs was nie tevrede om hulle blydskap in hulle omstandighede of in tydelike rykdom te vind nie.  Hulle het ‘n ewige blydskap en ware rykdom in Christus gevind:  “Want julle ken die genade van onse Here Jesus Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word.” (8:9).  Met ander woorde, hulle was arm, maar ryk (Openbaring 2:9).  Ek wens elke Christen wil met hierdie gesindheid gee:  “…soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief.”  As jy só gee sal jy gou agterkom dat dit meer geseënd is om te gee as om te ontvang (Handelinge 20:35).

 

Die manier (v.2b-5)

[i] Gee met ‘n vrygewige hart:  “…ryke milddadigheid” (v.2b).  ‘n Boer moet mos volop saai, en ‘n gelowige moet vrylik gee (9:6).  Jesus sê:  “Gee, en aan julle sal gegee word.  ‘n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.” (Lukas 6:38).  “the one who contributes, [must do so] in generosity” (Romeine 12:8, ESV).

 

[ii] Gee vrywilliglik:  “Want hulle was na vermoë—ek betuig dit—ja, bo vermoë gewillig” (v.3).  Ons meet onsself dikwels aan ander.  Wanneer ons geskenke koop, sê ons:  “Almal gee duur geskenke vir die vrou se verjaarsdag – ek kan met ‘n R50-geskenk daar aankom nie… Al die ander vroue dra duur aandrokke – ek kan nie hierdie goedkoop rok aantrek troue toe nie.”  En wanneer dit by offergawes kom, doen ons dieselfde.  Moet jouself nie aan ander meet nie.  Gee volgens wat jý kan.  God bepaal ‘n mens se inkomste.  Hy maak party mense ryk en ander arm (sien Deuteronomium 8:18, 1 Samuel 2:7, Spreuke 22:2).  Moenie soos ‘n ryk man wil gee as jy arm is, of soos ‘n arm man as jy ryk is nie.  Vergeet van ander – gee volgens hoe God jóú voorspoedig gemaak het:  “Maar voltooi nou die daad ook, sodat, net soos die bereidheid om te wil daar was, so ook die voltooiing kan wees uit wat julle besit.  Want as die bereidwilligheid daar is, is dit welgevallig volgens wat iemand besit, nie volgens wat hy nie besit nie… Soos geskrywe is:  Hy wat baie gehad het, het nie te veel gehad nie; en hy wat weinig gehad het, het nie te min gehad nie.” (v.11-12, 15).  “Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is” (1 Korintiërs 16:2).

 

Gee volgens jou voorspoed!  Geen prediker het die reg om mense te manipuleer om te gee nie.  Populêre TV predikers boelie mense om vir hulle bedienings te gee.  Nog ‘n implikasie van die feit dat elkeen namate sy voorspoed moet gee, is dat die Nuwe Testamentiese Christen nie deur ‘n tiende wet gebind word nie.  Jou bydrae is vrywilliglik (v.3).  Paulus sê verder:  “Ek sê dit nie as ‘n bevel nie… sodat dit gereed kan wees as ‘n dankoffer en nie as iets wat afgepers is nie… Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie” (v.8, 9:5, 7).  Die prinsiep van Paulus se skrywe aan Filemon geld ook vir ons geldelike bydraes:  “Maar sonder jou goedkeuring wou ek niks doen nie, sodat jou goedheid nie uit dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse.” (Filemon 14).  Die Ou Testamentiese tiende vind nie sy eweknie in die offergawes van die Nuwe Testament nie, maar eerder in belasting wat ons aan die regering betaal.  Wanneer ons van offergawes praat, het die bydraes van God se kinders nog altyd op ‘n vrywillige basis geskied:

 

 “Sê aan die kinders van Israel dat hulle aan My ‘n offergawe moet bring; van elkeen wie se hart hom aandrywe, moet julle my offergawe bring.” (Eksodus 25:2). 

 

“Verder het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê:  Dit is die saak wat die HERE beveel het:  Neem van julle besittings ‘n offergawe aan die HERE.  Laat elkeen wat gewillig is in sy hart, dit bring, die offergawe van die HERE:  goud en silwer en koper… En elkeen wie se hart hom opgewek en elkeen wie se gees hom aangedryf het, het gekom:  hulle het die offergawe van die HERE gebring vir die werk aan die tent van samekoms en vir sy hele bediening en vir die heilige klere; die manne het met die vroue gekom, elkeen wat gewillig van hart was; hulle het gespes en ringe en vingerringe en halssierade, allerhande goue goed, gebring.  En elkeen wat ‘n offer van goud aan die HERE gewy het” (Eksodus 35:4-5, 21-22).

 

Dan moet jy die fees van die weke hou vir die HERE jou God ooreenkomstig die vrywillige offer van jou hand wat jy sal gee, namate die HERE jou God jou sal seën… elkeen volgens die gawe van sy hand ooreenkomstig die seën van die HERE jou God wat Hy jou gegee het.” (Deuteronomium 16:10, 17).

 

“En die volk was bly oor hulle gewilligheid, want met ‘n volkome hart het hulle vrywillig aan die HERE gegee, en ook koning Dawid was baie bly.” (1 Kronieke 29:9).

 

[iii] Gee met opoffering:  “Want hulle was…bo vermoë gewillig” (v.3).  Hulle was bereid om hulleself tekort te doen om ander te help.  ‘n Predikant wat ek ken was baie vrygewig (meer as enigiemand wat ek ooit geken het?).  Toe hy oorlede is het sy seuns ‘n bankstrokie in sy laai gekry.  Hy het R50 in sy bankrekening oor gehad.  ‘n Ander predikant was ‘n ryk sakeman voordat hy in die bediening ingegaan het (hy het ‘n helikopter besit en op ‘n gholf-estate gebly).  Hy het ‘n baie goedkoop kar gekoop en planne gemaak om ‘n kleiner en heelwat goedkoper huis te koop.  Hy het die voorreg om ‘n predikantekonferensie by te woon opgegee, omdat iemand in sy gemeente werkloos is – hy wou eerder die geld gebruik om hierdie lidmaat te help.  Dít is wat dit beteken om met opoffering vir die Here se werk te gee.  God kyk nie na wat jy gee nie, maar na wat jy oor het nadat jy gegee het.  Maar wees versigtig hier, want die Bybel sê ook:  “En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.” (1 Korintiërs 13:3).

 

Miskien dink jy:  ‘Maar as ek met opoffering gee, sal ek nie kos op die tafel hê om vir myself te sorg nie.’  God sal vir jou sorg.  As jy volop saai sal jy volop oes (9:6).  God is instaat om vir jou te sorg:  “En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.  Soos geskrywe is:  Hy het uitgestrooi, hy het aan die armes gegee, sy geregtigheid bly tot in ewigheid.  En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem, sodat julle in alles ryk kan word tot alle milddadigheid, wat danksegging aan God deur ons bewerk.” (9:8-11).  Salomo sê:  “Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die HERE; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.” (Spreuke 19:17).

 

[iv] Begeer om te gee:  “het ons met groot aandrang gesmeek dat ons hulle gawe en hulle deel in die diensbetoning aan die heiliges moet ontvang” (v.4).  Baie predikante en kerke hamer en lek mense om ‘n bydrae te gee.  Paulus het nie.  Hy wou nie geld van arm Christene ontvang nie.  Inteendeel, hulle het hóm gesmeek vir ‘n geleentheid om te kan gee.  Hulle het dit as ‘n voorreg gesien om vir die Here te gee – nie as ‘n plig of omdat ‘n tiende-wet hulle gedwing het nie (9:7).  Hulle het gegee omdat hulle gedryf was deur God se genade (v.1), en nie omdat hulle skuldig gevoel het nie (v.4).  Hulle wou graag deel gehad het aan hierdie diensbetoning.

 

[v] Gee doelgerig.  Die Korintiërs se bydrae sou gegee word aan die arm Christene in Jerusalem.  Dit is na wie die ‘heiliges’ in v.4 verwys.  Ons weet dit, want in 1 Korintiërs 16:1-4 sê Paulus:  “Wat die insameling vir die heiliges betref, moet julle ook so doen soos ek vir die gemeentes van Galásië gereël het.  Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie.  En wanneer ek aangekom het, sal ek die persone wat julle goedkeur, met briewe stuur om julle gawe na Jerusalem te bring.  En as dit die moeite werd is dat ek ook gaan, kan hulle saam met my reis.”  In Romeine 15:25-26 sê hy:  “Maar nou reis ek na Jerusalem in diens van die heiliges.  Want Macedónië en Acháje het dit goedgevind om iets by te dra vir die armes onder die heiliges in Jerusalem.”

 

Hoekom gee ons op Sondae?  Hoekom het ons volgende week ‘n spesiale dankoffer?  Die Skrif sê ons moet onder andere gee, sodat die prediker ‘n inkomste kan hê, dat die evangelie deur sendelinge versprei kan word, dat armes en weduwees versorg kan word, en sodat ons goeie rentmeesters kan wees van die eiendom wat God aan ons toevertrou.  Indien jy dink die geld in jou (of ons) gemeente word nie reg gebruik nie, praat asseblief met jou leiers.

 

[vi] Kry jou prioriteite in orde wanneer jy vir die Here se werk gee:  “en het nie alleen gedoen soos ons verwag het nie, maar het hulself eers aan die Here gegee, en toe aan ons deur die wil van God” (v.5).  Gee jouself, jou diensbaarheid en jou tyd voordat jy jou geld gee, want dit is die wil van God (v.5).  Die Skrif sê mos:  “omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.” (5:15).  “Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.” (Romeine 12:1).  Saggeus was ‘n gulsige man.  Hy het ander ingedoen en hulle geld gesteel.  Maar toe Jesus hom gered het en hy homself aan God oorgee het, het Hy met oorgawe sy geld uitgedeel (Lukas 19:1-10).

 

Meet jouself:  Is jy iemand wat graag vir die Here se werk gee; wat gee volgens die riglyne wat hierbo bespreek word?  Indien jy ‘nee’ sê, is die rede waarskynlik omdat jy nog nie jouself aan die Here oorgegee het nie.  Hoe moet jy jouself gee?  Kom ek vertel jou.  God is volmaak heilig en jy is baie sondig (die Bybel en jou gewete sê dit vir jou).  Jy verdien God se straf.  Maar uit liefde vir sondaars, het Hy mens geword en sy eie wet namens ons onderhou.  Al was Hy nie ‘n sondaar nie, het Hy die straf van God namens ons op Homself geneem toe Hy aan die kruis gesterf het.  Hy is begrawe en het op die derde dag opgestaan uit die dood.  Hy belowe om jou te red as jy jou van jou sonde (dit wat jy is, begeer, dink, doen en sê) bekeer; as jy die evangelie glo wat ek nou-net verduidelik het; as jy volkome op Hom vertrou en nie op jou eie godsdienstige pogings of goeie werke staatmaak nie; as jy Hom erken as die Verlosser van sondaars en die enigste Here.  Onderwerp jouself aan Hom.  Wy jouself aan Hom toe.  Smeek Hom om jou te red en te vergewe.  As jy jouself so aan Hom gegee het, sal Hy jou geld aanvaar.  Anders help dit nie – al gee jy ook ‘n miljoen rand.

Is jy skaam vir die evangelie?

Shy

“Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.” (Romeine 1:16).

 

Was jy al skaam vir Jesus, die evangelie, die Bybel, of Christenskap?  Miskien in ‘n gesprek by die werk of voor mense wat jy nie ken nie?  Dalk voor familie?  Hoekom is Christene soms skaam vir die evangelie?  Daar is meer as een rede:

 

  • Hulle vrees verwerping, kritiek, vervolging, of is bang dat mense hulle sal spot.
  • Hulle is bang, omdat hulle nie weet hoe om die evangelie te deel nie.
  • Wat as mense nie hulle boodskap glo nie?
  • Die boodskap klink dwaas – mense sal dit uitlag (veral die deel oor Jesus se opstanding uit die dood).
  • Hulle wonder hoe mense sal reageer op die negatiewe aspekte van die evangelie – dinge soos die finale oordeel en die hel.
  • Die evangelie verneder die trotse mens, en sê dat hy nie deur sy eie pogings (goeie werke) gered kan word nie.

 

Paulus het die krag van die evangelie in sy eie lewe ervaar (Handelinge 9), en in ander s’n gesien.  Daarom het hy hom nie vir daarvoor geskaam nie.

 

Die bron van die evangelie

Paulus is dikwels vervolg vir die evangelie.  Die versoeking om skaam te wees en stil te bly het sekerlik oor sy pad gekom.  Die volgende verse wys dit:

 

“Maar toe hulle aanhou om teëstand te bied en godslasterlike dinge te spreek, het hy sy klere uitgeskud en vir hulle gesê:  Julle bloed is op julle hoof.  Ek is rein. Van nou af sal ek na die heidene gaan… En die Here het deur ‘n gesig in die nag aan Paulus gesê:  Wees nie bevrees nie, maar spreek en moenie swyg nie” (Handelinge 18:6, 9). 

 

“Ek was ook by julle in swakheid en in vrees en in veel bewing” (1 Korintiërs 2:3).

 

“[bid] vir my, sodat ‘n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak, waarvoor ek ‘n gesant is in kettings, sodat ek daarin vrymoediglik mag spreek soos ek moet spreek.” (Efesiërs 6:19-20). 

 

Die Christen wat lank genoeg dink oor die evangelie se krag, sal hom nie daarvoor skaam nie.  Onthou die volgende verse:

 

“Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele.” (Markus 8:38).

 

“Skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my, sy gevangene nie, maar ly saam verdrukkinge vir die evangelie na die krag van God… Om hierdie rede ly ek ook hierdie dinge; maar ek skaam my nie, want ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot dié dag toe… Mag die Here aan die huis van Onesíforus barmhartigheid bewys, want hy het my dikwels verkwik en hom oor my kettings nie geskaam nie” (2 Timoteus 1:8, 12, 16).

 

“Maar wanneer iemand as ‘n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig.” (1 Petrus 4:16). 

 

Moet jou nie voor mense skaam vir Jesus en sy evangelie nie.  Onthou dat God almagtig is – en die evangelie is Sy krag (v.16, cf. 1 Korintiërs 1:18, 24).  God het krag om die ergste sondaar te red.  Die volgende vertelling uit die lewe van Robert Moffat (‘n Skotse sendeling na die Bechuanas in die Noord-Kaap) illustreer dit:

 

“After some five years among the Bechuanas, Moffat could write:  ‘A sameness marks the events of each returning day.  No conversions, no inquiry after God, no objections raised to exercise our powers in defence…We preach, we converse, we catechise, we pray, but without the least apparent success…It did indeed produce a melancholy feeling, when we looked around us, on so many immortal beings, not one of whom loved us, none sympathised, none considered the day of their merciful visitation; but with their lives as well as their lips, were saying to the Almighty, ‘Depart from us, we desire not the knowledge of thy ways.’…‘I will be exalted among the heathen,’ cheered our often baffled and drooping spirits.’… It was 1826 before Moffat could speak of their hope of a true convert, but with the general prospect unchanged, the LMS considered abandoning the mission at Kuruman.  When unofficial news of this reached Moffat and Hamilton, they could say, ‘We felt our souls riveted to the country and people.’  Their faith in divine intervention was deepening and in 1829 they saw the unmistakeable beginning of a new day.

 

‘We were favoured,’ Moffat writes, ‘with the manifest outpouring of the Spirit from on high.  The moral wilderness was now about to blossom.  To see females weep was nothing extraordinary… Men would not weep… The simple Gospel now melted their flinty hearts; and eyes now wept, which never before shed the tear of hallowed sorrow.  Notwithstanding our earnest desires and fervent prayers, we were taken by surprise.’…At length in 1829, a marevellous awakening began…In a few months the whole aspect of the mission had changed.  The meeting-house was crowded before the service had begun.  Heathen songs and dancing had ceased, and everywhere were to be heard the songs of Zion and the outpouring of impassioned prayers.  The missionaries were beset even in their own houses by those who were seeking fuller instruction in things which had become to them all at once of paramount importance.  The moral condition of the community rapidly improved, and the dirt and indecency of heathen costume were exchanged for cleanliness and European habits of clothing, as far as the supply could be met by the visit of occasional traders… It was on the Friday previous to the event that a communion cup and plates had arrived from Sheffield, England.  Mary Moffat had requested them two years earlier ‘in the confidence of faith’, her husband noted, ‘that they would some time be needed, dark as things then appeared.’” (Iain Murray, A Scottish Christian Heritage, pp.251-253).

 

Die doel van die evangelie

Dink aan die angs van iemand wat verdrink, van ‘n kind wat verdwaal en van sy of haar ouers geskei is, van ‘n misdadiger wat die regter se uitspraak in die hof hoor:  “Doodstraf!”  Wanneer Paulus die woord ‘red’ gebruik, impliseer dit verdoemenis, verlorenheid en dood (jy kan nie gered word as jy nie in een van hierdie toestande is nie).  Die evangelie is God se krag om die dooie sondaar op te wek, om die verdwaalde te vind, om jou van diep sondevlekke te reinig, en om jou te red van God se oordeel in die hel.  Die evangelie red ons van die straf, mag en teenwoordigheid (laasgenoemde eers in die hemel) van sonde.  Die evangelie gee ook hoop vir die gelowige wat met sonde stry.  Selfs nádat jy gered is, is die evangelie die krag van God om jou te red van die sterk greep van sonde wat pla.

 

Die teiken van die evangelie

Deur die evangelie red God mense uit enige agtergrond.  Paulus sê in v.16 dat die evangelie God se krag tot redding is vir Jode en Grieke.  Ander verse in die Bybel bevestig dit:  “Of behoort God net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie?  Ja, ook aan die heidene, aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof.” (3:29-30).  “Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.” (Galasiërs 3:28).  Die Jode was God se uitverkore volk en moes dit eerste hoor.  Toe hulle dit klaar gehoor en verwerp het, het God sy boodskappers na die heidene toe gestuur.  Ons mag nie die evangelie van sekere klasse of nasies weerhou nie.  Vir baie mense is die versoeking om nie die evangelie met ryk mense, blankes, swart mense, kerkmense, of Jode te deel nie.  Hierdie vers sê ons moet dit met almal deel.  Ook met kinders moet ons hierdie selfde evangelie deel:  moet dit nie afwater of die inhoud verander nie.

 

Die voorwaarde van die evangelie

Om gered te word moet jy die evangelie glo (v.16).  Wat is geloof en wat is dit nie?

 

[1] Geloof is nie net ‘n intellektueel erkenning van die evangelie se feite nie (Jakobus 2:19).

 

[2] Ons glo ook nie in ons geloof, asof dit self ‘n goeie werk word nie.

 

[3] Geloof is nie die basis vir ons redding nie, maar net die kanaal vir genade wat die basis is.

 

[4] Ons word gered deur geloof alleen, en nie deur geloof plus werke nie (3:28).

 

[5] Geloof self is ‘n geskenk van God (Efesiërs 2:8-9, Filippense 1:29).

 

[6] Geloof is:  volkome vertroue in wie Jesus is en wat Hy gedoen het, om jouself aan Hom toe te wy, om op Hom te rus vir verlossing (Johannes 6:35).  Geloof is om te glo wat die Bybel sê oor God, jou sonde, Christus, sy kruisdood, sy opstanding, bekering, geloof, verlossing, die oordeel, die hemel, die hel.

 

Stel God se eise van geloof en bekering aan die sondaar.  Jy hoef nie skaam te kry of bang te wees vir mense nie.  Inteendeel, hulle moet jóú God en sy boodskap vrees, en skaam wees oor hulle sonde.

Hoe moet ons God aanbid?

How to worship

Party kerke sing net Psalms en Skrifberymings, terwyl ander Christelike koortjies en gesange ook sing.  Party kerke is konserwatief en ander charismaties.  Sommige kerke laat toe dat vroue preek, terwyl ander daarteen is.  Vir party is ‘n baadjie en ‘n das, sykouse en ‘n hoed die gedragskode.  Vir ander is ‘n kraaghemp en denims aanvaarbaar.  Ander verskille kan in ‘n vraagvorm gestel word:  Moet daar ‘n preek wees, of kan ‘n mens ‘n informele gesprek hê?  Wie mag gedoop word en hoe moet ons dit doen?  Wat van die nagmaal:  hoe gereeld moet ons dit hou?  Hoe moet die geestelike gawes funksioneer?  Is dit ‘okay’ om ‘n kinderkerk te hê?  Waar en wanneer moet gelowiges ‘kerk’ hou?  Om al hierdie vrae en stellings in een sin op te som, kan ons vra:  Hoe moet ons God aanbid?  In Johannes 4:19-26 antwoord Jesus die vraag.

 

19 Die vrou sê vir Hom:  Here, ek sien dat U ‘n profeet is. 20 Ons vaders het op hierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te aanbid, in Jerusalem is. 21 Jesus sê vir haar:  Vrou, glo My, daar kom ‘n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie. 22 Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode. 23 Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. 24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid. 25 Die vrou sê vir Hom:  Ek weet dat die Messías kom, Hy wat Christus genoem word.  Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles verkondig. 26 Jesus sê vir haar:  Dit is Ek wat met jou spreek!” (Johannes 4).

 

Die plek

Toe Jesus die Samaritaanse vrou se sonde uitgewys het, het sy besef dat Hy ‘n profeet is (v.16-19).  Aangesien Hy ‘n profeet was, kon Hy dalk ‘n eeu-oue teologiese debat tussen die Jode en die Samaritane oplos.  Die Samaritane het God aanbid op die Gerisim-berg (v.20a).  “Hiér,” het hulle gesê, “het Abraham en Jakob vir God aanbid” (Genensis 12:6-7, 33:19-20).  “En hier het God die vloeke en seëninge oor Israel uitgespreek, en het hulle ‘n altaar gebou” (Deuteronomium 11:29, 27:4, 12-13).  Die Jode het geglo dat God in die Jerusalem-tempel aanbid moes word (v.20b, Deuteronomium 12:5).  Om die debat vuriger te maak, het die Jode die Samaritane se aanbod om hulp geweier, toe hulle die tempel herbou het (Esra 4:1-3, 10).  Omdat die Samaritane nie welkom was nie, het hulle in 400 v.C. hulle eie tempel by die Gerisim-berg gebou.  In die jaar 128 v.C. het die Jode dit verwoes – die Jerusalem-tempel was immers die plek van ware aanbidding.  Die Samaritane was bitter en het ‘n vark se karkas in Jerusalem se tempel terrein gegooi.  Die bouwerk moes vir 7 dae gestaak word, omdat die Jode ‘n seremoniële reiniging moes ondergaan (‘n vark is mos ‘n onrein dier vir ‘n Jood).  Kan jy verstaan dat die vrou opgewerk was toe sy vir Jesus hierdie vraag gevra het?

 

Vandag nog veg mense oor plekke van aanbidding.  Dink maar aan die Moslems en die Jode se voortdurende geveg oor Jerusalem as ‘n heilige plek van aanbidding.  Om so te stry en baklei is onnodig en dwaas.  Hoekom?  Want God is Gees (v.24).  Hy het nie ‘n liggaam nie en is alomteenwoordig.  Hy is nie beperk tot een of ander heilige plek nie.  Hy woon nie in tempels wat deur mensehande gemaak word nie (Handelinge 17:24).  Volgens die Nuwe Testament is gelowiges die tempel van die Heilige Gees (1 Korintiërs 3:16-17).  Met ander woorde, oral waar gelowiges bymekaar is om die Here te ontmoet, daar is Hy in hulle midde.  Hoe help dit ‘n mens buitendien om na ‘n ‘heilige plek’ toe te gaan en in eerbare stilte te kniel, terwyl jy ‘n onheilige hart en lewe het?  Dit is presies op hierdie punt wat God vir sy volk Israel sê:

 

“Vertrou nie op bedrieglike woorde nie—wat sê:  Die HERE se tempel, die HERE se tempel, die HERE se tempel is dit!  Maar as julle jul weë en julle handelinge waarlik goed maak, as julle waarlik reg doen onder mekaar; vreemdeling, wees en weduwee nie verdruk nie en geen onskuldige bloed in hierdie plek vergiet nie en agter ander gode nie aan loop tot julle eie skade nie—dan sal Ek julle laat woon in hierdie plek, in die land wat Ek aan julle vaders gegee het, van eeu tot eeu.  Kyk, julle vertrou op bedrieglike woorde wat nie baat nie.  Sal julle steel, doodslaan en owerspel bedrywe en vals sweer en vir Baäl offerrook laat opgaan en agter ander gode aan loop, wat julle nie ken nie, en dan kom staan voor my aangesig in hierdie huis waaroor my Naam uitgeroep is, en sê:  Ons is verlos! —om al hierdie gruwels te doen?  Is hierdie huis waaroor my Naam uitgeroep is, ‘n spelonk van moordenaars in julle oë?  Ook Ek—kyk, Ek het dit gesien, spreek die HERE.” (Jeremia 7:4-11).

 

God haat aanbidding op ‘n ‘heilige plek’ as ons harte onheilig is.  In skerp en verdoemende terme noem Jesus dit skynheiligheid.  “Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.  Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.” (Matteus 15:8-9).  God soek nie sulke aanbidding nie.  Hy wil hê ons moet Hom in waarheid aanbid, ons moet opreg wees (v.24).  Vergeet dan van die plek; van sekere rituele en tradisies.  Fokus eerder op jou hart en jou lewe:  “Jesus sê vir haar:  Vrou, glo My, daar kom ‘n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie.  Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode.  Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” (v.21-24).  Dít is ware godsdiens.  In Jakobus 1:27 se woorde:  “Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dít:  om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jouself vlekkeloos te bewaar van die wêreld.”

 

Wat as jou hart nie rein is nie (as jy ‘n ongelowige is sê God jou hart is onrein, Genesis 6:5)?  Jou hart kan net rein word deur wedergeboorte; deur die evangelie van verlossing.  Hier is wat die Bybel sê:

 

“Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig.  En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee.” (Esegiël 36:25-26). 

 

“Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het—nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser; sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.” (Titus 3:4-7).

 

“As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.” (Romeine 10:9-10).

 

As jou hart rein geword het, is jy reg om aanvaarbare aanbidding vir God te bring.  Jesus het gekom om ware aanbidding uit die hart, te herstel (v.23, die uur het gekom).

 

Die Persoon

Is dit waar dat alle godsdienste eintlik dieselfde God op verskillende maniere aanbid?  William P. Young, in sy boek The Shack, dink so.  Is hy reg?  Nee.  Jesus sê dat ons God in gees en waarheid moet aanbid.  Die Griekse woord vir gees kan ook na die Heilige Gees verwys.  En daarom kan niemand die Vader aanbid, behalwe deur die Heilige Gees van Christus nie.  En omdat ons God in waarheid moet aanbid, kan ons dit net deur Jesus Christus doen, want volgens Johannes 14:6 is Hy die waarheid.  Hy is die Messias; Hy is EK IS (v.25-26, daar is geen ‘Hy’ in die Griekse teks van v.26 nie.  Jesus sê letterlik:  ‘EK IS spreek met jou.’  As jy jou Bybel ken, sal jy onthou dat God in Eksodus 3:14 gesê het:  “EK IS wat EK IS”.  Jesus is dus die God van die Ou Testament.  Hoe kan enigiemand wat nie in Jesus glo nie, dan vir God aanbid?).  Efesiërs 2:18 sê:  “want deur Hom [Christus] het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.”  Dit is hoe die Vader aanbid moet word:  Deur Jesus en [in] die Heilige Gees.  Enige ander manier van aanbidding is vals:  hetsy aanbidding deur Maria, die voorvader geeste, engele, ‘saints’ of watookal.  Ook aanbidding wat God se Drie-Enige wese ontken, is valse aanbidding.

 

Die metode

Die Samaritane het nie in die hele Ou Testament geglo nie.  Hulle het net die eerste vyf boeke van Moses (die Pentateug) gelees.  Hulle het dus geweet daar is ‘n Messias, maar het min geweet van sy geboorteplek (Miga 5:1), sy Persoon (Psalm 110:1, Jesaja 53:2-3), sy missie (Jesaja 53), en dat Hy uit die geslag van Dawid sou kom (2 Samuel 7:12-13).  Die Samaritane het ook by die Assiriërs geleer om tergelykertyd God en afgode te aanbid (2 Konings 17:28-34).

 

Op grond van die genoemde feite sê Jesus in v.22 dat die Samaritane onkundig is, en nie weet hoe om reg te aanbid nie; dat die Jode ware aanbidding ken:  “Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode.”  Die Messias was ‘n Jood, en daarom is verlossing uit die Jode.  “Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes; aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid!  Amen.” (Romeine 9:4-5).

 

God wil nie hê ons moet onkundig wees van sy Woord en Messias soos die Samaritane was nie.  Hy wil hê ons moet Hom in waarheid aanbid (v.23-24).  In die Ou Testament was God baie spesifiek oor hoe Hy aanbid wou word.  Klippe vir die altaar moes ongekap wees.  Diere moes so en so geoffer word.  Die tabernakel moes volgens ‘n spesifiek patroon ontwerp en gemaak word.  In Eksodus 39-40 is die refrein:  “…soos die Here Moses beveel het….soos die Here Moses beveel het…soos die Here Moses beveel het”.  In die Nuwe Testament is dinge nie anders nie:  ons moet God aanbid volgens wat Hy beveel het.  In Engels noem teoloë dit die ‘Regulative principle’.  Ons kan God nie aanbid volgens enigiets wat nie in die Skrif verbied word nie.  Daar is ‘n groot verskil.

 

‘n Argitek trek planne op vir ‘n huis.  Die bouer sien dit en sê:  “Ek moet die huis volgens die planne bou en kan enigiets byvoeg wat nie verbied word nie.”  Daar is ‘n groot verskil tussen die huis van die bouer wat die plan streng gevolg het, en die bouer wat dinge bygevoeg het wat nie eksplisiet verbied was nie.  God wil hê ons moet streng by sy planne bly, want dit is wanneer ons ons eie idees begin byvoeg wat afgodery insluip.  Het God nie gesê:  “Alles wat ek julle beveel, dit moet julle sorgvuldig hou; jy mag daar niks byvoeg en daar niks van weglaat nie.” (Deuteronomium 12:32)?

 

Die Israeliete het nie in waarheid aanbid nie.  God het gesê hulle moenie ‘n afbeelding maak en sê:  “God lyk so”, en dit aanbid nie.  Hulle het die goue kalf gemaak en aanbid soos hulle wou.  Ook in ons dag moet ons nie vir mense vra:  “Hoe wil júlle hê moet ons God aanbid?  Waarmee is júlle gemaklik en waarmee nie?”, en daarby aanpas nie.  Wat beveel die Skrif vir Christene oor samesang, orde in die erediens, die rol van mans en vroue in die kerk, kleredrag, offergawes, geestelik gawes, prediking, drama, jeug- en kinderkerk, die doop, die nagmaal, die dag van aanbidding, die plek van aanbidding (ek kan seker ‘n individuele preek oor elkeen van hierdie onderwerpe preek)?  As die Skrif ons nie beveel om sekere dinge te doen nie, en ons doen dit, dan is ons besig met valse aanbidding.  As jy dan reg wil aanbid, moet jy sorg dat jy die Skrif goed ken en verstaan (v.22).

 

Natuurlik is daar plek vir variëteit in dit wat beveel word.  Byvoorbeeld:  die Skrif sê dinge in die erediens moet ordelik geskied (1 Korintiërs 14:33, 40).  Maar wat moet die orde wees?  Party kerke sing, bid, lees die Bybel, en preek.  Ander kerke preek, sing, bid, neem die offergawe op.  Hoe die orde geskommel word maak nie saak nie.  Die Skrif beveel dat ons die nagmaal gereeld moet hou (1 Korintiërs 11:23-26).  Maar hoe gereeld is ‘gereeld’:  elke week, een of twee keer ‘n maand?  Hier is ruimte vir verskille.  Die Bybel sê ons moet Psalms, lofgesange, en geestelike liede sing (Kolossense 3:16).  Moet ons in ‘n erediens drie geestelike liede en ‘n Psalm sing?  Of vier Psalms en twee gesange?  Dit maak nie saak nie.  Die Skrif sê ons moenie ‘n gewoonte daarvan maak om die eredienste te mis nie (Hebreërs 10:25).  Maar hoeveel byeenkomste moet daar op ‘n Sondag wees en hoeveel in die week?  Dit is vir elke kerk om self te besluit.  Die Skrif sê ons moet die Woord verkondig (2 Timoteus 4:2).  Hoe lank moet die preek wees:  ‘n halfuur of ‘n uur; 20 minute of 40 minute?  Ook hier het God vryheid gegee.

 

God wil ook hê ons moet Hom in gees aanbid (v.23-24).  Aanbidding moenie net uiterlik wees nie, maar moet uit die hart kom.  Daar moet blydskap, liefde, berou, vrede, dankbaarheid, en ander gepaste emosies in ons harte wees.  Hierdie emosies moet deur die Heilige Gees gelei word (is dit nie onder andere wat aanbidding in gees/Gees beteken nie?).  As jy God in waarheid aanbid en nie ook in gees nie, sal jou aanbidding dood wees.  Jy sal alles intellektueel benader.  Jy sal skynheilig wees, want uiterlik gaan jy deur ‘n aanbiddingsoefening, terwyl jy geen liefde vir God in jou hart ervaar nie.  Maar om God in gees sonder waarheid te aanbid is net so gevaarlik.  Jy sal die Here miskien opreg aanbid, maar jou aanbidding sal nie volgens sy bevele wees nie.  Jy sal aanbid soos jý wil, en dalk is jy eintlik besig met afgodery.  Mense wat in gees sonder waarheid aanbid, weet nie hoe om reg te aanbid nie.  Hulle verval ook maklik in emosionalisme.  Hulle emosies is nie meer gesond nie, maar hulle word ‘n slaaf daarvan – hulle emosies beheer húlle en nie andersom nie.  Die Skrif sê duidelik ons moet God in gees en waarheid aanbid (v.23-24, cf. Filippense 3:3).

 

Is jou godsdiens meer uiterlik as innerlik?  Is jy meer besig met tradisies en rituele (of selfs met die regte dinge) sonder dat jou hart daarin is?  Aanbid jy God soos Hy in die Bybel sê?  Hoe lyk dit in jou gemeente?  Is daar plekke waar jy en jou gemeente moet hervorm en verander?  Waar en hoe gaan jy dit verander?  God soek mos “ware aanbidders” (v.23).

Les jou sielsdors

Glass of water in desert

4 En Hy moes deur Samaría gaan. 5 Hy kom toe by ‘n stad van Samaría wat Sígar genoem word, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het. 6 En die fontein van Jakob was daar.  Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, somaar by die fontein gaan sit.  Dit was omtrent die sesde uur. 7 Daar kom ‘n vrou uit Samaría om water te skep.  Jesus sê vir haar:  Gee vir My water om te drink—8 want sy dissipels het na die stad gegaan om voedsel te koop. 9 En die Samaritaanse vrou sê vir Hom:  Hoe is dit dat U wat ‘n Jood is, van my vra om te drink terwyl ek ‘n Samaritaanse vrou is?  Want die Jode hou geen gemeenskap met die Samaritane nie. 10 Jesus antwoord en sê vir haar:  As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê:  Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het. 11 Die vrou sê vir Hom:  Here, U het nie eens ‘n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende water? 12 U is tog nie groter as ons vader Jakob nie, wat die put aan ons gegee het en self daaruit gedrink het, en sy seuns en sy vee? 13 Jesus antwoord en sê vir haar:  Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; 14 maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe. 15 Die vrou sê vir Hom:  Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie. 16 Jesus sê vir haar:  Gaan roep jou man en kom hier. 17 Die vrou antwoord en sê:  Ek het nie ‘n man nie.  Jesus sê vir haar:  Jy het reg gesê:  Ek het nie ‘n man nie; 18 want jy het vyf mans gehad; en die een wat jy nou het, is nie jou man nie.  Dit het jy met waarheid gesê. 19 Die vrou sê vir Hom:  Here, ek sien dat U ‘n profeet is. 20 Ons vaders het op hierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te aanbid, in Jerusalem is.” (Johannes 4).

 

Die afspraak (v.4-6)

Die Jode het geglo die Samaritane is onrein.  Sommige Jode sou eerder ‘n ompad loop as om deur die Samaritane se streek te reis.  Jesus was oppad van Jerusalem in die suide van Israel na Galilea in die noorde (v.3-4, 45).  As Hy wou kon Hy die Samaria-streek vermy en kuslangs reis.  Maar Hy was haastig en het die kortpad deur Samaria gevat.  Daarom sê Johannes Hy moés deur Samaria gaan.  Maar daar is ‘n ander rede waarom Hy deur hulle streek moés gaan:  Hy het ‘n ‘afspraak’ gehad met ‘n sekere vrou.  Hy het beplan om haar te red.  Die ontmoeting het plaasgevind buite ‘n dorp met die naam Sigar; naby die stuk grond wat Jakob as geskenk aan sy ‘blou-oog seun’ Josef gegee het (v.5, sien Genesis 48:22, Josua 24:32).  Net ‘n vraag voor ek verder gaan:  dink jy dis toevallig dat jý hierdie preek lees of hoor?  Of moés jy dit lees/hoor, omdat Jesus ‘n afspraak het met jou; omdat Hy beplan om jou te red?

 

Sigar is omtrent 50 kilometer van Jerusalem af.  Daar was geen taxi’s of busse nie.  Jy kan jou indink hoe moeg Jesus was, nadat Hy so ver moes stap in die warm woestynson.  Hy was moeg en het langs die put gaan sit (v.6).  Hy was dors en het gevra vir iets om te drink (v.7).  Hy was honger en het sy dissipels dorp toe gestuur om kos te koop (v.8).  Al hierdie dinge bewys vir ons dat, alhoewel Jesus volkome God is, Hy ook volkome mens was.  Johannes sê dat dit die sesde uur was (v.6).  Die Romeine tel van 12 uur die middag of aand af.  Indien Johannes dié tydsindeling volg, beteken dit dat dit omtrent 18:00 was – die gewone tyd wat vroue water sou kom skep (Genesis 24:11).  Maar die Jode tel van 6 uur in die oggend of aand af.  Indien Johannes die Joodse tydsindeling gebruik het, was dit nou 12 uur in die middag.  Dan het hierdie vrou op ‘n ongewone tyd kom water skep.  As gevolg van haar sondige leefstyl was sy ‘n uitgeworpene in die samelewing.  Maar al verwerp almal jou as die slegste sondaar – by Jesus is daar hoop.

 

Die aanbod (v.7-15)

Jesus was dors.  Hoekom het Hy nie sy dissipels vir water gevra nie:  dit was mos algemeen vir dissipels om hulle leermeester te bedien?  Hoekom het Hy nie ook vir die vrou kos gevra nie?  Die antwoord op beide vrae is in v.8:  “want sy dissipels het na die stad gegaan om voedsel te koop.”  Daarom het Jesus die vrou gevra vir water (v.7).  Maar daar was nog ‘n rede hoekom hy vir haár gevra het:  Hy wou ‘n gesprek aanknoop om die evangelie met haar te deel (‘n goeie evangelisasie-wenk).

 

Die vrou was verbaas dat ‘n Joodse man met haar, ‘n slegte Samaritaanse vrou, sou praat.  In die eerste plek het mans nie in die openbaar met vroue gepraat nie (v.27), en in die tweede plek sou Jode en Samaritane nie eers dieselfde eetgerei en kruike gebruik het nie (v.9).  Die Jode het die Samaritane gehaat.  As ‘n Jood jou wou slegsê sou hy jou ‘n ‘Samaritaan’ noem (8:48).  En as ‘n Samaritaan geweet het jy het simpatie met die Jode, sou hy jou ignoreer (Lukas 9:53).  Die Samaritane was volbloed Jode wat as slawe weggevoer is Assirië toe.  Die paar wat in Samaria agtergebly het, het uiteindelik met Assiriërs en ander volke ondertrou en is uitgebaster, sodat hulle nie meer suiwer Jode was nie (sien 2 Konings 17).  Maar Jesus het hierdie tradisie geïgnoreer, want Hy het gekom om mense van alle nasies, sosiale klasse, en morele agtergronde te red.  In Johannes 3 deel Hy die evangelie met ‘n morele Joodse man, en in Johannes 4 met ‘n immorele Samaritaanse vrou.  Johannes 4 is onder andere in die Bybel, om te wys hoe Jesus die plek van die vrou in die samelewing kom herstel het.

 

Jesus het vir die vrou gesê dat sy Hóm vir water sou vra as sy regtig geweet het dat Hy lewende water kon gee (die gawe van die ewige lewe en die Heilige Gees):  “Jesus antwoord en sê vir haar:  As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê:  Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het.” (v.10).  Sien jy dit?  As sy gevra het, sou Jesus dit vir haar gegee het.  Dit is die evangelie:  God gee die ewige lewe gratis as jy jou dors erken (sonde oortuiging), jou gekraakte waterbak los (bekering), en vra vir die lewende water (geloof).

 

Maar die vrou was blind vir geestelike dinge.  Sy het nie verstaan wat Jesus sê nie.  Haar antwoord wys dit:  “Die vrou sê vir Hom:  Here, U het nie eens ‘n skepding [‘n emmer aan ‘n tou] nie, en die put is diep [omtrent 40 meter – dit bestaan vandag nog]; waarvandaan kry U dan die lewende water?” (v.11).  Ai, die blinde hart van die sondaar.  Toe Jesus vir Nikodemus sê hy moet weergebore word, was sy reaksie:  “Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word?  Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?” (3:4).  In Johannes 6 het Jesus gepraat van brood wat jou vir ewig kan versadig.  Die Jode se reaksie was:  “Here, gee ons altyd hierdie brood.” (6:34).  Ongelowiges verstaan nie geestelike dinge nie:  “Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.” (1 Korintiërs 2:14).

 

Die vrou was teen dié tyd ‘n bietjie opgewerk:  “Dink Jesus Hy is groter as Jakob?  Hy kan miskien lewende water gee, maar Jakob het die put gegee waaruit die water kom (v.12).”  Natuurlik is Jesus groter as Jakob.  Jakob moes elke dag water gaan skep – die vrou ook.  En indien iemand nie water drink nie sal hy doodgaan.  Die persoon wat nie van Jesus se water kry nie sal geestelik sterf, maar die een wat daarvan drink sal nie weer dors word soos mense wat van Jakob se put gedrink het nie.  Inteendeel, die bron en fontein van lewende water sou binne-in die persoon wees (v.13-14).  Anders gestel:

 

“Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe” (3:36).

 

“En Jesus sê vir hulle:  Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.” (6:35).

 

“En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê:  As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê:  strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.” (7:37-39).

 

“Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes.  Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.” (10:10).

 

“En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.” (17:3).

                                                                                                                  

“En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil.” (Isaiah 12:3).

 

Enigiemand wat hierdie fontein van lewende water (Jesus en sy evangelie) verruil vir die vuil waterbakke van seks, dwelms, drank, of enigiets anders, is ’n dwaas.  In Jeremia 2:13 sê die Here:  “Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen:  My, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie.”

 

Leer nog ’n les uit die vrou se reaksie in v.12:  solank as wat jy dink jou godsdienstige erfenis (Jakob, in haar geval) is groter as Jesus, kan daar geen verlossing wees nie.  Jou eie ‘waterput’ van seks, dwelms, drank, godsdiens of watookal, is onvoldoende.  Jesus alleen kan jou dors les en die leemte in jou siel versadig.  Pasop dat jy nie soos die vrou is nie:  “Die vrou sê vir Hom:  Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.” (v.15).  Sy wou die voordele hê wat Jesus kon gee.  Sy wou die lewende water hê om die ongerief van 800 meter se stap elke dag, te vermy.  Party mense soek so ‘n evangelie:  “As jy Jesus dien sal jy ryk, gesond, en voorspoedig wees” (die vals ‘Prosperity Gospel’).  Die vrou het nogsteeds nie haar nood vir Jesus en sy lewende water gesien nie (v.14).

 

Die oortuiging (v.16-20)

Jesus het nou haar gewete geteiken:  Hy het haar gevra om haar man te roep (v.16).  Haar gewete het haar gepla, omdat sy in seksuele sonde saam met ‘n man gebly het.  Dadelik het sy haar sonde probeer toesmeer deur te sê:  “Ek het nie ‘n man nie.” (v.17).  Sy het nie die hele waarheid vertel nie.  Sy het probeer om haar verlede en hede vir Hom wegsteek.  Leer tog:  daar kan geen verlossing wees, totdat jy nie jou sonde erken nie (Spreuke 28:13).  Jesus het gekom om sondaars te red – nie self-regverdige mense wat sê dat alles reg is nie (sie Lukas 18:9-14).

 

Jesus het vir die vrou gewys dat seksuele losbandigheid (net soos drank, dwelms, en ander sondes) haar leeg laat.  Sy het gedink:  “Miskien sal hierdie die man wees wat my gelukkig maak?”  Maar haar dors was nie geles nie.  Sy was al 5 keer getroud en het, toe Jesus met haar praat, in seksuele sonde gelewe met ‘n man (v.17-18).  Sy het uiteindelik erken dat dit so is, en het bely dat Jesus haar geheime denke en dade ken (v.19).  Maar sy was nog nie gered nie.  Om jou sonde te erken is nie genoeg nie – selfs al het jy trane daaroor.  Ek het al baie keer gesien hoe mense huil wanneer ek met hulle die evangelie deel.  Maar dan blý hulle ongered.  2 Korintiërs 7:10 sê:  “Want die droefheid volgens die wil van God werk ‘n onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die dood.”  Sommige mense huil, omdat die sonde hulle laat skuldig voel, en ander omdat hulle nie die gevolge van hulle sonde wil hê nie.  Nog ánder huil omdat hulle jammer is hulle is uitgevang.  Geeneen van hierdie dinge is ‘n plaasvervanger vir ware berou en bekering nie.  Die vrou was nog nie gered nie.

 

Die vrou het die onderwerp van haar sonde na godsdiens toe verander (v.20).  Sy het dit gedoen, omdat sy haar sonde wou ontduik.  Sy het godsdiens as haar onderwerp gekies, omdat sy haar gewete wou sus.  Baie mense werk so met godsdiens.  Hulle woon kerk by, lees die Bybel, bid, gee tiendes, en doen ander godsdienstige dinge, om hulle gewete stil te maak (veral wanneer die sonde erg pla).  Hulle dink dat hulle goeie dade die slegte dade sal uitkanselleer voor God.  Ander mense sê net vir hulleself dat skuldgevoelens die gevolg van ‘n slegte selfbeeld is, en probeer hulle selfbeeld opbou.  Ander drink of gebruik dwelms om van hulle gewete te ontsnap.  Maar sodra die verdowingsmiddel uitgewerk het, sit hulle probleem lewensgroot voor hulle neuse, en hulle gewete pla hulle nogsteeds.

 

Die vrou het Jesus nodig gehad (soos sy uiteindelik besef het), want net Hy kan afreken met die oorsaak van ‘n skuldige gewete, naamlik die skuld self.  Jesus het deur sy kruisdood die rekord van ons skuld afbetaal.  Hy het die sondaar se skuld op Homself geneem en die straf daarvoor gedra.  Hy is begrawe en het opgestaan uit die dood.  Vir almal wat hulle bekeer en heelhartig op Hom alleen vertrou (nie op Jesus plus jou eie godsdienstige pogings nie), is daar vergifnis, lewe, en ‘n rein gewete.  “hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien… laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.” (Hebreërs 9:14, 10:22).  Sonde sal jou siel uitdroog en kan nooit jou sielsdors les nie.  Net Jesus kan.  Vra Hom.

Hoe om konflik te hanteer

Conflict

13:10 Vermetelheid gee net getwis af; maar by die wat hulle laat raai, is wysheid. 16:28 ‘n Man van valse streke saai tweedrag, en ‘n kwaadstoker skei vriende van mekaar. 17:14 Die begin van ‘n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek. 17:19 Wie twis liefhet, het oortreding lief; hy wat sy deur hoog maak, soek verbreking. 18:19 ‘n Broer teen wie oortree is, is erger as ‘n sterk stad; en geskille is soos die grendel van ‘n paleis. 20:3 Dit is ‘n eer vir ‘n man om van twis weg te bly, maar elke sot breek los. 22:10 Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op. 26:17 Hy wat ‘n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor ‘n twis wat hom nie aangaan nie. 26:20 Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis. 26:21 Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is ‘n twisgierige man om ‘n twis aan te hits. 28:25 Die hebsugtige verwek twis; maar hy wat op die HERE vertrou, word verkwik.” (Spreuke).

 

Die oorsake van konflik

[1] ‘n Vriend van my het raad aan sy susterskind gegee.  Die jongman wou nie die raad aanvaar nie en het kwaad geword.  Dit het natuurlik op twis uitgeloop.  Wat was die eintlike oorsaak van die argument?  Hoogmoed.  ‘n Trotse persoon dink hy weet alles en is nie gewillig om raad te ontvang nie:  “Vermetelheid gee net getwis af; maar by die wat hulle laat raai, is wysheid.” (13:10).  As ander mense nie sý punt insien nie, baklei hy met hulle.  Jy kan maar weet dat iemand wat gereeld met ander vassit ‘n hoogmoedige mens is.  Iemand wat twis vermy is wys.  Hy is oop om geleer te word en verkry só wysheid (13:10b).

 

[2] Skinder laat twis soos ‘n brand versprei:  “‘n Man van valse streke saai tweedrag, en ‘n kwaadstoker skei vriende van mekaar.” (16:28).  Dit laat my dink aan ‘n storie wat my kinders gereeld kyk – Die Brakkers.  In die storie vertel ‘n sekere mnr. Pretorius vir Hendrik dat Gieljan ‘n wrok teen hom het.  Hy gaan dan na Gieljan toe en sê dat Hendrik ‘n wrok teen hóm het.  Dié twee is kwaad vir mekaar en wil die ding uitbaklei.  Uiteindelik kom die storie uit:  Tydens sy vakansie het Gieljan ‘n blok (nie wrok) sjokolade vir Hendrik gekoop.  Mnr. Pretorius het toe ‘blok’ in ‘wrok’ verander en tweedrag gesaai.  Moenie soos mnr. Pretorius wees, en die hout van skinder laai, om so die vuur van twis aan die gang te hou nie:  “Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis.  Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is ‘n twisgierige man om ‘n twis aan te hits.” (26:20-21).

 

[3] Dwaasheid lei na twis, terwyl ‘n eerbare persoon dit vermy:  “Dit is ‘n eer vir ‘n man om van twis weg te bly, maar elke sot breek los.” (20:3).  Dit is kinderagtig vir ‘n man en vrou om te stry oor waar die tandepasta gedruk moet word of watse kant toe die toiletrol moet kyk.  Hoekom stry ons oor ‘n stuk metaal of papier (geld); oor watse kos jý nie kon kry nie?  Stop dit.  Die dwaas kan net nie die versoeking om te twis weerstaan nie.  Volg eerder die voorbeelde en lering van die Bybel:  “En daar het twis ontstaan tussen die veewagters van Abram en die veewagters van Lot.  Ook het die Kanaäniete en Feresiete destyds in die land gewoon.  Toe sê Abram vir Lot:  Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is mos broers.  Lê die hele land nie voor jou oop nie?  Skei jou tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan.” (Genesis 13:7-9).  “toe [Jesus] uitgeskel is, [het Hy] nie terug uitgeskel nie; toe Hy gely het, [het Hy] nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel” (1 Petrus 2:23).  “Jaag die vrede na met almal…” (Hebreërs 12:14).  1 Petrus 3:11 sê die persoon wat goeie dae wil sien moet “vrede soek en dit najaag.”  Natuurlik moet ons nie ten koste van die waarheid konflik vermy nie.  Soos die Engelse spreekwoord lui:  ‘Peace if possible, truth at any cost.’

 

[4] Wanneer mense inmeng in sake wat niks met hulle te doen het nie, lei dit tot twis.  Om dít te doen is soos om ‘n vreemde straatbrak aan die ore te gryp:  “Hy wat ‘n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor ‘n twis wat hom nie aangaan nie.” (26:17).  Daar is baie kwaai honde in ons wêreld.  As kind is my suster twee keer deur ‘n Rottweiler gebyt toe sy die hond probeer vryf het.  Mense in Nelspruit se Rottweiler het nie daarvan gehou dat ‘n mens aan sy ore vat nie.  Maar Salomo se beeld in 26:17 moenie in ons konteks geïnterpreteer word nie.  Honde in ou Israel was baie wreder en gevaarliker as ons moderne troeteldiere.  Dit was nie vreemd vir ‘n hond om ‘n mens se lyk te verskeur en op te vreet nie (sien 2 Konings 9:35-36).  Wat is die les?  Moenie in argumente betrokke raak wat jou nie aangaan nie – jy sal gebyt word.  Soms moet jy intree, maar 26:17 is die algemene reël.  Twee ander tekste wat dieselfde les leer is Spreuke 3:30 en 1 Tessalonisense 4:11:  “Twis nie sonder oorsaak met ‘n mens as hy jou geen kwaad gedoen het nie… julle eer daarin te stel om rustig te lewe en julle eie sake te behartig en met julle eie hande te werk, soos ons julle beveel het”.

 

[5] Gierigheid is ‘n definitiewe oorsaak van twis:  “Die hebsugtige verwek twis…” (28:25a).  Een koerantopskrif het gesê:  ‘Hou op stry oor Madiba se geld’.  Die gierige persoon sal baklei vir meer geld, en as hy dit nie kan kry nie sal hy nog verder baklei:  “Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle?  Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie?  Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie.  Julle veg en maak oorlog, en julle het nie…” (Jakobus 4:1-2a).

 

Die gevolge van konflik

[1] Familie-verhoudings word versuur – so erg dat dit byna onmoontlik word om dit op te los.  Dit is soos stadsmure of die grendels van ‘n kasteel:  “‘n Broer teen wie oortree is, is erger as ‘n sterk stad; en geskille is soos die grendel van ‘n paleis.” (18:19).  Dit is maklik om hierdie mure op te bou en baie moeilik om dit af te breek.

 

[2] Soos die vloedwater van ‘n rivier, kan konflik choas veroorsaak:  “Die begin van ‘n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek.” (17:14).  Twis kan lei tot egskeiding, gebroke families, lelike skoonfamilie probleme, kerke wat skeur, werksverhoudings wat versuur word, en sonde met die bure.

 

Die oplossing van konflik

[1] Waar begin hierdie verwoestende vloed waarvan ek nou-net gepraat het?  Dit begin dikwels by ‘n kraak in die damwal.  As jy dit nie gou keer nie sal die vloed deurbreuk en alles voor dit wegvee.  Die oplossing is dan om die twis te keer terwyl jy nog kan:  “Die begin van ‘n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek.” (17:14).  Indien dit reeds losgebreek het kan geen mens dit keer nie.  Maar Jesus kan.  Hy het die grootste gemors nog ooit opgelos (sonde), en daarom kan Hy ook in so ‘n situasie genade en herstel gee.

 

[2] By ‘n manne byeenkoms in Wallis het ‘n jongman die Godheid van Christus betwyfel.  Martyn Lloyd-Jones het die man weggejaag.  Die probleem is nie die omstandighede nie, maar die persoon.  Daarom moet jy die molesmaker uitdryf:  “Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op… Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis.” (22:10, 26:20).  Die Nuwe Testament leer dat ons so ‘n persoon moet ignoreer en onder kerktug moet plaas:  “as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar… Aan ‘n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning, wetende dat so iemand op ‘n verkeerde pad is en sonde doen en selfveroordeeld staan.” (Matteus 18:17, Titus 3:10-11).  Bid dat die Heilige Gees hierdie persoon se hart sal verander.

 

[3] Sien jouself in die lig van God se heiligheid en die kruisdood van Jesus.  Dán sal jy besef hoe sondig jy is; jy sal weet jy is niks.  Verloën jouself en neem jou kruis op (Lukas 9:23).  En wanneer jy jouself verneder het sal die twis opgelos word (sien 13:10).

 

[4] Vermy die persoon wat skinder.  Moenie opsetlik onderwerpe aanraak wat jy weet rusie sal veroorsaak nie.  Verlaat die vertrek eerder as om te twis.  Verander die onderwerp.  Gee toe – jy hoef nie altyd te wen nie.  Moenie nog hout op die vuur laai nie, maar smoor dit deur op te hou met skinder.  Gaan ‘n kompromie aan:  hoekom kan albei se antwoorde nie reg wees nie?  Al die genoemde dinge is wat Salomo in 16:28, 20:3, 26:20-21 wil leer:  “‘n Man van valse streke saai tweedrag, en ‘n kwaadstoker skei vriende van mekaar… Dit is ‘n eer vir ‘n man om van twis weg te bly, maar elke sot breek los… Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis.  Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is ‘n twisgierige man om ‘n twis aan te hits.”

 

[5] ‘n Dwaas stry (20:3b).  Word wys deur die evangelie (1 Korintiërs 1:24, 30).  Vra vir die Here as jy wysheid kortkom (Jakobus 1:5).

 

[6] Vertrou die Here vir jou behoeftes – moenie baklei om te kry wat jy wil hê nie:  “Die hebsugtige verwek twis; maar hy wat op die HERE vertrou, word verkwik.” (28:25).  “…julle het nie, omdat julle nie bid nie.  Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.” (Jakobus 4:2b-3, cf. v.1-2a).  “Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” (Matteus 6:32-33).

 

[7] Dit is sonde om vir jare ‘n wrok teen iemand te hou (18:19).  As jy ‘n gelowige is hou Jesus nie ‘n rekord van jou sonde teen Hom nie.  Wees dan soos Hy en vergewe ander (Efesiërs 4:32).  Sorg dat jy die sonde wat die twis veroorsaak het uit die weg ruim.  Gaan vra vergifnis vir dit wat jý verkeerd gedoen en gesê het.  Onthou dat Jesus die sterk muur wat gebou is (18:19), maklik kan afbreek:  “Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het” (Efesiërs 2:14).  Kan Jesus nie nogsteeds die mure van konflik en twis afbreek nie?

Iets wat Suid-Afrikaanse Christene vergeet het

Forgetful man

Daar is baie dinge in ons land wat ‘n mens negatief kan maak:  belasting, petrolpryse, die koerant, die regering, misdaad, Zimbabwe, skole, immoraliteit, dwelms, en nog meer.  En dan is dit maklik om te kla; soveel so, dat ons vergeet om dankbaar te wees en die Here te loof.  Dit is baie maklik om te kla oor die petrolpryse, maar om nie dankbaar te wees dat ons vervoer het nie.  Ons kan maklik kla oor munisipale werkers wat nie die vullissakke verwyder nie, maar ons vergeet om te dank vir dit wat ín die swartsakke is (die lemoenskille, teesakkies, en ander rommel wat bewys dat ons kos gehad het om te eet).  Hoe gereeld dank jy die Here vir jou verlossing en vir al die gawes wat daarmee saam kom?  Moenie deur die wêreld ingesuig word, sodat jy vergeet om die Here te loof nie.  Volg eerder Dawid se voorbeeld.

1 ‘n Psalm van Dawid.  Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! 3 Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees, 4 wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede, 5 wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ‘n arend. 6 Die HERE doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word. 7 Hy het aan Moses sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel sy dade. 8 Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid. 9 Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie. 10 Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie. 11 Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees. 12 So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons. 13 Soos ‘n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees. 14 Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is. 15 Die mens—soos die gras is sy dae; soos ‘n blom van die veld, so bloei hy. 16 As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie. 17 Maar die goedertierenheid van die HERE is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders, 18 vir die wat sy verbond hou en aan sy bevele dink om dié te doen. 19 Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles. 20 Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord! 21 Loof die HERE, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen! 22 Loof die HERE, al sy werke, op al die plekke van sy heerskappy! Loof die HERE, o my siel!” (Psalm 103).

Loof die Here, O my siel (v.1-5)

Wanneer dit sleg gaan kyk sommige gelowiges in hulle probleme vas, en vergeet van die Here.  Dit is nog makliker om van Hom te vergeet wanneer dinge voorspoedig gaan.  Voordat die Israeliete in die Beloofde Land ingekom het, het die Here gesê:  “En as die HERE jou God jou inbring in die land wat Hy aan jou vaders, Abraham, Isak en Jakob, met ‘n eed beloof het om jou te gee—groot en mooi stede wat jy nie gebou het nie, en huise vol van allerhande goed wat jy nie gevul het nie, en uitgekapte reënbakke wat jy nie uitgekap, wingerde en olyfbome wat jy nie geplant het nie—en jy eet en versadig word, neem jou dan in ag dat jy die HERE nie vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het nie.” (Deuteronomium 6:10-12).  Koning Hiskia het in hierdie strik getrap.  Hy het dodelik siek geword en gevra dat die Here hom moet genees.  Die Here het sy gebed beantwoord, maar hy het hoogmoedig geword en vergeet om die Here te dank (sien 2 Kronieke 32:24-25).  Dawid het geweet dat ons maklik die Here se weldade vergeet.  Daarom wil hy die Here en sy heilige Naam met alles in hom loof:  “Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!  Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!” (v.1-2).  Hy sou ‘Amen!’ gesê het op die ou Halleluja-lied:  ‘Tel jou seëninge, tel hul een vir een, en jy sal verbaas wees oor wat God verleen’ (Lied 245).

Dawid onthou vyf spesieke weldade van die Here aan hom:

  • Die Here het al sy sonde vergewe (v.3a).  Leer by hom om nie net jou sonde te bely nie, maar om die Here te dank dat Hy al jou sonde vergewe in Christus (sien 1 Johannes 1:7, 9).
  • Die Here het al sy siektes genees (v.3b).  Miskien sê jy hierdie vers is eenvoudig nie waar nie.  Onthou dat Dawid hier met homself praat en sê:  “Loof die Here o my siel…wat al jou siektes genees.”  Dawid praat nie vir almal nie, en sê ook nie dat die Here ons altyd gesond maak nie.  Onthou tog dat selfs wanneer Christene doodgaan, dit ook genesing is, want in die hemel sal ons geen meer siekte ken nie (Openbaring 21:4).
  • Die Here het hom gered van die dood en die hel (v.4a).  Die Here red ons soms van noue ontkomings met die dood.  Maar deur sy opstanding red Hy ons finaal van die dood.  Wanneer Hy weer kom sal Hy ons liggame opwek uit die graf.
  • Die Here het hom met goedertierenheid en barmhartighede gekroon (v.4b).  Hierdie gawes is ook ons s’n en word veral sigbaar in Jesus se kruisdood (v.4b).
  • Die Here het sy maag en sy siel versadig, sodat hy sterk geword het soos ‘n arend (v.5).  Hierdie vers gee veral hoop aan dié wat fisies en geestelik uitgeput voel, en nuwe krag nodig het.  “Jesaja sê:  Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.  Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.” (Jesaja 40:29-31).

Wees soos Dawid en onthou God se goedheid aan jou.  Om beter te onthou kan jy ‘n joernaal hou van die dinge wat die Here in jou lewe gedoen het.  Jy kan teenoor ander getuig van ‘n spesifieke werk wat die Here in jou lewe gedoen het.  Jy kan die Here daagliks dank vir sy verlossing, guns, hulp en voorsiening.  Jy kan saam met ander gelowiges bid en die Here dank.  Jy kan lofliede sing (alleen en saam met ander).  Wanneer jy die nagmaal gebruik kan jy Hom dank vir al die kosbare waarhede van die evangelie.  Kan jy dink aan nóg spesifieke weldade van Here aan jou?

Loof die Here, al sy mense (v.6-18)

Ons het meer as genoeg rede om die Here te dank (sien veral Efesiërs 1:3-14 vir die seën oor hulle wat in Christus is).  Daar is ten minste nege in hierdie verse.

[1] God red dié wat verdruk word:  “Die HERE doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word.” (v.6).  Onthou maar hoe die Here vir Israel uit Egipte gered het toe hulle as slawe verdruk was (sien Eksodus 2:21-23), en hoe die Here ‘n groot liefde het vir weduwees, weeskinders, vreemdelinge, en armes:  “Jy mag ook die vreemdeling nie kwel of hom verdruk nie, want julle was vreemdelinge in Egipteland.  Julle mag geen weduwee of wees verdruk nie.  As jy hulle op enige manier verdruk, waarlik, dan sal Ek, as hulle na My roep, hulle geroep sekerlik hoor.  En my toorn sal ontvlam, en Ek sal julle met die swaard ombring, sodat julle vroue weduwees en julle kinders wese word.” (Eksodus 21:21-24).

[2] God kon ons in ons sondes gelos het.  Maar Hy het nie.  Hy het die wet gegee deur Moses, en so het Hy Homself en sy liefde geopenbaar.  Hy het sy wonderdade aan Israel gewys in Egipte, by die Rooisee, en in die woestyn (lees gerus Eksodus as jy nie die storie ken nie).  Dawid sê:  “Hy het aan Moses sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel sy dade.  Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.” (v.7-8, cf. Eksodus 34:6).

[3] God is nie vir ewig toornig nie en bewys gou genade.  Thomas Watson het gesê dit is soos ‘n heuningby:  Die by maak van nature heuning en steek net as dit moet; God is van nature barmhartig en word net toornig wanneer dit nodig is.  Daarom dat een prediker gesê het:  “God’s wrath is not an attribute, but an expression of his justice.”  God se karakter is dus nie een van toorn nie.  Maar sy barmhartigheid is deel van sy karakter.  God se toorn is heeltemal uitgegiet op Christus toe Hy die straf vir ons sonde op Homself geneem het aan die kruis.  Daarom is daar geen meer finale toorn en oordeel oor dié wat deur geloof met Christus verenig is nie (Romeine 5:1, 8:1).  Geen wonder daar is ‘n v.9 in hierdie Psalm nie:  “Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie.”

[4] God handel nie met ons volgens wat ons sonde verdien nie:  “Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie.” (v.10).  God het klaar met ons sonde afgereken aan die kruis.  God is nooit onregverdig nie.  Maar partykeer is Hy nie-regverdig.  Met ander woorde, partykeer gee Hy nie die straf wat ons verdien nie.  Ons kan nooit sê dat God onregverdig is om sommige te red en ander nie; om party mense uit te kies en ander nie (soos Romeine 9 leer).  As God sy geregtigheid oor ons moet uitoefen sal almal hel toe gaan, want dit is wat ons verdien.  “As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?  Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word.” (Psalm 130:4-5).  Loof die Here vir sy barmhartigheid en genade.

[5] God se liefde is onmeetbaar vir dié wat Hom vrees, en gevolglik wegdraai van hulle sonde en op Hom vertrou (natuurlik het Hy ook liefde vir die goddelose, maar sy liefde vir sy kinders is spesiaal):  “Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.”  (v.11).  Paulus praat van die onmeetbare hoogte, lengte, breedte, en diepte van Christus se liefde (Efesiërs 3:18).

[6] God neem ons sonde weg voor Hom en van ons af – so ver soos die ooste van die weste af is (onthou dat oos en wes nooit ontmoet soos noord en suid nie):  “So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.” (v.12).  Ander tekste sê:  “Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.” (Miga 7:19).  “…Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen.” (Hebreërs 9:26).  “en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.” (Hebreërs 10:17).  Omdat God ons sondes so ver van ons verwyder het deur die kruis, sal Hy nooit sy besluit van vergifnis herroep nie.  Dank Hom volgende keer as jy die nagmaal gebruik.

[7] God ontferm Hom oor ons soos ‘n vader hom ontferm oor sy kinders (v.13, cf. Galasiërs 4:6).  God weet dat ons swak en klein is, dat ons nie vir onsself kan voorsien of onsself kan beskerm nie.  Hy weet ons is hulpeloos.  Hy sien ons swakheid in die feit dat ons so maklik honger word, emosioneel is, uitgeput raak, siek voel, en pyn ervaar.  Al hierdie dinge onderstreep die feit dat ons van stof gemaak is en sterflik is soos gras in die woestynson:  ‘n paar dekades nadat jy gesterf het, vergeet die wêreld jy’t bestaan.  “Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is.  Die mens—soos die gras is sy dae; soos ‘n blom van die veld, so bloei hy.  As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie.” (v.14-16, cf. Genesis 2:7, 3:19).  Jesus het self ‘n mens geword en verstaan uit ondervinding ons liggaamlike en emosionele swakheid (sien Hebreërs 4:15).  Daarom kan jy nooit sê Hy verstaan nie.  Jesus het Hom ontferm oor mense wat rigtingloos, honger en moeg, siek, hartseer, en verlore was (sien Matteus 9:36, 14:14, 15:32, Lukas 7:13, 15:20).  Jesus dryf nie sy skape hard nie, maar ontferm Hom oor hulle:  “Hy sal sy kudde laat wei soos ‘n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei.” (Jesaja 40:11).  Omdat Jesus die Vader kom openbaar het (Johannes 1:18, 14:9), moet ons nie die Vader as ‘n tirran beskou nie.  Hy is vol ontferming (v.13-14).

[8] God se liefde is nie stoflik en sterflik soos ons nie – dis ewig:  “Maar die goedertierenheid van die HERE is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees” (v.17).  Hy het ons van ewigheid af lief en sal ons vir ewig liefhê:  “Ja, Ek het jou liefgehad met ‘n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.” (Jeremia 31:3).  God se ewige liefde aan ons word bewys in die feit dat Hy ons uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld; dat Hy vir ewig sy liefde aan ons gaan betoon in die hemel (sien Efesiërs 1:4-5, 2:7).

[9] God gee groot seën vir ons nageslag wat sy gebooie en verbond hou:  “Maar die goedertierenheid van die HERE is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders, vir die wat sy verbond hou en aan sy bevele dink om dié te doen.” (v.17-18).  Deel van hierdie seën word gesien in die feit dat ons kinders grootword in huise waar die evangelie geleer word, waar ouers vir hulle bid, waar hulle deel kan wees van ‘n gesonde kerklewe, en waar God hulle bewaar.  Sulke kinders word deur die Here afgesonder om hierdie voorregte te geniet (cf. 1 Korintiërs 7:14).  God bewys inderdaad sy goedheid aan ons kinders tot in die duisendste geslag (Eksodus 20:6).

Loof die Here, alle skepsels (v.19-22)

Toe Jesus gebore is, het die engele Hom aanbid (Lukas 2:9-14).  Hulle het Hom gedien nadat Hy gevas het (Matteus 4:11).  In Getsemane het ‘n engel Hom bedien (Lukas 22:43).  By sy opstanding was hulle daar (Lukas 24:4).  Ook by sy hemelvaart (Handelinge 1:10).  Nou aanbid hulle Hom (Hebreërs 1:6), en wanneer Hy weer kom sal hulle Hom vergesel (Matteus 25:31).  Daar is ‘n weermag van miljoene engele (Daniël 7:10) wat Hom as die soewereine God; as die Koning van die konings aanbid en gehoorsaam:  “Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles.  Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord!  Loof die HERE, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen!” (v.19-21).  Daniël 4:17 bevestig dat “die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil”.

Maar dit is nie net mense en engele wat Hom aanbid nie.  Die hele skepping doen dit:  “Loof die HERE, al sy werke, op al die plekke van sy heerskappy!” (v.22).  “En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê:  Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!” (Openbaring 5:13, sien ook Psalm 148).  Die heidene glo daar is ‘n god van die land, ‘n god van die see, ‘n god van die reën, ensovoorts.  Ons glo dat God oor alles heers (v.22).  Voeg, saam met Dawid, jou stem by dié van die engele en die hele skepping:  “Loof die HERE, o my siel!” (v.22).  So klink my eie beryming van die Psalm (op die wysie van Psalm 18 – ‘Ek het U hartlik lief, O Heer’):

 

Come bless the Lord with all thy frame

Bow down to bless his holy Name.

Forget not all his gifts to thee:

who saves thee from iniquity;

who heals thy body, makes thee whole;

who gives thee life, redeems thy soul;

who crowns with mercy sure thy light;

who satisfies, renews thy might.

 

The Lord is righteous, patient, kind;

With Him forgiveness we may find.

Our Father knows that we are dust,

and shows compassion deep to us.

Our days like grass do not endure,

but God’s eternal love is sure

to all who fear and keep his way,

to generations who obey.

 

The throne of God is in the sky.

He sits as King and rules on high.

Let all his creatures bless his Name,

obey his Word, and spread his fame.

Now let thy ransomed soul delight

in Christ the Lord who gave thee life,

who bought with blood and set thee free.

Bless thy great God with all in thee.