Mense, ape en die beeld van God

aap1

26 En God het gesê:  Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. 27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.” (Genesis 1).

 

Iemand het my hond vergiftig.  My dogter se reaksie was:  ‘Sies, daardie mense wat vir Tom gif gegee het is lelik, want Tom is geskep na God se beeld’.  My vrou moes haar reghelp en verduidelik dat net mense na God se beeld gemaak is.  Volgens evolusie het mense en sjimpansees dieselfde ‘voorvader’:  ‘n aap-agtige wese.  Hierdie teorie is nog nooit bewys nie.  Daar was al baie bedrog, maar hulle kon nog nooit die ‘missing link’ vind nie.  Haeckel se vooropgestelde idees het gemaak dat hy opsetlik die embrios van mense, hoenders, honde, hase, visse en ander diere dieselfde geteken het.  Hy wou ‘bewys’ dat die mens eintlik net nog ‘n soort dier is.  Die wêreld sê ons is nader aan sjimpansees as aan God.  Evolusie sê die mens is soos ‘n laer wese, terwyl Genesis 1:26-27 sê ons is soos ‘n hoër Wese.

 

Christene wat glo mense is die produk van evolusie, ontken die Bybel.  Genesis 1-2 sê vir ons dat Adam en Eva die eerste mense was.  Ons weet Adam was ‘n historiese figuur, want Genesis 5:1 gee vir ons sy geslagsregister.  Volgens 1 Kronieke 1:1 begin die geslagsregister van die mensdom by hom.  Jesus se geslagsregister gaan terug tot by Adam (Lukas 3:23-38).  Jesus self haal Genesis 1:27 aan as geskiedenis (Matteus 19:4).  Paulus veronderstel dat Adam ‘n geskiedkundige persoon was (Romeine 5:12-21, 1 Korintiërs 15:22, 45-49).  Paulus tref ‘n vergelyking tussen Adam en Christus (die tweede Adam).  Indien Adam nie werklik bestaan het nie, dan val Paulus se argument plat.  In 2 Korintiërs 11:3 en 1 Timoteus 2:13-14 lees ons van Eva se deel in die sondeval.  Judas 14 verwys na Henog as die sewende persoon in Adam se geslagsregister.  Die Bybel laat nie plek toe vir enigiemand wat glo daar was ‘aapmense’ voor Adam nie.

 

God het alles (ook ape) gemaak volgens sy soort (v.11, 21, 24-25).  Net die mens is nie volgens soorte gemaak nie, maar is geskape na God se beeld.  Indien die mens van ape af kom, is hy een van die aapsoort en bestaan hy nie na God se beeld nie.  Moenie uit die laasgenoemde stelling aflei dat God se beeld te doen het met hoe die mens lyk nie.  Dit het niks daarmee te doen nie, want God is ‘n Gees (Johannes 4:24).  Wat is die beeld van God dan?  En hoe verskil ons van ape en ander diere?

 

Harmonie (v.26a)

Ek het Genesis 1:26 aangehaal vir ‘n persoon wat die Drie-Eenheid ontken:  “En God het gesê:  Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis”.  Sy reaksie was:  ‘Ek sê ook soms vir myself:  Kom, laat ons ‘n bietjie buite gaan werk.’  Teoloë praat van ‘n ‘meervoud van majesteit’ en sê dat baie antieke konings na hulleself verwys het in die meervoud.  Alhoewel dit so is, is daar geen rekord van hierdie tipe ding in die Ou Testament of ander Hebreeuse geskrifte nie.  Wanneer God die meervoud gebruik, praat Hy ook nie met engele nie (soos wat party Rabbi’s geleer het).  Ons is mos nie deur engele geskep of na húlle beeld gemaak nie.  God vra ook nie vir engele raad wanneer Hy wil skep nie:  “Wie het die Gees van die HERE bestier en as sy raadsman Hom onderrig?  Met wie het Hy raad gehou, dat dié Hom verstand sou gee en Hom sou leer aangaande die pad van die reg, en Hom kennis sou leer en Hom bekend maak die weg van volledige insig?” (Jesaja 40:13-14).

 

Die bedoeling in v.26 is eerder dat daar meer as een Persoon in die Godheid is.  In 3:22 lees ons:  “Toe sê die HERE God:  Nou het die mens geword soos een van Ons”.  En in 11:7:  “Kom, laat Ons neerdaal”.  Jesaja 6:8 sê:  “Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê:  Wie sal Ek stuur?  En wie sal vir ons gaan?”  Matteus 28:19 praat van een Naam, maar drie Persone:  “doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees”.  Jesus het gesê:  “As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.” (Johannes 14:23).

 

Wat het dit te doen met die mens wat na God se beeld gemaak is?  Kom ek verduidelik.  Die Vader, Seun en Heilige Gees is verskillende Persone.  Alhoewel elkeen van hulle volkome God is, is daar nie drie Gode nie maar een (cf. Johannes 10:30, 14:10).  Net so is Adam en Eva verskillende persone, maar tog word hulle een in die huwelik en bring hulle kinders voort na húlle beeld:

 

“En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.” (v.27).

 

“Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.” (2:24).

 

“Dit is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God.  Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is.  Toe Adam honderd en dertig jaar oud was, het hy ‘n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem.” (5:1-3).

 

“Want soos die vrou uit die man is [Eva is uit Adam gemaak], so is ook die man deur middel van die vrou [mans word gebore uit vroue]; maar alles is uit God.” (1 Korintiërs 11:12).

 

In die kerk is daar verskillende individue wat een is.  Net soos in die huwelik, is die eenheid van verskillende mense in die kerk ‘n weerspieëling van die Drie-Enige God.  Paulus sê:  “Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping; een Here, een geloof een doop, een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.” (Efesiërs 4:4-6).  Daar is een Gees, een Here, een Vader, maar net een God.  So bestaan die kerk uit verskillende individue, maar daar is net een liggaam.  Jesus het gebid “dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.” (Johannes 17:21).  Jesus se eenheid met die Vader beteken nie Jesus is die Vader nie (net soos ons eenheid met die Vader en die Seun nie beteken ons is God nie).

 

Wanneer jy met jou huweliksmaat of ander gelowiges wil baklei moet jy onthou dat jy na sy beeld gemaak is.  Dit geld ook vir gelowiges wat oorweeg om te skei.  Omdat God Een is en jy na sy beeld gemaak is, doen jy skade aan sy Naam wanneer jy in onenigheid leef.  Verder:  omdat jy een is in die huwelik en die gemeente, benadeel jy jouself wanneer jy in onenigheid leef of probeer om die eenheid te breek.  Die Bybel sê:  “Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede.” (Efesiërs 4:25).  “So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame.  Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief; want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.” (Efesiërs 5:28-29).

 

Leer ook uit v.26 dat die Vader, Seun en Heilige Gees met mekaar kommunikeer.  Jesus praat van dinge wat Hy by die Vader gehoor het, asook van dinge wat die Heilige Gees by Hom gehoor het (Johannes 15:15, 16:13).  Omdat ons na sy beeld gemaak is moet ons ook in liefde met mekaar kommunikeer.  As ‘n gesin reeds min tyd maak om te kommunikeer, is dit ongesond om voor die TV te eet.  So ‘n gesin moet eerder om ‘n tafel sit en eet.  Gesinslede moenie in stilte leef nie, maar moet leer om met mekaar te gesels.  Leer om vir mekaar te luister (Jakobus 1:19).  Deel jou hart, gedagtes, emosies, lewe.  Moenie mekaar afbreek nie, maar praat net dinge wat opbou (Efesiërs 4:29).

 

Heerskappy (v.26b)

My hond wat vergiftig is het dit oorleef.  Maar toe kry hy kennel cough (honde brongitis).  Die afgelope twee weke moes ek pille in sy keel afdruk (yuk!).  My hond het nog nooit vir mý medisyne gegee toe ek siek was nie.  Dit wys vir ons dat mense nie maar net nog ‘n soort dier is wat ver ontwikkel het nie.  Mense is bo diere.  God het gesê dat die mens oor hulle moet heers:

 

“laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.” (v.26).

 

“Die vrees en die skrik vir julle sal wees oor al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel:  alles wat op die aarde beweeg, en al die visse van die see. Hulle is in julle hand oorgegee.” (9:2).

 

“U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:  skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld, die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see.” (Psalm 8:7-9).

 

“Want elke soort natuur van wilde diere en voëls en kruipende sowel as seediere word getem en is getem deur die menslike natuur.” (Jakobus 3:7).

 

“Want aan die engele het Hy die toekomstige wêreld waarvan ons spreek, nie onderwerp nie; maar iemand het êrens getuig en gesê:  Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek?  U het hom ‘n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel.  Alle dinge het U onder sy voete gestel.  Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie.  Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie” (Hebreërs 2:5-8).  Jesus self het mens geword, en in Hom sal alle dinge volkome aan die mens onderwerp word.

 

Die mens is die kroon van God se skeppingswerk.  As sy beeld kan die mens ook werk en dinge skep (natuurlik nie uit niks soos God nie).  Ja, bye, miere en wewers kan ook dinge skep, maar hulle kan net een soort ding doen en vorder ook nie in hulle ontwerpe nie.

 

As ons dan oor die skepping heers moet ons daarvoor sorg, dit bewaar, nie mors of vandaliste wees wat dit vernietig nie.  Ons moet ook nie net sommer wilde diere uit hulle natuurlike omgewing neem, sodat hulle sukkel om aan te pas wanneer hulle terugkeer nie.  Aan die ander kant moet ons nie ‘n afgod maak van die natuur nie.  As mense aangestel is om oor die natuur te heers dan meng ons nie in as ons sekere normale take vervul nie.  Diere moet beskerm word, maar daar bestaan nie iets soos diere regte nie.  Green Peace mense maak ‘n afgod van die natuur.  Die mens heers oor die skepping, en daarom is dit reg as ons bosse uitkap om plek te maak vir plantasies en landerye.  Dis ook goed en reg om diere in te span om vir ons te werk (soos osse en perde).  Dis nie moreel verkeerd om aartappels of skape te kloon nie.  Iemand sal beswaar aanteken:  ‘Dan is dit ook nie verkeerd om mense te kloon nie’.  Dit is.  God het die mens aangestel om oor die diere te heers en nie oor ander mense nie (v.26, 28).  Jy kan ‘n bees skiet of aborteer, maar om dit met ‘n mens te doen is moord:  “Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak.” (9:6).  Jy kan vir ‘n hond sê om te ‘voetsek’, maar om ‘n mens sleg te sê is sonde:  “Daarmee [die tong] loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.” (Jakobus 3:9).  Jy kan ‘n donkie inspan om ‘n karretjie te trek, maar as jy ‘n mens ontvoer om jou slaaf te wees beskadig jy iemand wat na God se beeld gemaak is.

 

Omdat alle mense na God se beeld gemaak is, is rassisme ‘n gruwel.  Die Bybel sê dat daar verskillende nasies, tale, volke en stamme is (Openbaring 5:9).  Maar God het nie die mens na sy soort gemaak nie.  Daar bestaan dus nie so iets soos verskillende rasse nie (jy kry Afrikaners met baie donker velle en Indiërs met ligte velle).  Daar is net een ras, en dit is die menslike ras:  “En die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde.” (11:1).  “En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het” (Handelinge 17:26).  Die enigste verskil wat God in die mensdom ingebou het, is die verskil tussen mans en vroue (v.27).  Daarom mag mense van dieselfde geslag nie met mekaar trou nie, terwyl mense van verskillende ‘rasse’ met mekaar mág trou.  God verbied dat ‘n gelowige en ‘n ongelowige met mekaar trou (Deuteronomium 7:3-4, 1 Korintiërs 7:39, 2 Korintiërs 6:14).  Evolusioniste wat hulle teorie konsekwent deurvoer moet ook rassiste wees.  Volgens die evolusie teorie het party rasse verder gevorder as ander.  Evolusie glo die sterkste spesie oorleef (survival of the fittest).  Ten minste was Hitler konsekwent in sy evolusionistiese denke, toe hy die ‘swakker’ ras wou uitmoor om ‘n superras te ontwikkel.  Anders as die evolusie-teorie, leer die Bybel dat nie mens nie net nóg ‘n dier is nie, maar dat hy bo die res van die skepping is, dat hy deur God aangestel is om dit te versorg.

 

Herstel (v.27)

‘Ons is die beeld van God, nie soos ‘n potloodskets van ‘n man wat die man uitbeeld nie, maar meer soos ‘n kind wat baie na sy pa lyk’ (vry vertaal uit Thomas Brooks, The Secret Key to Heaven, p.110).  Verbeel jou iemand staan langs ‘n meer waar hy sy eie weerkaatsing in die water sien.  As die persoon ‘n klip in die water gooi, versteur die rippels sy beeld en maak dit onduidelik.  Dis hoe God se beeld in ons is.  Voor die sondeval was dit perfek (die water was stil).  Na die sondeval, egter, is God se beeld in ons versteur (Satan en sonde het ‘n klip in die water gegooi).  Ja, ongelowiges weerspieël steeds God se beeld (cf. Genesis 9:6, Jakobus 3:9), maar dis ‘n verdraaide beeld.  Sonde het ‘n lelike effek op eenheid in die huwelik, kommunikasie, verhoudings (ook ons verhouding met God), heerskappy oor die skepping, moraliteit, ons geestelike natuur en logiese denke oor God en die wêreld.

 

Jesus het gekom om die beeld van God in ons te herstel (om die water stil te maak).  God het ons gered om ons na sy beeld te herstel.  Deur ‘n proses van heiligmaking vorm Hy ons na sy beeld.  Wanneer Jesus terugkom sal hierdie werk voltooi wees en sal ons Hom weer volmaak weerspieël:  “Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders” (Romeine 8:29).  “julle [moet] jul met die nuwe mens beklee…wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper” (Kolossense 3:5).  “Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.” (1 Johannes 3:2).[1]

 

Leef in gemeenskap met Jesus.  Bekeer jou gedurig van jou sonde en gehoorsaam Hom.  Sodoende sal jy meer en meer verander word na sy beeld.  Die Skrif sê:  “En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.” (2 Korintiërs 3:18).  Paulus sê “dat julle…die oue mens moet aflê…en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God [se beeld] geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.” (Efesiërs 4:22-24).

 


[1] Ons is na God se beeld gemaak en soos Hy, maar dit beteken nie ons is gode nie (soos wat Satan in 3:5 gesê het, en soos wat Benny Hinn en ander Prosperity predikers glo).

Advertisements

Wie is Jesus en hoe kan Hy jou help?

Lion reflection in sword

Toe Israel en Sirië Jerusalem wou aanval, het hulle koning (Agas) vir Assirië gevra om te help.  Assirië het gehelp, maar sou later teen Jerusalem draai.  Dit was ‘n tyd van benoudheid en donker in Jerusalem (Jesaja 8:22).  Daar sou egter in die toekoms ‘n Messias kom om hulle te verlos, om lig en vrede te bring; ‘n Verlosser om die vyand te verslaan en met reg te regeer (Jesaja 8:23-9:6).  Die voegwoorde ‘want’ aan die begin van v.3, 4 en 5 wys vir ons hoekom God se kinders bly was.  Hulle was veral bly omdat die Messias oppad was (v.5).  Wie is hierdie Messias?  Jesaja 9:5 sê vir ons:

 

“Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee;

en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem:

Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors”

 

Seun van die Mens

‘n Mede-proponent was jaloers op Joel Beeke:  ‘Hoekom is hý opgeneem as leraar en nie ék nie?’  Beeke is gekritiseer.  Een nag het hy oor die ander man se jaloesie gedink en vir die Here gesê:  ‘Here, U verstaan nie wat ek deurmaak nie.  Dit het nog nooit met U gebeur dat iemand op U jaloers was nie’.  Soos ‘n blits het Markus 15:10 in sy gedagtes ingekom:  “Want hy het geweet dat die owerpriesters Hom uit nydigheid oorgelewer het.”

 

Jesaja sê die Messias is gebore.  Dit wys vir ons dat Hy volkome mens is.  In 7:14 sê die profeet:  “Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel noem.”  Paulus sê:  “Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet” (Galasiërs 4:4).  Hierdie Kind heers nie in onreg soos die kinders van 3:4 nie (cf. 9:6).  Omdat Hy mens is verstaan Hy die stryd wat jy moet deurmaak.  Die Nuwe Testament sê:  “Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.” (Hebreërs 2:18).  “Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.” (Hebreërs 4:15).  As Hy dan jou probleme verstaan, waarom stort jy nie jou hart in gebed voor Hom uit nie?  Hoekom probeer jy self om die laste te dra?

 

Seun van Dawid

Prins Caspian was die opvolger tot die troon.  Miraz wou egter die koninkryk oorneem.  Toe daar vir Miraz ‘n seun gebore is het hy sy soldate gestuur om vir Caspian dood te maak (C.S. Lewis se boek, Prince Caspian).

 

Ons weet dat die geboorte van ‘n seun in Jesaja 9:5 ‘n aankondiging is dat ‘n nuwe koning gebore is.  Jesus is die ware opvolger tot die troon van Dawid (sien 9:6).  Sy geboorte het die belofte aan Dawid vervul:  “Die HERE het aan Dawid gesweer in waarheid (Hy sal daarvan nie terugkom nie): Van die vrug van jou liggaam sal Ek laat sit op jou troon.” (Psalm 132:11).  “Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.” (Lukas 1:32-33).  Jesus het van Homself gesê:  “Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.” (Matteus 28:18).

 

Het jy al gesien hoe klein kinders sê:  ‘Sit my neer, ek wil self loop…Moet my nie help nie, ek kan self die sak dra’?  As die kind sien die pakkie is te swaar vra hy vir jou om te help.  Moenie soos kinders wees nie.  Hoekom wil jy self die las van slawerny, sonde en probleme dra as dit op Jesus se skouers is:  “die heerskappy is op sy skouer” (v.5)?  Jesus het gesê:  “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.” (Matteus 11:28-30).  En Petrus:  “Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.” (1 Petrus 5:7).

 

Seun van God

Die Messias is vir ons gegee (sien v.5).  Die werkwoord wys vir ons dat die Messias van God af kom.  Die woord ‘gee’ wys ook vir ons iets van God se liefde.  Die woord dui ook aan dat Hy opgeoffer is om ons deur sy kruisdood te red.  Die Nuwe Testament sê:  “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Johannes 3:16).  “Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?” (Romeine 8:32).

 

Mense gebruik dikwels die cliché:  ‘Jesus is die grootste geskenk hierdie kersfees; deel Hom met ander’.  As jy eerlik is voel jy nie in hart dat dit so is nie.  Miskien leer jy hierdie dinge vir jou kinders, maar weet hulle hóé om Hom met ander te deel?  As jy in Jerusalem gebly het en gesien het hoe jou vyand die stad omsingel, jou pa vermoor, jou ma verkrag; hoe ma’s hulle eie kinders eet en hoe almal slawe word, sal jy dit verstaan.  As die polisie in jou land onbetroubaar is, die ministers geld steel, misdaad toeneem, verkragting en aborsie alledaags is, skoliere mekaar met messe steek en onderwysers aanrand, sal jy dit verstaan.  As jy die aakligheid en gewig van sonde in jou eie hart voel sal jy verstaan.  In sulke tye sal jý ook wens vir Een wat regverdig sal regeer (v.6).  Dán sal jy God dank vir die geskenk van sy Seun en verstaan wat dit beteken dat Jesus die grootste geskenk van kersfees is.  Gee Hom vir ander deur evangelisasie en praktiese dade van liefde.

 

Wonderbare Raadsman

In Westminster Chapel het mense na die erediens in ‘n ry gestaan om met Martyn Lloyd-Jones te praat.  Daar was allerhande mense wat raad nodig gehad en gekry het.  In antieke tye het konings wyse raadgewers gehad.  In Salomo se geval was hy self ‘n wyse man.  Soos Salomo is die Messias self ‘n Raadsman (v.5).  Jesaja sê Hy is gevul met wysheid en verstand (11:2).  In 28:29 sê hy:  “Ook dit kom van die HERE van die leërskare:  Hy is wonderbaar van raad, groot van beleid.” 28:29).  Die feit dat Hy ‘n Wonderbare Raadsman is wys dat Hy bonatuurlike wysheid het.  In Rigters 13:18 sê Christus sy Naam is Wonderbaar.

 

As dit dan so is, wonder ek hoekom enige Christen ‘n berader soek wat God en die Bybel minag; ‘n berader wat nie erken dat Jesus die Wonderbare Raadsman is nie.  “But people will tell you to ask for messages from fortunetellers and mediums, who chirp and mutter. They will say, ‘After all, people should ask for messages from the spirits and consult the dead on behalf of the living.’  You are to answer them, ‘Listen to what the LORD is teaching you!  Don’t listen to mediums – what they tell you cannot keep trouble away.’” (8:19-20, TEV).  Moenie in trotsheid jou probleme inhou of dit self wil uitwerk nie.  Kry hulp in goeie boeke.  Moenie die Bybel ignoreer nie.  Bel jou herders.  Vra volwasse gelowiges vir hulp.  Bid.  Moenie wegbly van die kerk wanneer jy moles het nie.  Hoekom wil jy al hierdie hulpmiddels versaak as Jesus jou Wonderbare Raadsman is?

 

Sterke God

Uit Prince Caspian waaruit ek vroeër aangehaal het:  Peter wou nie meer vir Aslan (die magtige leeu) wag nie:  ‘Ons het lank genoeg gewag’.  Hy het besluit om homself uit te help en het sy troepe aangespoor om reg te kry vir oorlog.  Die Messias is die Krygsman-God (letterlike vertaling van ‘Sterke God’) wat ons van die vyand verlos:  “U het die nasie vermenigvuldig, hulle vreugde groot gemaak; hulle is vrolik voor u aangesig soos iemand vrolik is in die oestyd, soos iemand juig as die buit verdeel word.  Want die juk wat op hulle gedruk het, en die stok wat hulle rug getref het, die roede van hulle drywer, het U verbreek soos op die dag van Mídian.  Want elke soldateskoen wat daar wegstap met gedreun, en die kleed wat in bloed gerol is, dien tot verbranding, ‘n prooi van die vuur.” (v.2-4, cf. 10:21, 11:5).  “Die HERE is ‘n krygsman; HERE is sy naam.” (Eksodus 15:3).

 

Hierdie ‘Sterke God’ se mag is niks minder nie as almag.  Hy het reeds die vlees, die duiwel en die wêreld oorwin.  ‘Besides the two thieves crucified with Christ, there were two other invisible thieves crucified with him:  sin and the devil’ (Thomas Watson, The Lord’s Supper, p.13).  Jy sê:  ‘Ek kan net nie hierdie versoeking wen of teen die duiwel se aanvalle standhou nie’.  Maar vra jy gereeld dat die Here jou sal help?  Gebruik jy die middele tot jou beskikking (Efesiërs 6)?  Dalk bid jy, maar jy beskou gebed as die laaste uitkoms.  Of miskien bid jy, maar sodra jy klaar is wil jy jouself uithelp; jy wag nie vir die Sterke God om jou te help nie.

 

Ewige Vader

Klein kinders sien nie die nut vir tug, vroeg in die bed klim, groente eet, kamer opruim, huiswerk doen, besoeke aan die tandarts of dokter nie.  As hulle kon kies sou hulle net roomys en lekkers wou eet, die hele dag speel en elke aand laat wakker bly.  Maar as ouer weet jy dis nie goed vir hulle nie.  Die Messias word genoem Ewige Vader.  Dit beteken nie Jesus is die Vader nie (alhoewel Hy een is met die Vader, Johannes 10:30).  Die Naam spreek eerder van ‘n Messias wat soos ‘n vader vir ons sorg en ons tugtig.  Hy is die Herder wat ons dra.  Ons is sy kinders (cf. 8:18, 53:10, 63:16, 64:8, 40:11).

 

Voel dit of jy alleen die laste moet dra?  Die feit dat Hy nie dadelik antwoord nie, beteken nie dat Hy nie hoor of dat Hy nie medelye het nie.  Leer eerder die lesse wat Hy wil hê jy moet leer wanneer Hy jou tug:  “Want húlle het ons wel ‘n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy heiligheid kan deelagtig word.  Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.” (Hebreërs 12:10-11).  Glo dat Hy die beste weet (groente en vroeg slaap eerder as roomys en laat wakker bly).  As dit nóú die regte tyd was om jou te help sou Hy dit gedoen het.

 

Vredevors

Paulus was ‘n vyand van God.  Voor sy bekering was Nicky Cruz ‘n bendeleier wat oorlog in sy hart gehad het met God.  Toe hierdie manne nuwe harte ontvang het, het hulle ook vrede gemaak met ander.  Die Messias is die Bron van vrede en sal in vrede heers:  “Vredevors – tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde” (v.5-6).  So beskryf die profeet die Messias se heerskappy:

 

“En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.” (2:4).

 

“Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en ‘n klein seuntjie sal hulle aanja.  Die koei en die berin wei, en hulle kleintjies lê bymekaar; en die leeu eet strooi soos die os; en die suigling speel by die gat van ‘n adder, en die gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van ‘n basilisk.  Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek.” (11:6-9).

 

Die vrede het gekom deur sy Persoon, geboorte en kruisdood:  “die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.” (53:5).  “Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!” (Lukas 2:14).  “Want Hy is ons vrede” (Efesiërs 2:14, cf. Miga 5:4).

 

Het jy vrede?  Of rebelleer jy teen God?  Pla jou gewete jou?  Is jy lief vir jou sonde?  Is jou lewe ‘n gemors?  Het jy oorlog met ander?  Moenie vrede op ‘n 1001 maniere buite Jesus soek nie.  Kom na Hom toe en vind rus vir jou moeë siel.

Só lyk ‘n samelewing wat God ontken

There's no God

‘Dít is wat gebeur as ‘n mens God onttroon en jouself die middelpunt wil maak:  jy vergeet jou verantwoordelikhede teenoor ander; jy misbruik hulle besittings en selfs hulle liggame om jouself te dien’ (Barrett, aangehaal in New Bible Commentary, p.1018).  So klink Paulus se beskrywing hiervan:

 

28 En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: 29 hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; 30 nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; 31 onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig, 32 mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.” (Romeine 1).

 

Mense se denke (v.28)

As jy wil weet of edelmetale suiwer en bruikbaar is, moet jy dit in vuur toets.  Net so toets God mense se harte en gedagtes:  “Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, maar die HERE toets die harte.” (Spreuke 17:3).  Hy sien dat mense se gedagtes onrein en waardeloos is.  Hulle erken Hom nie, maar sê:  ‘Ek sal laterin my lewe oor God besluit…Godsdiens is nie vir my nie…Kerk is ‘n mors van tyd…Ek is verlig – die Bybel is ‘n antieke boek vir antieke mense…Om God te erken pas my nie’.  Job 21:14-15 sê:  “Tog het hulle tot God gesê:  Bly ver van ons af; en:  In die kennis van u weë het ons geen behae nie.  Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien?  En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring?”  Omdat dit mense nie pas om God te dien nie, het God hulle oorgegee aan begeertes, denke en dade wat nie by opgevoede mense pas nie (v.28).  “In sy sonde sê die mens vir God:  ‘Gaan weg en los my uit.’  Deur die straf van die hel sê God vir die mens:  ‘Jou wens is vervul.’” (C.S. Lewis, aangehaal in Millard J. Erickson, Christian Theology, p.1240).

 

As jy soos Farao volhou met jou sonde, jóú wil doen, God ignoreer en jou hart verhard (Eksodus 8:32), dan sal God jou hart verhard, sodat jy jou nie kán bekeer nie (Eksodus 10:27).  Die Bybel noem dit sonde teen die Heilige Gees; die onvergeeflike sonde.  Dit is hoe dit beskryf word:

 

“‘n Man wat baie bestraf is, en sy nek verhard, sal onvoorsiens verbreek word sonder dat daar genesing is.” (Spreuke 29:1).

 

“Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.  Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie.  Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou; omdat daar gesê word:  Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie.” (Hebreërs 3:12-15).

 

“Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.” (Hebreërs 6:4-6).

 

Party van my hoorders en lesers het al baie keer die evangelie gehoor, maar lewe nogsteeds in rebellie teen God.  Die Here gee vandag vir jou nog ‘n kans.  Moenie alweer uitstel nie.  Dalk oorkruis jy vandag die onsigbare lyn.  Miskien is vandag die dag wat God jou hart verhard.  Hoor die Woord van die Here:  “Kyk, NOU is dit die tyd van die welbehae; kyk, NOU is die dag van heil.” (2 Korintiërs 6:2b).

 

Mense se dade (v.29-31)

In Dr. Seuss se Lorax, sing die hoofkarakter:  ‘How b-a-a-a-a-d can I be?’  Sy lirieke is ‘n goeie opsomming van v.29 waar Paulus twee keer sê dat die mens vol van sonde is.  Alhoewel dit in ‘n ander konteks gesê is, geld Jehu se woorde vir ons samelewing:  “Agab het Baäl ‘n bietjie gedien; Jehu sal hom baie dien.”  Die frase ‘vol sonde’ beteken nie net dat mense baie sonde doen nie, maar ook baie verskillende soorte sonde.  Iemand wat vol drank is word deur die alkohol beheer.  Net so word mense wat vol van sonde is daardeur beheer:  hulle harte, gedagtes, begeertes, emosies, wil, woorde, dade, sintuie, ensovoorts.

 

In v.24-27 het ons reeds in detail gekyk na seksuele immoraliteit en homoseksualiteit.  In v.29-31 gee Paulus nog 21 voorbeelde van sondes wat soos die pes uitbreek in ‘n samelewing sonder God (die Ou Vertaling noem 23 sondes, maar twee hiervan kom nie in die beste manuskripte voor nie.  Die ekstra twee word op ander plekke in die Bybel verdoem).  Hier is hulle:

 

[1] Ongeregtigheid.  Alle ongeregtigheid is sonde (1 Johannes 5:17).

 

[2] Boosheid.  Uiterlik lyk hulle miskien skoon, maar innerlik is hulle vol van boosheid (Lukas 11:39).  Hulle word veral deur bose magte verlei om aaklige dinge te doen (Efesiërs 6:12).

 

[3] Hebsug of gierigheid.  Die Skrif sê:  “Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.” (Eksodus 20:17).  Paulus sê gierigheid is afgodery (Kolossense 3:5).  Mense sal ander mense doodmaak, steel, leuens vertel, egbreuk pleeg, onderdruk, op ander trap om te kry wat hulle wil hê.  Ons moet pasop dat ons nie ons kinders leer om gierig te wees nie.  Moet hulle nie met geskenke manipuleer nie:  ‘As jy ophou huil sal ek vir jou ‘n suigstokkie koop…As jy jou eksamen slaag sal ek vir jou ‘n kar koop’.  Moenie toegee aan hulle tantrums omdat jy nie in die verleentheid wil kom nie.  Moenie maak asof kersfees oor húlle gaan en nie oor Jesus nie.  Deur al hierdie dinge te doen leer jy hulle om te kry wat húlle wil hê.

 

[4] Ondeug.  Dit praat van slegte planne in ‘n mens se hart.  Die Skrif sê:  “Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie.  Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.  Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself.  Ek is die HERE.” (Levitikus 19:17-18).

 

[5] Nydigheid.  Hier praat Paulus van mense wat so afgunstig is, dat hulle seker sal maak dat niemand goeie dinge kan kry as húlle dit nie kan kry nie (byvoorbeeld bevordering by die werk).

 

[6] Moord.  In Paulus se dag was kindermoord, aborsie, mense-offers en selfmoord algemeen.  Baie keisers het hulle vroue, kinders, dienaars, slawe en ander vermoor.  Dalk beplan jy moord, selfmoord of aborsie.  Maar moenie dink jy is onskuldig as dít nie in jou gedagtes is nie.  As jy iemand uit jou lewe wil hê (hetsy deur te skei, mense te haat, te ignoreer, af te skryf, aan te val, te vloek, te skel, te slaan of te dagdroom hulle trek of sterf) is jy ‘n moordenaar (1 Johannes 3:15).

 

[7] Twis.  Daar was onlangs ‘n hewige geveg tussen ‘n klomp NG-kerk dominees en lidmate op Facebook.  Maar wat van jou?  Hoe lyk die verhoudings in jóú huwelik, gesin, werk, skoonfamilie en kerk?

 

[8] Bedrog.  Dit sal geld insluit, maar gaan oor meer as dit.  Jy kan bedrog pleeg met jou tong of deur te sê jy is ‘n Christen terwyl jou dade glad nie jou belydenis ondersteun nie.  As jy jou beloftes breek of jou stories vergroot om mense te beïndruk (daardie ‘jagstories’ van jou).  Selfs as jy ‘n sogenaamde witleuen vertel is jy skuldig aan bedrog.

 

[9] Kwaadaardigheid.  Sulke mense dink die slegste van ander en bevraagteken alewig ander se motiewe (selfs al doen die mense goed aan hulle).

 

[10] Nuusdraers.  Hierdie is die soort mense wat alles weet van almal (hulle snoep rond op Facebook en steek hulle neuse in ander mense se sake).  Die Bybel sê:  “Jy mag nie as ‘n kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie.  Ek is die HERE.” (Levitikus 19:16).

 

[11] Kwaadsprekers.  Dié mense hou veral daarvan om baie te praat op die telefoon (al is dit per sms of Whatsapp).

 

[12] Haters van God.  Jesus het gesê dat die wêreld Hom haat (Johannes 7:7).  Sulke mense haat God omdat Hy tussen hulle en hulle sonde staan.  Hulle gunsteling onderwerp is om God, die Bybel en Christenskap te belaster en uit te lag.

 

[13] Geweldenaars.  Die woord spreek van mense wat ander seermaak, omdat dit vir hulle plesier bring.  Hulle is sadiste.

 

[14] Trotsaards.  Dié mense verkleineer graag ander mense om hulleself beter te laat lyk.

 

[15] Grootpraters.  Judas 16 praat van ‘loud-mouthed boasters’ (ESV).  Hierdie mense sal grootpraat oor hulle…

  • Godsdienstigheid (Lukas 18:11-12).
  • Rykdom (Psalm 49:7).
  • Afgode (Psalm 97:7).
  • Sonde (Psalm 52:3).  Twee seuns op skool het eendag by ‘n gimnastiek oefening geroem oor watse lelike sondes hulle al gedoen het.  Die een wou beter wees as die ander, en dit terwyl Paulus praat van sondes waaroor ons skaam behoort te wees (6:21)!
  • Belangrikheid (Handelinge 5:36).  Het jy al gedagdroom oor hoe jy beroemd word, of oor hoe ander mense goed praat van jou?  Party mense (soos Miguel de Jesus in Meksiko) gaan so ver om te sê dat hulle God is (2 Tessalonisense 2:4).
  • Planne (Jakobus 4:16).  Hulle praat asof hulle in beheer is van die toekoms.

 

Mense wat so roem, roem oor dinge wat net in hulle verbeelding bestaan.  Hulle hoop om ander te beïndruk.  As Christene moet ons eerder roem in die Here en sy kruisdood (Jeremia 9:23-24, Galasiërs 6:14).  Laat ons roem deurdat ons sy lof besing en sy grootheid verkondig in die evangelie.

 

[16] Uitvinders van slegte dinge.  “God [het] die mens reg gemaak [Adam en Eva]…maar hulle het baie slim planne gesoek.” (Prediker 7:29).  In ons land dink mense nuwe metodes van kaping uit.  Party mense vind plesier daarin om nuwe maniere van sonde uit te toets.  TV en films help veral om kinders en misdadigers hierin aan te moedig.  Ook as mense tyd misbruik en ledig is word hulle hierin aangehits.

 

[17] Ongehoorsaam aan ouers.  Ons lees van Eli se seuns:  “Maar Eli was baie oud, en as hy hoor alles wat sy seuns aan die hele Israel doen, en dat hulle gemeenskap hou met die vroue wat dien by die ingang van die tent van samekoms, dan sê hy vir hulle:  Waarom doen julle sulke dinge, dat ek van hierdie hele volk julle slegte dinge moet hoor?  Dit moenie wees nie, my seuns, want dit is geen goeie gerug wat ek hoor nie; julle maak dat die volk van die HERE oortree.  As mens teen mens sondig, dan beslis die owerheid oor hom, maar as ‘n mens teen die HERE sondig, wie sal dan vir hom as skeidsregter optree?  Maar hulle het nie na hul vader geluister nie, want die HERE wou hulle ombring.” (1 Samuel 2:22-25).  Daar is geen meer respek vir onderwysers in ons skole nie.  Oor die afgelope paar maande is onderwysers deur kinders aangerand.  Ook in die werkplek bestaan respek nie meer nie.  Waar anders begin dit as in die huis?  Jesaja 3 beskryf wat in ‘n vervalle samelewing gebeur:  “En Ek sal seuns hulle vorste maak, en moedswilliges sal oor hulle heers.  En die mense sal mekaar verdruk, man teen man, en die een teen die ander; die seun sal die grysaard, die veragtelike sal die agbare stormloop…Die drywers van my volk is kinders…” (v.4-5, 12).

 

In 18 Oktober se Citizen was daar ‘n artikel wat duidelik wys dat ons land op ‘n afdraende pad is.  Die titel was, What makes parents uncool?  Hier is ‘n paar dinge:

 

  • As hulle nie die toptreffers ken nie.
  • As hulle nie moderne liede se woorde ken nie.
  • As hulle nie ‘n ordentlike kar ry nie.
  • As hulle nie toelaat dat hulle kinders laat uitbly nie.
  • As hulle geen belang in rekenaar speletjies het nie.
  • As hulle toesien dat hulle kinders die regte skooldrag dra.
  • As hulle nie wil hê hulle kinders moet oorbelle dra nie.
  • As hulle nie toelaat dat hulle kinders selfone het nie.
  • As hulle nie DSTV het nie.
  • As hulle nie toelaat dat hulle kinders dra wat hulle wil nie.
  • As hulle ‘n goeie verhouding met hulle kinders se vriende het.
  • As hulle nie toelaat dat hulle kinders ‘n tattoo kry nie.
  • As hulle nie vir hulle kinders ‘n i-Pad kry nie.

 

Dit is sleg en ongesond as ‘n samelewing om jongmense draai; as hulle toelaat dat die jongmense voorskryf hoe dinge moet wees (byvoorbeeld die ANC Jeugliga of tieners wat bepaal wat die populêre modes, musiek en films moet wees).  Die kerk moenie deur die wêreld beïnvloed word, sodat alles jongmens-gesentreerd is nie.  Tydens die 1904 herlewing in Wallis het mense gedink dat dit baie geestelik is om die leisels oor te gee aan jongmense.  Een prediker is nie deur die jongmense (tussen 16 en 23 jaar) toegelaat om te preek nie.  Nadat hy vir ‘n paar weke uit die kansel afwesig was, het hy vir hulle gevra:  ‘Am I to preach tonight?’  Hulle antwoord was:  ‘It depends upon what the Spirit tells us.’  Een man skryf oor hierdie herlewing:  “In the present revival, the Bible is ignored, and it is claimed that visions and new revelations are received…In the Book of Acts it is said that Paul ordained elders in every church…It is clear to all who wish to see that it was the elders who were to rule in the churches…In the present revival, the elders are condemned as heretics if they do not yield, and conform to the methods of the young.  The officers of the churches are at present ignored.’ (Iain Murray, Pentecost – Today, pp.161-162).  Die bestaan van jeugkerke is ongesond.  Ek sien geen voorbeeld daarvan in die Bybel nie.

 

[18] Onverstandig (cf. v.21-22).  In 3:11 sê Paulus:  “Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie.”  In baie gevalle is dit jongmense wat roekeloos is en dom dinge aanvang.  Maar hierdie sonde is nie nettot hulle beperk nie.

 

[19] Ontrou.  Mense is dislojaal; jy kan nie op hulle steun of staatmaak nie.  Die Griekse term beteken letterlik ‘verbond brekers’.  Sulke mense se handtekening of woord beteken vir hulle niks nie.  Vir hulle is ‘n verbond niks meer as ‘n stuk papier nie.  Hulle breek hulle huweliksbeloftes.  Hulle hou nie by die kontrakte wat hulle onderteken nie.  Hulle belofte as lidmate van die kerk word gebreek.  Die getuies by hulle doop of die toewyding van hulle kinders kan duidelik sien watse tipe mense hulle is:  ontrou.

 

[20] Sonder natuurlike liefde.  In die eerste eeu is ‘n nuutgebore baba aan sy of haar pa se voete neergelê.  Die pa het besluit of hy die kind wil hê of nie.  Net soos in ons tyd, is babas in Paulus se tyd geaborteer of weggegooi (‘n ma wat dít doen het geen natuurlike liefde nie!).  Ook bejaarde mense was vir die samelewing ‘n las.  Vandag baie mense dat hulle vir ou mense omgee, maar die feit dat baie kinders hulle ouers eenkeer in ses maande in die siekeboeg gaan sien getuig anders.  Mense is, soos Paulus sê, sonder natuurlike liefde.

 

[21] Onbarmhartig.  Die Mouk-stam het voorvader geeste aanbid.  Tydens hulle feeste sou een van die mans ‘n lelike masker op hê, en maak of hy ‘n voorvader gees is.  Indien ‘n vrou sou uitvind dat dit net ‘n gewone man was wat die masker aan het, het hulle haar doodgemaak.  In Indië sou ‘n weduwee lewendig langs haar man verbrand word.  Paulus het geleef in ‘n wêreld waar Gladiators mekaar vir die keiser se plesier doodgemaak het.  In ons tyd het mense wat in plaasmoorde betrokke is geen barmhartigheid oor hulle slagoffers nie – selfs al is hulle bejaard.  Die een rede hoekom mense onbarmhartig is, is omdat hulle self nie barmhartigheid verstaan nie.  Die les wat so iemand moet leer is dit:  Jesus het geeneen van die sondes van v.29-31 gedoen nie.  Hy het perfek gelewe, maar is namens ons gestraf asof Hy elkeen van hierdie sondes gedoen het.  Indien jy tot Hom roep, na Hom toe kom, op Hom vertrou, die evangelie glo, jou sonde bely, vergifnis vra en jou bekeer, dan sal jy gered word van die oordeel wat oppad is.

 

Mense se goedkeuring (v.32)

‘Die uiterste van sonde is as mense applous gee vir ander se sonde, eerder as om daaroor te treur’ (NIV Study Bible).  In Angus Buchan se film, Ordinary People, juig ‘n groep motorfietsryers ‘n ‘nuweling’ toe om dronk te word.  Mense se gewetens getuig dat hulle vir hulle dade die dood verdien:  “Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie; omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig” (2:14-15).  “Want die loon van die sonde is die dood” (6:23).  Mense sondig dus nie uit onkunde nie, maar in direkte rebellie teen God:  “mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien” (v.32a).  Hierdie mense doen nie net self die sonde nie, maar keur ook ander se sonde goed, verbly hulle daarin en hits dit aan:  “dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.” (v.32b).  Baie ander verse bevestig dit:

 

“As jy ‘n dief sien, dan geval dit jou by hom, en jou deel is met die egbrekers.” (Psalm 50:18).

 

“Met hulle boosheid verbly hulle die koning en met hulle leuens die vorste.” (Hosea 7:3).

 

“En Judas Iskáriot, een van die twaalf, het na die owerpriesters gegaan om Hm aan hulle oor te lewer.  En toe hulle dit hoor, was hulle bly en het belowe om hom geld te gee. En hy het na ‘n goeie geleentheid gesoek om Hom oor te lewer.” (Markus 14:10-11).

 

“Julle gee dus getuienis vir die werke van julle vaders en het saam welbehae daarin, want hulle het hul gedood en julle bou hul grafte.” (Lukas 11:48).

 

“En Saulus het ook sy vermoording goedgekeur.” (Handelinge 8:1).

 

“en toe die bloed van Stéfanus, u getuie, vergiet is, het ek ook self daarby gestaan en sy vermoording goedgekeur en die klere opgepas van die wat hom doodgemaak het.” (Handelinge 22:20).

 

“[Die liefde] is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.” (1 Korintiërs 13:6).

 

“sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.” (2 Tessalonisense 2:12).

 

Dit is erg dat party van die owerhede, polisie en regters in ons land kop in een mus is met misdadigers.  Ook die media vind genot in ander se sonde, deurdat hulle dit van die dakke af verkondig.  Die versoeking is daar vir ons om onsself in ander se sonde te verlustig en om dit goed te keur.  TV, tydskrifte en advertensies kan ‘n mens maklik in hierdie strik laat trap.  Pasop!

 

Die verskriklike sondes in v.28-32 wys vir ons dat geen mens hom of haarself kan red nie.  Ons sal nooit hierdie land kan verander nie.  Indien verandering plaasvind moet dit van God af kom.  Hy sal bonatuurlik moet ingryp.  Die evangelie alleen kan ons red van die mag van sonde (v.16-17).  Die herlewings van die geskiedenis is ‘n bewys dat die evangelie ‘n vervalle samelewing kan herstel.  Na die 1859 herlewing in Noord-Ierland het die drank bedryf op sy neus geduik.  Een distrik het nege drinkplekke gehad.  Twee het gesluit toe hulle eienaars tot bekering gekom het.  Drie moes toemaak omdat daar geen besigheid was nie.  Die ses wat oopgebly het se verkope was in die jaar 1860 minder as wat voorheen deur één drankwinkel verkoop is (Iain Murray, Pentecost – Today?, p.182).  In plekke waar mense geen Bybel het, die gesonde lering daarvan hoor en daaraan gehoorsaam is nie, floreer die sondes waarvan ons in v.28-32 lees.  Dis ‘n feit.

 

‘n Oplossing vir homoseksualeit

Two men holding hands

Homoseksualiteit was algemeen in Paulus se dag.  Die apostel skryf:  “Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand:  manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.” (Romeine 1:26-27).

 

Die Romeinse digter Juvenal sê dat lesbian aktiwiteit algemeen was in die 1ste eeu (Satire 6 in Alvin Schmidt, How Christianity Changed the World, p.89).  Willaim Barclay sê dat 14 uit die eerste 15 Romeinse keisers in homoseksuele dade betrokke was (The Daily Study Bible:  Letter to Romans, p.25). Tacitus het die Romeinse era so opgesom:  ‘Hoe groter die skande, hoe beter die plesier’ (Ibid, p.24).  Keiser Commodus het 300 byvroue en 300 seuns as seksslawe gehad (Schmidt, p.86).  Vandag wil NAMBLA (North American Man/Boy Love Association) dit weer so hê:  “[NAMBLA] seeks to remove all present legal restriction in regard to sex between adult males and boys.” (p.87).  Die National Education Association (NEA) vra dat homoseksualiteit as ‘n alternatiewe leefstyl in laerskole geleer moet word (p.88).  Stuart Olyott is reg:  ‘A nation filled with sexual perversions is a nation already under judgement – and ripe for worse, as the Old Testament history of Sodom and Gomorrah testifies.’ (Romans, p.13).  Laat ons treur oor ons land, vir haar bid, die evangelie suiwer en kragtig verkondig en ons lig helder laat skyn (Matteus 5:16).

 

Die individu se plig

[1] Moenie die skuld op ánder plaas nie.  Moenie sê jy is so gebore nie (sien my preek getiteld:  ‘Is homoseksualiteit REGTIG sonde?’).  Moet ook nie jou ouers, ander se sonde teen jou of die samelewing beskuldig nie.  As jy jou onbetrokke ouers die skuld gee, sal jy na húlle kyk vir die oplossing en nie na Christus nie.  Daar kan geen vergifnis en herstel wees totdat jy nie erken dat jý skuldig is nie (Spreuke 28:13, 1 Johannes 1:9).  Dit mag wel jare neem om sondige begeertes dood te maak, maar homoseksuele dade kan dadelik stop:  “Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe” (Titus 2:11-12).

 

[2] Glo in krag van evangelie, die Heilige Gees, God se beloftes en gebed:

 

“Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo” (Romeine 1:16).

 

“So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.  Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.  En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.  Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.” (Romeine 6:11-14).

 

“want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.” (Romeine 8:13).

 

1 Korintiërs 6:9-10 sê homoseksueles sal nie die Koninkryk van God sal sien nie, “En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.” (1 Korintiërs 6:11).

 

“Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.” (Jakobus 5:16).

 

“Hy [het] ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.” (2 Petrus 1:4). 

 

Homoseksualiteit is nie op so ‘n wyse uniek, sodat iemand wat daarmee stry ‘n geestelike spesialis hoef te sien nie.  Teen hierdie sonde veg ‘n mens soos teen enige ander sonde.

 

[3] Die stryd teen hierdie sonde is baie dieper as bloot ‘n stryd teen verkeerde dade.  Party Christen sielkundiges sê homoseksuele dade is sonde, maar die aangetrokkenheid teenoor iemand van dieselfde geslag is heeltemal normaal (hulle noem dit ‘Same-Sex Attraction Disorder’).  Die waarheid is egter dat die aangetrokkenheid self sonde is – dis onnatuurlik.  Romeine 1:26 praat van skandelike begeertes.  Jesus sê dat die begeerte net so sondig en strafbaar is soos die daad (Matteus 5:27-30).  Daarom sê die Bybel:  “Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is” (Kolossense 3:5).

 

[4] Kies mooi vir wie jy hulp vra.  Sorg dat die mense wat jou help glo jou probleem is sonde.  Maak seker dat hulle die ware evangelie glo en ook vertroue het in die krag van gebed.  Hulle moet glo dat die Skrif kragtig en algenoegsaam is om jou probleem op te los.  In die verlede was die organisasie Exodus betroubaar, maar ook húlle is nou van die pad af.  Die direkteur van dié organisasie het onlangs gesê dat hulle siening van hierdie sonde al die jare verkeerd was.

 

[5] Doen weg met sondige vriende en verhoudings:  “Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.” (1 Korintiërs 15:33).

 

[6] Vermy enigiets wat jou versoek om hierdie sonde te doen:  “Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.” (Romeine 13:14).

 

[7] Mans moet meisieagtige gewoontes en maniertjies afleer, en ook sorg dat hulle kleredrag nie vroulik is nie.  Vroue moet dieselfde doen.  “‘n Vrou mag geen mansklere dra nie, en ‘n man mag geen vrouensklere aantrek nie; want almal wat dit doen, is vir die HERE jou God ‘n gruwel.” (Deuteronomium 22:5).

 

[8] Bou gesonde en nie-seksuele vriendskappe met mense van dieselfde en teenoorgestelde geslag.

 

[9] Wees betrokke in ‘n goeie kerk waar jy die Woord kan leer en getrou kan dien.

 

[10] Ontwikkel normale slaappatrone.  Die meeste homoseksuele aktiwiteit vind laat in die aand plaas.

 

[11] Neem jou depressie, vrees en angs na die Here toe.  Moenie hieraan uiting wil gee deur te sondig nie.

 

[12] Moenie dink jóú versoeking is die ergste en wens jy kan met iemand anders se sonde sukkel nie.  Hoe moet dit wees om gereeld te steel, te lieg, dronk te word, egbreuk te pleeg, afgode te aanbid, God se Naam te laster?  Sonde in elke vorm is dodelik.

 

[13] Verwerp afgodery.  Mense wat die Skepper/skepsel rol verwar (Romeine 1:25), sal binnekort die rol van man en vrou op sy kop keer (Romeine 1:26-27).  Dit is een rede hoekom evolusie so gevaarlik is:  mense ontken die Skepper en verhef skepsel.  Voor jy weet dryf hulle die gay-agenda en propageer hulle dit as ‘n alternatiewe leefstyl.

 

[14] Dink aan die gevolge.  Paulus praat van die verdiende straf wat hierdie mense in hulleself verkry (Romeine 1:27).  Homoseksuele mense (soos mense wat ander vorme van immoraliteit beoefen) kan maklik VIGS of seksueel-oordraagbare siektes kry.  Dink ook aan die lelike gevolge van hierdie siektes (Galasiërs 6:7-8 sê wat jy saai sal jy maai).  Homoseksuele aksies is pynlik en bring ook baie emosionele pyn.  Dwelms gaan dikwels gepaard met hierdie aktiwiteite.  As gevolg van slegte slaappatrone ontwikkel hierdie mense ook ander probleme.  Geweld is deel van die homoseksuele leefstyl.  Ook skuldgevoelens en depressie.  En dan is daar natuurlik die gevaar van sonde wat toeneem en vererger.  Onthou dat sonde progressief is:  “Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word” (Openbaring 22:11).  Later is homoseksuele dade nie meer genoeg nie.  Die kanse is groot dat sulke mense hulleself wend tot orgies, kindersmolestering of bestealiteit (seks met diere).  Homoseksuele mense (soos mense wat in enige ander  sonde volhard) skroei hulle gewetens.  Die Bybel praat van sonde wat te erg is om te noem; skandelike dinge waaroor ons skaam is (Romeine 6:21, Efesiërs 5:12).  Homoseksuele mense is later nie meer skaam oor hulle sonde nie.  Hulle vind eintlik plesier daarin om skandelike dinge te doen (Romeine 1:26-27).

 

Die ouers se plig

Ouers met klein kinders:  Voed jou kinders op volgens hulle geslag.  ‘n Meisie wat saam met my op skool was se pa het haar soos ‘n seun hanteer.  Hy was hard met haar en het haar grootgemaak om soos ‘n seun te baklei.  Vandag is sy ‘n lesbian.  James White het by ‘n konferensie vertel van ‘n seun in die V.S.A. wat opsetlik grootgemaak word om ‘n ‘meisie’ te wees.  Ouers moenie hulle kinders hierdie onreg aandoen nie.  Moenie rof en onbeskofte meisies of fyn en sagte seuns grootmaak nie.  Om dit reg te kry moet jy sekermaak dat jy self die Bybelse rol van mans en vroue verstaan.  Moenie dink dat vuisslaan of matroos-taal van jou seun ‘n man maak, of dat ‘n meisie wat met seuns flirt van jou dogter ‘n vrou maak nie.  Kinders verwar seksualiteit omdat hulle geslag verwar.  Leer vir jou kinders regte man-wees en vrou-wees met betrekking tot kleredrag, speelgoed, werk, sport, huweliksrolle en meer.  Doen dit veral deur jou eie voorbeeld.  Gee vir hulle die geskenk van ‘n gesonde huwelik en gesin.  Onthou, hulle sal grootliks jóú voorbeeld volg (ook as jy en jou huweliksmaat alewig baklei of as jy ‘n los moraliteit handhaaf).  Onbetrokke en harde ouers versoek party kinders om liefde te gaan soek by iemand van dieselfde geslag.  Die feit dat nie elke kind met onbetrokke ouers homoseksueel word nie, bewys dat ouers nie die oorsaak van hierdie sonde in hulle kinders is nie.  Maar indien ouers onbetrokke of hard is, is die kans baie groter dat so ‘n kind homoseksuele sonde sal kies.

 

Ouers met groot kinders:  Erken en bely as jy misluk het in jou opvoeding.  Leer vir jou kinders die waarheid oor homoseksualiteit.  Bid vir hulle.  Moenie toelaat dat hulle in jou huis sondig nie (party ouers laat toe dat hulle seuns se ‘vriende’ by hulle kom oorslaap).  Aanvaar jou kinders maar moenie hulle sonde goedpraat of aanvaar nie.  Jy moet die waarheid in liefde spreek (Efesiërs 4:15):  nie ‘intolerance’ of ‘tolerance’ nie, maar ‘loving intolerance’.

 

Die kerk se plig

[1] Erken dat Christene hiermee versoek kan word.  Elke gesonde kerk moet eks-homoseksueles op haar lederol hê.  Dit wys dat so ‘n kerk besig is om die samelewing te bereik (volgens 1 Korintiërs 6:9-11 was daar sulke mense in die Korintiër-gemeente).  Ja, ons moet hierdie mens help.  Maar ons moenie mense wat hierin volhard se leefstyl goedkeur of hulle as broers verwelkom nie (soos wat die NG-Kerk se Sinode ‘n klomp jare gelede gedoen het):

 

“Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie—dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan—maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.” (1 Korintiërs 5:9-11). 

 

Hoe wil jy die wêreld bereik as jy net soos hulle is?

 

[2] Ons moenie Christene volgens hulle versoekings etiketeer nie.  Dit beteken nie dat ‘n Christen wat teen homoseksuele versoeking stry homoseksueel IS nie.  Paulus sê:  ““En dit was sommige van julle…as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.” (1 Korintiërs 6:11, 2 Korintiërs 5:17).  Moet jouself nie hoër ag as mense wat met hierdie versoeking en sonde stry nie:  “Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.” (1 Korintiërs 10:12).  Galasiërs 6:1, 3 sê jy moet “op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie…Want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself.”

 

[3] Moenie homoseksuele vriende, familie, kollegas of ander se ‘troues’ bywoon nie.  Dit sou wees soos om ‘n afgodsfees of ‘n moord by te woon.  Die Bybel sê ons moet onsself rein hou en nie deel hê aan die sondes van ander nie (1 Timoteus 5:22).  In dieselfde asem moet ek sê dat ons nie een sonde bo ‘n ander moet verhef, sodat ons normale sosiale interaksie met homoseksueles weier nie.  Dit gebeur te maklik dat ons sê:  “Ek sny nie my hare by ‘n ‘moffie’ nie”.  Om so te praat is verkeerd (sien 1 Korintiërs 5:10).  Hoekom sny jy dan jou hare by iemand wat rook, vloek, drink, rondslaap of skinder?  As jy so wil redeneer gaan jy soos ‘n monnik in ‘n klooster moet bly, en selfs dáár gaan jy nie van sonde ontsnap nie, want die probleem is in jou eie hart.  As jy normale sosiale interaksie gaan vermy, sal jy nooit die homoseksuele persoon vir Jesus Christus bereik nie.

 

[4] Moenie net op die negatiewe fokus en homoseksualiteit aanval nie (cf. Matteus 5:16).  Toon ook ‘n gesonde en positiewe beeld van die huwelik vir die wêreld.

Genesis 1 voor Darwin

Darwin and Genesis

Voor Darwin het Christene Genesis 1 letterlik verstaan.  Na Darwin se Origin of Species, het die kerk probeer om Genesis 1 met evolusie te versoen.  Vandag glo mense Genesis 1 is nie geskiedenis nie maar poësie.  Ja, Genesis 1 is goed geskryf, maar buiten vir v.27 is daar geen parellelismes, metafore of ander Hebreeuse poësie vorme nie.  Psalm 104 is ‘n gedig oor die skepping.  Genesis 1 is nie.

Party mense sê dat God deur die ‘Big Bang’ en evolusie geskep het.  Ander dink dat die dae van Genesis 1 lang tydperke is.  Die ateïs sê:  ‘Geen intelligente persoon glo meer in God, ‘n jong aarde of ‘n 6 dae skepping nie’.  Dit klink amper soos die Fariseërs:  “Het iemand uit die owerstes in Hom geglo, of uit die Fariseërs?” (Johannes 7:48).  So asof die stem van die meerderheid iets waar of onwaar maak.  Party Christene is gou om te sê:  ‘Genesis 1 is nie ‘n wetenskap handboek nie en moet ook nie so hanteer word nie’.  Die Bybel sal nooit in teenstelling wees met die feite van die natuur nie.  Omdat evolusie nie ‘n wetenskap is nie, is die waarheid dat evolusioniste in die sfeer van godsdiens beweeg, en nie Christene in die sfeer van wetenskap nie.

Die begin en einde van die Bybel is soos ‘n spieëlbeeld (ek het dit tydens ‘n Shepherds’ Conference by Bill Barrick geleer).

A1  Die mens is volmaak en daar is geen sonde of dood in die wêreld nie (Genesis 1-2).

      B1  Sonde en dood kom in die wêreld in.  Mense word wel baie oud, maar sterf steeds (Genesis 3, 5).

            C1  Diere leef in ‘n gevalle wêreld, maar is herbivore tot na Noag se vloed (Genesis 1:30, 6:21, 9:3).

                  D  Jesus word mens om ons deur sy kruisdood en opstanding te red van sonde en dood (Jesus is middelpunt van die                                         geskiedenis).

            C2  Voordat Jesus kom sal diere in ‘n gevalle wêreld weer herbivore wees (Jesaja 65:25, volgens v.20 gebeur hierdie in ‘n                                 wêreld waar sonde en dood nog bestaan).

      B2  Nog voordat Jesus weer kom en finaal ‘n einde aan sonde en dood maak, sal mense weer baie oud word (Jesaja 65:20).

A2  Die mens sal weer volmaak wees en lewe in ‘n wêreld waar daar geen sonde en dood is nie (Openbaring 21:4, 8, 22:3, 15).

Genesis 1:1 sê dat God die hemel en die aarde gemaak het.  Die eerste woorde in v.2 (die aarde) wys vir ons dat Moses nie vir ons van die skepping van engele of die val van Satan wil vertel nie (daarvan kan jy lees in Kolossense 1:16 en Esegiël 28).  Hy fokus spesifiek op die skepping van die aarde en die res van die heelal in verhouding daartoe.  Hier is wat hy sê:

1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape. 2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

 

3  En God het gesê:  Laat daar lig wees!  En daar was lig. 4 Toe sien God dat die lig goed was.  En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis; 5 en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem.  En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.

 

6 En God het gesê:  Laat daar ‘n uitspansel wees tussen die waters, en laat dit skeiding maak tussen waters en waters. 7 God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is.  En dit was so. 8 En God het die uitspansel hemel genoem.  En dit was aand en dit was môre, die tweede dag.

 

9 En God het gesê:  Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word.  En dit was so. 10 En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem.  Toe sien God dat dit goed was. 11 En God het gesê:  Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde.  En dit was so. 12 Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte.  Toe sien God dat dit goed was. 13 En dit was aand en dit was môre, die derde dag.

 

14 En God het gesê:  Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare. 15 Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde.  En dit was so. 16 God het toe die twee groot ligte gemaak:  die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre. 17 En God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde 18 en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis.  Toe sien God dat dit goed was. 19 En dit was aand en dit was môre, die vierde dag.

 

20 En God het gesê:  Laat die waters wemel met ‘n gewemel van lewende wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die hemel. 21 En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte.  Toe sien God dat dit goed was. 22 En God het hulle geseën en gesê:  Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls op die aarde vermeerder. 23 En dit was aand en dit was môre, die vyfde dag.

 

24 En God het gesê:  Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte:  vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte.  En dit was so. 25 En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte.  Toe sien God dat dit goed was.

 

26 En God het gesê:  Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. 27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. 28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê:  Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. 29 Verder het God gesê:  Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra.  Dit sal julle voedsel wees. 30 Maar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin ‘n lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel.  En dit was so. 31 Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed.  En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.” (Genesis 1).

Wanneer het God geskep? (v.1a)

‘n Christen het eenkeer vir my gesê:  ‘Die Big Bang is nou wetenskaplik bewys.  Geleerdes kan selfs vir ons sê wat die presiese temperature was nano-sekondes nadat die ontploffing plaasgevind het’.  Hoe bewys jy dit?  Die waarheid is dat mense in die Big Bang en evolusie glo.  Hierdie ‘studievelde’ is nie wetenskap nie, maar net soveel godsdiens soos Genesis 1.  Evolusie sê vir ons:  ‘In die begin het materie…’  Die Bybel sê:  ‘In begin het God…’

As God in die begin reeds daar was beteken dit Hy is voor tyd, buite tyd en ewig.  Van Jesus sê Johannes:  “In die begin was die Woord” (Johannes 1:1).  Net soos God in Genesis 1, is Jesus in Johannes 1 voor en buite tyd.  Hy is die ewige God.  Op ‘n ander plek het Moses gesê:  “Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.” (Psalm 90:2).  Omdat net God in die begin daar was, kan net Hý vir ons sê hoe alles ontstaan het.  Hy sê vir ons dat dit gebeur het soos Genesis 1 sê.  Hy het nie deur die Big Bang of evolusie gewerk nie.  Die getalle in Genesis 5, 11 en die res van die Skrif sê vir ons dat dit omtrent ses duisend jaar gelede gebeur het (wanneer ek Genesis 5 preek sal ek hierop uitbrei).

Die naam Genesis beteken oorsprong of begin.  In Genesis lees jy van die eerste mense, huwelik, sonde, dood, profesie (Genesis 3:15), offer, profeet (Abel volgens Jesus in Matteus 23:35), priester, moord, stad, poligamie, gereedskap, musiek instrumente (Genesis 4:19-22), reën, nasies, koning, tale en nog meer.  Dit is belangrik dat ons die leerstelling oor die begin sal ken en glo voordat ons ‘n studie van die eindtyd (eskatologie) wil aanpak.  As Genesis 1 nie waar is nie, dan is daar geen sondeval in Genesis 3 nie.  Sonder Genesis 1 (die eerste Adam) kan jy nie die evangelie van Romeine 5 (die tweede Adam) verstaan nie.  Sonder Genesis 1 (die eerste skepping) kan daar nie ‘n nuwe skepping in 2 Korintiërs 5:17 en Openbaring 21:1 wees nie.  As jy die eerste hoofstuk van die Bybel in twyfel trek, sal dit makliker wees om die res van die Skrif te bevraagteken.  Laat ons eerder Paulus se voorbeeld volg:  “ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie” (2 Korintiërs 4:2).

Wat het God geskep? (v.1b)

Op 24 Desember 1968 het Apollo 8 die eerste vaartuig geword wat om maan gewentel het.  Die mense binne die vaartuig het gesê:  “In die begin het God die hemel en die aarde gemaak.”

 

God het die hemel, die aarde en alles daarin gemaak (v.1b, Eksodus 20:11).  In die Hebreeuse teks is hemel eintlik in ‘n meervoud (hemele).  Daardeur beklemtoon Moses die grootheid van die hemelruim.  Dit mag ook wees dat hy ons aandag op die verskillende vlakke van die hemel wil vestig:  die atmosfeer, die sterreruim en die hemel waar engele woon (is dit dalk die rede hoekom Paulus in 2 Korintiërs 12:2 van die derde hemel praat?).  Wie is die God wat alles geskep het?  Die Hebreeuse woord vir God is Elohim.  Hierdie woorde bestaan uit ‘n n enkelvoudige stamvorm met ‘n meervoudige agtervoegsel.  Dus praat dit hier van een God, maar van meer as een persoon.  Vers 26 onderstreep dit:  “En God [enkelvoud] het gesê:  Laat Ons [meervoud] mense maak na ons beeld, na ons gelykenis” (ek sal later wys waarom God nie hier met die engele praat of net die sogenaamde ‘koninklike meervoud’ gebruik nie).

In v.2 sien ons dat die Gees van God betrokke was in die skepping.  Die woord vir ‘Gees’ kan ook met wind of asem vertaal word, maar ‘n wind of asem kan nie oor water vladder nie (Moses gebruik dieselfde Hebreeuse woord in Deuteronomium 32:11).  Job 33:4 sê:  “Die Gees van God het my geskape”.  En Psalm 104:30:  “U stuur u Gees uit, hulle word geskape”.  Die Heilige Gees is ook betrokke in die nuwe skepping (Johannes 3:5, 2 Korintiërs 5:17).  Volgens Moses het God die heelal gemaak deur te sê (v.3).  Die dinge wat jy sê is jou woorde.  Johannes leer vir ons dat Jesus die Woord is wat alles gemaak het (Johannes 1:1-3, 14).  God, die Gees en die Woord – die Drie-Enige God – is die Skepper van alle dinge.

As Jesus die Skepper is kan Hy nie ook ‘n skepsel wees nie.  Óf Hy’s die Skepper, óf Hy’s ‘n skepsel – Hy kan nie beide wees nie (die Jehova’s Getuies glo God het deur Jesus geskep, maar glo dat Jesus self geskep is).

As alles deur die Big Bang en evolusie ontstaan het, dan is daar geen doel in die lewe nie.  Jy kan leef soos jy wil en het meer as genoeg rede om depressief te raak of selfmoord te pleeg.  Maar as God alles gemaak het, dan is niks per ongeluk hier nie.  Die lewe het ‘n doel.  Wat is dit?  Die hele skepping – veral die mens – moet God verheerlik (Psalm 19:2, Jesaja 43:7).  Sonde verheerlik God nie.  Daarom moet Jesus eers met sonde afreken voordat ons God kan verheerlik.  Net die wat in Christus is kan God verheerlik, want “sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag” (Hebreërs 11:6).

Hoe het God geskep? (v.1-31)

Daar is ten minste twaalf dinge wat ons kan uitwys:

[1] Orde uit chaos (v.2).  God het eers die rou produk gemaak, en dit toe oor ‘n bestek van ses dae ingevul.  Dis amper soos ‘n pottebakker wat ‘n stuk klei vat en iets ordelik daaruit voortbring.  Daar is mense wat glo dat God alles in v.1 geskep het.  In v.1 het Satan tot ‘n val gekom en die dinosaurusse het uitgesterf.  Hierdie mense sê dat v.2 eintlik soos volg vertaal moet word:  ‘Die aarde het woes en leeg geword’.  In v.3-31 het God dan die wêreld oorgeskep.

Hoe moet ons reageer?  Hierdie hele storie staan nêrens in die teks nie.  Buitendien is die werkwoord in v.2 ‘n perfektum.  Dit beteken nie:  ‘Die aarde het woes en leeg geword’ nie, maar:  ‘Die aarde was woes en leeg’.  Indien daar wel ‘n skepping was waarin Satan geval het en dinosaurusse uitgesterf het, lieg God wanneer Hy in v.31 sê:  “dit was baie goed”.

Hoe kon dinosaurusse uitgesterf het voordat die mens op aarde was?  Die Bybel sê dan dat dood en die vervloeking daarvan in die wêreld ingekom het toe die mens gesondig het (3:17, Romeine 5:12, 8:19-22).  As daar reeds in v.3-31 ‘n tweede skepping is maak Openbaring 21:1 nie sin nie:  “En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan”.  Johannes moes dan eintlik gesê het:  “die tweede hemel en die tweede aarde het verbygegaan”.  God self sê dat Hy in ses dae die hemel, die aarde, die see en alles daarin gemaak het (Eksodus 20:11).  Daarom kon daar nie ander skepsels gewees het voor Genesis 1:3 nie.

Hoor ek ‘n beswaar:  ‘Maar Jesaja en Jeremia dui dan aan dat die aarde woes en leeg geword het.  Dit lyk of hulle tog vir ons wil sê dat daar ‘n wêreld voor Genesis 1:3 bestaan het’?  Kom ons kyk wat hulle sê.  Jesaja skryf:  “Want so sê die HERE, wat die hemele geskape het—Hy is God! —wat die aarde geformeer en dit gemaak het—Hy het dit bevestig; Hy het dit nie geskape om woes te wees nie, maar dit geformeer om bewoon te word—Ek is die HERE, en daar is geen ander nie.” (Jesaja 45:18).  Jesaja sê eenvoudig vir ons dat God nie die aarde in sy rou en woeste vorm gelos het nie.  Hy het dit gevorm en ingevul.  Jeremia sê:  “Ek het na die aarde gekyk, en dit was woes en leeg; ook na die hemel, en sy lig was daar nie.” (Jeremia 4:23).  Jeremia praat nie hier van die skepping nie, maar gee ‘n prentjie van hoe dit gelyk het nadat die Babiloniërs Israel se stede verwoes het:  dit het gelyk soos voor die skepping – woes en leeg.

Net soos met die eerste skepping bring God in die geestelike skepping (wedergeboorte) lig en orde uit die chaos en duisternis van sonde (2 Korintiërs 4:6, 5:17).  As God dít kan doen, moet Christene wie se huwelike, gesinne en harte in choas is, moed skep.  God kan ook in hierdie gemors orde skep.

[2] Uit niks (v.1).  Net God was in die begin daar.  Dan het Hy nie materie gebruik om die skepping tot stand te bring nie.  Die Nuwe Testament bevestig dit:  “[God wat] die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan.” (Romeine 4:17).  “Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.” (Hebreërs 11:3).  Moenie aan ‘niks’ dink as iets wat bestaan nie.  Net God was daar.  Alles het dus uit Hom ontstaan, “Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge” (Romeine 11:36).

[3] God het gesê (v.3).  Hierdie refrein kom tien keer voor in die hoofstuk.  Die Psalmis sê:  “Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër…want Hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan.” (Ps.33:6, 9, cf. Johannes 1:1-3, Hebreërs 11:3).  Dieselfde magtige Woord wat geskep het, is die Woord wat ons verkondig.  Ons moet vertroue hê dat God groot dinge sal doen as ons sy Woord suiwer verkondig in die krag van die Heilige Gees:  “so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.” (Jesaja 55:11, cf. Esegiël 37).

[4] Skeiding (v.4, 7, 14).  God het skeiding gemaak, omdat hy ‘n God van orde is.  Ons moet so wees.  As ons geen onderskeid tref nie, dan is ons nie soos God nie:  “Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.” (Jesaja 5:20).  “Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?  En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?  Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode?  Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het:  Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.  Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.” (2 Korintiërs 6:14-18).  Paulus bid dat ons die beste dinge mag onderskei (Filippense 1:9-10).

God wil hê jy moet onderskei tussen dag en nag.  Werk in die dag en slaap in die nag.  Daar moet ook in jou gedagte ’n onderskeid tussen geestelike lig en duisternis wees.  Dank Hom dat jy nie meer in duisternis lewe nie, maar dat jy in die lig wandel (Handelinge 26:18, Kolossense 1:12-13, 1 Petrus 2:9).  In die eerste wêreld het God die see, nag en donker geskei van die atmosferiese waterkoepel, dag en lig.  In die nuwe wêreld sal daar nie meer ‘n see, nag of donker wees nie (sien Openbaring 21-22).

[5] Benaming.  Op dag 1-3 het God name aan sekere dinge gegee.  Om name te gee is ‘n uitdrukking van gesag (cf. 2 Konings 23:34).  Die mens is na God se beeld gemaak en wys ook sy gesag deur name te gee (2:19-20, 3:20).

[6] Maak.  Op dag 4-6 het God nie net gesê dinge moet bestaan nie, maar Hy het dit gemaak.  Dit wys vir ons dat Hy aktief en intiem betrokke is in sy skepping.  God het grond gebruik om die diere en vir Adam te maak (v.24, 2:7, 19).  Hy het die vrou uit een van Adam se ribbes gemaak (2:21-23).  Omdat die mens na God se beeld gemaak is, kan hy ook materiaal neem om dinge te skep.

[7] Goed.  Dwarsdeur die hoofstuk sê God dat dinge goed is.  Net toe Hy die man sonder ‘n vrou gemaak het, het Hy gesê dat dit nie goed was nie (2:18).  Toe Hy klaar die vrou gemaak het was sy skepping voltooi.  Toe het Hy gesê dat dit baie goed is (v.31).  Omdat God se skepping goed is moet en kan ons dit geniet.  Ons moenie asketies wees en sê dat mense nie sekere kosse mag eet, of dat ‘n mens nie mag trou nie (1 Timoteus 4:4).  Ja, deur die sondeval het daar baie slegte dinge in die wêreld ingekom.  Maar Jesus sal alles herstel, sodat dit weer goed is.  Hy doen immers alle dinge goed, en werk alles ten goede mee vir die wat Hom liefhet (Markus 7:37, Romeine 8:28).  As God alles goed gemaak het, moet ons nooit sê dat die oorsaak van sonde is nie.

[8] Na sy soort (v.11-12, 21, 24-25).  ‘Soort’ is nie presies dieselfde as ‘spesie’ nie (sien Levitikus 11:14-16, 19, 22, 29 vir verskillende soorte).  Daar is variante in spesies, maar daar is geen wetenskaplike bewys dat ‘n uilsoort ooit in ‘n haai of ‘n bloekomboom verander het nie.  Dit kan buitendien nie gebeur nie, want daar kan nie nuwe inligting in die DNA bygevoeg word, sodat ‘n walvis voete ontwikkel nie.  Gestel ‘n sekere soort vis het uit die see uitgekom en op die land begin lewe.  Hoe het dit gebeur dat hy nie meer kuwe gehad het nie, maar longe?  Dit kan ontmoontlik gebeur.  Wat was die tussen-in fase (tussen water en lug) waarin die half-vis/half-dier kon oorleef?  Die bombardier beetle is ‘n goeie voorbeeld om die punt te bewys.  Wayne Grudem skryf:

“[The Bombardier beetle] repels enemies by firing a hot charge of chemicals from two swivel tubes in its tail.  The chemicals fired by this beetle will spontaneously explode when mixed together in a laboratory, but apparently the beelte has an inhibitor substance that blocks the explosive reaction until the beetle squirts some of the liquid into its ‘combustion chambers,’ where an enzyme is added to catalyze the reaction.  An explosion takes place and the chemical repellent is fired at a temperature of 212°F (100°C) at the beetle’s enemies.” (Systematic Theology, Inter-Varsity Press, NOTTINGHAM, 1994, 2000, p.281).

Dit is onmoontlik dat die meganisme deur miljoene jare van evolusie ontwikkel het.  Dit moes die eerste keer gewerk het, want anders sou die gogga ontplof het of sy vyande sou hom geëet het.  God het dit van die begin af gemaak om te werk.

As Christene moet ons die verskillende soorte in God se skepping aanvaar en respekteer.  Genetiese manipulasie (‘n proses waarin mielies byvoorbeeld bestand gemaak word teen siektes, onkruid-doder of insekte) in plante en diere is nie noodwendig verkeerd nie (ons is immers aangestel om oor die skepping te heers), maar ons moet versigtig wees dat ons nie goed voortbring wat mense sal benadeel, siektes laat versprei, laer voedingswaarde het, sukkel om natuurlik voort te plant of ‘n swakker spesie is nie.  Ons moet die skepping oppas en nie vernietig nie; ons moet ons naaste liefhê soos onsself.  “Julle moet my insettinge hou.  Twee soorte van jou vee mag jy nie laat paar nie.  Jou akker moet jy nie met twee soorte saad besaai nie.” (Levitikus 19:19).  “Jy mag in jou wingerd nie twee soorte saad saai nie, anders verval die volle opbrings aan die heiligdom:  die saad wat jy saai en die opbrings van die wingerd.” (Deuteronomium 22:9).

Mense wat wat Genesis 1en evolusie wil glo, sê in effek:  ‘God het gesê, Laat die aarde voortbring na sy soort.  Na 387 492 71 pogings het God uiteindelik ‘n muis gemaak wat werk.’ (Grudem, Systematic Theology, p.276).  As jy sê dat God deur willekeurige mutasie of evolusie geskep het, dan ontken jy evolusie (evolusie werk deur willekeurige prosesse van toeval).  As evolusie waar is, dan is daar ‘n probleem met sekere fossiele.  Wetenskaplikes het ‘n fossiel van ‘n vis ontdek en gesê dat dit 400 miljoen jaar oud is.  In die 1930’s het hulle die vis (die coelacanth) ontdek.  Hoekom het daar geen evolusie plaasgevind nie?  Hoekom lyk die vis nog presies dieselfe?  Hulle sal sê:  ‘Dis ‘n voorbeeld van evolusionêre stasis’.  In gewone Afrikaans:  ‘Evolusie het opgehou’.  Met ander woorde, die feit dat geen verandering plaasgevind het nie (stasis) bewys dat verandering wel plaasvind (evolusie)!  As evolusie waar is, moet ons vra:  ‘Daar is hordes aapsoorte en bijoene mense, maar waar is al die tussen-in soorte?’

[9] Spreuke 24:27-styl:  “Maak jou werk buitekant reg, en bring dit vir jou op die land in orde; daarna moet jy dan jou huis bou.”  Op dag 1-3 het God die habitat reggekry, en op dag 4-6 het Hy dit ingevul.  Adam en Eva was nie soos my vrou se vriendin wat in hulle huis gebly het terwyl daar bouwerk aan die gang was nie.  God het eers die ‘huis’ (die wêreld) heeltemal klaar gebou, voordat Adam en Eva op dag 6 ‘ingetrek’ het.

[10] Seën vir voortplanting (v.22, 28, 8:17, 9:1).  Evolusie sê dat die uitsterf van baie soorte diere deel van ‘n normale proses is.  In v.22 sê Moses dat die vermeerdering van diere ‘n seën is.  Wanneer diere uitsterf is dit nie deel van ‘n normale proses nie, maar ‘n vervloekte gevolg van die sondeval.

Evolusie sê dat lewe uit ‘n enkelsellige wese ontstaan het.  Soos jy weet is daar nie ‘n mannetjie en wyfie sel wat nuwe selle voortbring nie.  So ‘n sel kan homself vermenigvuldig; vermeerdering geskied a-seksueel.  In seksuele voortplanting word net 50% van die gene oorgedra.  Om a-seksueel te vermeerder is dus meer voordelig.  Volgens evolusie oorleef die sterkste spesie.  Vordering is onlosmaaklik deel van evolusie.  Hoe is die ontwikkeling van seksualiteit verbetering?  Indien lewe in die begin a-seksueel was, waar het die DNA se informasie vir geslag vandaan gekom? 

 

God se opdrag om vrugbaar te wees en te vermeerder was ‘n soewereine bevel oor die diere:  “En God het hulle geseën en gesê:  Wees vrugbaar en vermeerder” (v.22).  Wanneer dit paar seisoen is kan diere nie hulle lus beheer nie; hulle plant voort deur instink.  Met mense is dit anders.  As gevolg van die sondeval is ons slawe van wellus, maar voor die sondeval was dit nie so nie.  God het nie net ‘n soewereine bevel gegee dat mense moet voortplant nie.  Hy het ‘n gebod gegee wat mense kan nakom of nie:  “En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê:  Wees vrugbaar en vermeerder” (v.28).  Indien evolusie waar is, is wellus deel van die dierlike natuur in ons.  Volgens die Bybel is wellus sonde en moet ons daarteen stry (Matteus 5:27-30).  Glo jy dis nie sonde nie?  Kyk maar na hoe pornografie huwelike vernietig en huise opbreek.

Let tog op dat God die man en vrou geseën het om kinders te hê.  Homoseksuele paartjies kan nie kinders hê nie.  God se seën rus nie op hulle nie; homoseksualiteit is ‘n vloek (cf. Romeine 1:26-27).  As menselike voortplanting ‘n seën is (v.28), moet kinders nie as ‘n las beskou word nie:

“Kyk, seuns is ‘n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is ‘n beloning…Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het!  Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie.” (Psalm 127:3, 5). 

 

“Jou vrou is soos ‘n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel.  Kyk, so sal sekerlik geseën word die man wat die HERE vrees.” (Psalm 128:3-4). 

 

“En Hy het hulle geseën, sodat hulle sterk vermenigvuldig het, en hulle vee het Hy nie min gemaak nie…Hy het die behoeftige beskerm teen verdrukking en die geslagte soos kuddes gemaak.” (Psalm 107:38, 41). 

Die wêreld is nie oorbevolk nie.  Daar is meer as genoeg plek en kos as mense net nie so selfsugtig was nie.  Moenie ongehoorsaam wees aan hierdie opdrag indien jy kinders kán hê nie.  Ek sê nie mense wat 3 kinders het is minder geestelik as die wat 8 het nie.  Dié wat 10 of 15 kinders wil hê moet ook onthou:  As jy nie vir jou baie kinders kan sorg nie is jy slegter as ‘n ongelowige (1 Timoteus 5:8).  As jy ‘n dosyn kinders het en dit kan regkry om hulle almal groot te maak – goed en wel.  Maar as jy die ouer kinders moet begin inspan om hulle klein boeties en sussies groot te maak, is jy ongehoorsaam aan Efesiërs 6:4 wat sê jý moet dit doen.  In jou opvoeding moet jy nie nalaat om jou kinders te leer van die God wat hulle geskep het en Jesus wat gekom het om sondaars te verlos nie.

[11] Ses dae (v.31).  Daar is mense wat sê die dae in Genesis 1 was lang tydperke.  Hulle is verkeerd:

  • Aan die einde van elke skeppingsdag sê Moses:  “En dit was aand en dit was môre” (v.5, 8, 13, 19, 23, 31).  Dit klink nie soos ‘n lang tydperk nie, maar soos ‘n gewone dag.
  • Die son en maan is gemaak vir dae en jare (v.14).  ‘n Dag is nog altyd een omwenteling van die aarde om sy eie as.  So sou die lesers van Psalm 74:16 dit verstaan het:  “Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; U het hemelligte en son vasgestel.”
  • Hoekom sou dag en nag in Genesis 1 iets anders beteken as in Genesis 8:22:  “Van nou af sal…dag en nag nie ophou nie.”?
  • “Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie…Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus.  Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.” (Eksodus 20:9-11).  Moses sê ons moet ses dae werk, omdat God ses dae gewerk het.  Die woord ‘dag’ beteken niks anders as ‘n tydperk van 24 uur nie.
  • Jesus het gesê:  “van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.” (Markus 10:6).  Indien die mens miljoene jare na die res van die skepping ontstaan het, sou Jesus dit nie die begin genoem het nie.
  • Op dag 5 het God vlieënde insekte en voëls gemaak.  Hoe sou hulle die plante (dag 3) bestuif het as hulle miljoene jare later gemaak is?  Die see is voor die son gemaak.  As elke dag ‘n paar miljoen jaar was, sou die see gevries het.  Die son is na die plante gemaak.  Hoe sou die plante vir miljoene jare oorleef het?

Moenie met die Skrif peuter nie.  Ons moet dit altyd letterlik interpreteer en verstaan.  Dit is slegs as ‘n letterlike interpretasie nie sin maak nie (soos bome wat hande klap in Jesaja 55:12) wat ons dit figuurlik kan interpreteer.  Hier is nog ‘n paar gedagtes oor die ses dae.

DAG 1:  God skei die lig en duisternis van mekaar (v.3-5).  Hoe kon daar lig gewees het voor die son?  Op die nuwe aarde sal daar nie ‘n son wees nie, want God self is die lig (Openbaring 21:23, cf. 1 Johannes 1:5).  Omdat hierdie dinge so is hoef ons nie die donker te vrees nie.  Ons moet ook nie dink dat ons in die donker kan sondig en daarmee wegkom nie:  “En as ek sê:  Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting, dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.” (Psalm 139:11-12).  Ook op ‘n geestelike vlak moet ons God se lig reflekteer soos wat die maan met die sonlig doen.  Jesus het gesê:  “Ek is die lig van die wêreld” (Johannes 8:12).  Vir sy kinders sê Hy:  “Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.” (Matteus 5:16).  Die duisternis het God nie weerstaan toe Hy gesê het die lig moet dit verdryf nie.  Net so kan die sondaar se donker hart nie voor die Here stand hou as Hy sy lig daarin skyn nie:  “Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.” (2 Korintiërs 4:6).

DAG 2:  God het die atmosfeer gemaak om die waters van mekaar te skei (v.6-8).  Die water bo die atmofseer mag moontlik ‘n verwysing wees na die wolke (Psalm 104:13).  Dit is ook moontlik dat daar ‘n waterkoepel bo die aarde was.  Dit sou temperature konstant hou, lugvloei tot ‘n minimum beperk, ‘n mis laat opkom (2:6), die lug vogtig hou en skadelike strale uitfilter.

DAG 3:  God het die see en die land geskei en verskillende bome en plante op die land laat groei (v.9-13).  Psalm 104:6-9 verduidelik hoe die water alles bedek het, en hoe God die land laat opstyg het.  Die water het Hy see genoem en ‘n grens gestel wat dit nie mag oorskry nie (cf. Job 38:8-11).  Baie van die water het onder die aarde ingeloop.  Die plante wat Hy op die aarde laat groei het sou dien vir vog, suurstof, die beperking van erosie, kos, koelte en ‘n tuiste vir baie diere.  Kan jy jouself voorstel hoe pragtig dit moes gewees het?  Een oomblik was daar net klippe en grond.  Binne ‘n paar ure was daar volwasse bome, gras, plante, allerhande kleure blomme en vrugte?

DAG 4:  God skep die son, maan en sterre om te heers oor die dag en die nag (v.14-19).  God is die Skepper hiervan en kan onder sekere omstandighede beveel dat die son in die middel van die nag moet skyn (soos in Josua 10 en by die Pole).  Hy kan ook beveel dat die son om 12:00 die middag moet ophou skyn (soos in Matteus 27:45 en by die Pole).  Let op dat die name ‘son’ en ‘maan’ nie in Genesis 1 voorkom nie.  Die rede was sekerlik om te verhoed dat die Israeliete hulle sou aanbid (soos wat hulle in Egipte geleer het).  Hierdie dinge is geskep om God te verheerlik en ons te dien.  Daarom moet ons húlle nie aanbid nie (bv. deurdat mense hulle vertroue stel in ‘horoscopes’).

Sommige sterre se lig neem miljoene jare om die aarde te bereik.  Beteken dit dat die aarde miljoene jare oud is?  Nee.  Nog voordat God die sterre gemaak het, het Hy op dag 1 die lig geskep.  God het in ses dae die aarde en die sterre geskep, en ook die lig wat tussen die twee strek.  Ek wonder hoe versoen evolusioniste ‘n heelal wat 4.6 biljoen jaar oud is met sterre wat 10 of 20 biljoen ligjaar weg is?

DAG 5:  God skep voëls en seediere (v.20-23).  Die woord vir ‘voëls’ is letterlik ‘vlieënde dinge’ en sluit dus ook vlieënde insekte en soogdiere soos vlêrmuise in (die Hebreeuse woord word so gebruik in Levitikus 11:13, 19-20).  Die groot seediere sou ook verskeie soorte dinosaurusse insluit (die beskrywing van Leviatan in Job 40-41 dui op ‘n soort see dinosaurus).  As dinosaurusse uitgesterf het voor Adam en Eva, sou primitiewe mense nie so baie van hulle geweet het nie.  Waar kom die Bybelskrywers aan drake en seemonsters? (cf. die figuurlike gebruik hiervan in Jesaja 27:1).  God in sy wysheid het sommige diere met skubbe en vinne gemaak, en ander met vere om by hulle habitat te pas.

DAG 6:  God skep die mens en landdiere (v.24-31).  Van die begin af het God mak en wilde diere gemaak.  Dit is nie so dat ‘n hele klomp diere êrens in die geskiedenis mak of wild geword het nie (ek ontken nie dat die mens wilde diere kan mak maak, of dat mak diere gelos kan word om wild te word nie).  ‘Kruipende diere’ sou diere onder meer rotte, muise, akkedisse, slange, spinnekoppe, miere, goggas insluit.

God het plante en vrugte gegee as kos vir mense en diere.  Dalk wonder jy hoe diere met skerp tande (soos leeus) herbivore kon wees.  Vandag nog is daar diere met skerp tande wat net plante en vrugte eet (soos pandabere en vrugte vlêrmuise).  Natuurlik sou daar nie giftige plante gewees het voor Genesis 3 nie.  Soos in Openbaring 22:2 sou al die nodige voeding en gesondheid in die plante en hulle vrugte en sade gewees het.  Na die vloed het die mens se dieet verander en kon hy vleis eet (9:3).  Onder die wet kon hy net sekere soorte vleis eet (Levitikus 11).  In die Nuwe Testament het sy dieet alle kosse ingesluit.  Jesus sê in Markus 7:18-19 (ESV):  “Do you not see that whatever goes into a person from outside cannot defile him, since it enters not his heart but his stomach, and is expelled’ (Thus he declared all foods clean.)”  In 1 Timoteus 4:3-5 waarsku Paulus teen vals leraars wat sê “dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken.  Want alles wat deur God geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie; want dit word geheilig deur die woord van God en die gebed.”  In die millennium en die hemel sal mense weer vrugte en groente eet (Jesaja 65:25, Openbaring 22:2).  Wat moet ons hiervan maak?  Dis nie ‘n probleem as jy sekere kosse uitsny omdat jy nie baie van die smaak hou nie.  Maar moenie soos die Adventiste ‘n vegetarieër dieet volg vir godsdienstige redes nie.

Ter opsomming kan ons sê dat geen Christen Genesis 1en evolusie kan glo nie.  Let maar op die oorhoofse verskille tussen hierdie twee wêreldbeskouings.

EVOLUSIE                                         SKEPPING

Land voor see                                                    See voor land

Son voor aarde                                                 Aarde voor son

Sterre voor aarde                                            Aarde voor sterre

Dinosaurusse voor voëls                              Voëls voor dinosaurusse

Diere voor bome                                              Bome voor diere

Kanker voor mens (dinosaurusse)           Mens voor kanker

Dood voor mens                                               Mens voor dood

Dorings voor mens                                          Mens voor dorings

Ongelowiges kan nie die Skrif reg verstaan nie (1 Korintiërs 2:14, Johannes 5:39).  God moet hulle harte verander om die evangelie te glo en dán kan hulle die Bybel reg verstaan:

“Maar hulle sinne is verhard.  Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word.  Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart; maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem.  Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.  En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.” (2 Korintiërs 3:14-18). 

As Christene moet ons leer om die Bybel te glo omdat dit God se Woord is.  Glo wat God sê – al verstaan jy nie nou alles nie.

God se handleiding vir die kerk (‘n kort oorsig oor die pastorale briewe)

Pastoral Epistles

Ek het eenkeer met ‘n man gepraat oor kerkleierskap.  Sy woorde aan my was:  ‘Partykeer (wanneer dit by kerkleierskap en strukture kom) is dit nodig dat ons ‘n bietjie die Bybel opsy sit’.  As die kerk nie ‘groei’ nie, hardloop baie predikers en kerke in desperaatheid na kerkgroei spesialiste se seminare, boeke en konferensies toe.  In die proses ignoreer hulle dikwels God se handleiding vir die kerk soos ‘n stopstraat.  Die Pastorale briewe (1, 2 Timoteus en Titus) is wel geskryf vir individue, maar in 1 Timoteus 6:21 verwag God dat dit ‘n seën moet wees vir ‘julle’ (sien Griekse teks).  Moet dan nie sê (soos een vrou na ‘n preek uit 1 Timoteus 4 vir my gesê het):  ‘Die Pastorale briewe is vir predikante geskryf en het niks met my te doen nie’.  Hierdie briewe is deel van die ‘hele Skrif’ wat nuttig is vir almal se geestelike groei (2 Timoteus 3:16).  Die beginsels in dié briewe geld vir almal wat moet lei, volg of leiers aanstel.  Daarom pas ek dit nie net toe op predikante nie, maar op die kerk in sy geheel.

 

Wie het geskryf?

Paulus het (1 Timoteus 1:1, 2 Timoteus 1:1, Titus 1:1).  Daar is teoloë wat sy outeurskap uitdaag, maar hulle argumente hou nie water nie.  Ek gaan nie my asem mors om die sinnelose besware te beantwoord nie.  John MacArthur bied deeglike antwoorde in die MacArthur Study Bible se inleiding tot 1 Timoteus.

 

Vir wie het hy geskryf?

Die boeke se name sê vir jou dis vir Timoteus en Titus.  Beide hierdie manne was jonk (1 Timoteus 4:12, Titus 2:6-7, 15).  Beide is deur Paulus Korinte toe gestuur om kerkprobleme uit te sorteer (1 Korintiërs 4:17, 2 Kor.1:19, 2:13, 7:6-7, 13-15).  Beide het ‘n pastorale hart gehad wat omgegee het vir mense (Filippense 2:20, 2 Korintiërs 8:16-17).  Beide was nederig en het nie op hulleself gefokus nie (Filippense 2:21, 2 Korintiërs 12:18).  Beide was geestelike kinders van Paulus (1 Timoteus 1:2, 2 Timoteus 1:2, Titus 1:4).  1 Korintiërs 4:14-17 wys wat dit beteken:  hulle het onder Paulus se bediening tot bekering gekom.

 

Timoteus se pa was ‘n Griek.  Maar hy het die Bybel by sy Joodse ma en ouma geleer (Handelinge 16:2, 2 Timoteus 1:5, 3:15).  Titus was ‘n volbloed Griek (Galasiërs 2:3).  Timoteus is besny; Titus nie (Handelinge 16:3, Galasiërs 2:3).  Ons lees van Timoteus in Handelinge.  Titus se naam verskyn nie in Handelinge nie.  Timoteus het in Efese gewerk en Titus in Kreta (1 Timoteus 1:3, Titus 1:5).  Timoteus het ‘n goeie reputasie gehad (Handelinge 16:2, Filippense 2:22).  Hy was skugter en bang (1 Korintiërs 16:10-11).  Hy was in die tronk vir die evangelie (Hebreërs 13:23).  Hy het deel gehad in ses van Paulus se briewe (2 Korintiërs 1:1, Filippense 1:1, Kolossense 1:1, 1 Tessalonisense 1:1, 2 Tessalonisense 1:1, Filemon 1:1).  Paulus het niemand so betroubaar en bekwaam geag soos hy nie (Filippense 2:20).  Titus is Dalmasië toe en het ‘n sendinghart gehad (2 Timoteus 4:10).

 

Jong predikant:  Is daar probleme in jou kerk?  Moenie sê:  ‘Ek is te jonk; ek is bang en kan nie die probleme uit sorteer nie’.  Jeremia was jonk soos jy en Moses was bang (Jeremia 1:5, Eksodus 4:10).  Tog het God hulle gebruik om sy werk te doen.  Hy kan jou ook gebruik.

 

Wanneer het hy geskryf?

Paulus was seker dat hy vrygelaat sou word uit die tronk in Rome (Filippense 1:19).  Sy begeerte het waar geword.  Ná Handelinge 28 is hy vrygelaat en het hy 1 Timoteus en Titus geskryf.  Maar hy is weer gevange geneem.  Tydens sy tweede gevangeniskap in Rome het hy 2 Timoteus geskryf.

 

Wat het hy geskryf?

Daar is ‘n paar temas wat in al drie briewe herhaal word:

 

[1] Vals lering moet aangespreek word (1 Timoteus 1:3, 20, 4:1, 6:3-11, 20-21, 2 Timoteus 2:17-18, 25-26, 3:7, 4:2-4, Titus 1:10-16).  Ons moenie bang wees om dit te doen nie.  Ons moenie soos huurlinge vlug wanneer wolwe die skape wil verjaag nie (1 Timoteus 1:3, Johannes 10:12-13).  Die ware leraars moet inkom, die evangelie preek en verandering bring – al lyk die opposisie ook hoe sterk (Titus 1:5-16).

 

[2] Moenie oor onbelangrike dinge stry nie (1 Timoteus 1:4, 6:4, 2 Timoteus 2:14, 16, 23, Titus 3:9).  Die duiwel sal al te bly wees om jou fokus van jou hooftaak (evangelie-prediking) af weg te lei.  T.T. Shields was ‘n prediker in Kanada.  Hy het in elke preek teen een of ander vals groep uitgevaar.  Die meeste van sy preke was negatief.  Hy het bitter selde positiewe waarheid gepreek.  Martyn Lloyd-Jones het hom hieroor aangespreek, maar hy het vasgeskop.  Hy het sy bediening afgesluit met ‘n handvol mense in die bank (uit Iain Murray se 2 volume biografie oor Lloyd-Jones; pp.271-274 in vol.1 en p.530 in vol.2).

 

[3] Fokus op prediking en die oordra van gesonde Bybelse leerstelling (1 Timoteus 1:3, 10, 4:6-16, 6:3, 14, 20, 2 Timoteus 1:6, 13-14, 2:15, 3:16-17, 4:2, Titus 1:9, 2:1, 7-8, 10, 15).  Hoe kan jy goeie en slegte lering van mekaar onderskei?  Dis maklik:  enigiets wat nie met die evangelie strook nie is ongesond.  Paulus praat van enige sonde “en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is, volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is.” (1 Timoteus 1:10-11).  Niemand kan reg lewe sonder suiwer lering nie.  Indien jy probleme wil oplos en ‘n gesonde kerk wil hê, moet die Bybel en prediking ‘n sentrale plek geniet.  Tydens die Walliese herlewing van 1904-1905 het Evan Roberts (die leier van die herlewing) se lae plek aan Bybelse prediking ‘n geestelike siekte in die kerk tot gevolg gehad.  Roberts se siening van prediking word as volg deur Iain Murray opgesom:

 

“It was an American revivalist of the nineteenth century who once said, ‘God is going to save the masses in his own way.  He has told the ministers to stand on one side and let Him have a turn.’…’Preaching has failed as a saving agency for a long time…God is now going to save sinners for a while without the pulpit.’  There were many instances of ministers being interrupted and ‘drowned out’ by singing or praying as they attempted to speak.” (Pentecost – Today, The Banner of Truth Trust, EDINBURGH, 1998, pp.155-156).

 

“At a service composed entirely of 1200 men in Chatham Street Calvinistic Methodist Chapel it seemed that nothing could ‘clear’ the meeting as Roberts sat silent in the pulpit for two hours.  At 9 p.m. a minister prayed for him that his lips should ‘be opened in order that he might deliver a message whatever it might be.’  But another minister rose in a front pew and, addressing Roberts, asked, ‘Why dost thou play and trifle with sacred things like this?’  His further words were drowned out as the congregation began a hymn.” (Ibid, pp.158-159).

 

“In April 1905 Evan Roberts said that he had ‘not heard a sermon for many months’” (Ibid, p.165).

 

Baie moderne kerke verkies drama, gesprekke, sang, debat of persoonlike getuienis bo die Skrif en lering.  Totdat dit nie verander nie sal die kerk geen krag hê om die samelewing te beïnvloed of te verander nie.  Dit is die evangelie – en die evangelie alleen – wat die krag van God is tot redding vir elkeen wat glo (Romeine 1:16, 1 Korintiërs 1:18).

 

[4] Weet wat jy glo en hou daaraan vas.  Dit is min of meer wat Paulus in gedagte het wanneer hy herhaaldelik praat van ‘’n betroubare gesegde’ (1 Timoteus 1:15, 3:1, 4:9, 2 Timoteus 2:11, Titus 3:8).  Hierdie betroubare gesegdes som belangrike Bybelse leringe op.  Ek het ‘n preek geluister waarin die prediker daarop geroem het dat hulle net die Bybel glo.  Maar in sy preek het hy nie net onsin gepraat nie, maar baie min van die Bybel aangehaal.  Ek dink nie dis so geestelik as mense sê:  ‘Ons het nie ‘n geloofsbelydenis nie – ons glo net die Bybel’ nie.  Wat glo hulle oor die Bybel?  Tydens verledejaar se verlof in Natal het ons op die internet rondgesoek vir ‘n kerk om by te woon.  Ons het kerke se geloofsbelydenisse gelees om uit te vind wat hulle glo en verkondig.  Toe ek in 1997 aansoek gedoen het vir teologiese studies, wou hulle hê ek moes skryf wat ek glo.  Ek kon hier en daar iets skryf, maar in die geheel het ek nie geweet wat om te sê nie.  Dit is belangrik dat jy moet weet wat jy glo.  Hoe sou jy dié vraag antwoord:  ‘Wat glo jy en jou gemeente?’

 

[5] Moenie die belangrikste van alles vergeet nie:  God is jou Verlosser (1 Timoteus 1:1, 2:3, 4:10, 2 Timoteus 1:10, Titus 1:3-4, 2:10, 13, 3:4, 6).  Jesus se lieflike Persoon en versoeningswerk is die fondasie van die kerk.  Moenie so met bediening en die kerk betrokke raak dat jy dít vergeet nie.  ‘n Kerk waar dit nie sentraal is in die preke, sang, gebed, sakramente en evangelisasie nie, is in die moeilikheid.  As hulle hul liefde vir Jesus vergeet, dan sal Hy hulle deure toemaak (Openbaring 2:4-5).

 

[6] Gelowiges moet godvresend en heilig lewe (1 Timoteus 2:2, 10, 3:16, 4:7-8, 5:4, 6:3, 5-6, 11, 2 Timoteus 3:5, 12, Titus 1:1, 2:12).  Ek ken ‘n man wat ‘n baie goeie teologie het maar weier om in liefde met sy vrou saam te lewe.  Baie jonge mense in ons kerke is opgewonde oor goeie teologie en lees graag die Piper, MacArthur en die Puriteine.  Hulle is vol van kopkennis, maar ongelukkig loop hulle Calvinistiese teologie nie deur tot ‘n heilige lewe nie.  Jesus wil nie net hê dat ons die regte woorde sê wanneer ons evangelisasie doen nie.  Hy wil hê ons heilige lewens moet ‘n verskil maak (sien Matteus 5:16).

 

Hoekom het hy geskryf?

By ‘n predikantekonferensie het iemand sywurms vir my kinders gegee.  Die volgende dag het my vriend in sy kar geklim om moerbeiblare vir my kinders te pluk.  Toe hy deur die dorpie ry het sy kar gebreek.  Hy het rondgebel vir die spesifieke onderdeel:  omtrent ‘n duisend rand.  Na ‘n gesukkel het ‘n man in die dorp hom gehelp om die part reg te maak… vir R50.  As hy nie moerbeiblare gaan soek het nie, sou sy kar waarskynlik op die oop pad gebreek het, en dan sou hy die duisend rand moes betaal vir die onderdeel.  ‘n Ander vriend se vrou het opgemerk:  ‘Sjoe, dat God nou sywurms hierheen moes stuur om jou kar probleme uit te sorteer!’

 

Die storie rondom 1 Timoteus klink omtrent so.  Paulus sê:  “Maar as ek vertoef, dan kan jy weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God, ‘n pilaar en grondslag van die waarheid.” (3:15).  Dit is omdat Paulus nie betyds by Timoteus kon uitkom nie, dat hy hierdie brief geskryf het.  As Paulus se reisplanne uitgewerk het sou ons nie 1 Timoteus in ons Bybel gehad het nie.  Wie sou dink dat vertraagde reisplanne soveel seën kon inhou?

 

1 TIMOTEUS is geskryf as ‘n handleiding vir die gevestigde kerk.  Die brief kan só uiteengesit word:

 

  • Nadat Paulus sy vriend groet (1:1-2) herinner hy hom heel eerste daaraan dat hy die evangelie moet bewaar:  die evangelie wat deur vals leraars verdraai word, die evangelie waardeur Paulus gered is, die evangelie waartoe hy geroep is (1:3-20).
  • Naas die evangelie is gebed die nommer 1 prioriteit in die kerk (2:1-8).  Dis jammer dat bidure so swak bygewoon word.
  • Net soos wat die rol van die man en die vrou by die sondeval verwar is, word dit deur ons samelewing verwar.  Die kerk moenie in hierdie verwarring deel nie:  mans moet leiding neem en vroue nie; vroue moenie die groot taak van kinderopvoeding gering ag nie (2:8-15).
  • Ons het gekwalifiseerde mense nodig om gesonde lering en gladde kerkadministrasie te verseker (3:1-16).  Ons moenie net uitkyk vir die populêrste mense of vir hulle wat die slimste is in die besigheidsektor nie.
  • Vals predikers dwing selfgemaakte wette af (4:1-5).  In ons dag sê vals leraars dinge soos:  ‘As jy wil hê God moet jou antwoord móét jy Jesua sê en nie Jesus nie’.  Die ware prediker hou hom nie op met sulke nonsens nie, maar fokus op ‘n heilige lewe en suiwer lering (4:6-16).
  • Daar is sekere reëls vir hoe jy moet omgaan met jonk en oud, mans en vroue, vir hoe weduwees versorg moet word, hoe ouderlinge vergoed, getug en aangestel moet word en vir hoe jy vir jou baas moet werk (5:1-6:2a).  Een man het gekla toe ek die reëls vir die versorging van weduwees neerlê en het gesê dat ons dit nie streng hoef na te volg nie.  Moenie dink jy is wyser as God nie.  En moenie dink jóú kerk is die uitsondering wanneer dit by die toepassing van kerkdissipline kom nie.
  • Geldgierigheid en al die sondes wat daaruit voortspruit is ‘n kenmerk van vals leraars (6:2b-10).  In ons dag word baie mense deur die vals lering van Prosperity predikers mislei.  Hulle is oortuig dat hierdie geldwolwe manne en vroue van God is.
  • Die ware leraar moet van hierdie dinge vlug en heiligheid najaag.  Hy moet die regte gebruik van geld in sy gemeente aanmoedig en sorg dat hy valsheid vermy (6:11-21).

 

2 TIMOTEUS is geskryf as ‘n handleiding vir die vervolgde Christen en kerk.  Wanneer Paulus hierdie brief skryf is hy nie meer onder huisares nie.  Nou sit hy in ‘n koue sel, geboei soos ‘n krimineel (1:8, 16, 2:9, 4:13, 2:9).  Hierdie is sy laaste brief (4:6-8) en klink amper soos ‘die sterfbed instruksies van ‘n pa aan sy seun’ (Gerard Chrispin, The Bible Panorama, p.527).  Paulus wil hê dat Timoteus gou na hom toe sal kom – voordat dit te laat is (1:4, 4:9, 21).  Timoteus moenie skaam wees vir Paulus, omdat hy bang is dat assosiasie met die apostel dalk tot vervolging kan lei nie.  Al Paulus se vriende (behalwe Lukas) het hom verlaat – Timoteus moenie soos die res maak nie (1:8, 15, 2:3, 3:12, 4:10-11, 14-18).

 

  • Timoteus moet sy redding en roeping onthou.  Hy moet onthou hoe wyle Onesiforus nie skaam was om met Paulus te assosieer nie (1:3-18, 4:19).
  • Hy moet Jesus en sy evangelie onthou (2:1-13).
  • Hy moet sy Meester onthou en begeer om bruikbaar te wees in sy diens (2:14-26).
  • As hy onthou dat daar slegte tye oppad is, sal hy nie omkant gevang word nie.  Wanneer hierdie tye kom moet hy nie toegee aan die versoeking om te preek wat mense wil hoor nie.  Hy moet vashou aan die Skrif en die suiwer verkondiging daarvan (3:1-4:8).
  • Hy moenie van Paulus vergeet nie (4:9-22).

 

Moenie die les mis nie.  Ons moenie die kerk in ‘n toestand los vir die volgende geslag nie.  Lei eerder mense op wat kan voortgaan met die werk:  “en wat jy van my gehoor het onder baie getuies, vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer.” (2:2).  Ons tesourier se vrou is baie siek.  Hy het onlangs by ‘n ouderlingvergadering gesê:  ‘My vrou se gesondheid is nie meer so goed nie.  Ek het nuwe verantwoordelikhede wat ek op myself moet neem.  Julle moet maar stadig aan begin uitkyk vir iemand wat my werk kan oorneem’.  Hy is wys.  En so moet ons ook met die evangelie doen.  Ons moenie niks los vir die volgende geslag nie.  Hulle moet ten minste ‘n goeie geestelike erfenis vir hulle gee.

 

John Wesley het gesê:  ‘Our people die well’.  Op sy sterfbed het Jakob die Here aanbid (Hebreërs 11:21).  Toe Paulus sy laaste dae op aarde deurgebring het, was die voortsetting van die evangelie eerste in sy gedagtes (2:2).  Tot op die laaste het hy met die Here volhard (4:7).  Hy het nie hiper-geestelik geraak nie, maar het aangegaan met sy gewone doen en late:  “bring…die boeke” (4:13).  Toe iemand vir Francis van Assissi gevra het:  ‘Wat sal jy doen as jy weet Jesus kom vanaand?’, was sy antwoord:  ‘Ek sal aanhou om my tuin nat te gooi’.  Dis reg.  Ons moet kan aangaan met dit waarmee ons besig is.  Die persoon wat sê:  ‘O gaats, ek sal nie kan aanhou met dit waarmee ek besig is nie’, het ‘n probleem.

 

Ons moenie net vir die hier en die nou lewe nie.  Ons moenie hoop vir onmiddellike beloning nie.  Paulus het gekyk na die wederkoms en was verseker dat Jesus hom dán sal beloon (4:8).

 

TITUS is geskryf as ‘n handleiding vir die nuwe kerk.  Die evangelie het ‘n groot verandering op hierdie goddelose eiland gebring (1:12, 2:11-14, 3:3-7).  Dit behoort vir Suid-Afrikaners hoop te gee!  Die evangelie kan die mees goddelose samelewing transformeer (Romeine 1:16, 1 Korintiërs 6:9-11).  Maar ten spyte van die veranderinge op Kreta was daar altyd die invloed van vals leraars en die wêreld.  Wat is die oplossing vir hierdie probleme?

 

  • Ons moet reg begin dink oor God (1:1-4, 2:11-14, 3:4-7).  D.A. Carson skryf in sy boek oor gebed (A Call to Spiritual Reformation) dat ons grootste behoefte nie beter opvoeding, aksies teen aborsie, hulp vir die VIGS probleem, evangelisasie of eksposerende prediking is nie.  Ons grootste behoefte is ‘n groter kennis van God.
  • Daar moet ware leraars in plek van valses wees (1:5-16).
  • Elke groep in die gemeente moet weet wat God van hulle verwag en ook verstaan hoekom hulle so moet lewe (2:1-15).
  • Mense moet aangesê word om goeie werke te doen.  Hulle moet weet hoe en ook verstaan hoekom hulle dit moet doen (3:1-15).  Op hierdie manier sal die kerk die wêreld beïnvloed en nie andersom nie (2:10-14).

 

Is dit nodig dat ons ons eie idees oor die kerk probeer volg as God vir ons ‘n voldoende handleiding gegee het?

Sê die Bybel REGTIG homoseksualiteit is sonde?

Gays

In ons dag word die Bybelse lering oor homoseksualiteit uitgedaag en aangeval.  Mense het baie besware teen verse soos Romeine 1:26-27:  “Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.”  Dit is glad nie polities (of selfs godsdienstig) korrek om te sê dat homoseksualiteit sonde is nie.  Maar wie gee om vir mense se opinies?  Wat het God hieroor te sê?  Hier is my poging om die besware te beantwoord.

 

Beswaar 1:  God is nie teen homoseksualiteit nie.

 

Antwoord:  God het Sodom en die omliggende stede vernietig oor hulle sonde (onder andere die sonde van homoseksualiteit, sien Genesis 19).  In Rigters 19 het dieselfde in Israel gebeur en God het hulle vernietig.  Ander tekste sê:

 

“Met ‘n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ‘n mens met ‘n vrou het nie. Dit is ‘n gruwel.” (Levitikus 18:22).

 

“En as ‘n man met ‘n manspersoon gemeenskap het soos ‘n mens met ‘n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen.  Hulle moet sekerlik gedood word.  Hulle bloedskuld is op hulle.” (Levitikus 20:13).

 

“Moenie dwaal nie!  Geen…wellustelinge of sodomiete…sal die koninkryk van God beërwe nie.” (1 Korintiërs 6:10, cf. 1 Timoteus 1:10).

 

“soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as ‘n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan.” (Judas 7).  ‘Vreemde vlees’ in hierdie vers verwys na die onnatuurlike seksuele begeerte vir iemand van dieselfde geslag.

 

Beswaar 2:  Sodom se sonde was nie homoseksualiteit nie.

 

Antwoord:  Mense wat dít sê haal gewoonlik Esegiël 16:49-50 aan:  “Kyk, dít was die ongeregtigheid van jou suster Sodom:  In trotsheid, oorvloed van brood en sorgelose rus het sy en haar dogters geleef, maar sy het die hand van die arme en behoeftige nie versterk nie.  En toe hulle hoogmoedig was en gruwelikheid voor my aangesig bedryf het, het Ek, toe Ek dit sien, hulle weggeruim.”  ‘Hoogmoed en rykdom was Sodom se sonde,’ is wat homoseksuele mense sê.  Mense wat gay regte voorstaan sê:  ‘Toe die manne in Genesis 19 Lot se gaste wou ken, wou hulle net beter met hulle bevriend raak’.  Die waarheid is dat die woord ken ook in Genesis 4:1 gebruik word:  “En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar”.  As hulle net bevriend wou raak met Lot se gaste, hoekom het hy vir hulle gesê dat dit boos is (Genesis 19:7)?  Selfs nádat hulle met blindheid geslaan is, het hulle die hele aand lank vir die deur gesoek, omdat hulle aan hulle luste uiting wou gee (Genesis 19:11).  Ek het reeds uit Judas 7 aangehaal om te wys dat hulle sonde niks anders as homoseksuele wellus was nie.  Buitendien is die woord ‘gruwelikheid’ in Esegiël 16:50 dieselfde woord wat in Levitikus 18:22 gebruik word met verwysing na homoseksualiteit.

 

Beswaar 3:  Die Hebreeuse woord ‘gruwel’ in Levitikus 18:22, 20:13 verwys na homoseksuele dade in afgodsdiens.  Die Bybel verdoem nie opregte homoseksuele liefde nie.

 

Antwoord:  Die Skrif tref nie onderskeid tussen verskillende soorte homoseksualiteit nie, maar verwerp dit kategories.  Levitkus 18:27, 29 sê dat egbreuk, bloedskande (seks met jou naaste familie) en bestialiteit (seks met diere) ‘n gruwel is (dieselfde Hebreeuse woord as in v.22).  Beteken dit dat hierdie sondes verkeerd is in die konteks van afgodediens, maar aanvaarbaar wanneer jy dit opreg beoefen?

 

Beswaar 4:  Die woorde vir homoseksualiteit in <st1:bcv_smarttag>1 Korintiërs 6:10 is verkeerd vertaal.  Die Griekse terme het niks met homoseksualiteit te doen nie.

 

Antwoord:  Die Griekse woord malakos (‘wellustelinge’ in die Ou Afrikaanse Vertaling) beteken letterlik ‘meisieagtig’ en verwys na die persoon wat ‘n vroulike rol aanneem in ‘n homoseksuele verhouding.  Die woord arsenokoites (‘sodomiete’ in die Ou Afrikaanse Vertaling) kom van twee Griekse woorde wat ‘man’ en ‘bed’ beteken, en verwys na die persoon wat ‘n manlike rol in ‘n homoseksuele verhouding aanneem.  Hierdie Griekse term is dieselfde woorde wat gebruik word in die Griekse vertaling (die Septuaginta of LXX) van Levitikus 18:22, 20:13.  Paulus waarsku dat homoseksuele mense hulleself nie moet bedrieg om te dink hulle kan so lewe en nogsteeds hemel toe gaan nie (1 Korintiërs 6:10).

 

Beswaar 5:  Jesus praat nooit teen homoseksualiteit nie. 

 

Antwoord:  Hy praat ook nooit teen verkragting, bestialiteit of bloedskande nie.  Jesus het aanvaar dat almal hierdie dade as sondig beskou.  Hulle het mos Levitkus 18 en 20 gehad.  Jesus impliseer dat homoseksualiteit verkeerd is wanneer hy sê dat God die mens man en vrou gemaak het (Matteus 19:4-6).  Volgens Jesus is selibaat die enigste alternatief (Matteus 19:12).  Vir Hom is homoseksualiteit nie ‘n opsie nie.

 

Beswaar 6:  Romeine 1:26-27 sê nie dat homoseksualiteit onnatuurlik is nie.  Wat Paulus eerder bedoel is dít:  Iemand wat heteroseksueel gebore is moenie teen sy natuur ingaan en homoseksueel probeer wees nie.  En iemand wat homoseksueel gebore is moenie teen sý natuur ingaan en heteroseksueel wil wees nie.

 

Antwoord:  Genesis 1 en 2 leer dat God die mens man en vrou gemaak het.  Die mens se biologiese samestelling wys vir ons dat twee mense van dieselfde geslag nie bymekaar ‘pas’ nie.  Bloot die feit dat homoseksuele mense nie kan kinders kry nie wys dat dit onnatuurlik is (sien Genesis 1:28).

 

Beswaar 7:  Om meer as een maat te hê is verkeerd.  Homoseksuele verkragting is verkeerd.  Maar dit is nie verkeerd om in ‘n gesonde gay huwelik saam te lewe nie.

 

Antwoord:  Romeine 1:27 praat nie net teen homoseksuele verkragting nie, maar verwys duidelik na mans wat brand met wellus vir mekaar.  Jesus definieer die huwelik as ‘n verhouding tussen ‘n natuurlike man en ‘n natuurlike vrou, en sê dat die twee een vlees word (Matteus 19:4-6).  Enigiets anders as dit is nie ‘n huwelik nie.  Hoe kan twee mans of twee vroue buitendien een vlees word?  God se definisie van een vlees kan net gebeur in ‘n verhouding tussen ‘n man en ‘n vrou.  ‘n Liefdevolle en toegewyde verhouding met een persoon is ‘n gay mite.  Een studie wys dat homoseksuele mans tot 100 bedmaats per jaar het (Corey, L. and Holmes, K.; Sexual Transmission of Hepatitis A in Homosexual Men; New England Journal of Medicine; 1980; pp.435-38.  Ek het die aanhaling verkry by http://www.traditioninaction.org/HotTopics/a02rStatistcs.html).

 

Beswaar 8:  Mense wat sê homoseksualiteit is sonde is homofobies.  Die eintlike probleem is dat hulle gays haat. 

 

Antwoord:  Sommige restaurante, winkels en ander publieke plekke het ‘n verbod teen rook.  Beteken dit dat hulle alle rokers haat?

 

Beswaar 9:  Dawid en Jonatan was homoseksueel.  Die Bybel sê hulle het mekaar gesoen, omhels en liefgehad.  Die Skrif sê selfs dat Jonatan sy klere vir Dawid gegee het (1 Samuel 18:1, 4, 20:41). 

 

Antwoord:  Dawid het egbreuk gepleeg met Batseba.  Hy het baie vroue gehad.  Jonatan het ‘n seun (Mefiboset) gehad.  Sulke optrede is nogal vreemd vir homoseksuele mense?  Dawid en Jonatan het ‘n gesonde en ryk vrienskap gehad.  Hulle was alles behalwe homoseksueel.

 

Beswaar 10:  Diere openbaar soms ‘homoseksuele’ optrede. 

 

Antwoord:  Ja, ‘n mannetjie hond sal partykeer op ‘n ander een se rug klim.  Maar dit wys nie dat homoseksualiteit normaal is nie.  Dit wys eerder dat die mens in sy sonde daal tot op die vlak van ‘n dier.  Geen dier leef buitendien so nie, maar doen dit om uiting te gee aan sy wellustige instink.

 

Beswaar 11:  Ek is homoseksueel gebore en kan dit nie help nie. 

 

Antwoord:  Daar bestaan nie iets soos ‘n gay-geen nie.  Wetenskaplikes kon dit nog nooit bewys nie.  Simon LeVay het ‘n klomp kadawers ondersoek en gevind dat die hipotalamus (‘n klein deel in die brein) in sommige van sy ‘pasiënte’ se breine kleiner was as in ander s’n.  Maar daar is geen bewyse dat die hipotalamus ‘n persoon se seksualiteit bepaal nie.  Sommige van die ‘pasiënte’ was homoseksueel, maar nie al die homoseksuele ‘pasiënte’ se hipotalamus was kleiner nie.  Indien homoseksualiteit deur die hipotalamus bepaal is, moes al die homoseksuele ‘pasiënte’ ‘n kleiner hipotalamus gehad het.  Party van die gay ‘pasiënte’ se dood is deur siektes soos VIGS veroorsaak.  Wie weet of siekte nie die hipotalamus se grootte bepaal nie?  Ons moet ook wonder:  word ‘n homoseksuele leefstyl deur ‘n kleiner hipotalamus veroorsaak, of lei homoseksuele gedrag daartoe dat die hipotalamus kleiner word?

 

‘n Studie deur Bailey en Pillard het gewys dat, indien een van ‘n identiese tweeling homoseksueel is, die kanse 50% is dat die ander een ook homoseksueel sal wees.  Hierdie persentasie is baie oordrewe.  Maar selfs al is die kanse 50% bewys dit nogsteeds niks nie.  ‘n Identiese tweeling deel 100% dieselfde gene.  Indien homoseksualiteit aangebore is moet die kanse nie 50% wees nie, maar 100% (inligting verkry uit Welch, Edward T.; Blame it on the Brain?; P&R Publishing; PHILLIPSBURG; 1998; pp.165-171).

 

Beswaar 12:  Ek kan nie onthou dat ek ooit gekies het om homoseksueel te wees nie.  Dit bewys ek is so gebore.

 

Antwoord:  Sonde werk op ‘n dieper vlak as bloot net ons keuses of dade.  Dit is deel van ons diepste wese.  Ek kan nie onthou dat ek ooit gekies het om mense te vrees of hoogmoedig te wees nie.  Tog word ek nie daardeur verskoon nie.

 

Beswaar 13:  My pa was onbetrokke in my lewe.  Ek wou graag my ‘unmet love needs’ vervul, en toe word ek homoseksueel.  My homoseksuele leefstyl is dus my pa se skuld.

 

Antwoord:  Onbetrokke ouers dra by tot die probleem.  Maar om sondig te reageer is ons eie keuse.  Indien onbetrokke ouers homoseksualiteit veroorsaak, moet elke kind wie se ouers onbetrokke was homoseksueel wees.  Of dan moet geen persoon wie se ouers betrokke was, homoseksueel uitdraai nie.  En tog weet ons dis nie so nie.  Ja, ouers het ‘n invloed.  Maar wanneer ons sonde doen kan ons nie sê:  ‘Dis Eva se skuld…Dis die slang se skuld’ nie (sien Genesis 3:12-13).  Elkeen is verantwoordelik vir sy eie sonde.  In Paulus se woorde:  “Want elkeen sal sy eie pak dra.” (Galasiërs 6:5).  Indien jy graag hulp wil hê om hierdie sonde te oorkom, kan jy my artikel lees wat binnekort (hopelik voor 24 November 2013) op die blog sal wees:  ‘n Oplossing vir homoseksualiteit.