Handelinge 1:8 Stel jou voor jy is een van Jesus se apostels. Volgens Matteus, Markus, Lukas, Johannes en Handelinge 1, het jy sy wonderwerke gesien, sy lering gehoor, sy sondelose lewe gesien, saam met Hom aan tafel gesit toe Hy die nagmaal instel, die gebeure rondom sy kruisdood beleef, Hom drie dae later gesien toe …
Kategorie: Evangelisasie
Noudat jy die evangelie gehoor het
Romeine 16:21-27 As die dokter vir jou sê dat jy gevorderde kanker het, kan jy nie jou skouers optrek, asof hy sopas vir jou gesê het dat daar slaap in jou oog is nie. Jy moet iets doen, al is dit om te besluit dat jy nie vir behandeling gaan nie. So is dit ook met die …
Pionier evangelisasie
Romeine 15:14-21 ‘n Pionier sendeling of -evangelis, is iemand wat baanbreker werk doen. Hy of sy is die eerste persoon wat die nuwe grond van ‘n onbereikte omgewing omploeg om die goeie saad van die evangelie daar te saai. Met ‘n onbereikte omgewing verwys ons nie na mense wat die evangelie binne hulle bereik het …
Prioriteite in gebed
Matteus 6:10a Baie Christene dink nie wyer as hulle eie behoeftes en probleme wanneer hulle bid nie. Hulle bid m.a.w. nie volgens Jesus se patroon in die Onse Vader nie. Hulle bid skaars of nooit vir die koms van God se Koninkryk deur Bybelse prediking, sending, evangelisasie, bekerings, herlewing en die wederkoms nie. Hulle prioriteite in gebed is verkeerd. Laat ons dan leer om God …
Twee reaksies op die Bybel
1Tessalonisense 2:13-16 Wanneer die tuindienste op ‘n Vrydag by ons huis is, wil ons hond deur die hek breek en hulle verskeur. As ons na ‘n vakansie by die huis kom, waai hy nie net sy stert nie, maar sy hele lyf. Hy spring, tjank, dans en draai in die rondte. Wanneer hy vir ‘n besoeker blaf …
’n Model gemeente
1Tessalonisense 1 Het jy al iemand gehoor sê: ‘As jy die perfekte kerk vind, moet jy asb. daar aansluit nie; jy sal dit opmors’? Die punt is dit: daar is nie ‘n perfekte kerk op aarde nie. Maar daar is model gemeentes wie se voorbeeld jy kan volg. In baie opsigte is my skoonma se kerk so ‘n gemeente. Hulle is sterk in …
Die ware rede hoekom mense verlore gaan
Romeine 9:30-10:21 ‘n Man het eenkeer in reaksie op een van my preke vir my ‘n e-pos gestuur. Hy het gesê dat mense nie op grond van hulle goeie werke hemel toe gaan nie. Ek het hom verseker dat ek hiermee saamstem. Hy het verder gesê dat mense nie hel toe a.g.v. hulle sonde nie. Hiermee …
’n Kans om jou te bekeer
Dalk dink jy hieride preek is nie vir jou nie. Maar jy kan dit net ignoreer as jy perfek is, altyd naby Here, en nooit wegdwaal nie. Ek het oor die afgelope paar maande besef dat dit nie net prostitute, dwelmhandelaars en naakte barbare êrens op ‘n eiland is wat hulp nodig het nie. Daar is sonde in ons eie gemeente, onder …
’n Teologie van voorspoed en vrede
Enige regdenkende gelowige weet dat die Prosperity Gospel voorspoed en vrede verafgod. Ons moet egter versigtig wees dat die pendelum nie te ver na die anderkant toe swaai nie. Tekste soos Jes. 54 wys duidelik dat daar ‘n teologie van voorspoed en vrede in die Bybel is. Wat is hierdie teologie en hoe lyk dit in die …
’n Tyd om fees te vier
Wanneer laas het jy goeie nuus op die TV en radio gehoor, of dit in die koerant gelees? Daar is nie veel om oor hoopvol te wees as jy na Suid-Afrika en die wêreld kyk nie. Maar as burgers van die hemel het ons meer as genoeg rede om fees te vier. Dit is waaroor Jes. 52:1-12 gaan. Voorbereiding …
Jou uitnodiging na die Koning se troue
Prins Harry en Meghan Markle het verlede naweek getrou. Daar was ‘n paar honderd gaste by die troue en miljoene kykers op TV. Hulle troue is egter klein in vergelyking met die een in Matt. 22:1-14. Die verwerpte uitnodiging (v.1-7) Soos jy weet was Meghan Markle se pa siek en kon hy nie by …
Tekens van die einde
Matteus 24:4-14 Ek het ‘n DVD gekyk waarin die prediker foto’s van hedendaagse oorloë, hongersnode, aardbewings, pessiektes, ens. wys en vir die mense sê dat dit Matt. 24:4-14 vervul. Maar is dit wat Jesus in hierdie verse bedoel het? Kom ons bekyk die teks, konteks en historiese agtergrond van nader. Vals messiase en profete (v.4-5, …
Onbeskaamd evangelies
Romeine 1:16 My vrou se Amerikaanse vriendin het haar dogtertjie aangespreek, omdat sy met die landsvlag wou speel. ‘You must never disgrace the flag!’ het sy gesê. Ek hou van ons land, maar voel nie patrioties daaroor nie. Ek het van die ou volkslied gehou, maar stem nie saam met die reëltjie wat sê: ‘Ons …
Christelike prioriteite
Romeine 1:8-15 Het jy ‘n Christelike held, iemand wie se lewe vir jou ‘n voorbeeld is? Pasop. Moet hulle nie verafgod asof hulle onfeilbaar is nie. Ek ken iemand wat die kinderdoop so verdedig. ‘Jonathan Edwards het dit geglo, en hy kan tog nie verkeerd wees nie,’ het die persoon gesê. Hy het gemaak asof …
Hoe om die duiwel te ontwyk
Twee jaar gelede het ek my rifrug hondeskool toe gevat. In sy eksamen moes hy o.a. ‘n speelding vir my bring. Hy het daarmee weggehardloop. Van daar af was dit vir hom ‘n speletjie. Hy bring nie ‘n tennisbal terug nie, maar dink dat hy daarmee moet weghardloop en dat ons hom moet vang. …
Die goedheid en strengheid van God
Goedheid en strengheid is so teenoorgestelde soos satyn en graniet. En tog vind ons dit in perfekte proporsie in die Persoon en karakter van Jesus Christus; Hy is die Leeu en die Lam. In Op.14:14-20 het ons ‘n voorbeeld hiervan. ‘n Oes van verlossing (v.14-16) Op.14 praat van twee oeste. ‘n Man op ‘n …
Wat verwag die Here van jou?
Oor bekering, doop en kerklidmaatskap Dit is aaklig om nie te weet wat jou baas, afrigter, familielid of onderwyser van jou verwag nie. Dit voel alewig asof hulle kwaad is vir jou. ‘Het ek dit reg gedoen?’ wonder jy. Maar jy weet nie, omdat hulle nie vir jou sê nie. Gelukkig is die Here nie …
Die boek wat die wêreld verander het
Die topverkoper-boeke in die geskiedenis sluit onder meer boeke soos die volgende in: A Tale of Two Cities deur Charles Dickens, J.K. Rowling se Harry Potter reeks en The Hobbit deur J.R.R. Tolkien. Nie een van hulle kom egter naby die Bybel nie wat meer as 5 biljoen kopieë verkoop het nie. En dan praat …
Jesus is soewerein oor evangelisasie
Hiper-Calviniste glo dat jy nie die evangelie met iemand moet deel, tensy hy ‘n opregte belang daarin toon nie. In sulke kerke loop sending en evangelisasie dood, en uiteindelik loop die kerk ook dood, omdat daar nie ‘n invloei van nuwe bekeerlinge is nie. Arminiane glo dat die mens se vrye wil die bepalende …
Die oplossing vir moeë Suid-Afrikaners
Ek en my vriend het Vrydag ‘n vriendelike debat gehad oor die rol van Christene in die politiek. Na my mening is dit nie die kerk se verantwoordelikheid om aborsie, gay huwelike, en ander sondes deur die politiek te probeer verander nie. Dit is ons plig om die evangelie te preek en om radikaal heilig …