Romeine 15:1-7 Dit is ’n relevante vraag, veral omdat gelowiges aan beide kante van die debat staan en sterk daaroor voel. Op die einde maak dit egter nie saak wat jý dink nie, maar wat die Bybel sê. Daarom dat ek vra: wat sou Jesus doen? Rom. 15:1-7 leer vir ons wat Hy sou doen. …
Kategorie: Kontemporêre kwessies
Persoonlike Probleme: Genadedood en Selfmoord
Verskeie Tekste Almal van ons is al deur selfmoord geraak. Verlede jaar het ’n kollega laat weet: ‘Broers, bid asseblief vir my en my vrou. Ons seun het vanmiddag sy eie lewe geneem.’ In 2013 het ’n Amerikaanse prediker genaamd Rick Warren se seun selfmoord gepleeg. My vriend het ’n leraar van ’n ander denominasie …
Werkverwante Probleme: Werkloosheid
Verskeie Tekste Die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika is in die top twintig ter wêreld. Omtrent 29% van ons land se bevolking is werkloos. Dit is byna 17 miljoen mense (Suid-Afrika se totale bevolking is net onder die 58 miljoen). Eintlik is die syfers hoër, omdat die statistiek nie mense insluit wat in die laaste vier weke …
’n Christelike reaksie op die Koronavirus
Luister na die Diens Habakuk 3 Mense reageer verskillend op die Koronavirus. Voor die grendelstaat [Eng. lockdown] het baie mense paniek aankope gedoen. Ander het ’n traak-my-nie-agtige houding. Ander is fatalisties en sê: ‘As ek die virus kry, kry ek dit. Ek gaan my nie laat inperk nie.’ Ander besluit om teen die regering te …
Kan Psalm 91 Covid-19 keer?
Luister na die Diens Psalm 91 My tema klink ’n bietjie soos die vraag: ‘Slaan jy nog jou vrou?’ As jy ‘nee’ sê, beteken dit dat jy haar geslaan hét. As jy ‘ja’ sê, beteken dit dat jy haar wél slaan. Die vraag is dus eintlik ’n strikvraag. Dit is dieselfde met my tema: Kan …
God se hand agter die Koronavirus
Luister na die Diens 2Samuel 24 Sonder om die titel te sien, kan jy aflei waaroor ’n boek gaan deur te kyk na watse woorde herhaal word. As jy byvoorbeeld in elke vierde sin die woord ‘krieket’, of ‘Rolls Royce’ sien, weet jy dat dit die outeur se punt is. Ons vind dit ook in …
Wat leer die Koronavirus ons van God?
Luister na die Diens 1Samuel 5:1-7:2 Ek het hierdie week ’n WhatsApp gekry wat sê: ‘Ons moenie die idee kry dat die Koronavirus van God af kom nie.’ Is dit waar? 1. Hy is die enigste God (5:1-12) My haarkapper is oortuig dat Allah die ware God is. Ek het vir hom gesê dat …
Hoe om oor die Koronavirus te bid
Luister na die Diens Matteus 6:9-13 Teen hierdie tyd weet die hele wêreld van die Koronavirus. Teen die tyd wat ek hierdie boodskap bring, sal die sterftesyfer bo 9000 wees. Die tragiese deel is dat die meeste mense wat aan die virus sterf nie die Here ken nie. Baie van hulle moet ook alleen sterf, …
’n Wekroep tot seksuele reinheid
1Tessalonisense 4:1-8 Ek het hierdie week gehoor dat die NG Kerk binnekort gaan besluit of saambly sonde is, of nie. Louis van der Riet—die NG Kerk se eerste openlike gay leraar—het gesê: ‘Dit is beduidend dat daar uiteindelik oor die huwelik en seksualiteit gepraat kan word en dat die huwelik nie die enigste plek is vir seksuele verhoudings nie. Ruimtes …
Christene en die regering
Romeine 13:1-7 Woensdag 8 Mei 2019 is dit ons land se nasionale verkiesing. Wie sal die volgende regerende party en die president van Suid-Afrika wees? Soos die res van die mense in ons land, wag Christene in spanning om te sien wat gaan gebeur. Sommige voorspel dat die ANC tot 61% steun sal kry, terwyl …
Hoe moet ’n mens vas?
Jesaja 58:1-12 ‘n Man het eenkeer vir my gesê dat dit misties is om te vas: ‘Die vroeë kerk het nie gevas nadat Jesus opgevaar het hemel toe nie.’ Maar volgens Matt. 9:15 het die kerk juis gevas nadat Jesus opgevaar het hemel toe (vgl. Hand. 13:2-3, 14:23). Jesus se dissipels het gevas, maar nie met verkeerde motiewe soos …
Geestelike verslawing
Romeine 6:15-23 Ons dink aan verslawing as drank, dwelms, sigarette en pornografie. Maar volgens Rom. 6:15-23 is alle mense verslaaf: of jy is ‘n slaaf van sonde, of jy is ‘n slaaf van God. Om te weet wie se slaaf jy is, kan jy die volgende twee vrae beantwoord. Wie is jou meester? (v.15-19) …
Die oorsprong en betekenis van Paasfees
Die Christelike wêreld swem met blog inskrywings, artikels, boeke, en DVD seminare wat sê dat die viering van Paasfees onstaan het by die godin van vrugbaarheid, liefde, seks en oorlog. Die antieke Sumeriërs het haar Inanna genoem. Haar Babiloniese naam was Astarte en haar Assiriese naam Ishtar. Sy is later met die Romeinse godin Venus geassosieer. …
Mense se afgode en die God van die Bybel
Is dit moontlik dat ‘n nuwe Christen in China versoek kan word om voor ‘n afgodsbeeld te buig, hulp te vra, en dan later berou te hê? Nee? Wat van Christene in die weste wat versoek word om ‘n afgod te maak van geld, plesier, gemak, kos, ens.? Paulus praat in Kol. 3:5 van “gierigheid, …
Cyril Ramaphosa, Egipte en die Messias
In ‘n desperate poging om leiding te soek, het Cyril Ramaphosa en die land se top 6 regerings amptenare besluit om hulle voormalige leiers se grafte te besoek. Die koerant artikel sê: ‘Ramaphosa said the party’s officials did what Africans do in the face of misfortune. “We go back to our ancestors to talk to …
Jerusalem se toekoms
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het verlede week ‘n uitlating gemaak wat die wêreld op hol gejaag het. Hy het gesê: “I have determined that it is time to officially recognize Jerusalem as the capital of Israel.”[1] Islam, Westerse lande en die liberale media is hoogs ontsteld. Die Jode juig, maar hulle blydskap is polities …
Moet Christene Kersfees vier?
Toe ek op hoërskool was, was daar ‘n gesin in ons gemeente wat nie Kersfees gevier het nie. ‘n Paar jaar gelede het iemand vir my gesê dat Kersfees van ‘n heidense feesdag af kom. Omtrent ‘n maand terug het nóg iemand dit vir my gesê. In die afgelope week het ‘n kollega my oor …
‘n Man na God se hart
Toe ek op hoërskool was moes jy rugby speel en ‘n meisie hê om ‘n man te wees. As jy in die koor gesing het of tik geneem het, was jy ‘n sissie (die koor gedeelte het verander toe ek in gr. 10 kom). As jy ‘n student op universiteit is moet jy immoreel wees …
Evolusie, rassisme en die beeld van God
Die rassehaat in ons land loop dik. Tydens my verlof het ek baie daaroor gelees, gebid en dit met my vrou en kinders bespreek. Elke nou en dan hoor ‘n mens van iemand wat a.g.v. rassistiese opmerkings in die moeilikheid beland. Afrikaners dink dat dit eensydig is, terwyl die meeste Afrika stamme in die …
‘n Boodskap oor vermetelheid en dronkenskap
Tydens een aanddiens het ‘n dronk vrou aanhoudend die preek onderbreek. ‘Amen! Ja, is pastoor! Amen!’ het sy gesê. By drie ander geleenthede het mense wat vol van dwelms was my straat prediking geopponeer. Een man het my gevloek, ‘n ander een met my sleggesê, en die ander een het uitgeroep dat ons nie van …